MIDDLE EASTERN PITA


MIDDLE EASTERN PITA
2 ½ cups wholemeal flour
2 ½ cups unbleached flour
15 ml yeast
15 ml olive oil
15 ml salt
625 ml warm water

Oven on 230ºC.
Mix everything well. Knead for 10 minutes until smooth and elastic.
Rise for 1 hour.
Divide into 16 pieces. Form balls and roll out ½ cm thick.
Bake on baking tin until the pita’s balloon.
Stack on top of each other to cool.
Recipe posted by Marda Pienaar
Photo: Marda Pienaar




NAAN


NAAN
Recipe and photo:  Jesicha Abrahams
FOOD LOVERS RECIPES

4 cups of self raising flour
3 cups of plain yoghurt

Mix with a spoon first.
Dust top with flour and knead it a bit.
Don’t over work.
Let it rest in the fridge for a while. (you don’t have to though)
It’s just a bit easier to work with.
Make balls, and roll out.
Fry in a pre-heated dry pan.
Dry pan fry.
Rub with garlic and olive oil.




SUIKERMIELIE BIERBROOD


SUIKERMIELIE BIERBROOD
Resep geplaas deur Petré van Jaarsveld
Foto: Petré van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
500 g bruismeel
1 teelepel sout
1 x 330 ml blikkie of botteltjie bier
½ blikkie suiker roommielies

Roer alles saam goed deur. Skep in ‘n broodpannetjie, pak ‘n paar uieringe bo-op, rasper kaas oor en bak by 180° C vir ongeveer 50 minute.




ROSEMARY FLAT BREAD


ROSEMARY FLAT BREAD
Recipe and photo posted by Kiti Citi
FOOD LOVERS RECIPES
Daleen Fratter, hier is die beste flatbread resep wat ek nog ooit geëet het. Onderaan is die email van die chef: Rosemary flatbread – bron Alastair McLeod

675 g plain flour (± 5 cups)
135 ml olive oil
315 ml lukewarm water
12 g dry yeast (or 24 g fresh)
2 pinch salt
¼ cup chopped rosemary leaves
salt flakes

Mix yeast and water then wrap with cling film allow to ferment for 10 mins. Then add oil, rosemary, flour and salt, mix till elastic form dough and cover again to allow rising for 30 mins. Divide into 25 g lots and feed through pasta machine as thin as you are able to. It is ok if there are a few holes, adds character. Add to pan with baking paper to prevent sticking. Sprinkle with little salt. Bake immediately at 170 ºC  for 1 one minute on one side then flip and bake for another 3 to 4 mins until light golden crisp colour. (Not my picture, will add a “fresh” pic when I make it again.)

Chef’s note to me:
Dear Ms de Jager,
I am thrilled that we could provide you with such a memorable Christmas.
I think Mark Twain wrote that you can survive for up to six weeks on a single compliment. If that’s the case, we’ll see you again in mid February!
Best regards
Alastair McLeod
P.S. Here’s our recipe for the flatbread that you enjoyed




DEEG GESKIK VIR TRAMAZINNI


DEEG GESKIK VIR TRAMAZINNI
2,5 kg koekmeel
3 pakkies kitsgis
2 eetlepels sout
50 ml olie
2 koppies louw water
2 koppies melk

Meng alles en knie laat rys tot dubbel, knie af en laat rys weer.  Sit dan in panne bak 10-15 min teen 180ºC.
Resep en foto: Chantel Van Breda




BROODDEEG VIR ALLES EN NOG WAT (KONVEKSIE-OONDJIE)


BROODDEEG VIR ALLES EN NOG WAT (KONVEKSIE-OONDJIE)
Met hierdie deeg bak ek brood, die kinders maak stokbrood as ons braai, ek bak vetkoeke en ons maak roosterkoeke daarmee. Ek maak sommer die deeg in my broodmasjien. Plaas die bestanddele in dieselfde volgorde soos hieronder:
460 ml louwarm water
2 teelepels sout
4 eetlepels botter/bak-margarien
5 ½ koppies koekmeel
3 eetlepels suiker
4 eetlepels poeiermelk/koffie-verromer
7.5 ml kitsgis (ek verkies die pers pakkie, dan is daar nog 7.5 ml oor vir nog ‘n deegmengsel.

As jy nie ‘n broodmasjien het, plaas alles in dieselfde volgorde soos hierbo in ‘n groot mengbak en meng goed deur. As die deeg nog te taai is en aan hande vasklou, voeg nog meel by. Ek sit omtrent nog ‘n halwe koppie by. Laat deeg rys tot dubbel die grootte. Knie af en verdeel in koppies, broodpanne, skoon blikkies en maak ongeveer halfvol. Laat rys tot dubbel die grootte en bak in ‘n voorverhitte oond vir 30 minute teen 180°C of 20 minute as dit in blikkies/bekers gebak word. Ek het hierdie broodjies in die konveksie-oondjie gebak, voorverhit vir 5 minute en teen 180°C gebak vir 20 minute.
NOTA: Jy kan jou silikoon pannetjies in jou oondjie gebruik.
Resep en foto’s: Gillian Vermeulen




ROSYNTJIEBROOD MET BRUISMEEL


ROSYNTJIEBROOD MET BRUISMEEL
Resep en foto: Desire Coetzee
FOOD LOVERS RECIPES
500 g bruismeel
1 koppie suiker
1 koppie melk (ek – Vidius – gebruik karringmelk)
1 koppie water
1 teelepel sout
1 tot 1½ koppies rosyne (meng rosyne goed met ekstra meel – dit verhoed dat rosyne afsak na bodem van broodjie tydens bak proses)
1 eier
1 eier ekstra vir glasseersel

NOTA: Maak seker alles is by kamertemperatuur.
Meng alles goed en bak vir een uur by 180ºC.
Wenk: Glasseersel: 1 eier geklits met bietjie melk. Smeer ‘n bietjie glasseersel bo-oor voor die broodjie oond toe gaan.




IDEES MET CHAKALAKA


IDEES MET CHAKALAKA
Foto:  Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
Marilize Hauptfleisch Fourie:
Ek voeg by pakkie savoury muffin mix en ‘n koppie kaas. Heerlike spicy klam muffins.
Leon Mongie:
My vrou ook vandag vir ons gemaak soos jou resep, toe gooi ek so ‘n handvol biltong poeier by vir ekstra sout smaak, baie lekker uitgekom. Sy het die spicy een sommer gebruik. Gaan die “sterk” een ook probeer.
Marlene Fourie:
Kan ook in kerrie gebruik word of pasta met mince.
Lizelle Oosthuizen:
Oom Buks mense se smaak verskil mos maar, maar ek self geniet ‘n bietjie chakalaka saam met pap en braaivleis. Ek sien deesdae gebruik mense dit vir pizza ook. Eintlik ‘n blikkie kos wat baie disse ‘n ander nuwe smaak kan gee.

Anneli Kriel:
Ek gooi chakalaka in my groentesop, my mense is mal daaroor.
Louise Groenewald:
Baie lekker. Ek meng dit by my maalvleis saam met pasta. Baie lekker en gerieflik.
Hendrik Meyer – Bykos vir braaivleis
Blik elk:
baked beans
heelpit mielies
blik chakalaka
1 eetlepel gedroogte pietersielie
3 eetlepels mayonnaise
Dreineer mielies.
Meng alles saam en verkoel.
Heerlik saam braaivleis.

Rita Killian:
Maak dit by sous. As dit sterk is sit mielies nog uie en tamaties by met mieliemeelpap en wors.
Sumi Muller:
Ek maak chakalaka hoender en slaai. Spice jou hoender, gooi in ‘n pot met blikkie chakalaka en kook tot hoender sag is. Lekker saam met pap of rys.
Vir die slaai vat ek ‘n blikkie met eetlepel mayonnaise en blokkies cheddar.
Lekker saam met Braaivleis
Marilyn Jacobs Hess:
Maak gesnyde uie bruin, gooi bietjie kerrie poeier en suiker by. Gooi nou chakalaka by. Kook vir so ‘n rukkie tot kerrie deur gekook is. Meng by gekookte noedels. Gooi mayonnaise by. Laat afkoel. Heerlike bykos!
Dossie Dednam:
Maak mieliepap balle (kan geblikte heel mieliepitte bygooi), gooi chakalaka (+ tamatie smoor) oor, rasper kaas bo-oor en bak in die oond.
Le Anne Le Roux:
Chakalaka pasta met boerewors
Maak spaghetti gaar en n ring wors (sny in wieletjies), braai bietjie knoffel in pan en gooi 1 blik tamatie en uiesmoor in en 1 blik chakalaka, koppie cheddar kaas en halwe blok room kaas! Meng alles saam! Dis flippen lekker!!!

Alida Fourie:
Van die min blikkieskos wat ek gebruik. Lekkerste lekker. Braai knoffel en uie in bietjie kookolie en botter, roerbraai dan maalvleis saam, voeg 1 blikkie Chakalaka by, prut n rukkie. Geen verdere fieterjasies nodig. Bedien met rys, stampmielies of mielierys. Lekker eet.
Kan ook werk in tamatiesmoor vir smul lekker pap en vleis.
Johanna Coetzee:
Lekker dis op sy eie saam 2 minute noodles ook. Of blik tuna, mayonnaise en so 2 eetlepels mild chakalaka as vulsel in pannekoek met titsel suurlemoen sap op vulsel voor jy pannekoek oprol.
Marina Hamilton-Walker:
Pampoen in stukke, blikkie chakalaka, blikkie chickpeas, blikkie klapper room. Meng en bak so uur tot gaar by 180°C.
Miemsie De Klerk:
Gooi in ‘n oondskottel saam met wors en bak in die oond, braai vis en bedien chakalaka saam met vis en vars gebakte brood, maak jou eie broodrolletjie met chakalaka vulsel binne die rolletjie gebak. Vul aartappels met Chakalaka.
Marlyn Ingram Ferreira:
Blikkie saam met 500 g bruismeel. meng en bak dan ‘n broodjie daarvan.

Mel Fourie:
BROODJIE (of in muffinpannetjie) – BAIE LEKKER
4 eiers
410 g Mild & Spicy CHAKALAKA
500 g self raising flour
Oond op 180 ºC.
Smeer broodpannetjie of muffinpan.
Klits eiers, gooi chakalaka in en meng dan meel en kaas in.
Gooi in pan en bak vir 35 minute of sit in muffinpannetjie (vir savoury muffins) en bak vir 20 minute.
Ek gooi altyd so bietjie paprika of cayenne pepper bo-oor voor ek bak.

Caroline du Plessis:
Neem hoender stukke 1.5 kg. Maak skoon. Sit in oondpan, gooi jou speserye oor soos hoender, en pepper na smaak.
2 blikke chakalaka
125 ml mayonnaise
125 ml melk
15 ml bruin suiker
Meng alles saam. Gooi oor. Bak op 200°C in ‘n bedekte oondbak tot gaar.

Laurie Poolman:
Eet met slap chips, polonie en brood of sommer pap en vleis as ‘n sous of in kerrie disse of in skaap afval of in sop of sommer net skoon.
Santi Van Der Merwe:
Ek pak hoenderstukkies in bak en gooi die hele blikkie oor die hoenderstukkie. Maak toe met foelie en bak in die oond. Mens kry “mild” en “sterk” Chakalaka. Ons hou van die “mild” een.
Saadiqah Davids:
Maak brooddeeg, druk plat in oondpan en smeer chakalaka op,  strooi baie kaas oor. Bak in oond. As dit klaar gebak is, smeer lekker crushed garlic gemeng met olive oil en mixed herbs oor. Heerlik met braaivleis.




HERMAN LESING SE PANTOFFELBROOD (CIABATTA)


HERMAN LESING SE PANTOFFELBROOD (CIABATTA)
1 kg koekmeel
10 g kitsgis
1 liter lou water (gooi net 900 ml in en later die ander 100 ml soos jy knie)
10 g sout
30 ml olyfolie

Plaas al die bestanddele in ‘n menger en meng teen ‘n stadige spoed.
Stel die menger na drie minute vinniger. Die deeg moet altesaam 8-10 minute geknie word.
(Moenie die menger alleen laat nie)
Sit die menger af en gooi ‘n doek oor. (hier het ek stukkie plastiek gespuit met Spray en Cook en oorgetrek en dan my doek oorgegooi)
Laat staan vir 45 minute.
Stel die oond op 220ºC.
Die deeg sal tot twee keer sy grootte rys.
Smeer ‘n bakplaat met bietjie botter of olie. (of spuit dit)
Strooi ‘n lekker lagie meelblom op jou bakplaat.
Dop stadig jou deeg op jou bakplaat en sny dit in twee met ‘n skerp mes.
Hanteer die deeg versigtig en vorm dit na jou smaak.
Plaas dit in twee langwerpige vorms op die bakplaat, of een-een op 2 bakplate.
Sif bietjie meel oor jou rolle en maak een of twee insnydings met jou mes, nie te diep nie.
Plaas ses ysblokkies in ‘n bak in die oond om stoom te maak.
Dit maak dat die ciabatta ‘n bruin bros kors kry. (wat ek skoon vergeet het)
Bak vir 30 minute.
As jy wil weet of die brood gaar is, klop aan die kors en as dit hol klink, is dit gaar.
Resep:  Herman Lesing
Foto: Johan Du Preez Snr




EMELIA SE SOETMOS BOLLETJIES


EMELIA SE SOETMOS BOLLETJIES
Resep aangepas deur Emelia Victor
Foto: Emelia Victor
FOOD LOVERS RECIPES
600 g koekmeel
3 ml sout
100 g suiker
70 g botter
70 ml lou water
1 eier
200 ml mos
10 ml kitsgis
Sif meel en voeg suiker en sout by.
Ek het broodmasjien gebruik om te knie.
Plaas gis onderin bak en dan meelmengsel.
Smelt botter en voeg lou water en eier by. Meng liggies.
Maak ‘n gaatjie in meel en giet die eiermengsel in en dan die mos.
Anys is opsioneel.
Stel broodmasjien op “dough” en dit knie dan deeg. Ek het dit oornag laat staan en volgende oggend uit masjien gehaal.
Glad nie weer geknie net bolletjies gerol en in gesmeerde broodpan gepak.
Broodpan op warm plek gesit sodat die bolletjies uitrys.
Moenie te haastig wees. Dis ‘n stadige proses.
Gebak in voorverhitte oond 180°C vir 30 minute en toe oond afgeskakel en deur oopgelos vir verdere 10 minute.
Broodjie op rooster uitgekeer en botter en suiker gesmelt en bo-oor gesmeer.
Eet en geniet. Kan uitgedroog word indien verkies.