KAAS, HAM, TAMATIE EN EIER BROODJIE

 

2014-04-06-kaas,ham,tamatieeneierbroodtjie

Bestandele

1rooibostee brood (enige brood kan werk)
16 lang snytjies ham
16 stukkies kaas
Tamaties
4 eiers
Halwe koppie melk
Margarien

Gebruik n pannetjie wat die kant kan afhaal.
Smeer broodtjies albei kante.
Pak in rondte in pannetjie
Sit in ham die snytjie kaas en tamatie. Gooi sout en peper oor. Vou toe en sit tussen snytjies brood. Sit toe kant onder in pan. Sit so in elke snytjie brood.
Klits melk en eier saam en gooi oor brood. Rasper kaas bo oor

Sit in oond 180°c vir so 15 – 20min

BRON- Marian van Deventer




BUTTERMILK CHEESE & ONION BREAD

 

buttermilk cheese breadtested

Mix dry ingredients of 500g self raising, 1 packet of brown onion soup, 250g grated cheese in bowl. Add 500ml of buttermilk Mix and knead into dough. Add some flour to get right consistency. Place dough into bread baking pan after rubbing the inside with margarine. Grate some cheese over top. Preheat oven to 180 degrees and bake for 1 hour.

Baked and shared by Francis Van der Byl




SPEK, KAAS EN BIERBROODJIE

bacon kaas en bier broodjietested

SPEK, KAAS EN BIERBROODJIE
3 koppies broodmeel
1 eetlepel bakpoeier
1 teelepel sout
3 eetlepels suiker
1 ¼ koppie gerasperde kaas
1 bottel bier
4 slices SPEK (ek het hele pak gebruik)
2 eetlepels botter
Oond 180°º.
Meng eers droë bestanddele envoeg dan die bier by, meng goed.
Skep in broodpannetjie en strooi nog bietjie kaas bo oor.
Drizzel botter bo.
Bak vir halfuur en dan haal uit en drizzel nog botter oor.
Sit weer terug en bak nog vir n halfuur. Haal uit en koel af.

Resep en foto: Marian van Deventer




MARTIE SE PLAT BROOD

platbrood martietested
MARTIE SE PLAT BROOD
2 koppies meel
1 ½ teelepel bakpoeier
1 teelepel sout
¾ koppie water
1/3 koppie olyfolie
knippie maldon sout
ekstra olyfolie

Sif die meel, sout en bakpoeier saam, voeg water en olie by. Meng en knie liggies. Deel deeg in ses en rol dun uit. Ek het op een roosmaryn opgesit, ander een rissie en knoffel, komyn, seseme sade, roosmaryn sout op die ander. (Kan ook olywe, fetekaas of waarvoor jy lus is opsit) Sprinkel olyfolie en maldon sout bo-oor en bak vir so 8 min op 200°C.
BRON- Martie Fourie Moolman




NAAN BROOD AFRIKA STYL

naan brood franstested

NAAN BROOD AFRIKA STYL
3 koppies koekmeel
½ teelepel sout
1/3 koppie botter wat jy in die meel vryf

Meng 1/3 koppie louwarm water, 2 eetlepels suiker en ee1 pakkie kitsgis tot dit skuim, voeg dit tesame met 2/3 koppie Clover Inkomazi by die meel en knie.Laat rys tot dubbel die hoeveelheid, maak 8 balletjies, rol langwerpig uit, laat rys weer so 20 min, smeer gesmelte botter oor en bak op ‘n plaat vir 8 min, draai om na 4 min.
Resep en foto: Frans Odendaal‎




Fries suikerbrood

suiker broodtested

• 500 gram tarwebloem• 10 gram zout
• 1,5 zakje gedroogde of 25 gram verse gist

• 1 theelepel kaneel
• 3 eetlepels gembersiroop of 2 eetlepels honing
• 200 milliliter lauwwarme melk
• 1 eetlepel arachide- of zonnebloemolie
• 250 gram suikerklontjes
• 4 eetlepels kristalsuiker
• 50 gram boter
• cakevorm van ca. 1 liter
Bereiden:
Kneed een deeg van de tarwebloem, zout, gist, kaneel, gembersiroop en melk. Laat circa 10 minuten rusten. Bestrijk het werkblad met olie en kneed het deeg circa 5 minuten. Vorm er een bal van en laat afgedekt circa 45 minuten rijzen. Doe de suikerklontjes in een stevige zak en sla ze iets kleiner. Druk het deeg uit tot een dikke lap, verdeel er de suikerklontjes over, rol op en kneed door. Bestrooi met de kristalsuiker. Druk het deeg opnieuw uit tot een lap. Rol deze op, leg in de vorm met de naad naar beneden en laat afgedekt circa 45 minuten rijzen tot het volume verdubbeld is. Verwarm intussen de oven voor op 200°C. Smelt de boter, bestrijk het brood ermee en bak het in het midden van de oven in circa 25 minuten goudbruin en gaar.

Annet Geelhoed




MUESLI BROOD

muesli broodjietested
MUESLI BROOD
Maak 1 medium brood
450 g bruinbrood meel
1 ½ eetlepel gedroogde of kitsgis
100 g Muesli (enige tipe van jou keuse)
450 ml water
sout na smaak
30 g elk van sonneblomsade en pampoensade

Plaas jou meel, muesli, sade, kitsgis en sout in ‘n groot mengbak. Roer met lepel om al die bestanddele te versprei.

Voeg die water stadig by en begin dan roer met n houtlepel. Meng die deeg goed deur totdat dit glad is. As die deeg te styf is kan jy ‘n klein bietjie ekstra water byvoeg. (Die deeg moet stadig van die houtlepel afval as jy dit opskep. Aangesien jy die deeg nie gaan knie met jou hande nie maak dit nie saak as dit ‘n bietjie slapper is nie.)

Nou het jy twee opsies. Jy kan nou die brood dadelik in ‘n voorbereide brood pan skep of jy kan die mengsel laat rus in die mengbak (met ‘n klam lappie bo-op) vir ten minste n uur of selfs langer vir ‘n meer komplekse smaak. Bedek die broodpan met n klam lap en laat dan vir sowat 30-40 minute lank rys. Verwyder die lap versigtig en strooi ‘n bietjie muesli of meel bo-oor die brood. Plaas die brood in die voorverhitte oond en bak vir 50-60 minute.

Verwyder die brood uit die pan en laat op n draadrak afkoel tot kamertemperatuur.

Wenke: Hierdie brood vries baie goed. Jy kan ook enige kombinasie van sade, neute en/of gedroogde vrugte gebruik.
Foto:  Leanne Thurston Coetzer




BUTTERMILK CHEESE AND ONION BREAD

tested
BUTTERMILK CHEESE AND ONION BREAD
Photos and Source: Francis van der Byl
FOOD LOVERS RECIPES
Mix dry ingredients of 500 g self raising, packet of brown onion soup, 250 g grated cheese in bowl.
Add 500 ml of buttermilk, mix and knead into dough.
Add some flour to get right consistency.
Place dough into bread baking pan after rubbing the inside with margarine.
Grate some cheese over top.

Preheat oven to 180ºC and bake for 1 hour.

 




BASIESE BROODDEEG (wenner – brood week)

basiese brood cornetested
BASIESE BROODDEEG (wenner – brood week)

Hierdie resep noem ek my DKW (dans, kerk en werk) brooddeeg, omdat ek dit vir ALLES gebruik.
Vir die brood op die foto, lees die nota onder aan asb?
1 liter louwarm water
1/8 koppie asyn (30 ml)
1/8 koppie suiker (30 ml)
½ koppie olie + nog ½ koppie olie om mee te knie
2 eetlepels sout
22 g kitsgis
12 koppies koekmeel

Meng die kitsgis, ½ koppie olie,  louwarmwater, asyn, suiker en sout en laat staan tot die mengsel skuimerig word.
Indien dit nie skuimerig word nie, is die gis oud en nie die moeite werd om meel op te mors nie.
Voeg nou die 12 koppies meel by die mengsel en knie goed deur vir 20 minute terwyl jy die ½ koppie olie geleidelik in knie, bietjie vir bietjie.
Maak die bol deeg mooi glad bo op en smeer met ‘n bietjie olie.
Maak toe met plastiek en laat op ‘n warm plek rys tot dubbel die volume.
Knie die deeg af en gebruik waarvoor benodig word.
Ek maak 400 g pakkies op in ziplock sakkies en druk dit mooi plat sodat daar heelwat sakkies bo op mekaar kan pas. Vries die deeg en haal die aand voor gebruik uit en ontdooi in die yskas.
Knie die ontdooide deeg en laat om te rys.
Gebruik soos gewoonlik
Die resep was oorspronklik Kobie Adams sin, maar ek het dit oor die jare aangepas.

Brood op foto:
Ek het 400 g van die brooddeeg gevat en ‘n bal gemaak…. in ‘n gesmeerde pan gedruk en vierkante in die deeg gedruk met ‘n mes toe sesame saad en black seeds oorgestrooi en vir 40 min op 170ºC in die gasoond gebak.

Resep en foto: Corne Liebenberg




ADENDORFF MIELIEBROOD

2014-03-22-mieliebroodtested
ADENDORFF MIELIEBROOD
Resep en foto:  Dirk Adendorff
FOOD LOVERS RECIPES
Regte egte tradisionele Adendorff mieliebrood in ‘n koffieblik soos ons oupas en oumas dit gemaak het.
6 koppies gemaalde mielies (Gebruik groenmielies wat se pitte al so bietjie hard is.)
250 g botter
1 koppie suiker
3 eiers
1½ teelepel bakpoeier
1 teelepel sout

Sny die boonste rand van ‘n koffie blik af met ‘n blikoopmaker. Smeer die koffieblik met botter. Smelt die botter en meng al die bestanddele saam.  Plaas al die bestanddele in die koffieblik tot so driekwart vol. Maak met foelie toe en bind foelie met tou vas. Maak ‘n klein gaatjie met ‘n mes in die foelie vir stoom om uit te kom. Sit die koffieblik in ‘n pot met water. Die blik moet so halfpad in die water staan.
Kook /stoom stadig vir 2½ uur. Keer uit, sny en smeer met botter.
Baie lekker op sy eie of bedien saam met gebraaide lewer of gebraaide boerewors en ertjies. Die gemaalde mielies kan in sakkies gesit word en gevries word dan kan jy lekker mieliebrood in die winter ook geniet.

Dirk Adendorff – Daar kom geen meel in die mieliebrood. Dit is die oorspronklike mieliebrood wat sy oorsprong in Noord-Natal het en al van geslag tot geslag oorgedra is. As jy eers die moeite gedoen het om dit te maak proe al die ander maar 2de klas. Die water moet net-net kook, ek sit my stoofplaat so op no. 4.