MAX SE RATATOUILLE-ROL

tested
MAX SE RATATOUILLE-ROL
Ons het dié ‘Ratatouille-rol’ vandag by ons braai bedien, met mengelslaai en ‘n avokado- en roomkaasslaaisous. Hoop julle kan dit ook geniet soos ons dit geniet het. Berei Ratatouille vooraf na smaak.
Braai saam in olyfolie:
1 rooiui, opgekap
bietjie knoffel en gemmer
1 eiervrug, opgesny, sny in skywe vooraf, besprinkel met sout, laat staan 30 minute en spoel af
1 elk rooi, groen en geel soetrissie, opgekap
2 – 3 gekapte tamaties
Ricotta of gerasperde Cheddar
Na al die bestandele saamgebraai is, laat dit ‘n ruk stowe tot sag.
Laat die mengsel afkoel en voeg kase van eie keuse by die mengsel.
Rol 1 “Cheese and Herb” blaardeeg bietjie dunner uit, behou die vierkant vorm.
Deel die vierkant in twee (anders hanteer dit te moelik).
Smeer die ratatouille mildelik oor die twee helftes deeg, nie tot op die rante wat moet heg nie en rol die gevulde deeg op.
Smeer water op die twee dele wat moet heg en plaas die naat na onder op ‘n gesmeerde bakplaat.
Smeer die deegrolle met geklitste eier en besprinkel met saadjies (opsioneel) en bak vir 45 – 60 minute teen 180° C.
Plaas die rolle op ‘n mooi opdienbord en garneer na smaak met vars kruieblare.
Sny in skywe en bedien met enige bykoss van jou keuse. Dit is heerlik!!!
Nota: Partykeer sny ons dit eers in wiele voor dit gebak word, smeer met geklitse eier en bak vir omtrent 20 – 30 minute en geniet.
Resep: Helene Kluge




KNOFFELRING

Knoffelring

KNOFFELRING
Deeg:
2 eiers
25 ml olie
500 ml louwarm water
60 ml suiker
10 ml kitssuurdeeg
10 ml knoffelsout
knippie gemmer
5 x 250 ml koekmeel

Knoffeldoopsous:
125 ml margarien, gesmelt
2-3 knoffelhuisies, gekneus
10 ml knoffelsout
25 ml pietersielie
10 ml gemengde kruie
sesamesaad

Klits eier, olie, suiker en water.
Meng droë bestanddele. Maak deeg. Knie tot sagte deeg (5-10 min). Plaas in bak. Bedek.
Laat 60 min staan tot dubbel die groote. Vorm balletjies.
Smelt botter. Meng res van bestanddele by.
Doop elke balletjie in mengsel. Sit in oondbak. Bedek. Laat 15 – 30 min rys.
Bak 25-30 min by 180ºC of tot goudbruin. (heerlik saam sop of braaivleis.)

Geplaas deur Joyce Koen
Foto: Nella Kootstra




SPITBRAAI-WENKE

SPITtested

SPITBRAAI-WENKE
Begin die kook van die lam met die maagkant oor die vuur, maar draai die maag weg van die vuur se hitte aan die einde.
Braaityd is 2-3 ure, afhangend van die groote van die lam. Sodra die binne-temperatuur van die vleis 60 grade C behaal en die sappe pienk is, is die lam gaar.
Die bene vat die langste om gaar te word, plaas dus die kole in ‘n groter hoop onder die bene aan die begin en sprei hulle dan uit na die eerste halfuur se braai. Laat die vleis toe om vir 20 minute te rus voor dit gekerf word.

Bron: Rene Truter Wessels




GEBRAAIDE SPEENVARK

FLR BB with Heart
GEBRAAIDE SPEENVARK
Maak die speenvark goed skoon en weeg dit. Sny vier 7cm lange snye aan weerskante van die rugstring en ewewydig aan mekaar die die vel van die speenvark. Plaas dit op ‘n rooster in ‘n oondpan en smeer die hele oppervlakte met botter of vet. Sprinkel sout binne-in en bo-oor. Giet 500 ml kookwater in die pan en bedek die varkie met vetgesmeerde papier.

(Botterpapier, bruinpapier of aluminium foelie). Sit dit 15 minute lank in ‘n baie warm oond by 240ºC, verminder dan die hitte na 150ºC en laat dit bak tot dit gaar en bruin gebraai is.
Bereken die tyd teen 40 minute vir elke 500 g. Bedruip die vleis elke 15 minute met die vloeistof in die pan. Verwyder die papier nadat die vleis 2½ uur lank gebak het en borsel die oppervlakte met dik room. Dien dit op ‘n groot vleisskottel op met ‘n rooi appeltjie in die mond en versier rondom met aartappelnessies, gevul met appelmoes, en skyfies rooi appel.
Resep: Francois Van Der Schyff




BEESBOUD OP ‘N SPIT

tested
BEESBOUD OP ‘N SPIT
Mengsel om mee in te spuit:
2 kg botter
2,5 liter druiwesap
2 pakkies Aromat
4 teelepels peperkorrel pasta
6 vars lourierblare
1 bossie vars mint
1 bossie vars tarragon
6 teelepels gemengde kruie pasta
2 pakkies tamatiepasta
8 heel naeltjies
3 eetlepels knoffelpoeier
20 ml mosterdpoeier
10 ml roosmaryn
30 ml koljander
15 ml tiemie
½ koppie sout

Plaas die druiwesap en botter in ‘n groot pot en bring tot kookpunt.
Voeg res van die bestanddele by en roer tot sout opgelos het.
Kook vir 5 min. Laat oornag staan sodat die kruie kan trek.
Dreineer die mengsel die volgende dag deur ‘n sif.
Glaseersel:
200 g mintjellie
130 g heuning
125 ml Worcestersous
15 g vars peperwortel, fyn gerasper
1 teelepel tiemie
1 klein bottel OXO smeer of bovril
Verhit alles in ‘n potjie tot gesmelt, kook 5 min en laat afkoel.
Maak ‘n groot vuur in die kolebak (ek het 3 sakkies brikette gebruik om mee te begin).
Maak boud ordentlik vas op die spit en braai die boud tot 60ºC as jy met n vleis termometer meet, 12 cm in die dik vleis in.
Spuit die boud deeglik met die “spuit mengsel”, die hele mengsel word gebruik, daar moet niks oorbly nie (verhit die mengsel eers).
Braai nog ‘n uur en bedruip met glaseersel vir die volgende uur, gebruik dit ook op.
Maak die spit oop, vat die meeste kole weg en laat die spit steeds draai vir 30 min.
Sny dun skywe en bedien.
Wenke:
Maak die vuur vroeg dat die kole baie warm is wanneer jy die boud opsit.
Hou die vuur baie warm, anders kan die boud vrot word in die middel teen die been.
Sorg dat die boud ordentlik vas is, sodat dit nie afval tydens die gaarmaak proses nie.
Sorg dat die spit se motor groot genoeg is om die boud te kan draai.
Sorg vir genoeg brikette, ek het 11 x 5 kg briket sakke gebruik.
Hierdie is ‘n groot werk, moenie probeer as jy nie ondervinding van spitbraai het nie.
Resep: Piet Pompies




VLAKVARK-SPITBRAAI

FLR BB Anything goestested

VLAKVARK-SPITBRAAI

Dis my eie resep waarmee ek heel vlakvarke spit.
Hierdie mengsel is genoeg vir ‘n 4 kg boud:
170 g regte botter
7 g fyn swart peper
15 g knoffelsout
10 g Aromat herb sout
12 g steak en chop spice
200 ml appelsap en sout

Gooi alles in ‘n pot en bring tot kookpunt. Kook tot alles opgelos is.
Spit die boud vir 1 ½ uur.
Spuit die marinade in die boud in. Spit tot amper gaar.
Glaseer met appeljellie. Strooi hele boud met Aromat. Spit tot gaar.
Laat vleis rus en sny dan op.

BRON:  Piet Pompies




SOUS VIR SKAAPBRAAI-SPIT

SPIT

SOUS VIR SKAAPBRAAI-SPIT
1 ui
12 knoffel huisies
1 teelepel koljander
1 tteelepel heel naeltjies
1 teelepel peperkorrels
½ teelepel paprika
1 teelepel worcestorsous
½ koppie tamatiesous
½ koppie blatjang
1 knippie rooipeper
170 g sout
1 koppie asyn
2 koppie warm water

Meng asyn en water en los sout daarin op.
Meng res van die bestanddele by.
Bere in bottel vir 10 dae.
Wenk
Aangesien die sous vir 10 dae staan meng die geure en daarom kan die sous dan eers gebruik word.
Die sous kan ook in ‘n Sondag middag se skaapboud ingespuit word.
Bron: Estelle Bosman

Jacques Marianne Van Niekerk
Ek het eendag op n 21st skaap op die spit geeet. Die ou het net 2 Liter coke met ‘n hele botteltjie marmite gemeng en die skaap daarmee gespuit en dit was regtig lekker alhoewel ek my bedenkinge gehad het!

Rika Boshoff
Spit resep: 3 pakies french slaaisous(refill)
50 ml crushed knoffel
1 koppie olie
150 ml asyn
1 en half eetlepel gemengde kruie
half koppie water

Prut ‘n paar min. Voeg dan 4 suurlemoene met skil  en al by en nog 400 ml suurlemoensap.
By die vuur; genoeg growwe sout en nog 50 ml suurlemoensap en 500 ml kookolie. Verf met kwas terwyl jy braai.




CHAKALAKA EN PAPVINGERS

CHAKALAKA EN PAPVINGERS
chakalaka:
250 ml canola olie
3-4 knoffelhuisies gekap
1 groot ui gekap
5 ml kerrie poeier of paar kerrieblare
2 rooi brandrissies ontpit en gekap
3 cm stuk gemmerwortel gerasper
5 tamaties grof gekap
1 groen en rooi soetrissie ontpit en in stukke gesny
2 groot wortels skoongeskraap en gerasper
1 blik (400 g) gebakte bone
Sout en peper na smaak
45 ml vars koljanderblare gekap

Verhit die olie en braai die knoffel en ui daarin tot sag. Voeg die kerrie by en verhit nog 2-3 min. Voeg brandrissies, gemmerwortel en tamaties by en verhit sowat 10 min tot dit begin stukkend kook. Voeg die soetrissies en wortels by en verhit nog 10 min. Roer die gebakte bone by, geur met sout en peper na smaak en verhit tot goed warm. Sprinkel die koljander oor. Skep in ‘n fles en bere minstens ‘n dag in die yskas sodat die geur kan ontwikkel.
Maak lekker stywe pap, druk vas in ‘n bakplaat en laat koud word, sny in vingers. Diep braai die papvingers in warm olie en bedien saam met die chakalaka sous.
Indien verkies kan jy die vingers in eier en krummels doop, laat staan in die yskas tot lekker koud en braai dan in diep olie.




AARTAPPELS VIR BRAAIVLEIS

AARTAPPELS VIR BRAAIVLEIS
1 kg baba aartappeltjies, skoon gewas
1 groot ui gehalveer, geskil en fyn gekap
25 ml matige kerriepoeier
1 brandrissie ontpit en gekap
15 ml fyngekapte vars gemmerwortel
125 ml wynasyn
25 ml olie
2 knoffelhuisies, gekneus fyngemaak
5 ml borrie
3 suurlemoen- of lourierblare
30 ml goue stroop
125 ml aftreksel
AFRONDING:
100 ml grof gekapte koljanderblare, opsioneel

Skep die aartappeltjies in ‘n kastrol, bedek met kraanwater, geur met sout, verhit tot kookpunt en kook vir 10 min.
Bedek en laat 5 min staan.
Verhit intussen die olie in ‘n grootkastrol en voeg die uie en knoffel by.
Roerbraai vir 2 – 3min.
Strooi die kerrie, borrie, brandrissie, suurlemoenblare en gemmer oor.
Voeg die gouestroop, asyn en aftreksel by.
Verhit tot kookpunt en prut vir 2 min.
Dreineer die aartappels en skep in die kastrol met die sous.
Strooi die koljanderblare oor en sit voor met braaivleis.




BYKOSSE EN SLAAI VIR ‘n BRAAI / SPITBRAAI


BYKOSSE EN SLAAI VIR ‘n BRAAI / SPITBRAAI
VOORGEREGTE
Om die hongerpyne te stil kan crudités en doopsouse, taramasalata en bros, vars brood of patees en beskuitjies. Op ‘n koue dag kan self ‘n warm sop in bekers bedien word, maar omtrent 20-30min voordat die hoofgereg bedien word.
BYGEREGTE
Stysel:
Alle vorms van brood is baie gewild, franse brode, rolletjies, kruie- of knoffelbrood, potbrood, mieliebrood, stokbrood en vetkoek
Pap van mieliemeel, stywe- of krummelpap met die tradisionele tamatie en uiesous
Aartappels in die skil gebak, of in foelie in die kole, bedien met botter, suurroom en grasuie
Groente
Warm slaai – vars gekookte groente wat nog bros is met franse slaaisous, of die gewone groenslaai, of die eindelose lys van slaai soos aartappel, wortel, beet, drie bone, koolslaai ens om net ‘n paar te noem. Hou net die balans reg, moenie gebakte aartappels en aartappelslaai maak nie, of pasop vir teveel slaai met mayonnaise oor.
As mens plek het om die disse warm te hou, is die mieliegereg en die mieliepaptert ook ‘n goeie voorstel.

Geplaas deur Rina Kleinhans