HOENDER EN BOTTERSKORSIE BREDIE

HOENDER EN BOTTERSKORSIE BREDIE
3 groot hoenderborsies in stukke gesny met die been in. (dytjies is ook lekker)
1 eetlepel olyfolie
1 koppie gekapte uie
2 fyngekapte knoffeltoontjies
1 koppie fyngekapte seldery
1 blikkie gekapte tamatie
1 koppie hoenderaftreksel
175 ml wit wyn
sout en peper na smaak
1 teelepel tiemie
1 medium groot botterskorsie in blokkies gesny (ongeveer 700 gram)
½ koppie gevriesde ertjies (opsioneel) (ek het gemengde groente gebruik)

Verhit die olie in ‘n groot platboom swartpot en verbruin die hoender vir 10 tot 15 minute. Verwyder die hoender en voeg die uie, knoffel en seldery by die pot en braai dit oor medium hitte vir ongeveer 5 minute. Plaas die hoender terug by die groente en voeg die tamaties, hoenderaftreksel, wyn, sout, peper en tiemie by en prut vir ongeveer 45 minute. Voeg die botterskorsie by en prut vir nog 30 minute of tot die botterskorsie sag is. Voeg die ertjies by indien dit gebruik word en laat deur warm word.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete




BOONTJIEBREDIE

BOONTJIEBREDIE
3 groot uie, gekap
6 naeltjies
6 wonderpeperbessies
1 teelepel peperkorrels
¾ koppie water
bietjie kookolie
2 kg skaapvleis (ek het 1 kg skenkels en 1 kg nek gebruik)
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 kg gekerfde groenbone
5 groot aartappel, in kwarte gesny, elke kwart het ek rond gesny, die snippers het ek gebruik om die sous mee te maak
sout en peper na smaak
½ teelepel fyn neutmuskaat

Kook uie, wonderpeper, en peperkorrels in water tot al die water weggekook is.
Voeg olie by en soteer die uie tot goudkleurig.
Voeg knoffel by en braai goed deur.
Voeg vleis, aartappelsnippers en naeltjies by en bedek kastrol met deksel.
Laat prut oor lae hitte tot vleis gaar is.
Voeg bone en aartappels by en kook tot gaar en ‘n lekker sous gevorm het.
Foto en resep: Petré Van Jaarsveld




MALEISE KOOLBREDIE

MALEISE KOOLBREDIE
1 groot spitskopkool, gesnipper
2 groot uie, in skywe gesny
½ koppie water
6 eetlepels kookolie
2 teelepels komynsaad (ek het fyn komyn gebruik)
4 naeltjies
2 wonderpeperbessies
1 kg skaapvleis, in blokkies gesny
2 preie, in dun skyfies gesny
½ koppie seldery, gekap
1 groen brandrissie, gekap (opsioneel)
8 klein aartappels, geskil
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
1 teelepel suiker

Blansjeer kool vir 5 minute in kokende water. Dreineer en hou eenkant. Kook uie en water in ‘n groot kastrol tot water verdamp het. Voeg olie en komyn by en soteer tot uie deurskynend is. Voeg naeltjies, wonderpeper en vleis by en smoor vir 30 minute. Voeg kool, preie en seldery by. Bedek kastrol met ‘n digsluitende deksel. Prut tot vleis amper sag is. Voeg brandrissie, aartappels, sout en peper by. Roer om te meng, sit deksel op en prut tot aartappels gaar is. Sprinkel suiker oor en roer.
Resep:  Cass Abrahams
Foto: Petré van Jaarsveld




ROMANIAN PORK AND SPINACH STEW

ROMANIAN PORK AND SPINACH STEW
750 g lean pork meat
2 tablespoons vegetable oil
1 onion, medium to large
1 kg spinach, weighed after removing the stems
250 ml tomato puree
50 ml vegetable broth
3 large garlic cloves
2 teaspoons fresh lemon juice or more to taste
salt and pepper

Chop the meat into pretty small cubes. Chop the onion finely.
Heat the oil in a large, deep pot and cook the onion for about 1 minutes. Add the meat cubes, stir well, cover, turn down the heat and cook for about 10 minutes.
Add half of the tomato puree, the vegetable broth and about ¼ teaspoon salt to the meat. Cover again and continue stewing on low heat for about 30-40 minutes or until the meat is very tender. Stir from time to time and add very little extra water you think it might get too dry.
In the meantime remove the stalks of the spinach and chop the spinach leaves very roughly, large leaves will only be sliced two or three times, otherwise leave the spinach leaves whole. Wash the spinach.
Add the wet spinach to the pot. Leave it for a couple of minutes until wilted, add the remaining tomato puree, then stir well and cover again. Continue cooking for about 10-15 minutes or until the spinach is cooked but not mushy. Chop the garlic finely and add it to the pot during the last five minutes of the cooking time.
Adjust the taste with the lemon juice and salt and pepper.
Serve with bread or potatoes or rice.
Recipe posted by Adam Cloete
Photo: Adam Cloete




KOOLBREDIE MET SKAAPRIB

KOOLBREDIE MET SKAAPRIB
2 pakkies opgesnyde ribbetjies (omtrent 10 dun stukkies)
2 uie gekap
1 teelepel knoffel en gemmer, gemeng
2 eetlepels tomato paste
½ koppie tamatie en uie smoor
sout en peper na smaak
Gerookte paprika (ek meng myne saam gewone paprika dan die smoked nie so oorheersend nie).

Braai die vleis eers ‘n bietjie in bietjie olyf olie tot bruin, voeg die uie skywe by en braai net tot deurskynend,  voeg al die spices by en dan voeg jy kookwater by en laat kook vir so 15 min.
Voeg die tamato paste plus tamatie en uie smoor by en meng deur.
Sny ‘n halwe koolkop in 4 en plaas die kool bo op die vleis druk dit in die vloeistof in en kook op medium hitte tot sag, voeg nog water aangemaak met die chicken stock blokkie by, dan later die aartappels in kwarte gesny, druk tussen die vleis en kool in die sous.  Dit is baie lekker as die sous bietjie loperig is.  Moet nie die kos roer nie.
Die groen takkies is vars dill dit gee die kos ‘n heeltemal anders smaak.
Ek het ook ‘n drukkie lemoen sap bygevoeg saam met die hoender stock.
Sit op lae hitte tot alles sag is. Eet en geniet.
Resep en foto:  Charmaine Mostert




TRACY’S CABBAGE STEW

TRACY’S CABBAGE STEW
2 peeled and chopped onions
1 Teaspoon of garlic ( I used crushed)
2 or 3 cloves
lamb cutlets of your choice, I used leg chops
half a cabbage, chopped in chunks

Fry in some oil the chopped onions and cloves till golden brown, then add garlic, brown a little more till it looks like it’s going to burn.
Then add meat and brown again till looks like it will burn, then add some water till just covering the meat, add the chopped cabbage, salt and  pepper to taste, let it cook till meat is tender on slow heat. When nearly ready add peeled potatoes and cook till soft. Serve on rice.
Recipe posted by Tracy Vohra
Photo: Tracy Vohra




TAMATIEBREDIE

TAMATIEBREDIE
Eerste foto: Petré van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
2 groot uie, in skywe gesny
½ teelepel peperkorrels
½ teelepel fyn naeltjies
½ koppie water
2 eetlepel kookolie
2 stukkies pypkaneel
1 kg skaapvleis
3 cm vars gemmerwortel, fyngekap
2 kardemompeule
3 blikkies gekapte tamaties of 1 kg baie ryp tamaties fyngekap (Ek het ‘n pakkie tamatiepasta bygevoeg)1 groen brandrissie gekap (het dit nie bygesit nie)
6 middelslag aartappels, gehalveer
sout, peper en suiker na smaak
gekapte pietersielie vir garnering

Plaas uie, peperkorrels, naeltjies en water in ‘n groot kastrol en verhit tot kookpunt. Laat prut tot al die water weggekook is. Voeg olie en kaneel by en smoor tot uie goudkleurig is. Voeg vleis, gemmer en kardemompeule by en roer deeglik. Verminder hittegraad, bedek kastrol met ‘n digsluitende deksel en laat 30 minute liggies prut. Voeg tamaties en brandrissie by. Sit deksel op en prut vir 20 minute. Voeg aartappels , sout, vargemaalde peper en suiker na smaak by. Sit deksel op en prut totdat aartappels gaar is. Garneer met pietersielie en sit voor saam met rys.
Tweede foto: Petré van Jaarsveld
Aandete: Tamatiebredie op die Maleise manier gekook, ek het vandag beesvleis gebruik ipv skaap.




ELIZE’S GREEN BEAN STEW

ELIZE’S GREEN BEAN STEW
1 kg Beef short rib cutlets
2 medium onions – chopped
2 cloves of garlic – chopped
1 teaspoon dry coriander
250 ml onion and leek stock
5 large potatoes – cut in big chunks
1 kg frozen of fresh beans – trimmed and cut
3 tomatoes cubed
salt and pepper
juice of 1 lemon
cooking oil

Preheat the oven to 180 degree C.
Season the meat with the dry spices, salt and pepper.
Heat the Dutch oven on the stove and add the oil.
Brown the meat on all sides, add the chopped onion, garlic and stock.
Cover the pot with the lid and cook for 1 – 11/2 hours.
Check halfway through the cooking time and if it needs more stock or water, add a little.
After this time in the oven, you can add the potatoes and the green beans and tomatoes.
Add a little salt for the vegetables.
Place back in the oven and cook for another 40 min.
Take the pot from the oven and finish the stew off on the stove top.
If there is too much liquid left, cook for a while with the lid off.
Take a potato masher and mash some of the potatoes to “bind” the stew.
Add the lemon juice and lots of black pepper and voila your delicious Green Bean Stew is ready.
Recipe and photo: Elize de Kock




BOEREWORS- EN KOOLBREDIE

BOEREWORS- EN KOOLBREDIE
Resep geplaas deur Glenda Diane Emmerson
Foto: Glenda Diane Emmerson
FOOD LOVERS RECIPES
Sny die volgende in stukkies/repies:
1 groot ui
3 tamaties
3 wortels
½ koolkop
(Besluit self op hoeveelheid groente)
handvol dania of pietersielie
10 ml knoffel
Haal boerewors uit die derm en rol in balletjies (soveel wors as wat jy wil).
Verhit bietjie olyf olie in groot pan.
Braai uie en wors balletjies tot bruin.
Ek dreineer die olie af.
Voeg die volgende by:
80 ml Worcestershire sous
50 ml blatjang
20 ml paprika
5 ml gemaalde naeltjies
sout en peper na smaak
Sit die groente by bogenoemde mengsel BEHALWE die kool. Meng. Voeg ongeveer 250 ml water by.
Sprinkel 1 pakkie “roast meat gravy” poeier of bruin uiesoppoeier oor en meng.
Voeg nog ‘n koppie water by. Bring tot kookpunt en sit dan op lae hitte, kook tot wortels amper sag is.
Sit kool bo op die vleis/groente/sous. Sit deksel op en prut vir 15 minute.
Kool behoort nou sag te wees. Meng kool in bredie in en prut nog ‘n rukkie.
Besluit self of sous dik genoeg is en of daar genoeg sous is. Pas aan soos nodig.
Bedien saam met rys en nog dania/pietersielie/fennel blare (die fyn bokant).
Lekker saam met pampoen en room spinasie.




BEESSTOWE BREDIE

BEESSTOWE BREDIE
3.5 kg beesstert
3 uie gekap
1 kg gemengde groente
250 g sampioen
60 ml brandewyn
5 ml knoffel

Kerriesous:
2 x 340 ml bier
5 ml gekapte knoffel
2 ml green currypaste
20 ml soyasous
1 pakkie beesstertsop
5 ml kerriepoeier
80 ml sweet chillie blatjang
80 ml sterk blatjang
15 ml gemengde gedroogte kruie
5 ml suurlemoenpeper
3 lourierblare

Braai bees vleis tot bruin, haal uit en hou eenkant. Braai gekapte uie tot sag.
Braai beesvleis, knoffel en brandewynn saam vir 5 min.
Meng al die bestanddele vir die sous saam en gooi oor vleis.
Ek het die beesvleis vir 45 min teen 180°C in die oond geplaas. Toe die oond afgedraai na 70°C en oornag in die oond gelos. Volgende oggend van die sous afgeskep en die groente apart gekook.
Gaarmaak van gemengde groente.
Volgende oggend van die sous afgeskep en die gemengde groente en sampioene apart gekook, gebruik van die vleis sous om groente te kook tot net gaar maar nie te sag nie
Foto en resep: Elna Erasmus