SPEK EN UIE BROOD

 

SPEK EN UIE BROOD
1 pak winkel deeg
250 g spek stukkies, gebraai
1 ui, baie fyn gebraai
Rol deeg uitgerol.
Spek en ui tot gaar gebraai.
Meng ui en spek saam.
Versprei dit oor die deeg.

Rol op.
Sny in dik skywe, pak in gesmeerde oondbak.
Laat rys.
Ons het dit op 70 grade C in die thermofan oond vir 20 min gesit om te rys met die deksel op. Uitgehaal, oond tot op 170 grade C warm gemaak en brood gebak vir 45 min. As jy op hom klop sal hy hol klink dan weet jy dit is gaar.
Resep: Lucky van der Colff
Foto: Meisie van der Colff




KITS ROSYNTJIE BROOD

KITS ROSYNTJIE BROOD
500 g bruismeel
250 ml suiker
1 eier, geklits
125 ml water
250 ml melk
250 ml rosyntjies
5 ml sout

Gooi alles in mengbak. Meng tot ‘n beslag. Gooi in voorbereide pan. Bak by 180 vir +- 60 min. Toets na 45 min. ‘n Bietjie eier kan 15 min, voor gaar, oor gesmeer word, vir ‘n mooi goudkleur.
Ek het resep dubbel aangemaak en 3 kp koekmengsel deurgeroer.
Baie lekker broodjie 😍
Resep en foto: Mariette Heydenrych-Kotze




BLOU BESSIE ROOMKAAS BROOD

BLOU BESSIE ROOMKAAS BROOD
Blue-berry Cream Cheese Loaf wat ek gister gemaak het. Die resep het ek lank terug in een van die lugrederye se boekies gekry.  Ek gebruik fruktose en nie gewone suiker.
1  1/4 koppies koekmeel
1 tlp bakpoeier
knippie sout
1/2 kop botter
2/3 kop strooisuiker (ek gebruik 110 ml fruktose)
125 g roomkaas
2 eiers
1 tlp vanilla
1 koppies blue-berries

Versiersel
125 g roomkaas
4 eetlepel botter
1 1/2 koppie strooisuiker (250 ml fruktose)
1 tlp vanilla

Klits die roomkaas, suiker en botter tot romerig.
Voeg eiers een vir een by.
Voeg vanilla by.
Vou die meel, bakpoeier en sout in.
Vou die bessies versigtig in.
Gooi in ‘n gesmeerde broodpannetjie en bak vir 50 tot 60 minute teen 180 grade C.
Klits al bo-laag bestanddele tot glad en smeer versigtig oor die afgekoelde broodjie.
Resep geplaas en foto van Adri Redlinghys




GEVLEGDE GEVULDE BROOD

GEVLEGDE GEVULDE BROOD
1 pak gekoopte deeg
laat die deeg ±1 uur rys, deel die deeg in 4 dele.
Rol elke deel dun uit in ‘n reghoekige vorm.
Smeer / vul elke deel met ‘n smeersel / vulsel van jou keuse.
Rol elke deel op dat dit lyk soos ‘n rolkoek en knyp die oop kante liggies toe.
Vleg die 4 dele soos jy gelei voel die dag, plaas dit op ‘n bakplaat en laat weer rys vir ± 30 min.
Bak die vlegsel in ‘n voorverhitte oond vir 10 min teen ± 190°C en daarna vir ± 20 min teen ± 130°C. Haal die vlegsel versigtig van die oondpan af met ‘n spaan en plaas dit direk op die oondrak en bak dit verder vir nog ± 20 min. Toets die vlegsel en maak seker die toetspen kom skoon uit.
Vulsels wat in hierdie foto gebruik is:
1 deel is gevul met ‘n bossie vars pietersielie en ‘n handvol basielblare, fyn gekerf en gemeng met olyfolie en vars knoffel na smaak.
1 deel is gevul met ‘n klein botteltjie tamatie pesto, gemeng met 2 eetlepels soetrissiesous en 2 eetlepels blatjang.
2 dele is gevul met gerasperde Cheddar en gekrummelde swartpeper feta kaas.
Wenke:
Kry al jou vulsels vooraf gereed VOOR jy begin met die proses.
Ek het eers die rolle effens oopgesny in die lengte voor ek dit gevleg het.
Bedek die vlegsel liggies met foelie indien dit te donker begin bak.
Een pak deeg behoort genoeg te wees vir ‘n gesin.
Foto en resep: Meyer Combrinck




HEERLIKE ROSYNTJIEBROOD

HEERLIKE ROSYNTJIEBROOD
Resep: Honene Bain Roux
Foto: Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
‘n Heerlike maklike reseppie wat ek al baie jare maak.
Hierdie brood is baie lekker saam met patee, soos bv. hoenderlewer, snoek en roomkaas, al is dit effens soet. Ook baie lekker as ‘n teebrood sonder iets op.
500 g bruismeel
4 teelepels bakpoeier (dit klink baie, maar dis reg)
1½ koppies melk
1½ koppies rosyntjies (dis ‘n 250 g pakkie)
1 koppie suiker
1 eier
sout

Meng alles saam met elektriese menger met deeghaak. Nie klein handmenger. Anders meng dit net met ‘n houtlepel. Bak 45 min. – 1 uur op 180ºC.
Resep kan baie suksesvol verdubbel word vir twee groot brode. Ek het twee medium grootte brode uitgekry uit die resep soos in die foto.


Foto:  Adam Cloete – met Xylitol gebak en in die rosyntjie brood het ek helfte van die rosyne met bloubessies vervang.




LEMOEN EN ROSYNTJIE BROOD

LEMOEN EN ROSYNTJIE BROOD
sap en skil van 1 lemoen
250 ml rosyne
1 eier, effens geklits
30 ml botter, gesmelt
500 ml koekmeelblom
5 ml bakpoeier
2 ml koeksoda
2 ml suiker

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n broodpan van 23×13×7 cm met margarien. Vul die lemoensap aan met water tot 250 ml. Voeg die gerasperde lemoenskil asook die rosyne by. Meng die eier en botter en voeg by. Meng goed. Sif die koekmeel,bakpoeier,koeksoda en sout saam. Voeg die suiker by en meng deur. Voeg die lemoensap mengsel by die droë bestandele en meng deeglik. Skep in voorbereide pan en bak 1uur lank of tot gaar. Laat effens afkoel en keer uit op draadrak. Laat heeltemal koud word voordat dit gesny word. Dien op saam met botter.
Resep geplaas deur Louise Smit
Foto: Louise Smit




BOSTON BRUINBROOD


BOSTON BRUINBROOD
175 ml melk
¼  teelepel asyn
1 eier, geklits
75 g melasse of swart stroop
15 g sagte margarien
50 g strooisuiker
225 g bruismeel
100 g volkoring meel
½ teelepel sout
½ teelepel koeksoda

Smeer klein broodpan/koffie/vrugteblik (450 g). Meng melk en asyn en sit eenkant.
Klits eier goed saam met melasse/stroop, margarien en suiker in groot bak.
Meng 2 soorte meel en voeg die eiermengsel, sout, koeksoda en aangesuurde melk daarby.
Klop deeglik en keer beslag uit in voorbereide pan.
Maak pan styf toe met deksel van foelie en plaas in bakpan met bietjie water daarin.
Bak in matige oond (180°C) vir omtrent 1 uur. Keer uit om af te koel.
Resep geplaas deur Anna Venter




BOSTON BROWN BREAD

BOSTON BROWN BREAD
1 tablespoon unsalted butter for greasing
1 ½ cups brown-bread flour*
1 teaspoon baking soda
½ teaspoon salt
1/3 cup dark molasses
1 cup milk
½ cup dried currants or raisins

A specialty of New England, brown-bread flour is a mixture of whole wheat, rye and cornmeal or johnnycake meal. It can be purchased already mixed or made by simply combining equal parts of wheat and rye flour and cornmeal.
Preheat the oven to 325 ºF.
Generously grease a 1-quart pudding mold or 1-pound coffee can. Combine the flour, baking soda and salt in a mixing bowl. Stir in the molasses and milk. Fold in the currants.
Fill the mold or coffee can with batter. It should come up about two-thirds of the way. Cover the top with foil and tie securely with a string to make it airtight.
Place in a deep baking pan and fill the pan with boiling water, to come halfway up the side of the mold.
Place in the preheated oven and allow to steam for 2 hours, checking the water level after 1 hour. Add more boiling water if needed. Check by sticking a skewer into the bread; it will come out clean when done. Remove string and foil and allow to cool for 1 hour before unmolding.
Recipe posted by Adam Cloete




LEMON LOAF

LEMON LOAF
125 g butter/margerine
180 g castor sugar
2 large eggs
240 g flour
1 teaspoon baking powder
pinch of salt
grated rind of 1 large lemon
150 ml milk at room temperature

Cream the butter and sugar. Add the eggs and lemon rind. Beat untill creamy (about 2 minutes). Fold in the dry ingredients. Lastly add the milk.
Bake at 180°C for 50 to 60 minutes.
For the topping: mix the juice of 2 lemons with 120 grams castor sugar.
Spread over cake while still hot.
Photo: Surine Joubert
2 nd photo:  Chantell Scheepers Mustoe




SPINASIE, KAAS EN UIE BROOD

SPINASIE, KAAS EN UIE BROOD
4 kp koek meel
1/2 kp suiker
ongeveer 3 teel sout
1 pakkie Yeast
1/2  hand vol gemende groen spesserye
2 koppies lou warm water
Maak jou deeg aan

Kap ‘n lekker groot ui op,  jy kan spriet ui ook inkap.
Was jou spinasie mooi skoon en sny dit in repe.
Rasper so 2 koppies van jou gunsteling kaas, (ek gebruik lekker Cheddar en daai ou bleek enetjie dink dis Tassers soet melk).
Gooi alles by jou deeg en meng (knie) dit lekker in.
Voorverhit jou oond tot 180 grade C.
Laat jou deeg rys vir so ‘n uur of twee, knie dit af en dan sit jy die deeg in jou brood pan wat jy goed met spray en cook gespuit het.
Laat die deeg dan weer rys in die pan en dan sit jy nog kaas bo-op die broodjie en so ‘n paar uie ringe.
Bak vir ‘n uur en haal hom uit sodra hy gaar toets.
Foto: Marie Blom