RETHA SE SUURDEEG BROOD (SOURDOUGH)

RETHA SE SUURDEEG BROOD (SOURDOUGH)
Ek deel graag my resep vir sourdough brood. Ek bak nou al vier jaar sourdough en ek het mettertyd die resep vereenvoudig alhoewel dit nogsteeds ‘n bietjie beplanning vereis – jy kan nie net besluit jy wil netnou bak nie. Jy moet jou plantjie (starter) tenminste ‘n dag voor die tyd uit die yskas haal en 3 keer voer – so 8 ure uitmekaar en as jy seker is dis lekker lewendig kan jy jou brood begin meng.
http://www.foodloversrecipes.com/2016/03/suurdeeg-boer-brood-stap-vir-stap/

Sourdough brood: Al wat jy moet onthou vir 2 brode is: 3-6-9
300 g starter
600 g water (altyd gesuiwerde water want die chloor in gewone water affekteer die starter)
900 g broodmeel (ek gebruik Eureka – dis die gesondste)
Meng alles saam in ‘n bak, maak toe met ‘n plastiese sak en laat ‘n halfuur rus – dit word autolyse genoem.

Intussen meng jy saam:
1 eetl. sout (gebruik ordentlike himalayan of natuurlike sout, want die bleikmiddels in gewone sout is nie goed vir jou plantjie nie)
2 eetl. bruinsuiker
100 ml olyfolie
125 ml water

Roer die mengsel goed om die sout te probeer oplos. Nou meng (nie knie nie) jy die soutmengsel by jou meel in.
As dit goed gemeng is, maak jy die bak weer met plastiek en ‘n vadoek toe. Jy gaan nie die tradisionele knie doen nie, jy gaan die deeg elke 15 minute ‘stretch and fold’ terwyl jy die bak met 90 grade roteer na elke sarsie.
Jy gryp letterlik ‘n handvol deeg en lig dit op en druk dit terug in die middel van die bol deeg, dan draai jy die bak en doen dit weer totdat jy reg in die rondte gegaan het.
Herhaal hierdie proses elke 15 minute vir 4 ure.

Nou sal jou deeg lekker elasties wees en as jy dit optel en uitrek sal dit nie breek nie.
Gooi deeg uit op ‘n skoon oppervlak – hier is ‘n deegskraper lekker om die deeg te hanteer want dis ‘n slapperige, natterige deeg.
Deel deeg in twee en rol elke porsie op om ‘n broodvorm te kry en plaas in gesmeerde broodpanne.
Dis ‘n nat deeg en aan die begin is dit moeilik om mee te werk, maar dit word elke keer makliker om die brood te vorm.
Sit die twee broodpanne in ‘n groot plastieksak en plaas vir tenminste 8 ure in die yskas – moenie skrik, dit rys nie eintlik nie.
Haal brode uit die yskas, en sit die oond aan op die heel warmste wat dit kan gaan – myne gaan net tot 230 grade C.
As die oond op hitte is, maak ‘n snit in die lengte bo-op die broodjie met ‘n skerp mes of skêr (dit help die brood om te rys), sit die broodpanne in die oond en draai die oond af na 200 grade C.
Bak vir so 40-45 minute tot lekker bruin gebak.
Ek verdubbel gewoonlik die resep om 4 brode te bak.
Dit vries baie goed en maak die heerlikste krakerige roosterbrood.
Foto en Resep: Retha Sorum Burger
2de foto: Bets Lourens – Lieflike deeg, maar die elke 15 minute knie vir 4 ure werk nie vir my nie.  Maar moet se ek LOVE hierdie sourdough suurdeeg brood.




ROOIBOSTEE VRUGTEBROOD

ROOIBOSTEE VRUGTEBROOD
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies gemengde droëvrugte (cake mix)
250 g bruinsuiker
2 ml sout
500 ml warm rooibostee, klaar gemaak
1 eier
500 g bruismeel
5 ml bakpoeier

Laat die vrugte oornag in die tee week.
Breek die eier die volgende oggend in die vrugtemengsel en meng goed.
Voeg die droë bestanddele by en meng goed.
Gooi in twee gesmeerde klein broodpannetjies en bak vir 50 – 60 minute by 160°C, of tot die toetspen skoon uitkom.




HOME BAKED BREAD

HOME BAKED BREAD
The easiest, softest and most delicious. Recipe can be used for rolls too.
1 sachet yeast
2 and 1/4 cups of lukewarm water
1/4 cup of sugar
2 Tablespoons of oil
1 tsp of salt
5 and 1/2 cups of flour

Mix the yeast and water in a large mixing bowl, add a pinch of sugar and let it rest for 5 minutes.
Thereafter add the oil, sugar and 4 cups of the flour.
Knead into a soft dough, add the rest of the flour a little at the time until dough is nice and rollable. (You may not need all the flour)
Leave to rise in an oiled bowl for 2 hours.
Put into a greased loaf tin and leave for another 1/2 hour.
Bake at 180 degrees C for 35 minutes.
Spread melted butter on top as soon as it’s baked.
Photo: Yasmeen Ibrahim




ELIZE SE ROERBROOD

ELIZE SE ROERBROOD
Sooooo maklik om te maak. Stel oond op 180°C.
In groot mengbak gooi:
2 teelepels sout
2 teelepels suiker
1 kg witbroodmeel OF 1 kg bruinbroodmeel
1 x 10 g pakkie yeast

Strooi oor meelmengsel 1 liter LOU water.
Meng met lepel. Gooi in gesmeerde groot broodpan of 2 kleineres.
Laat rys tot tenminste dubbel die grootte.
Sit in oond en bak vir 1 uur. Ek bak dit 1h10 min. Haal uit en laat afkoel.
Sny korsie AF, smeer dik botter kaas en konfyt, lekker biltong eintlik my keuse, maar te duur.
Resep en foto: Elize Senior Wolvaardt




RYNO EN ZELDA SE PIESANGBROOD SONDER KOEKSODA

RYNO EN ZELDA SE PIESANGBROOD SONDER KOEKSODA
880 g botter, gesmelt
1600 g suiker
15 eiers
1920 g meel
70 g bakpoeier
2 kg piesangs
10 ml vanielje
Sout na smaak

Meng botter en suiker saam. Voeg vanielje by. Voeg eiers by. Meng die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg saam en meng goed. Versap piesangs en voeg by. Meng goed en gooi die panne half vol en bak teen 180°C tot gaar en mooi bruin.

Nota:  Ek deel die bestandele deur 4 dan kry ek 3 broodjies uit. So ek neem aan so 12. Ekt hom nog nooit vol gemaak nie. Dis my pa se resep
Foto: Ryno En Zelda Herridge




GROOT PIESANGBROOD MET STUKKIES PIESANG


GROOT PIESANGBROOD MET STUKKIES PIESANG
Klits met elektriese menger tot baie romerig en fyn skuim:
6 baie ryp piesangs
4 eiers
1 koppie suiker
½ koppie melk
½ koppie olie
Voeg by en meng:
1 kg bruismeel
¼ teelepel sout
1 teelepel koeksoda
10 ml piesang geursel 

Laastens sny 4 tot 6 harde half groen piesangs in lengte deur en dan so 2 cm stukke en roer liggies deur.
Skep mengsel in 1 groot boerbrood pan met botter gesmeer en meel gestrooi.
Bak by 160 ºC vir ‘n uur en toets of gaar is met ‘n skewer.
As skoon uitkom, koel af op draadrak.
Nota:  neute kan ook saam met laaste piesangs bygevoeg word.
Regte botter op ‘n sny en probeer om net by 1 te hou – amper onmoontlik!
Resep:  Hennie Van der Merwe




JADE’S BANANA BREAD

JADE’S BANANA BREAD
2 cups cake flour
2 teaspoons baking powder
1/2 teaspoon bicarb
1/2 teaspoon ground cinammon
2 eggs
90 g butter
1/4 cup honey
4 large ripe bananas
squirt of lemon juice

Preheat oven to 180°C.
Lightly grease a small loaf tin (about 20 x 9 cm).
Blend all the ingredients in a food processor or beat well in a mixing bowl until smooth.
Pour into the loaf tin and bake for 40 minutes. Test if it is ready by inserting a toothpick or skewer in the middle. If it comes out clean then the bread is done.
Allow to cool for 10 minutes before slicing and serving with butter.
Recipe posted by Jade Reed
Photo: Jade Reed




BIER POTBROOD

BIER POTBROOD
3 koppies broodmeel
10 g kitsgis
7 ml sout
200 ml water
85 ml bier
15 ml asyn

Meng droë bestanddele en voeg nat by.
Het dit in Kenwood gemaak met deeg hak,  sit in pot en laat dubbel rys.
Bak 180ºC tot hol klink as jy op dit klop.
Is regtig ‘n great resep.
Ek het dit 4 keer aangemaak aagesien die braai vir 20 mense is.
Resep en foto: Lerique Allers




GEDULDIGE GEEN-KNIE BROOD

GEDULDIGE GEEN-KNIE BROOD (My vrou se gunsteling)
700 g broodmeel
600 g louwarm water
1 teelepel suiker
1 teelepel sout
¼ teelepel kitsgis

Los die gis en suiker in die water op en laat staan vir so 10 minute om in te skop.
Meng die meel en sout in ‘n groot mengbak. Die meel op foto was 500 g wit broodmeel en 200 g bruin broodmeel. Voeg die giswater by en meng tot ‘n gladde deeg. Dit sal baie slap en taai wees. Bedek met plastiek en laat fermenteer vir 12- 18 ure. Ek maak my hande nat en vou die deeg ‘n paar kere om tydens die rustyd.
Na 18 ure sal die mengsel goed uitgerys en borrelrig wees met ‘n skerp gisreuk.
Lig die deeg uit in ‘n ligter meel bestrooide plastiekbak, bedek weer en laat rus vir nog 2 ure. Na 1½ uur kan die oond aangeskakel word op 250ºC met ‘n swaar ysterpot met deksel binne die oond sodat die pot 30 minute goed warm kan word. Haal die warm pot uit die oond en dop die slap deeg daarin, strooi bietjie meel bo-op, sit deksel op en plaas terug in oond vir 30 minute. Verwyder die deksel en bak vir nog 15 – 30 minute teen ‘n verlaagde temperatuur van 220ºC.
Laat afkoel vir minstens ‘n halfuur voordat gesny word.
Die brood is op sy lekkerste wanneer vars gebak, maar maak heerlike roosterbrood as dit ouer is.
Resep en foto’s deur Hannes Smith
Foto 2 was ons ontbyt van die brood met ingelegde kerrie barrakoeda




BROOD IN DIE PRUTPOT – SLOW COOKER

BROOD IN DIE PRUTPOT – SLOW COOKER
Ek het net gewone brood deeg gekoop, slow cooker bak gesmeer met botter en bak in warm slow cooker gesit vir 40 min op low en toe vir 2 ure op high, uit gegooi en net in warm oond gesit om bruin te word.
Moet nie deksel oplig voor tyd verby is.
Lekker eet julle!
Resep en foto: Hettie Gouws

Angela Kelly Vd Merwe
Koop brooddeeg by supermark. Ek spuit my slow cooker en deksel met spray en cook. Dan sit ek die deeg in, druk hom mooi plat dat hy die boom vol lê. Sit deksel op. Stel op low, vir 1uur. Na die uur sit slow cooker op high vir ‘n uur. Na die uur gooi ek die brood versigtig uit en draai hom om dat die bokant onder is. Sit vir ‘n verdere 20 minute op high. En daar het jy ‘n heerlike ligte brood!! Die geheim van ‘n slow cooker is dat jy hom glad nie oopmaak gedurende die kook/bak proses nie. Slegs na 2 ure, wanneer jy hom omdraai.