BEESVLEISBREDIE

tested

BEESVLEISBREDIE
(50 porsies x 2 = 100 porsies)
5 kg beesvleis blokkies
10 uie, gekap
10 hoendergeur blokkies
40 aartappels middelslag
80 wortels middelslag
800 g gedroogde groenbone, week oornag
500 ml soppoeier mengsel
2.5 liter kookwater
8 middelslag aartappels = 1 kg
16 middelslag wortels = 1 kg

Week bone oornag.
Braai uie tot deurskynend en braai die vleis tot bruin.
Los hoendergeur blokkies op in kookwater en voeg by die vleis.
Kook vleis sag in ‘n drukpot.
Skil wortels en aartappels. Vir groot hoeveelhede hou groente heel.
Wanneer vleis sag is voeg groente by.
En kook tot sag.
Voeg meer water by indien nodig.
Verdik met pasta van die soppoeier mengsel wat met ‘n bietjie koue water gemeng is.
Resep:  Rene Wessels




SKAAPVLEISBREDIE MET RYS EN GROENTE

SKAAPVLEISBREDIE MET RYS EN GROENTE
1 kg vet skaapvleis
750 ml water
180 ml rou rys
500 ml ryp tamaties, geskil en gesny
750 ml aartappels geskil en gesny
Sout, peper en suiker na smaak
Ekstra water
Kook die vleis in 750 ml water vir ongeveer 1 uur tot amper sag.
Kook die rys en spoel goed af. Hou eenkant.
Giet die sous van die vleis af en voeg genoeg water by om 500 ml te maak.
Plaas die tamaties, rys en aartappels op die vleis.
Strooi sout, peper en suiker oor.
Giet vleissous oor.
Sit die deksel styf op (ek gebruik my drukkoker) en stoom gaar oor lae hitte. Stoom stadig vir 45-60 min lank… MOENIE HAASTIG WEES NIE..
Hierdie dis vries baie goed.. ek maak dit sommer dubbel .
Resep: Wilma Josey Venter