ROOSTERKOEK MET BRUIN MEEL

21 - roosterkoektested
ROOSTERKOEK MET BRUIN MEEL

Die reseppie het ook sy geskiedenis. Ons wou ‘n broodjie in die broodbakker maak. ESKOM gee toe vir ons beurtkrag. Ek het te lank gevat om die jinnerator aan te kry en die bakkertjie het toe memory verloor. Ons het bolletjies gemaak en op ‘n rooster hoog by die kole gebak.

250 ml melk
2 eetlepels olie
720 ml Unbleached Stone Ground Brown bread flour
1 teelepel sout
2 teelepels suiker
2 teelepels droë gis

Meng ‘n handvol sade van keuse by (sesame, sonneblom, flax)
Ekstra water en olie by indien nodig.
HENDRIK PRETORIUS




HOENDERLEWER MET SPEKVLEIS


HOENDERLEWER MET SPEKVLEIS
hoenderlewer
sout en peper
repies spekvleis

Maak die lewer skoon, strooi sout en peper oor en rol elke stuk in ‘n repie spekvleis.
Bind dit vas of steek dit met ‘n klein houtpennetjie vas.
Verhit ‘n braaipan en sit die rolletjies daarin.
Laat dit braai tot die spekvleis bros is.
Of
Plaas dit op ‘n rooster wat in ‘n pan staan en bak dit in ‘n warm oond by 250°C (425 F) tot die spekvleis bros en gaar is.
Draai die rolletjies net een keer om terwyl hulle bak.




OUMA KATHLEEN SE KERRIETJOPS

curried chopstested
OUMA KATHLEEN SE KERRIETJOPS

Resep se sous genoeg vir 12 groot skaaptjops(1.5 kg).
3 groot uie gesny en gebraai in 4 eetlepels olie.
Meng die volgende saam:
50 ml appelkooskonfyt
37 ml sterk Rajah kerrie
100 ml suiker
1 teelepel grondboontjiebotter
25 ml blatjang
500 ml asyn
Meng alles bymekaar en kook deur. Laat sous afkoel. Gooi in lae oor die tjops.
Laat staan minstens 3 dae in yskas en draai soggens en saans om..onderste tjops weer bo sit, ens.
Vries baie goed vir saamneem op vakansie. Maak sommer een slag genoeg… Moenie gebruikte sous weer gebruik nie.
moet MINSTENS 3 dae marineer!!!!!! geen kortpaaie nie..en onthou, gemarineerde skaaptjops braai langer as normaal
Resep en foto:  Tersia Conradie




MAALVLEIS KEBABS

2014-06-01-10385072_10203958492745283_925833224_n
MAALVLEIS KEBABS
500g maalvleis (hoender of kalkoen kan ook gebruik word)
1/2 koppie heel graan broodkrummels
1/2 koppie gerasperde Parmesan Kaas
1 eetlepel droë oreganum
1 eetlepel droë basil
1 eetlepele droë pietersielie of 1/4 koppiie vars (gesnipper)
1/2 teelepel rooipeper vlokkies
2 huisies knoffel (fyngedruk)
puff pastry
1 koppie gesnipperde mozzarella kaas
12 hout sosatiestokkies
Marinara sous vir dip (of jou keuse)

Voorverhit oond 180*
Ek sit foelie op 2 bakplate en hou eenkant
Meng maalvlies, broodkrummels, Parmesan Kaas, Oreganum, Basil,pietersielie, rooipeper vlokkies  en knoffel. Maak 1” klein balletjies
Sny puff pastry in ‘broodstokkies’. Begin met een ‘broodstokkie’ op n slag,
ryg op stokkie – eers deeg, dan maalvleisballetjie, deeg, balletjie en so aan…… Maak so 3 balletjies op ‘n stokkie, met deeg tussenin. Eindig met deeg. Plaas op bakplaat
Maak seker dat die deeg en balletjies +- 1/4” weg van mekaar is sodat diedeeg kan uitsit wanneer dit bak.
Bak vir +-20min tot vleisballetjies gaar is. Verwyder van oond en strooi elke stokkie met gesnipperde mozzarellakaas. Sit terug in oond vir 2-3 min totdat kaas gesmelt is.
Bedien dadelik met warm sousie
Resep geplaas deur Amanda Conradie




BRAAIBROODJIES

FLR BB with Heart
BRAAIBROODJIES
Dis die enigste keer dat jy maar jou broodjie aan altwee kante mag botter.

Sny die tamatie en ’n klein bietjie ui in ’n bakkie en geur met bietjie asyn, tamatiesous, blatjang, sout en peper en so ½ teelepel suiker. Sprei oor die een snytjie brood en strooi gerasperde kaas bo-oor en sit die ander snytjie op.

Braai in ‘n toeknyprooster tot mooi bruin aan albei kante.
’n Wenk om jou broodjie weerskante te kan botter smeer, is om die korsie van die brood onder op die bord te sit en daarop te smeer.

Dan bly al die botter nie in die bord agter nie. Die korsie kan jy later met bietjie fyn vyekonfyt eet as niemand kyk nie.
BRON- Gert Peens




SNOEK BRAAI IDEES


SNOEK BRAAI IDEES
Wian Swart
Oond gebakte patats en lekker tuisgebakte brood met druiwe konfyt.
Vir die snoek gebruik ek altyd 3tbs gesmelte botter, 1tbs suurlemoensap, knoffel, sout, peper en 1tbs appelkooskonfyt. Die mates is maar so plus/minus na smaak.
Oja, en braai natuurlik vel kant ondertoe langer. Ek “baste” ook net die vleis kant.

Jeanette Martins
In die Weber is dit heerlik. Sny die snoek oop, smeer met bietjie gesmelte appelkooskonfyt en botter. Strooi sout en fish spice. Vou toe en draai met twee lae waxpaper toe. Maak koerantpapier nat en draai so 3 lae om die vis. Plaas op indirekte hitte op die Weber totdat die koerantpapier dwarsdeur droog is. Kyk dat die vis gaar is (dit moet kan vlok), maar nie droog nie. 60-90 min. is omtrent genoeg. Trek die papier af. Gewoonlik kom die vel ook sommer af. Geniet! Chips is altyd ‘n goeie keuse daarmee.

Louise Groenewald
Die geheim is maar net om dit nie oorgaar te maak nie, 20 min maksimum. As die dikvleis gedeelte vlok, haal dadelik af.

Foto:  Gideon Louw




HEERLIKE PATATS BY SNOEK

HEERLIKE PATATS BY SNOEK
Lekker patats as jy dit so maak soos ek nou gaan verduidelik gaan jy nooit weer patats op ‘n ander manier eet nie.
Let wel hierdie resep nie vir kalorietellers nie!!!!!
Ons maak dit as ons braai en as ons kamp.
Sny die patats met skil en al  in 5 cm skywe,  sprinkel liggies met sout draai elkeen afsonderlik toe met foelie.
Plaas tussen kole en draai gereeld om. Toets met toetspen indien sag verwyder uit kole.
Elkeen maak sy pakkie oop, sit heuning oor en met geklitste room bo-op. Fantabulooslik!!!!

Elmarie Snyman




HOENDERPASTEI OOR DIE KOLE

hoender pastei oor die koletested

HOENDERPASTEI OOR DIE KOLE
Genoeg vir 6 mense
2 rolle (400 g elk) skilferkorsdeeg
olie vir braai
1 ui, gekap
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 geel soetrissie, in blokkies gesny
250 g spek, in stukkies gesny
100 g spinasie, fyn gekap
6 gaar of gerookte hoenderborsies
250 g sampioene, gekap
250 ml (1 koppie) mozzarella- en/of cheddarkaas, gerasper
1 eier, in ’n bietjie melk geklits
Laat die skilferkorsdeeg ontdooi en rol albei velle uit.
Braai die ui, soetrissies en spek in ’n bietjie olie tot sag.
Plaas die helfte van die spinasie op een van die deegvelle. Sny die hoenderborsies in stukkies en rangskik dit op die spinasie.
Voeg die uimengsel en sampioene by.
Sprinkel die kaas oor en sit die res van die spinasie bo-op.
Plaas die tweede vel deeg bo-op en verf met die eiermengsel. Knyp die rande van die pastei saam om dit te seël.
Gebruik ’n rooster met hoë kante en voer dit uit met tinfoelie. Braai die pastei op ’n taamlike hoogte op stadige kole.
Draai gereeld om en wees versigtig met die draaislag sodat die inhoud van die pastei nie uitval nie. Ná sowat 45 minute se braai kan die tinfoelie verwyder en die pastei goudbruin gebraai word.

Resep soos bo maar met 4 velle phyllo pastry gemaak
Resep en foto:  Elize de Kock




JUMMMMY POTBROOD!

potbrood10301369_691953864181239_4567830423806597228_ntested
JUMMMMY POTBROOD!
Koop winkel deeg of as jy ‘n broodmasjien het maak die deeg.
Sny bolletjies mozerella kaas en maak ‘n halfkoppie botter met so 2 t knoffel daarin.
Maak bolletjies deeg en in elke bolletjie sit jy ‘n blokkie kaas.
Druk dit in die knoffelbotter en pak in jou swartpot.
Herhaal tot al die deeg op is.
Strooi bruinuiesoppoeier bo-oor en gerasperde chedar kaas en die res van die mozerella as daar oor is.
Bak op kole vir plus minus ‘n uur of in oond by 180 grade C vir ‘n uur en kou dan jou lippe af!

Resep en foto:  Esna Rossouw Brand




SPEK EN KAAS SNOEK OP KOLE

spek en kaas snoektested
SPEK EN KAAS SNOEK OP KOLE
Vars stuk snoek
Meng n bietjie knoffel en botter smeer liggies aan die binne kant van snoek
Sny uie in ringe en plaas dit aan die een kant van snoek
Met tamatie ringe bo op
Sout en peper dit lekker
Kook spek op in n pan
Plaas die spek bo op die tamaties
Rasper die kaas en sprinkel dit bo oor die lekker bruin gebakde spek
Maak die snoek toe met foelie
Sit dit op die lou kole

‪#‎Bon‬ Appétit

Resep en foto:Cindy Van Steer-Kiewiet