GIDEON SE ONTBEENDE LAMSROLRIB

gideon se rolribrolrib gideon 1rolrib gideon 2rolrib gideon 3rolrib gideon 4tested

GIDEON SE ONTBEENDE LAMSROLRIB

1.5 kg ontbeende rib
Marinade:
12.5 ml Worcestersous
12.5 ml blatjang
125 ml sjerrie
125 ml tamatiepuree
125 ml tamatiesous
15 ml fyn knoffel
sout en peper
knypie fyn naeltjies
knypie fyn gemmer en koljander
12.5 ml bruinsuiker
5 ml droë mosterd
12.5 ml asyn
25 ml olie sap en
skil 1 suurlemoen
Meng alles saam, plaas die ontbeende rib in marinade. Marineer in yskas vir 3 dae.
Vulsel vir gemarineerde rib:
100 g bruin sampioene
½ ui fyngekap
15 ml fyn knoffel
5 ml mixed herbs
knypie flippen lekka spice
15 ml oxtail soppoeier gemeng met 120 ml melk
20 ml fyngekapte peppadew
10 ml fyngekapte vars roosmaryn
1 wiel feta (blackpepper geur)
Braai sampioene en uie tot meeste vloeistof verdamp het. Voeg sopmengsel by en kook op medium hitte vir 2 minute. Voeg res van speserye by en kook verder vir 5 minute. Wag tot mengsel afgekoel het. Smeer mengsel oor “beenkant” van die rib. Strooi feta kaas bo-oor. Rol rib en bind vas met tou. Braai oor stadige kole vir tenminste 1,5 uur.
Ekstra vulsel met feta kan gemaak word om as sous te dien.

Resep en foto: Gideon Louw




ELSA SE FRIKKADELLE MET SPEK

Elsa se Frikkadelletested

ELSA SE FRIKKADELLE MET SPEK
1 kg maalvleis
2 snye witbrood in water geweek
2 gerasperde uie
2 fyngerasperde wortels
2 fyngerasperde aartappels
30 ml fyngekapte pietersielie
15 ml fyngekapte vars tiemie
1 pakkie beesstert soppoeier of sop van jou keuse
100 ml melk
1 eetlepel asyn
½ koppie gerasperde kaas
sout en peper

Meng al die bestanddele deeglik.

Rol in balletjies en draai strepiespek om elkeen en braai hoog oor matige kole op ‘n oop rooster tot gaar en spek lekker bros is

Resep en foto: Elsa van Antwerpen Kleinhans




HEERLIKE SKAAPRIB EN TJOPS

braai tjoppies natasjhatested

HEERLIKE SKAAPRIB EN TJOPS

Marinade – meng die volgende saam:
½ koppie tamatiesous
4 eetlepels Worcestersous
4 eetlepels blatjang
4 eetlepels Spur bbq sous
2 eetlepels appelkooskonfyt
sout en pepper en BBQ sout na smaak
Marineer rib of tjoppies in sous vir so 2 tot 3 ure voor braai.  Braai oor matige kole

Resep en foto: Natasjha Hartslief Blom




MUSHAVI FILLET MET OESTERVULSEL IN NETVET(wenner – braaikompetisie)

SamsungNov2013II 003tested

MUSHAVI FILLET MET OESTERVULSEL IN NETVET

1 Groot bees fillet heel
Netvet groot genoeg om fillet gemaklik te omsingel
1 Blikkie gerookte oesters in stukkies gesny
1 Blik ingelegde perskes in stukkies gesny
3 groen Appels in klein stukkies gesny
1 Teelepel Fennel saad
1 Teelepel growwe swart peper
1 Teelepel heel swart peper
2 Knoffelfhuisies fyn gesny
1 Plat eetlepel growwerige sout
125 ml Kikoman Soyasous
125 ml Balsamic Assyn
1 Suurlemoen se sap
Handvol vars Pietersielie, sweet basil, roosmaryn opgekap en gemeng
Handvol Fennel takkies vir garnering nadat vleis gaar is

Vat een glas rooiwyn en drink dit
Plaas skoon gesnyde fillet op oop netvet
Maak snye oor breedte deur fillet tot amper deur elke 3cm uitmekaar|
Meng vloeistowwe, knoffel en pepers en gooi oor vleis
Meng alle bestandele goed behalwe vars fennel en prop dit in die snye van die fillet
Vou netvet om fillet en steek vas met tendestokkies
Laat staan in vleisbak in yskas vir ‘n dag

Braai die fillet oor baie matige kole om nie die netvet the verbrand nie maar wel te braai. Draai tweekeer om. Jy kan growwe sout oor netvet strooi dat hy mooier kan karmanaliseer, maar dis nie nodig nie. Braai tot netvet gaar is en fillet medium en sappig. Strooi fyn fennelblaatjies en stingeltjies oor en dien op deur langs die vulsels deur te sny.

Drink verskeie glase rooiwyn tydens die proses….

Resep en foto: Deon Huysamen




ANNELIE BRAAI VIS

KOM ONS BRAAI VIStested

ANNELIE BRAAI VIS
Kom ons braai vis!!
Vir die resep het ons ‘n Rooi Stompneus gebruik, maar Geelstert, Wit Steenbras en selfs Engelvis werk baie goed. Hou tog net Kabeljou en Geelbek in die pan, want hy word te gou droog op die vuur! Vir so 4 – 6 mense.

Uit die Kombuiskas:
1 x Wit Vis van so om en by 3 – 4 kg, gevlek van die ruggraat af, pens uit en skoon gewas, maar nie ontskub nie
Atlantiese seesout
Grof gemaalde Swart Peper
250 gr harde Botter
3 x opgehoopte eetlepels Mayonnaise
10 ml Rooi Peper
Sap van 1 Suurlemoen

15 ml Mixed Herbs
1 x tot Brandewyn
( Knoffel en/of Appelkooskonfyt is opsioneel en alhoewel dit lekker geure tot gevolg het, kan dit ‘n delikate vissmaak opdollie )
1 x Silikoon kwassie

Sorg dat jou vis droog gedruk is van alle water. Sout en swart peper na smaak en laat rus een kant. Voeg alle ander bestanddele in ‘n potjie en smelt, maar moenie kook of prut nie. Dit vorm ‘n baie geurige sousie wat jy nou liggies warm hou.
Pak nou jou vuur vir genoeg, maar middelmatige warm kole.
Wanneer kole gereed is, plaas vis op rooster met vleis kant na onder ongeveer 40cm bokant kole.
Draai gereeld om en verf vleiskant mildelik met die sous elke keer.
As jy dink jou vis is amper gaar, haal af. As jy wag tot jy dink hy gaar is, is hy droog en die hond gaan lekker eet! Die vis gaan in elk geval heel gaar raak in jou bord voor jy eet, maar gaan nog sag en sappig ( nie rou nie ) wees.

Bykosse:
Probeer ‘n Mengelslaai met ietsie soets en surig in soos pynappel, dille en gepiekelde uitjies. Franse broode met tuisgemaakte appelkooskonfyt werk ook of ‘n rysslaai met soetrissies, ui en tamatie.

Geplaas deur Annelie Kruger




SKAAPSTERTJIES

 

SKAAP STERTJIEStested


Braai die skaapsterte so 10 min sny uie by en sout en peper vir geur braai nog 10 min en stop in oond 180 grade tot uitgebraai en bruin ek het putupap bygemaak. Skaapsterte op braai is nog beter en dis nie nodig vir enige ander speserye nie

Elba Groenewald




ROOSTERKOEK

 2015-08-24-roosterkoektested

ROOSTERKOEK
Genoeg vir: 15–20 roosterkoeke

5 x 250 ml koekmeel
10 ml suiker
5 ml sout
1 pakkie (10 g) kitsgis
15 ml olie
sowat 325 ml louwarm water

Meng die droë bestanddele, voeg die olie by die louwarm water en meng alles om ’n hanteerbare deeg te vorm.
Knie die deeg totdat dit glad en elasties is en nie meer aan jou hande kleef nie.
Plaas die deeg in ’n gesmeerde bak en bedek dit met ’n skoon vadoek. Laat staan dit vir sowat 15 minute op ’n warm plek om te rus totdat die deeg tot dubbel die volume gerys het.
Knie die deeg af en rol dit in balletjies. Druk die balletjies effens plat en sprinkel ’n bietjie meel oor elkeen.
Laat staan weer om tot dubbel die volume te rys – dit sal sowat 15–20 minute neem. Rooster oor stadige kole tot gaar en goudbruin.

VARIASIE
Braai 2 gekapte uie in 2 eetlepels olyfolie tot sag. Voeg 2 eetlepels bruinsuiker by en roerbraai totdat dit gekaramelliseer is. Voeg 3 eetlepels balsemiekasyn by en laat prut dit tot geurig. Laat dit heeltemal afkoel. Knie dié gekaramelliseerde-uiemengsel by die deeg as jy dit afknie en voeg ook ’n halwe koppie gekrummelde fetakaas by. Eet dit saam met vye- of appelkooskonfyt en kaas. En maak dan nóg, want jou mense gaan nie kan ophou eet nie!
Of in die oond teen 180 ºC vir  ongeveer 25 min –  Elize Grobbelaar

Foto: Elize de Kock oond variasie
Foto: Samantha Minne

 

 




KREEF OP DIE KOLE

KREEF OP DIE KOLE

KREEF OP DIE KOLE
Sny hom oop op die pens kant tot in die kop. Was hom skoon en haal derms uit. Stop hom vol knoffelbotter. Sit hom rug kant op rooster oor warm kole. Los so 10 min.
Draai op sy en herhaal weer. Draai dan op maag vir 10 min en net voor hy gaar is draai weer op rugkant en spuit hom vrylik met suurlemoensap. Los 5 min, af haal en geniet.( kreef moet rooi wees dan is hy gaar)

Foto: Johan Cremer

 




SAMPIOENE OP DIE VUUR

mushrooms op die vuur
SAMPIOENE OP DIE VUUR
Vat heel lekker groot sampioene en pak dit op foil.

Mens moet eintlik daai foil bakke gebruik maar myne was te klein – toe sit ek dit in foil en maak dit weer toe met foil bo-oor – dan het ons dit in ‘n rooster gesit onder die kole bak in die binne braai so dit word nie direk op die kole gebraai nie – so hy stoom gaar van die hitte – en ek het pynappelstukkies ook ingesit met bietjie pynappelsous – en dan gee dit so effe soet smaak – dis regtig baie lekker – ek het uie ook fyn bo-oor gekerf maar baie min want my meisiekind vol nonsens met uie – die uie stoom ook lekker gaar.

Ek het die potjies knoffel gemeng met botter – so teelepel vol – dis redelik sterk, skep dit op die sampioene en rasper kaas bo-oor.

 Resep en foto: Marietjie Nel



GIDEON SE KAAS BUNS

2013-09-30-gideonsekaasbuns
GIDEON SE KAAS BUNS

Dit is gewone buns met snye waarin knoffelbotter “wat ek self aan maak ” ingestop is druk soveel kaas as wat jy kan saam met die knoffelbotter innie snye in, en dan nog bo oor die bun ,!! ryk en lekkkkerr !

BRON- Gideon Louw