BRAAI SNOEK WITH STICKY APRICOT AND ORANGE GLAZE

BRAAI SNOEK WITH STICKY APRICOT AND ORANGE GLAZE
1 kg braai snoek
1 onion, cut into thick slices
2 oranges, 1 cut in tick slices, 1 juiced for glaze
4 bay leaves
Apricot Glaze:
2 tablespoons butter
3 tablespoons apricot jam
freshly ground pepper
1 teaspoon fish spice

Preheat oven to 180°C.
Place the braai snoek on a foil lined baking sheet.
Place the onions and bay leaves on top of the snoek.
Place the orange slices on the baking sheet.
Place all the ingredients for the glaze in a pot and heat until the jam and butter has melted and let it cool down.
Pour the cooled glaze over the snoek and brush all the way to the edges.
Grill in the oven for 20-25 minutes until done. Brush every 10 minutes with the glaze from the pan.
Serves 4-6.
Photo: Elize de Kock




HEERLIKE KOSPAKKIES OP DIE VUUR


HEERLIKE KOSPAKKIES OP DIE VUUR
Gevulde hoender fillette (hierdie was ruim gevul met bloukaas) enige kaas kan gebruik word.
Heel stukke kool wat spek toegedraai is.
Baba artappels.. geskil
Baba wortels
Boontjies
Knopie mushrooms
Klein ui in growwe stukke gesny
150 gram knoffel botter
“Patatobake ” sout en peper na smaak
Hoeveelhede gaan afhang hoe groot porsie elke gas gaan verkies.
Pak alles op foellie ( blink kant na binne)
Draai toe met ten minste drie lae foellie…..
Braai op n stadige hitte op n oop vuur vir n hele rugby wedstryd lank sonder om om te draai.
Foto en Resep:  Willem Kotzee




CECIL SE SKAAPRIBBETJIE

CECIL SE SKAAPRIBBETJIE
2 kg skaaprib
1 ui, gekap
roosmaryn
½ koppie rooiwyn
1 eetlepel balsamiese asyn
¼ koppie suurlemoensap
dry rub
2 teelepels peri peri poeier
growwe sout en swart peper
Steers sout
Sous:
¼ koppie braaisous
1 eetlepel balsamiese asyn
2 eetlepels suurlemoensap

Dry rub die ribbetjie met peri peri poeier, sout en peper, en steers sout.
Plaas in ‘n oondbak met uie, roosmaryn, balsamiese asyn en rooiwyn.
Bak vir 30 min teen 180°C
Braai verder op kole tot gaar.
Sny ribbetjies op, voeg sous oor en bak vir verdere 10 min in die oond.
Bron en foto: Cecil Dunhin




BRAAIVLEIS GEVULDE SAMPIOENE


BRAAIVLEIS GEVULDE SAMPIOENE
2 Groot stewige bruin sampioene
200 gm Mozerella kaas (gerasper)
1 Tlp gemengde kruie
1 Tlp woestersous sout
2 Tlp knoffel
2 Groot eetlepels margarien/botter
Oorskiet braaivleis en kaaswors fyn gekerf
sout en pepper na smaak
Sny die stammetjies uit die mushrooms en kerf fyn.
Meng die stammetjies met vleis en 2 derdes van die kaas en al die speserye en kruie. Los een kant.
Meng knoffel met gesmelte botter, en skemp in die mushrooms.
Skep die vleis mengsel in die mushrooms, druk liggies vas (passop vir te hard druk die mushrooms sal oop breek)
Plaas mushrooms in oond bak en maak liggies toe met foil.
Bak in voorverhitte oond van 170’C vir 15min, en verhoog oond se hitte dan na 190 en haal foil af, bak verder vir 10 min. of tot lekker bruin is.
Sit oorblywende kaas bo op dadelik, en dien op.

Bron en Foto: Suenell Liebenberg




GIDEON SE UIE BANGLES

GIDEON SE UIE BANGLES
Gistraant se uie ” Bangles ” was heerlik.
2 groot uie
2 pakkies repies spek
Sny die uie in 10-15 mm breë ringe en haal twee twee van mekaar af.
Draai die ringe toe met spek al in die rondte deur die gat van die uiering.
Braai dit dan op die kole tot goudbruin.
Dit is heeerlik
Foto Gideon Louw
Bron Gideon Louw




KOOLKOP OP DIE BRAAI

KOOLKOP OP DIE BRAAI
1 koolkop
2 koppies gerasperde kaas
2 eetlepels gekapte knoffel
1 medium ui opgesny
4 eetlepels aromat
1 koppie botter
1 pakkie bacon bits
1 pakkie sampioene gesny
Braaisous
Sny koolkop in ster snye
Strooi aromat tussen blare
Meng kaas, botter, uie, knoffel en kaas met sampioene.
Vul tussen blare
Gooi braai sous oor
Maak toe in foelie, braai vir 2 ure op kole.
Bedien met braaivleis
Bron en foto: Cecil Dunhin




“CHUCK” BRAAI IDEES

“CHUCK” BRAAI IDEES
Debbie Lamprecht van Staden:
Wie kan help asb – sou mens “Chuck” braai, moet dit eers gemarineer word?
Stefaans Blaauw: Sien foto’s
Ek smeer dit net in met suurlemoensap, en Olyfolie of gesmelte botter, en swart peper..laat staan so 4-6 ure, en braai dan op warm kole, of in die oond..dan eers gooi ek die sout oor, net voor dit gebraai of gebak word.
Karin Pitout:
Ons braai dit net soos T-Been sonder om te marineer. As slagter vir jou lekker snitte gesny het, is marinade onnodig, aangesien dit van die smaaklikste vleis is.
Norman Swart:
Ek marineer myne met olyf olie voor die tyd, dan kan jy dit omtrent met ‘n botter mes sny.
Jaans Coetsee:
Worcestersous  en steak en tjop spice ‘n uur voor jy vuur toe gaan maak dit heerlik en sag.
Anton Barend Van Niekerk:
Braai oor warm kole nie nodig om te marineer nie.
Mirsina Rimbos Mouyis
My best! Greek way.. rub olive oil, salt, pepper, oryganum and grated onion to soften up if you marinate over night or a few good hours! Braai and then squeeze fresh lemon on the meat if you like
Foto: Stefaans Blaauw




GESTOPTE HOENDERBORSIE

GESTOPTE HOENDERBORSIE
hoenderborsie wat gestop is met fetakaas, gesmoorde uie, gekerfde olywe
Sweat chillie sous, geelkaas, chutney en sout en peper
Let wel die fillings is verskillend en nie almal dieselfde binne nie
En toegedraai met skaapnetvet
Oor die kole gebraai.
Bron en Foto: Gideon Louw




GIDEON SE ONTBEENDE LAMSRIBROL OP DIE KOLE

GIDEON SE ONTBEENDE LAMSRIBROL OP DIE KOLE
1 klein ontbeende lamsribbetjie ontbeen en gevlek
1e tamatiesous
1t sojasous
2e olyfolie
2e sweet chilliesous
2e Worchestersous
Sout en peper na smaak
Meng alles saam en smeer die ribbetjie daarmee. Gebruik die orige sous en marineer die rib daarin vir n uur of twee
Rol die rib van kant af toe en bind vas met n tou ekt sommer n tipe knoop gebruik wat seker net ek sal kan doen
Braai dit dan op stadige kole vir omtrent n uur ekt maar gedurig koletjie bygekrap as dit dalk te koud raak
Smeer ook van tyd tot tyd met n kwas die oorblywende sous op die ribbetjie
Bron en foto: Gideon Louw




KOOS SE BAK RIB


KOOS SE BAK RIB
Ek het nou al gehoor van
Braai Rib
Staan Rib
Die is nou Bak Rib
Karoo Lam rib in ‘n bak, sout, braai speserye en gedroogte uie vlokkies oor.
Nou maak ek dit toe in die bak en sit langs die vuur wat brand vir kole om wors ens te braai. Ek gaan so bietjie kole onder die bak in krap.
Na so 2 ure haal ek uit as al die ander vleis gebraai is en braai crispy op die kole.

Resep en Fotos: Koos van der Merwe