ROOIBOS VRUGTE BROODJIE

ROOIBOS VRUGTE BROODJIE
Glad nie droog nie, maar lekker met bietjie botter.
225 g bruismeel
375 g gedroogte vrugte
300 ml rooibos tee
125 g lig bruin suiker
1 medium eier
1 gelyk teelepel gemengde speserye

Sny gemengde vrugte op in blokkies en gooi warm rooibos tee oor.
Laat week oornag.
Gooi eier by vrugte, meng goed en voeg ander bestanddele by.
Bak op 170°C vir ongeveer 1 uur (fan oond). Ek het groen vye bo op gesit.
Foto en Resep:  Kyle Jensen




ROERBROOD MET SPESERYE

ROERBROOD MET SPESERYE
Keer my of ek verrinneweer my…..warm uit die oond, die botter moet so wegsmelt in die korsie.
1 kg koekmeel
1 pk pers yeast
1 1/2 eetlepels suiker (ek gooi net 1)
1/2 teelepel sout
4 koppie lou water

Roer deurmekaar
Sit in pan. ( ek bak in 2 kleiner panne)
Laat rys vir 30 min.
Bak 60 min teen 180°C. (ek bak 45 min)
Opsioneel vir smaak.
Ek voeg knippie elk van die volgende by:
Italian herb
Roosmaryn
Sweet basil
Pietersielie
Origanum
Resep en foto: Mariette Heydenrych-Kotze




JOHANNA SE PIESANGBROOD MUFFINS

JOHANNA SE PIESANGBROOD MUFFINS
125 g margarine
1 ½ koppies suiker
3 eiers
1 teelepel vanielje geursel
1 koppie piesang pulp
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
¼ teelepel koeksoda
¼ teelepel sout
2 eetlepels melk

Klits margarine en suiker tot mooi lig van kleur.
Gooi eiers een vir een by en klop goed na elke een.
Voeg vanielje geursel by en vou piesang pulp in.
Voeg droë bestanddele om die beurt met melk by.
Bak by 180 grade C vir +- 1 uur.
Jy kan ½ koppie fyngekapte neute ook byvoeg as jy wil.
Nota: het vandag piesangbrood gebak van my piesangbrood muffan resep en dit was ongelooflik lekker
Foto: Johanna Zwiegelaar

Foto: Kokkedoor Tessie Els Kemp
Die HEERLIKSTE KLAM PIESANGBROOD resep. Ek bak die resep al vir jare en sal nooit ‘n ander resep bak nie.




EIERLOSE GEEL MIELIEMEELBROOD

EIERLOSE GEEL MIELIEMEELBROOD
2 koppies geel mieliemeel (of wit mieliemeel)
1 koppie koekmeel
½ koppie suiker
1 eetlepel koeksoda
1 teelepel sout
2 koppies karringmelk
4 eetlepels gesmelte botter

Meng die mieliemeel, koekmeel, suiker, sout en koeksoda in ‘n groot mengbak en roer die gesmelte botter en karringmelk daarby in. Meng deeglik en skep in ‘n geskikte broodpan wat met botter gesmeer is of met ‘n nie-kleef sproei gespuit is. Bak vir 40 tot 50 minute by 180ºC tot ‘n toetspen skoon uitkom en die bokant ligbruin verkleur het. Laat vir 5 minute in die pan afkoel voor dit uitgekeer word.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete




VRUGTE PIESANGBROOD


VRUGTE PIESANGBROOD
Ek het hierdie resep by my skoonma se vriendin gekry. Dit vandag gebak. Rerig baie lekker. Dit is haar eie resep, maar sy het gese ek is welkom om die resep te deel, so hier is hy!!!
200 g margarien
2½ koppie suiker
6 groot eiers
2 teelepels vanilla geursel
8 groot piesangs (fyn gedruk)
4 koppies koekmeel
1½ teelepel koeksoda
1 teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
1 koppie dadels (gekap)
1 koppie kersies (in kwarte gesny)
1 koppie pekan neute (gekap)
1 koppie vrugtekoekmengsel

Room margarien en suiker saam.
Voeg eiers en geursel by en klits goed.
Voeg piesangs by en werk goed deur.
Sif koekmeel, koeksoda, bakpoeier en sout saam en voeg by piesangmengsel.
Werk goed deur.
Voeg dadels, kersies, neute en vrugtekoekmengsel by en meng goed deur.
Skep in gesmeerde broodpannetjies wat met waspapier uitgevoer is en bak teen 200ºC vir 30 – 40 minute of tot gaar.
Nota: Dit maak eintlik 4 sulke broodjies soos op die foto.
Die broodjies vries ook baie goed!

Resep: Chrissie Kruger
Foto:  Bets Lourens




HENRIETTE SE HEERLIKE APPELKOOS KOEK/BROOD

HENRIETTE SE HEERLIKE APPELKOOS KOEK/BROOD
Kook genoeg appelkose  met ‘n halwe koppie suiker tot sag, sodat jy 1 kp fyn appelkose het vir die resep.
Beslag
125 g botter
375 ml suiker
3 eiers
5 ml vanieljegeursel
250 ml fyngedrukte appelkose
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
1,5 ml sout
25 ml melk

Voorverhit die oond 180°C.
Klits die botter en suiker saam.
Voeg die eiers by.
Voeg geursel by.
Vou appelkoosmoes by.
Sif droe bestanddele saam. Voeg dit om die beurt met die melk by die appelkoosmengsel.
Skep in gesmeerde broodpan  of koekpak en bak vir ongeveer 1 uur of tot toetspen skoon uitkom.
Haal uit die oond en terwyl nog warm, smeer appelkooskonfyt bo-oor.
Resep en foto: Henriette Rossouw
Dis lip lek lekker.




VOORTREKKER DADELBROOD

VOORTREKKER DADELBROOD
Ek moet net hierdie dadelbrood resep met julle deel. Ek kry die resep uit voortrekker resepte boek.
375 g fyn gekerfde dadels
125 g margarien, in klein blokkies gesny
5 ml koeksoda
250 ml kookwater
190 ml suiker
1 eier, geklits
5 ml vanilla geursel
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
Plaas die dadels, margarien en koeksoda in ‘n mengbak.
Giet die kookwater bo-oor. Roer en laat staan om koud te word.
Klits eier, suiker en vanilla geursel goed en voeg by die dadelmengsel.
Sif koekmeel en bakpoeier saam en vou by die dadelmengsel in.
Bak 1 uur by 180°C in ‘n gesmeerde broodpannetjie.
Geniet hom xxx
Resep en foto geplaas deur Linda Venter




SPINASIE EN HAM ROL


SPINASIE EN HAM ROL
600 g gevriesde spinasie (ontvries)
100 g spek
100 g gekerfde ham
50 g Feta
1 groot ui
1 suurlemoen
500 ml room
1 rol bladerdeeg (puff pastry)
1 eier
Kap die uie en spek op in klein blokkies and gooi in pan (met bietjie olie)
Terwyl dit stadig kook, druk al die sous uit die ontdooide spinasie
Wannner uie en spek lekker gebraai is, voeg die gekerfde ham en room by
Rasper ‘n halwe suurlemoen skil daarin en kook tot dikkerig (moenie oor kook nie).
Laat bietjie afkoel
Vat ‘n kwart lemoen se sap en gooi dit oor uitgedrukte spinasie en meng deur.
Gooi spinasie en ham mengsel in ‘n blender (chopper) en maak fyn.
Haal uit die mengsel en gooi in n bak.
Breek feta op in stukkies en roer met die hand in.
Rol deeg oop en sit spinasie en ham mengsel in.
(Ek sit dit so lengte gewys sodat dit lyk soos ‘n wors)
Rol om en gebruik eier om die einde aan mekaar te plak
Rol dit san soos ‘n wors in die rondte (of nes jy wil)
Bak op 160 ºC for 25 minute tot lekker bruin.
Resep en fotos: Kyle Jensen




SITRUSBROODJIE

SITRUSBROODJIE
250 ml koue Earl Grey-tee ( of enige swart tee van jou keuse)
200 g gemengde droë vrugte
250 g bruismeel
125 ml bruinsuiker
2,5 ml sout
45 ml lemoenmarmelade
Ongeveer 100 ml melk (opsioneel)
Meng die droë vrugte en tee in ‘n bakkie en laat oornag staan.

Voorverhit die oond tot 180 grade C en smeer ‘n brood pannetjie.
Meng meel, suiker en sout.
Voeg die marmalade by die vrugte mengsel dan die meelmengesel en meng goed deur.
Giet in broodpannetjie en bak vir 1 – 1 1/2 uur.

LEMOENGLASEERSEL
30-45ml lemoenmarmelade
180ml versiersuiker
Meng en giet oor broodjie
Resep geplaas deur Hannetjie Snyman
Foto: Hannetjie Snyman.




BLUEBERRY AND CARROT BREAD


BLUEBERRY AND CARROT BREAD
Hierdie resep het ek verlede maand gemaak. Kan nie onthou of ek reeds hier gepos het nie. Dit was n absoluut wenresep en was heerlik en maklik- iets wat ek beslis weer sal maak en my familie kry gesonde vrugte en groente in
Makes 2 loaves
4 extra large eggs
250 g Demerara sugar
330 ml vegetable oil
10 ml vanilla essence
400 g cake flour
1 T baking powder
1 and half tsp baking soda
Half tsp salt
1 and half tsp cinnamon
2 tsp ground ginger
200 g blueberries plus extra to sprinkle
1 large carrot, peeled and grated
6 bananas, mashed
100 g pecan nuts, roughly chopped
Preheat oven to 180
Grease 2 loaf tins (of 1L capacity each) and line with baking paper
Set aside
Cream the eggs and Demerara sugar together in a medium bowl for about 3 mins until pale and creamy
Add the vegetable oil and vanilla essence and beat until mixture is well combined
Sift together the cake flour, baking powder, baking soda, salt, cinnamon and ginger and add these dry ingredients to the egg mixture
Add the remaining ingredients and fold together until just combined
Pour mixture into the prepared tins and scatter extra blueberries on top
Bake 50 mins or until skewer comes out clean
Allow loaves to cool in their tins for 5 mins and then turn out onto cooling rack
Recipe posted by: Angela Landsberg
Photo: Angela Landsberg