BRINJAL, LEEK AND POTATO BAKE

BRINJALS BAKE

BRINJAL, LEEK AND POTATO BAKE
4 large potatoes, peeled and cut
4 brinjals
salt
5 – 6 leeks
Sauce:
1 packet cheese sauce (I used WW)
½ tub fresh cream (or more if prefer)
2 tablespoons brown or white onion soup powder
fresh parsley, chopped
paprika to taste
2 teaspoons crushed garlic
pinch of cayenne pepper (optional)
freshly ground black pepper
grated cheese to sprinkle
In a pot on the stove, par boil the potatoes in a little water. In the meantime slice the brinjals and sprinkle with salt. Leave for about 20 minutes and rinse well. Slice the leeks half lengthwise and wash thoroughly under water. Layer the vegetables in an oven dish. In a jug, add the ingredients for the sauce and stir until well combined. Pour the sauce over the veggies in the oven dish. Cover and bake the dish for about 20 minutes in a preheated oven. Remove the dish after 20 minutes, sprinkle the grated cheese on top and bake further until leeks and brinjal slices are cooked (about 40 mins). If the sauce is to thick, add more cream.
Recipe: Kerry Alder Travis




AARTAPPELKROKETTE


AARTAPPELKROKETTE
660 g fynaartappel (750 ml)
2 eiers – geklop
30 g botter – gesmelt
5 g sout (5 ml)
500 mg rooipeper (1 ml)
5 g fyngekapte pietersielie (12,5 ml)
Krummels
Meng al die bestanddele en klop deeglik. Vorm in krokette en rol in die krummels. Plaas ‘n rukkie in die yskas. Bak dit in ‘n gesmeerde pan tot mooi goudbruin by 180ºC.
Vir `n ander smaakie kan jy so 3 eelepels gerasperde kaas bygeroer.




KAMPVUUR POEDING HORINKIES

KAMPVUUR POEDING

KAMPVUUR POEDING HORINKIES
Vul ‘n roomys horinkie met allerhande lekker bederfies, piesang, malvalekkers, choc chips, neute, grondboontjie botter, karamel stroop. Die keuse is eindloos, draai toe in foelie.  Sit op rooster oor matige hitte vir 10 min.
Vingeraflek lekker..!!

Geplaas deur Marlene Mouton Carstens




GESTOPTE BROOD

GESTOPTE BROOD
Hol groot ronde brood uit of broodrolletjies.  Hou die hoedjie wat jy afsny.
Meng saam
250 ml suurroom
250 ml roomkaas
1 koppie spek stukkies
1 koppie gekapte ham
½ ui, gekap
2 koppies gerasperde kaas
chilli flakes

Druk die mengsel in die uitgeholde brood, sit die hoedjie weer op, smeer die hele rolletjie met gesmelte botter.
Sit in die oond en bak op 160 ºC vir ‘n uur – bedien saam soutkoekies, chips of uitgeholde broodstukkies.
Mens kan die vulsel aanpas na smaak.

Malinda Kieser Geldenhuys




GEVULDE BROODJIES SAAM MET BRAAI

GEVULDE BROODJIES SAAM MET BRAAI
Vinnig en maklike broodjies  om jou gaste mee te beindruk by ‘n braai.
Jy kan lekker room spinasie en feta ook gebruik, maar hier onder is nog ‘n lekker idee.
6 buns (broodjies) (Die wat hard is buite ,maar sag is binne lyk of hul half getwist is)
1 pakkie sampioene(gesny)
1 soetrissie na smaak
1 pakkie sampioensop
1 ui
250 ml vars room
1 pakkie gesnipperde spek
800 ml melk

Braai spek, uie, soetrissie (soveel jy wil in he, net nie die hele green pepper nie asseblief) en sampioene.
Maak die sop aan met melk en kook, roer room by en laat vir so 2 minute liggies prut tot dit begin dik raak en voeg by gebraaide mengsel.
Hol broodjies uit, vul met die vulsel lekker dik en strooi kaas oor, net voor die vleis afkom, sit die gevulde broodjies bietjie onder die oondrooster tot kaas smelt.

 




VOORTREFLIKE MIKROGOLF PAPTERT

paptert adamtestedmieliepap tert adam

VOORTREFLIKE MIKROGOLF PAPTERT
Vooraf:
Braai een pakkie gekapte bacon tot gaar.
Braai een pakkie gesnyde sampioene tot gaar.
1 blikkie tamatie en uie smoor gemeng met 1 pakkie Knorr garlic and red wine
Maak bogenoemde gaar in glasbakkie in mikrogolf vir ongeveer 2 minute.
1 blikkie gerookte oesters
2 koppies gerasperde kaas
200 ml mieliemeel
1 pakkie sour cream and chives patato bake (garlic and herbs net so lekker)
1 lt kookwater

Meng die pakkie patato bake vooraf met die mieleimeel. Neem kookwater en gooi in glas mengbak of mikrogolf vaste bak.
Voeg die meelmengsel by kookwater terwyl met draadklitser vinnig geklop word tot dik.
Mikrogolf die mengsel vir 4 minute op hoog. Roer goed met houtlepel.

Gou nou helfte van mieliepap in oondvaste diep tertbak. Gooi helfte van tamatiesmoor mengsel oor pap. Strooi nou helfte van bacon, sampioene en oesters en kaas bo-oor.
Herhaal alles.
Indien jy n combo mikrogolf, griller oond het kan jy dit vir 5 net onder griller verbruin. Kan ook in oond verbruin word onder griller.
Alles is reeds gaar, so die tert is sommer in n japtrap klaar en gereed om geëet te word.
Genoeg vir 4 ruim porsies.

Resep: Heiner Lange
Foto:  Adam Cloete
foto 2 :  Adam Cloete
Einde van die maand tekort aan bestanddele het my sommer laat gryp na wat ek het. Soos bruin uie sop in plaas van potato bake en sweet en sour sous in plaas van garlic en rooiwyn. Verder het ek gebakte wors stukkies in die tert gesit in plaas van bacon. Tert was bietjie slap toe hy nog warm was, maar deksels dit is lekker. Vandag nog lekkerder.

Die paptert is met geel mieliemeel gemaak en vir die vulsel het ek maalvleis op die stoof gaargemaak saam met al die ander bestanddele asook die tamatiesmoor. Dit was ‘n behoorlik gelaaide paptert.
Bron:  Adam Cloete




HEERLIKE KAPOKAARTAPPELS

kapokaartappels met spektested

HEERLIKE KAPOKAARTAPPELS
Maak genoeg kapoaartappels soos benodig vir jou mense, sit onder in ‘n groot bak. Sit gebraaide blokkies spek bo- oor en genoeg gerasperde kaas, maak toe met foelie en sit in die oond teen 180 ºC tot die kaas lekker gesmelt het.
Bedien –  dit is heerlik
Resep: Karena Profe Bosdorf




PAPTERT MET ROU MEEL

paptert met rou meeltested

PAPTERT MET ROU MEEL
Ek het toe die paptert resep weer bietjie aangepas om my en my familie se smake te pas:

Braai saam:
2 fyngekapte uie
1 greenpepper in blokkies gesny
1 pakkie diced baconHaal van stoof af en gebruik sommer die pot om die vlg bestandele saam te meng:
1 blikkie sweetcorn
1 blikkie pitmielies
3 koppies mieliemeel
250 ml room
250 ml water
1 pakkie sampioene – in skyfies gesny

1 teelepel bakpoeier
1,5 teelepel sout
2 eetlepels suiker
2 tamaties in blokkies gesny

Smeer/spuit pyrex bak met spray and cook en gooi beslag daarin. Bak @ 180 ºC vir ongeveer 1 uur. Strooi ongeveer 1 koppie kaas bo-oor – laat staan tot moet opdien en warm sommer op tewyl jy die kaas laai verbruin onder die grill  HEERLIK en MAKLIK!

Resep en foto:  Sunet Dodd

 




SNOEK BRAAI

SNOEK BRAAI
Michael Coetzee
Maak snoek mooi skoon en maak droog met handdoek papier. As daar te veel vogtigheid op vleis is kook die snoek in plaas van braai.
Spuit rooster en snoek met spray and cook en plaas die snoek op. Begin die braaiproses met die velkant na onder en braai op medium kole… Geur slegs met sout, swartpeper, hoenderspeserye en baste met Jimmy’s tot gaar…
Hester Snyman Caswell Maritz
Sap van een suurlemoen
2 teelepels bruinsuiker
1 eetlepel chutney,
1 teelepel allpelkooskonfyt
halwe ui fybgekerf,
3 gekerfte knoffelhuisies
knypie tiemie
knippie sout
Kook vir 5 minute, voeg 2 eetlepels olie by en meng goed.
Moenie die snoek te droog braai nie.
o ja en swart peper na smaak
Ek maak gewoonlik patats in foelie en gegeurde rys saam met n mengelslaai.
Kuruman En Kathu Sosiaal
Raait hier is die beste ooit resep. Neem bottel franse light slaai sous. Skud goed, gooi deur teesiffie dat kruie agter bly (kruie geneig om op vis bitter te raak). Meng met twee eetlepels mayonnaise en twee teelepels suiker. Smeer vleiskant en sit op baie warm kole, maar baie hoog. Smeer velkant intussen en draai na ‘n minuut en ‘n half om op velkant vir nog so twee minute. Snoek klaar dood. Moenie droog braai nie. Raak gou gaar. Terwyl velkant op rooster is, smeer die vleiskant weer. Draai na twee minute net om dat die vleiskant bietjie hitte kry vir so n halwe minuut. Ryk, lekker en sappig. (W)

 




MAKLIKE BRAAI PAPTERT

paptert met rou meeltested

MAKLIKE BRAAI PAPTERT
|Dit is rou mieliemeel en nie gaar pap nie – dit is wat die tert so maklik maak!
2 koppies braaipap of gewone mieliemeel
2 blikkies sweetcorn
1 blik heel mielies – helfte van water afgegooi
2 teelepels bakpoeier
3 teelepels suiker
2 teelepels sout
rooipeper na smaak
500 ml room
2 koppies gerasperde cheddar kaas

Meng alles goed deur.
Gooi in ‘n oondvaste bak met deksel of sit foelie oor.
Bak vir ongeveer 1 uur by 180º C.
Heerlik die volgende dag as dit koud is met bietjie botter!
Resep:  Heiner Lange
Foto:  Christelle Coetzer