CIABATTA – PANTOFFELBROOD

CIABATTA – PANTOFFELBROOD
Resep en foto: Hannes Smith
FOOD LOVERS RECIPES
Maak eers ‘n pre-ferment;
200 g broodmeel
200 g water
¼ teelepel gis, bedek en laat oornag in die yskas.
Laat toe om tot kamertemperatuur te kom.
Meng daarby
240 g koue water
350 g broodmeel
1 eetlepel olie
1½ teelepel sout

Meng al die bestanddele in die bak van die staanmenger teen spoed 1 vir 1 minuut.
Meng teen spoed 2 vir 1 minuut, dan teen spoed 4 vir 4 minute.
Die slap deeg moet van die sye van die bak loskom maar nog onder vassit.
Olie ‘n mengbak en keer die sagte deeg daarin, bedek en laat rus vir 45 minute.
Maak hande nat en lig deeg uit en vou 4 keer oormekaar. Bedek en laat rus vir 45 minute.  Herhaal proses nog ‘n keer. Bedek en laat rus weer vir 45 minute.
Maw daar is 3 rus periodes en 2 vou kere.
Strooi ‘n laag meel op tafel en keer deeg daarop uit.
Strooi ook ‘n lagie meel oor die sagte deeg, werk liggies en druk die deeg in ‘n vierkant en druk effe plat. Twee plastiek blaaie van so 150 mm vierkant werk lekker. Sny deeg in twee en vorm in pantoffel fatsoene.
Gebruik ‘n ou laken of iets soortgelyk as ‘n couche, strooi met meel en vryf in.
Lig die pantoffels met die plastiek blaaie op en sit liggies neer op die laken, maak walletjies om die deeg se vorm te behou en uitmekaar te bly, bedek en rus vir 20 minute. Sit ‘n omgekeerde oondpan in die oond en verhit tot 230º C.
Gebruik ‘n snyplank en sit ‘n stuk bakpapier daarop om die brode na die oond te neem. Lig die punt van die laken stadig op sodat die sagte deeg kan omval op die laken.
Druk hande aan weerskante van brood aan die lang kante in, lig vinnig op en plaas op die snyplank, doen dieselfde met die ander brood. Skuif die snyplank met die twee brode op die bakpapier versigtig op die omgekeerde pan
Sit ‘n pan heel onder in die oond en gooi kookwater daarin, sproei ook binne die oond met ‘n blom spuitjie, doen dit 3 keer met 30 sekonde tussenposes.
Bak vir 10 minute, draai die oondpan 180º om en bak nog 10 minute of tot mooi bruin.




TANIA SE TUISGEBAKTE BROOD

TANIA SE TUISGEBAKTE BROOD
2.5 kg koekmeel (Sasko)
2 pakkies suurdeeg
1 eetlepel asyn
3 eetlepels olie
3 eetlepels sout
1 eetlepel suiker
Lou water gemeng met bietjie melk om mee te meng

Gooi so ‘n klein bietjie lou water bo op suurdeeg.
Laat staan dit so vir half uur.
Maak holte in meel en gooi suurdeeg, asyn en suiker by.
Voeg by sout en olie.
Meng lou water en ‘n klein bietjie melk en knie tot jy ‘n lekker elastiese deeg het.
Sit in 2  gesmeerde brood panne.
Laat rys  tot vol en bak vir so uur by 180°C of tot brood lig voel en hol klink as jy daarop klop.
Resep en foto: Tania Bianca Benecke Behrens




BAGUETTE (FRANSE BROOD)

BAGUETTE (FRANSE BROOD)
700 g broodmeel
½ teelepel gis
1½ teelepel sout
520 g kraanwater

Meng die meel en gis goed met ‘n draadklitser in ‘n mengbak.
Voeg die sout by en klits weer goed saam, gooi die water by en meng goed.
Dit sal ‘n baie nat deeg wees, ongeveer 74% hidrasie.

Bedek en laat rus vir 45 minute, gooi uit op ‘n droë tafel. (geen meel).
Maak hande nat en gryp bokant van nat deeg en lig hoog op oor res van deeg.
Vou ook die ander drie kante bo-oor druk liggies rond en sit terug in die bak.
Dit sal ‘n klonterige spul wees maar dis reg so, bedek weer en rus weer 45 minute
Herhaal die rus en vou proses altesaam vier keer, na die vierde rustyd sal die deeg glad en blink vertoon
Strooi werkoppervlak goed met meelblom en lig die deeg daarop uit, strooi ook meel oor die nat deeg en druk liggies plat.
Sny die deeg in vier eweredige stukke van ± 300g elk, vorm die deeg in effe langwerpige fatsoene asof dit in ‘n pan moet gaan, plaas eenkant, bedek en rus vir 15 minute.
Intussen word ‘n ou laken met meel bestrooi, ingevryf, en lang gange gevorm vir die brode om in te pas.
Ná die rustyd word die deeg stukke in lang worse gerol so lank as wat in die oond kan pas.
Die rollery verg nogal oefening maar is eintlik taamlik maklik.
Plaas die lang worse in die voorbereide gange op die melerige laken, vorm ‘n hoë wal tussen die worse.
Bedek en laat rus vir 20 minute.
Stel oond vir 200ºC terwyl die deeg nog rus, ± nog 20 minute vir oond om warm te word.
Die brode moet nou oond toe sonder om misvorm te word.
Ek gebruik lang karton om dit te doen.
Plaas die brode op die karton, gebruik ‘n skerp mes om skuins insnydings te maak.
Sit `n pan onder in die oond en gooi kookwater daarin, skuif die brode op ‘n omgedraaide oondpan op die middel rak en spuit water op die brode en binne in die oond vir ‘n krakerige kors.
Bak vir ongeveer 20 minute tot gaar en mooi bruin.
Koel af vir 30 minute op draadrak.
Kommentaar:
Hannes Smith: Ek stem saam oor al die PT, maar ek doen dit vir die satisfaksie daarvan. Dit verg omtrent 6 ure se bedrywigheid, en ‘n Franse broodjie kos maar net omtrent R15.
Michelle Britz: Hierdie meelblom op die linne pla my ek is nie seker wat om te doen daar nie Help asb??
Stien Rust: Ek raai maar dat dit die deeg warm hou terwyl dit rus, dalk iets met die rys van die deeg te doen.
Karin Pitout Ek wil net bevestig. Is die water wel in gram en nie ml?
Hannes Smith: Dis reg Karin, ek weeg die water veral vir broodbak, dis baie meer akkuuraat.
Resep en foto: Hannes Smith

Nota:
Hannes Smith
Ek gebruik ‘n sagte stuk seil maar ‘n stuk lap van linne of so is ook reg dit moet net taamlik styf wees om vorm te behou, myne is 400mm x 1 meter ( my oond kan net ‘n brood van 400 lank vat) die meel op die lap verhoed dat die sagte deeg vassit. Na gebruik sit ek die lap in ‘n plastiek sakkie tot volgende keer. Die lap (Couche in Frans) laat die sagte deeg vorm behou, as jy die deeg net op ‘n plaat sit sal dit platterig word en vorm verloor. Sprei die lap oop op die tafel met die smal kant by jou, strooi dik met meel en vryf dit in die lap. Aan die bokant (weg van jou) vou jy nou ‘n hoë wal met so 100 mm aan die los kant, plaas die gevormde brood teen die wal en vorm nog ‘n wal, nou lê jou broodjie knus in sy lang tonneltjie, plaas die ander brood teen daardie wal en vorm weer ‘n wal, doen dit met al die brode sodat almal in ‘n ry lê soos soldaatjies. As daar nog van die lap oorbly hier by jou kan jy dit oor die brode vou, so nie kan jy die lotjie bedek met ‘n dik vadoek om te rus. Ek het ‘n paar stukke dun Masonite gesny, so 400 mm lank by 200 mm breed om te help met die hanteer van die brode, stywe karton sal ook goed werk. Wanneer jou brood oond toe moet gaan maak jy die deeg oop Lê die einste stuk karton teen die broodjie voor jou en lig die anderkanste walletjie en daar rol dit van die lap af bo-op jou karton. Gebruik ‘n skerp mes ( ek gebruik ‘n Minora lemmetjie) om skuins snitte die lengte van die brood te maak. Die doel hiervan is eerstens om te verhoed dat die brood lelik oopbars wanneer dit bak, dit veroorsaak glo ook dat die gasse binne korrek hulle werk doen, boonop lyk dit mooi en professioneel Die brode moet nou van die karton af geskuif word bo-op jou omgekeerde oondpan, dit kan nie weer omgerol word nie want dan is die messnitte onder. So skuif die brode op die pan, as genoeg meel onder is sal dit maklik afskuif soos ‘n pizza. Ek hoop dis nou meer duidelik, maar vra maar gerus.




JOHAN SE BRAAIVLEIS BROOD

JOHAN SE BRAAIVLEIS BROOD
Ek het gisteraand hierdie brood gebak en hy gaan lekker saam met ‘n braai.
5 koppies meel
3 koppies water
2 teelepels sout
4 eetlepels vet of botter
3 eetlepels Bovril
1 koppie gerasperde kaas
4 halwe gedroogde tamaties, gekerf
4 eetlepel gerasperde ui
2 teelepels kitsgis
2 teelepels suiker
kwart teelepel fyn gemmer
1 koppie gaar koring

Voeg die kitsgis, gemmer en suiker in ‘n bakkie, vroeg 1 koppie louwarm water by en roer tot suiker oplos, laat staan dat dit so ‘n hoë skuimbol rys.
Meng die ander bestanddele saam, voeg die kitsgismengsel en 2 koppies water by, knie baie goed en laat rys op ‘n warm plek tot dubbel die volume.
Knie die deeg weer af, plaas die deeg in die pan en laat weer rys.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir 45 minute.
Resep en foto: Johan Coetzee




CARLIEN SE SLOW COOKER BROOD

CARLIEN SE SLOW COOKER BROOD
Ek het myne gebak met winkeldeeg, waarby ek 3 eetlepels olyolie in geknie het.
30 minute op Laag en toe vir 90 minute op hoog.
Daarna het ek die porseleinbak uitgelig, olyfolie oorgesproei en hom vir 6 minute in ‘n vooraf verhitte oond gebak met beide die elemente bo en onder aan.
Dan kom hy mooi goudbruin uit.
Foto: Carlien Coetzee

Lekker variasie: deel deeg in 2 dele en druk eerste stuk onderin pot plat. Sny 2 Camembert-kase horisontaal deur, pak helfte plat in die deeg. Skep nou so 1k uiekonfyt egalig oor. Pak die ander kaas oor en dan die res van die deeg. Seel om die kante. Laat rys eers vir 30 minute voor die pot in die voorafverhitte masjien geplaas word. Bak nes gewoonlik verder.




TANYA SE LEKKER KAASBROODJIE

TANYA SE LEKKER KAASBROODJIE
4 koppies koek meel
2 koppies kaas
1 pakkie kits gis
4 eetlepels suiker
knippie sout
500 – 600 ml lou warm water

Meng al die droë bestanddele saam en voeg water bietjie bietjie by. Voeg kaas by en knie. Laat deeg rys, knie weer af en sit in cast iron pan of ‘n groot brood pan. Laat rys in pan en bak dan teen 180°C vir so 30 min. Ek bak in ‘n gas oond, ‘n elektrisie oond se tyd mag dalk verskil, hou maar die brood dop.
Resep geplaas deur Tanya Bailey
Foto: Tanya Bailey




HEALTHY BANANA BREAD


HEALTHY BANANA BREAD
Het vandag ‘n gesonde piesangbrood oorweeg. Ek moet darem terug in die gesonde kos ding kom so gou moontlik!  Ek het net whole meal flour gebruik en het nie molasses ingesit nie want het nie gehad nie. En ook nie suurlemoen skil nie.
¾ cup (95 grams) all-purpose flour
¾ cup (95 grams) whole wheat flour
1 teaspoon baking soda
½ teaspoon fine sea salt
¾ teaspoon ground cinnamon
2 large bananas, heavily speckled or even black bananas are best, about 1 cup mashed
5 tablespoons extra-virgin olive oil or substitute melted coconut oil
1 tablespoon molasses
1/3 cup (65 grams) sugar
2 large eggs, lightly beaten
1 teaspoon vanilla extract
1 teaspoon lemon zest
2 tablespoons lemon juice

Center a rack in the oven and heat to 180. Line an 21 cm x 12 cm loaf pan with parchment paper and lightly grease. Whisk the flours, baking soda, salt and cinnamon together, set aside. In the bottom of a medium bowl, mash bananas into a chunky paste. Whisk the olive oil, molasses, sugar, eggs, lemon zest, lemon juice, and the vanilla into the bananas until blended.Switch to a large rubber spatula. Scrape the sides and bottom of the bowl then add the dry ingredients in 3 parts, stirring gently until they disappear and the batter is smooth.

Pour batter into the pan and smooth the top. Bake 40 to 65 minutes, or until a knife inserted into the center of the bread comes out clean. After 30 minutes in the oven, check the bread for color. If it looks like it is browning too quickly, loosely cover with aluminum foil. When the bread is done, transfer it in the pan, to a wire rack to cool for 5 minutes. Unmold the bread and place right side up on the rack. Cool completely.

TIPS
Store the banana bread at room temperature up to 2 days, in the refrigerator up to 5 days, or in the freezer up to 3 months.

How to make healthy banana muffins: Divide the batter between muffin cups then bake at 180 until a toothpick can be inserted and come out clean, 20 to 25 minutes.

Use 100% whole wheat flour: Replace the all-purpose flour with an equal amount of whole wheat flour or use white whole wheat flour. If the batter seems too thick, thin it out with a tablespoon or so of water or milk.
Photo and recipe: Angela Landsberg




JOHANNA SE BROODDEEG

JOHANNA SE BROODDEEG
Ek het brood geknie vandag en my eie bunny chow gemaak en dit was heerlik.
6 koppies koekmeel
1 teelepel suiker
3 teelepels sout
1 pakkie kits gis (10g)
800 ml lou water

Meng alles bymekaar en voeg water by, eers 500 ml, meng goed en daarna bietjie, bietjie tot jy ‘n lekker knie deeg het.
Knie vir so 5 min tot elasties.
Maak toe en laat rys.
Knie weer af na gerys het, laat weer rys.
Knie dan weer af as hy gerys het en maak balletjies. plaas die bolletjies in  Teracotta potte en laat rys.
Laat oond vooraf warm word op 180º C en bak vir 25 min.
Foto en Resep: Johanna Viljoen Zwiegelaar

Vannaand weer lekker boepens vetkoek en mince gemaak en ek eet dit skoon sonder enige iets op. Ek gebruik my brood resep.




SUURLEMOEN BROODJIE KOEK

SUURLEMOEN BROODJIE KOEK
Smeer ‘n brood pan met botter, verhit oond vooraf op 180°C
1 koppie suiker (250 ml)
2 eiers
125 ml botter
Rasper skil van 1 suurlemoen
Halwe koppie melk
Knippie sout
2 kp bruismeel (500 ml)

Sous:
125 ml koppie suiker
2 suurlemoene se sap
Rasper skil van 1 suurlemoen

Klits suiker en botter dan voeg jy die eiers by, meng deur.
Voeg die meel, sout en skil in en klits, voeg melk geleidelik by en klits tot gemeng.
Plaas in voorbereide pan en bak in die oond vir so 45-60 min by 180°C (gewone oond).
Sit die sous se bestanddele in ‘n mikrogolf houer en kook ‘n rukkie in die mikrogolf tot die suiker opgelos is.  Hou die stoop warm.
As die koek klaar gebak het, terwyl nog warm,  steek gaatjies oral in die koek  en gooi die stroop oor die koek dat dit lekker in die koek intrek.  Wanneer afgekoel, gooi uit die pan en bedien.
Resep en foto: Shandre Esabel Swartz




KNOFFELRING BROOD

KNOFFELRING BROOD
Deeg:
2 groot eiers
25 ml kookolie
50 g suiker
500 ml lou warm water
10 ml kits gis
10 ml knoffelsout
knippie gemmer
ongeveer 1 kg koekmeel
ekstra meel vir knie
Klits die eiers, olie, water en suiker saam in ‘n groot bak.
Meng die koekmeel, knoffelsout en gemmer.Neem’n bietjie van die meelmengsel en meng dit met die gis.
Voeg die gis en meelmengsel by die eiermengsel, voeg die helfte van die koekmeelmengsel by en roer deur.
Hou aan koekmeel byvoeg totdat ‘n sagte deeg vorm, knie vir 5 tot 10 minute.
Plaas die deeg in ‘n gesmeerde bak en laat rys tot dubbel in volume. Knie die deeg af en maak bolletjies.
Knoffelsous:
175 g gesmelte botter
3 tot 6 knoffelhuisies, gekneus
10 ml knoffelsout
25 ml vars gekapte pietersielie
10 ml gedroogte gemengde kruie
Sesamsaad om oor te strooi
Voorverhit die oond tot 190ºC.
Smelt die botter in ‘n klein kastrolletjie en voeg die res van die sousbestanddele by en meng goed.
Doop elke bolletjie deeg indie  sous en pak dit in ‘n oondskottel.
Bedek die deegbolletjies en laat dit rys vir 15 tot 30 minute.
Strooi die sesamesaad oor die bolletjies en bak dit in die voorverhitte oond vir 30 tot 35 minute tot gaar.
Resep: Johan En Christelle Riekert