MY GRYP IETS VAN ALS LAMSNEK BREDIE


MY GRYP IETS VAN ALS LAMSNEK BREDIE
1.5 kg lamsnek
2 uie gekap
5ml knoffel
30ml brandewyn
Druiwepit olie vir braai van vleis
Verbruin lamsnek, voeg uie, knoffel en brandewyn by en roerbraai vir 10 min. Pak vleis in ‘n casserol. Pak 1kg gemende groente bo-op
Meng die volgende bestandele vir sous:
1 pakkie beesstert sop
15ml tamatiepasta
1 pakkie van Ina Paarman se songedroogte tamaties
15 ml Soya sous
10ml matige kerriemengsel (verkrygbaar by Speserye winkel)
20ml Korma paste
20ml Mild chunky salsa
Gemaalde peper na smaak
500ml rooiwyn

Gooi sous oor groente en vleis plaas in vooraf verhitte oond teen 180°C vir 30min.
Draai oond af tot 120°C.
Ek het dit vir ongeveer 4 ure stadig in oond gaargemaak.

RESEP EN FOTO: Elna Erasmus




BEESBRISKET KERRIE


BEESBRISKET KERRIE

1 kilo brisket, opgesny in klein stukkies
3 uie, gesny
8 medium aartappels, in kwarte gesny

Kerriemengsel:
2 eetlepels kerrie
1 eetlepel borrie
1 teelepel growwe koljander
3 teelepel braaivleis speserye
3 eetlepels appelkooskonfyt
¼ koppie wit asyn

Braai stukkies brisket tot bruin, haal uit en hou een kant tot al die vleis klaar gebraai is. Braai die gesnyde uie in dieselfde kastrol tot bruin, sit vleis terug in kastrol en kook tot sag, gooi maar bietjies bietjies water by. Voeg die aartappels by vleis en kook tot dit sag is. Maak die kerriemengsel aan (ek gebruik regte kerrie by enige goeie speserye handelaar), en voeg by pot, roer deur en prut vir paar min tot kerriemengsel gaar is.

Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk‎




DIE BESTE BEESSTERT OOIT


DIE BESTE BEESSTERT OOIT
1 tot 1½ kg beesstert, opgesny
2 middelslag uie, in ringe gesny
1 piesang, in skywe gesny
2 lourierblare
60 ml bruin asyn
20 ml tamatiesous
20 ml blatjang
20 ml heuning
7 ml matige kerriepoeier
7 ml sout
1 ml peper
Was vleis en plaas saam met uie, piesang en lourierblare in ‘n drukkastrol.
Meng res van bestanddele en gooi bo-oor (daar kom geen water by nie).
Verhit stadig en kook sowat 1½ uur op lae hitte onder druk.
Lewer 4-6 porsies
Bedien saam geel rys & rosyne, EN n lekker slaai

Foto en resep geplaas deur Maralize van Winsen




LAURA SE BEESSTERT BREDIE


LAURA SE BEESSTERT BREDIE
Omtrent 30 ml kook olie
2 beessterte – omtrent 1.5 kg
1 middelslag ui
½ green pepper
2 huisies knoffel
2 loerier blare
2 groot wortels
30 ml worcestersous
15 ml tamatie pasta (ek verkies die een in ‘n tube)

Goeie beef stock soos Ina Paarman of 1 beef stock pot aangemaak in 500 ml kookwater
1.5 l kookwater, (of 750 ml rooi wyn en 750 water)
2 tamaties
1 pakkie baby marrow
1 pakkie wit mushrooms (as jy wil)
So 4 middelslag aartappels
Baie swaar oond pot (eg la creuset)

Ek braise my oxtail mooi bruin so: ek sit olie in my pot en as lekker warm is, paar oxtails op ‘n slag (ek wil nie dat dit kook nie so ek hou my pot droog), ek braise deur dit te braai en nou en dan een keer wocester sous, volgende keer stock mix om die pot te deglaze soos ek braai, terwyl ek dit braise gooi ek my ui, greenpepper, garlic en wortel in, jy sal sien ‘n lekker bruin sousetigheid begin te vorm, druk die tamaties uit in die pot (my ma het my so geleer) – jy sit nie die hele tamatie in nie, jy druk hom uit. Nou kan jy bietjie sout en pepper insit. Sit water in sê om so 5 cm van die pot te dek, sit deksel op en nou kan dit prut op die stoof of in oond. Ek verkies oond, so 160 grade. Kyk elke uur en gooi nog water in. Ek like dit nie om die beesstert te verdrink nie, so ek gooi eerder water by soos nodig elke uur. Na 3.5 ure kan jy aartappels in kwarte (breede nie lengte gesny) in sit maar voel eers die grootste stukke oxtail moet messie maklik kan deur steek maar nog te taai om reg te wees, na ‘n uur moet beesstert redelik amper reg wees, sit mushrooms (in kwarte) & baby marrow in 4 cm stukke) in, as dit nou te waterig is kan jy bietjie koekmeel met bisto insit, terug in oond vir laaste +/- 45 minute.
Ek bedien dit op rys, stamp mielies of polenta

Resep geplaas deur Laura Lombard




BRISKET BOONTJIE BREDIE

BRISKET BOONTJIE BREDIE
My eie aangepaste resep en foto: Petra Nel
FOOD LOVERS RECIPES
Hier is my (BBB) In prutpot
1½ kg of 6-7 Groterige ‘steaks’ x Brisket met ‘n vetjie en in helfte gesny. (Nie blokkies nie)
4  groot uie opgekap
2 fyngemaakte knoffelhuisies
2 opgekapte tamaties
½ – ¾ opgekapte rooi soetrissie
1 kg gekerfde groenboontjies
1 koppie OBS
2 houertjies ”home style beef stock” opgelos in ½ koppie warm water
4 medium grootte aartappels, in halwes gesny
1 teelepele mint sous
Sout word eers aan die einde bygevoeg indien nodig.
Smoor die vleis, gekapte uie en knoffel in botter of kookolie.
Voeg alles behalwe die aartappels en boontjies by.
Voeg aartappel by nadat vleis so rukkie gekook het.
Voeg boontjies by sodra die aartappels amper sag is. (Ek het nie daarvan as die boontjie pappery gekook is nie.)
Proe vir sout en voeg by indien nodig.




CHARLEEN SE BEESSTERTPOT


CHARLEEN SE BEESSTERTPOT
Oxtail pot met blomkool mash vir FLR verjaarsdag ete
2 groot uie
2 groot wortels
1 green pepper
2 preie(leeks)
250 g bacon bits
1 teelepel Fyn knoffel
2 kg oxtail
200g Baba wortels
400g Mushrooms
1 koppie Rooi wyn
2 blokkies Beef stock
2 liter kookwater
2 teelepels Sout
1/2 teelepel Peper
1/2 teelepel Tiemie
1/2 teelepel Origanum
1/2 teelepel Komyn
1/2 teelepel Koriander
1/2 paprika
2 teelepels Suiker
1/2 teelepel Rajah
1 eetlepel Tamato paste
2 blikke heel tamatie

Braai oxtail tot bruin. Voeg uie en wortels by. Roer goed deur. Gooi stock blokkies by en voeg dan kookwater by. Stoom in stoompot vir half uur. In aparte pot, braai gekerfde Uie, green pepper, preie vir so vyf minute. Voeg knoffel by. Roer deur. Voeg bacon bits by. Braai vir so 4 minute. Skep oxtail uit stock. Behou stock vir verdere gebruik. Roer vleis goed deur. Voeg tamato paste en kruie by. Gevolg deur wyn. Maak geblikte tamaties fyn en voeg by. Roer goed deur. Voeg sowat 1 liter van die stock wat eenkant gehou is by. Roer deur en sit deksel op. Prut vir so 1 – 1 1/2 uur op medium hitte. Op die laaste 30 minute kan die babawortels en mushrooms bygevoeg word. As sit nodig is kan jy sous verdik met maizena.

Blomkool mash
2 medium blomkool koppe
400 ml melk
Sout
Peper
Neutmeskaat
Botter

Breek blomkool in blommetjies. Gooi in pot. Gooi knippie siybby gevolg deur melk. Prut tot blomkool sag is. Dit moet nie pap gekook wees nie. Skep blomkool met gaatjies lepel uit. Gooi sout en peper en botter by. Maak fyn met handblender. Gooi bietjie van die melk by om dit romerig te maak. Gebruik n spatula en sif om die mengsel fyn deur te druk. Sit in opdienbak en sprinkel n bietjie olyfolie bo oor. Geniet saam met oxtail.

Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen




TRADITIONAL IRISH STEW


TRADITIONAL IRISH STEW
Aandete. Irish stew with lamb chops. Het die resep iewers op internet gekry. Is my eie foto. Ek het chutney en worcester sous by gesit vir meer geur.
Ingredients
2 large onions.
4 large Carrots.
stewing steak / mince or lamb. I used lamb chops
8 large potatoes.
Salt & pepper (personal preference)
How to make 
Wash and cut onions into moderate size chunks and add to the pot. (dont like onions? Do not worry, this can still be cooked without onions).Wash carrots and cut into chunks (some prefer thicker chunks for taste).Wash and peel the potatoes (spuds) then cut each one in half.Slice the meat into smaller pieces. If using stewing mince roll into meatballs.Get a large pot and fill it with water. Add the potatoes and meat.Heat pot until water boils then add carrots and onions.Keep on a low boil and stir every now and then until vegetables are cooked.Serve hot!
Cooking time for the Irish stew should be approximately 60 minutes or when the meat is fully cooked and the potatoes are soft inside (check using a fork) but there is no harm in keeping it on a very low heat for longer. It can also be reheated to be served later.
FOTO AND RECIPE:  May Saal Carolissen




PETRO SE KERRIE BEESVLEISBREDIE


PETRO SE KERRIE BEESVLEISBREDIE
Resep en foto: Petro van Genderen
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg rump steak
botter en olie 2 Eetlepels van elk
1 groot ui , opgesny
1 teelepel coriander
1 teelepel gemmer
1 teelepel knoffelvlokkies
1 eetlepel tamatiepasta
1 eetlepel garamasala
15 ml Radjah medium
½ teelepel poeier van elk van die volgende:
wit eper
komyn
kardemoon
kruie naeltjies
ek het ook 6 heel naeltjies in gesit en 1 star anise
en kerrieblare
Braai ui in botter en olie, voeg al die speserye by en braai vir ‘n minute of so kyk dat dit nie brand nie. Voeg die vleis by, en 2 beef blokkies opgelos in water, voeg ekstra water by. Bring alles tot kook en dan op stadige hitte. Laat prut tot die vleis amper sag is en sit aartappels by prut tot alles lekker sag is. Sal ongeveer 2 ure neem.  Die sous sal verdik soos dit afkook, pas die water aan indien nodig.

 




ALBERT SE WATERBLOMMETJIEBREDIE


ALBERT SE WATERBLOMMETJIEBREDIE
2 kg skaap skenkel (op gesaag)
2 kg waterblommetjies
1 kg uie, gekap
1 kg aartappels, in blokkies
1 koppie blatjang
1 of 2 eetlepels suurlemoensap
15 ml fyn gedrukte knoffel

So maak mens:
Braai die uie en skaap saam totdat dit ‘n mooi diep goudbruin kleur het.
In dieselfde pot, bedek met water en kook vir ± 1:30.
Gooi nou die aartappels en 1 kg waterblommetjies by en kook vir 30 minute of totdat die aartappels sag begin word.
Gooi nou die ander kg waterblommetjies, asook die blatjang en suurlemoensap by, roer goed deur, kook nog 15 minute. Proe en verstel die sout en peper.
Haal van die hitte af, laat afkoel, plaas oornag in die yskas.
More-aand, verhit en eet saam met rys met wiggies suurlemoen op die kant.
(kan dieselfde aand geëet word, maar dit is lekkerder as dit ‘n dag gestaan het)

Bron en foto: Albert Buitenhuis




LYNETTE’S TOMATO CHICKEN OR MEAT CASSEROLE

lynettestomatochickenmeatbredietested
LYNETTE’S TOMATO CHICKEN OR MEAT CASSEROLE
chicken or meat of choice
little oil for frying
1 big chopped onion
2 gloves
2 All Spice
2 bay leaves
4 potatoes
1 tsp. turmeric
1 crushed clove of garlic
1 tin tomato paste
sugar to taste
salt and pepper to taste

Braise onion and add gloves, all spice and  bay leaves. Add cleaned meat/chicken.
Brown and add potatoes if you using chicken, if you using meat wait for meat to get soft before adding potatoes. Add tomato paste with sugar to taste. Simmer 10 minutes, now add garlic and turmeric, salt and pepper to taste. Let simmer till potatoes are soft and meat are cooked. Serve with fluffy white rice or omit potatoes and add cooked macaroni. Enjoy!
Recipe and photo: Lynette Haupt