DENZY SE ROOSMARYN EN FENNEL GEBRAAIDE VIS

denzy-se-gebraaide-vistested

DENZY SE ROOSMARYN EN FENNEL GEBRAAIDE VIS
Kap Roosmaryn en fennel ( net die fyn blaarjies) en sit binne in klein hotnotsvissies of vis van jou keuse, sout en pepper en sprinkel met Olyf olie, braai vis op ligte warm kole tot gaar.

Bedien saam met roosterkoek, patat en slaai… geniet

FOTO EN RESEP: Denzel Koenana




HEEL HOENDER IN DIE GASBRAAI

hoender-op-gasbraai-frikkietested
HEEL HOENDER IN DIE GASBRAAI
1 hoender per 4 tot 6 persone
1 teelepel van elk:
fyn peper
sout
knoffelpoeier
uie poeier
braaivleisspesery
¼ teelepel paprika
knippie rooipeper
1 teelepel Dijon mostert
genoeg druiwepitolie om ‘n pasta mee te maak
1 suurlemoen gehalveer

Meng al die bestanddele behalwe die suurlemoen en salf die hoender in daarmee. Meng 100 g sagte botter met die laaste leksel van die pasta. Maak die bors velletjie versigtig los en werk die botter daarin. Sit die suurlemoenhelftes in die holte.
Sit in ‘n 700°F gasbraaier en maak hom toe. Sit ‘n pannetjie water eenkant vir stoom en sit die middelste branders af. Jou temperatuur moet so na 350 tot 400°F val en vergeet hom daar vir 2 ure. Hou hom so met een oog dop vir 2 ure. Steek ‘n gatjie in die bors in en as die sappe helder is is die hoender gaar. Geniet met ‘n slaai en aartappel of ‘n braaibroodjie.

BRON:  Frikkie Jones




EMMA SE SJOKOLADE ROTI OP DIE KOLE

emma se sjokolade roti op die koletested

EMMA SE SJOKOLADE ROTI OP DIE KOLE
‘n Heerlike soet bederf na ‘n braai.
1 Roti, smeer sjokolade oor, byvoorbeeld squillos, ‘n fyn flake, klein marshmallows, piesang – rol op, sit in in braai sif op lou kole, draai gereeld om tot roti gaar is.
Bron en foto: Emma Beetge




RINIE SE SWARTPOT APPELTERT OP DIE KOLE

rinie se swartpot appeltert op die koletested

RINIE SE SWARTPOT APPELTERT OP DIE KOLE
Beslag
125 g botter
1 ½ koppie bruismeel
125 ml suiker
2 eiers
1 koppie melk
2 teelepel vanilla geursel
‘n knippie sout
Vulsel
Meng 75 ml sultanas 
75 ml korente
50 ml brandewyn
50 ml soetwyn
1 ml kaneel
knypie fyn naeltjies en laat staan op ‘n lou stoofplaat vir ‘n halfuur

Voeg dan hierby sewe groen appel in kwarte gesny,  kwarte geskil en ontpit asook 100 ml suiker en 2 ml sout en kook liggies tot appels verwelk.
Voeg hierby 50 ml mielieblom, wat opgelos is in koue water.
Laat effens afkoel en hou eenkant.

Sous
Verhit 350 ml room
250 ml suiker
5 ml vanilla en hou warm
Room botter en suiker, voeg twee eiers by en klits goed, voeg sout by en meng meel en melk om die beurt by, voeg laastens die vanilla by en meng goed.
Skep die helfte van die beslag in ‘n platboom swartpot. Skep dan die vulsel in en skep die res van die beslag bo op die vulsel sodat die vulsel eweredig bedek is.
Bak op medium skerp kole vir +- 1 uur.
Prik dan gaatjies en giet die sous oor en hou warm en ons het dit geniet saam met aaiscream en was heeeeeeeeerlik !!!
Bron : Rinie Louw
Foto : Gideon Louw




PIETER SE TAAI HOENDERVLERKIES OP DIE KOLE

pieter se vlerkiestested
PIETER SE TAAI HOENDERVLERKIES OP DIE KOLE
Vir vlerkies gebruik jy:
halwe ui, knoffel en gemmer opgekerf,
4 rooi rissies opgekerf,
braai in olie vir 5 minute, gooi by,
halwe koppie sojasous,
halwe koppie sweet chilly sous,
3 eetlepels heuning,Laat alles saam prut vir 5 minute.
Braai jou vlerkies gewoonweg ( met hoender speserye op) tot 90% gaar, smeer dit ordentlik met sous kort kort, braai vir nog 10 minute.
Geniet dit dan.

Bron en foto: Pieter Coetzee




CECIL SE KREEF OP DIE KOLE

13872836_10155177044379899_2966933512852222925_ntested

CECIL SE KREEF OP DIE KOLE

Kreef
Kruie:
Vars spruit uie
Pietersielie
Tiemie
1 Suurlemoen zest
1 Vars suurlemoen sap gedruk
1 koppie botter
250ml room kaas
Paar druppels soya sous oor kreef n uur voor braai
Marineer kreef met die kruie sous
Braai kreef vleis onder vir 2min
Draai om en braai vir 6min

Resep en foto: Cecil Dunhin




CECIL SE BRAAI SNOEK

snoek ceciltested

CECIL SE BRAAI SNOEK

Snoek
2 koppies  gesmelte botter
2 teelepels gekapte knoffel
1/2 koppie appelkoos konfyt
1/4 koppie suurlemoensap
Meng al die bestandele baie goed en smeer die snoek
Braai snoek velkant op foelie, draai en baste tot gaar. +- 10min

Resep en foto: Cecil Dunhin




AMINA’S CHICKEN SKEWERS

oender 121_ntested
AMINA’S CHICKEN SKEWERS
Ingredients:
500 g cubed chicken breast
2 tblspoons green chili paste
1 tblspoon garlic/ginger paste
Quarter tsp turmeric(borrrie)
1 tsp garam masala powder
Salt to.taste
Methode:
Merinade in spices n leave for 1 hour
Heat oil for shallow.frying
Beat 3 eggs in a dinner plate
In another plate put 1 cup semolina
Skewer chicken onto sosatie sticks… roll in semolina then in egg…and shallow fry till.done

Recipe: Amina Wackie Shaikh




CHICKEN AND POTATO KEBABS

Chicken and potato kebabstested
CHICKEN AND POTATO KEBABS
1 cup cubed chicken breasts
2 tablespoons mayonnaise
1 tablespoon green chilli paste
salt to taste
1 teaspoon garlic and ginger paste
Mix well and cook over medium heat till breasts are soft and tender.
Seperately boil 2 big potatoes with the skin on in salted water till done.
Leave too cool, remove skin and mash.
Mix the chicken with mashed potatoes – the chicken should end up being shredded or u can shred the chicken before mixing with the potato, add some black pepper powder and adjust salt.

Coating:
1 cup selfraising flour
¼ teaspoon salt
½ teaspoon red chilli powder
Few drop yellow food coloring
Water to make a thick batter

Form kebabs with the potato/chicken batter flatten a bit and leave in fridge covered for 1 hour.
Heat some oil for shallow frying.
Dip kebabs in batter and shallow fry, pouring oil over kebabs and turning once underside seems done repeat with all

Recipe and photo: Amina Wackie Shaikh




DENZY’S ROSEMARY BALSAMIC MARINATED STEAK KEBABS

DENZY’S ROSEMARY BALSAMIC MARINATED STEAK KEBABS
2 tablespoons balsamic vinegar
2 tablespoons soya sauce
4 tablespoons chutney
4 tablespoons tomato sauce
2 tablespoons sugar
1 tablespoon chopped fresh rosemary
1 tablespoon crusted garlic
½ cup red wine
1 big steak, cut into chunks
cherry tomatoes
barbeque spice
salt and pepper

Cut up steaks in bite size blocks spice with barbeque spice and season with salt and  pepper.
Arrange steak blocks in kebab steaks with cherry tomatoes.
Blend together all the ingredients for the marinade and pour over kebabs.
Braai kebabs over medium heated coles and brush with marinade.
ENJOY!

Recipe and photo: Denzel Koenana