ERNA SE BRAAIBROODJIES MET ‘N VERSKIL

ERNA SE BRAAIBROODJIES MET ‘N VERSKIL
Koop brooddeeg.
Breek bolletjies af en druk en trek deeg bietjie platter op n meelbestrooide oppervlak.
Sit jou vulsel(bv. Kaas,tamatie en uie) op en vou toe.
Druk kante mooi toe en braai oor die kole.
Heerlik
Resep en foto: Erna Van der Merwe




GIDEON SE GESTOPTE HOENDER BORSIES EN GESTOPTE BACON ASPERSIES


GIDEON SE GESTOPTE HOENDER BORSIES EN GESTOPTE BACON ASPERSIES
Aspersies:
1 pakkie vars aspersies
1 pakkie repiespek

Kook die aspersies vir 5 min en draai toe met repiespek.
Braai op die kole tot goudbruin

Hoenderborsies:
2 hoenderborsies
1 pakkie repiespek
3 eetlepels roomkaas
paar stukkies fyn gekerfde pepperdew

Sny ‘n “pouch” in die hoenerborsie, stop dit met die kaas en pepperdew en draai toe met bacon.
Braai op kole tot gaar.
Resep en fotos: Gideon Louw




ADAM SE HOENDERMAGIE SOSATIES


ADAM SE HOENDERMAGIE SOSATIES
700g hoendermagies.
2 koppies water
1 gedroogde teelepel oreganum
2 eetlepels maple gegeurde stroop (of heuning)
2 eetlepels Worchestersous
2 eetlepels soet chilisous
2 eetlepels balsamiese asyn.
sout na smaak

Stoom die hoendermagies in die 2 koppies water saam met die oreganum en sout vir 30 minute, haal uit en hou eenkant.
Meng die aftreksel waarin dit gestoom is met die res van die bestanddele, bring tot kookpunt en laat prut vir 10 minute.
Laat effens afkoel en marineer die gaar hoendermagies daarin vir ten minste twee ure.
Ryg in op sosatiestokkies en braai vinnig oor warm kole, terwyl dit gereeld met die sous bedruip word, net tot dit deurwarm is en begin krisp word, maar wees versigtig om dit nie te laat brand nie.
(Die sous is ook lekker om hoender op die kole mee te bedruip.)
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete




GIDEON SE VARBOUDTJOP

GIDEON SE VARBOUDTJOP
Ek’t lanklaas so ‘n lekker varkboudtjop gebraai.
Maar ek’t hom by my slagter laat sny so dik soos ek dit wil he ±15 mm dik.
Ek’t ‘n sousie gemaak van
1 e dijon mostert
1 e heuning
‘n knypie chillie flakes
ruim droë pietersielie
En ruim garlic en herb spice en dit aangesmeer aan die een boudtjop en so laat marineer vir 6 ure.
Ekt dit redelik vinnig op skerpkole gebraai vir ‘n paar minute ( ±10 ) en was heerlik sag en lekker, niks droog nie.
Ons het dit geniet saam met aartappelslaai en was heeerlik.
Hier is ‘n voor braai en na braai foto.
Resep : Gideon Louw
Foto : Gideon Louw




BRAAI PIE MET BACON


BRAAI PIE MET BACON
1 Puff pastei deeg.
1 tamatie in skywe gesny,
1/2 ui in dun ringe gesny
125 g bacon stukkies gebraai
1 koppie gemengde kaas.
Pak tamatie en geur met atomat, swart peper en garlic en herb spice. Pak.uie op dan bacon en dan die kaas. Op die helfde van die puff pastry.
Smeer die rante met eier en vou toe. Druk met die kante toe en vou om. Spuit rooster en pie met spray en cook. Braai op matige vuur vir 25 min. Genoeg vir 4 mense.
Resep en fotos: Meisie Van Der Colff.




GIDEON SE SWARTPOT HOENDERPASTEI

GIDEON SE SWARTPOT HOENDERPASTEI
2 kg hoender dye en boude
2 medium uie gekerf
250 ml room
400 g sampioene gesnipper
1 teelepel rissievlokkies
1 koppie hoenderaftreksel
1 eetlepel fyn knoffel
2 eetlepels dijon mosterd
2 eetlepels vars tiemie
200 g gekapte spek
Sap van een suurlemoen
Kors
125 ml melk
125 ml sonneblomolie
1 eier
110 g koekmeel
10 ml bakpoeier
‘n knypie sout
Meng alles saam tot ‘n slap loperige deeg.
Braai die stukke hoender en voeg later die uie by en braai ‘n rukkie.
Verwyder die hoender en ontbeen.
Intussen braai die sampioene en spek en voeg die gepluisde hoender by.
Meng die res van die bestanddele en voeg by en kook vir ‘n rukkie.
Giet die beslag van die kors oor, plaas die deksel op en bedek met kole.
Laat prut vir omtrent ‘n halfuur
Resep geplaas deur Rinie Louw
Foto: Gideon Louw




GIDEON SE MAALVLEIS BROODROLLETJIES


GIDEON SE MAALVLEIS BROODROLLETJIES
Kyk nou net wat het ek vanaand aangevang, ‘n maalvleis  rolbrood!
Gebruik die maalvleis mengsel van jou keuse, ek het my tuisgemaakte lams maalvleis gebruik met ‘n bietjie Worcestersous en ‘n knerts sojasous, ‘n teelepel knoffelvlokkies, twee klein rooirissies fyn gekerf, ‘n halwe teelepel mixed herbs, ‘n halwe fyn gekerfde ui en sout en swartpeper na smaak.  Meng alles saam.
Rol ‘n sny brood met ‘n roller uit so dun as wat jy kan, plaas ‘n bietjie rou maalvleis bo-op die sny uitgerolde brood en smeer dit plat oor die brood.
Rol dan die brood in klein moontlik rolletjie op en smeer buite om met olyfolie.
Braai op die kole stadig tot die brood goudbruin is en die maalvleis gaar.
Dit was heerlik!
Resep : Gideon Louw
Foto : Gideon louw




HANS SE SPIT VLAKVARK BOUDE

HANS SE SPIT VLAKVARK BOUDE
Vlakvarkboude gespit braai , het hulle eers so 8 ure in karringmelk laat lê.
Toe sout en peper goed ingevryf, gestop met spek en knoffel, met spek toegedraai en toegemaak in tinfoil.
Plaas in toe stainless rooster met ‘n deksel en ‘n termometer buite.
Braai 2.5 uur teen 180 – 200°C, laaste 15 minute haal uit die foil net om spek bruin te bak.
Bedien saam met ‘n mengelslaai, vars gebakte brood en ‘n aartappelgereg.

Foto en resep:  Hans Häfner




SKAAP MAALVLEIS IN NETVET

SKAAP MAALVLEIS IN NETVET
½ kg skaap maalvleis ( selfgemaak)
2 eetlepels worcestersous
1 eetlepel soet rissiesous
1 teelepel sout
¼ teelepel peper
2 teelepels sojasous
1 eetlepel blatjang
¼ koppie broodkrummels
1 eier
¼ teelepel rissievlokkies
skaap netvet
stukkies kaas 10 by 10 mm blokkies
Meng al die bestanddele saam met die vleis behalwe die netvet en kaas blokkies.
Maak kleinerige balletjies van die mengsel druk ‘n blokkie kaas in die middel en rol dit mooi toe. Plaas die balletjie in die middel van stukkie geknipte netvet.
Knoop dit dan soos ‘n kardoesie toe en bind vas met ‘n toutjie.
Ek gaan dit op redelike skerp kole braai tot gaar en die vet krakerig of bros is.
Bron: Gideon Louw
Foto: Gideon Louw




ISABEL SE POTBROOD ROLLETJIES IN KNOFFELMELK SOUS

ISABEL SE POTBROOD ROLLETJIES IN KNOFFELMELK SOUS
1 pak brooddeeg
Sous:
1.5 liter melk
8 tot 9 knoffelhuisies (na smaak 8-9, is lekker sterk)
vars pieterselie
bietjie strooisuiker (of na smaak net om die ergste knoffel smaak te breek)
2 eetlepels botter
sout, peper, paprika na smaak

Ek het brooddeeg in balletjies gemaak, pak dit in ‘n ysterpot, meng die sous en giet oor die bolletjies, sit op die vuur en bak tot gaar. Vuur nie te warm nie, maar melkmengsel moet rustig kook.  Dit bak so 45 min op die vuur. Ek het een oop gebreek om te sien of die deeg gaar is binne.
Moet nie al die sous weg kook nie, wanneer ek bedien sny ek die broodjie oop en smeer nog bietjie sous binne in ook.
Nota: Omdat jy met melk kook moet die pot baie groter wees as nodig want dit kook gou oor. Ek lig die deksel maar net effens sodat dit nie te erg oor kook nie. Ek draai die bolletjies glad nie. Ek los dit net so.
Bron en foto: Isabel Quinton