ONION BOMBS

onion bombs
ONION BOMBS
Bonfires mean camping food… which means it’s time again for the ONION BOMBS!!! Easy, simple and absolutely DELICIOUS– you just can’t beat that combo!!!
(heehee– -and they are LOW CARB!!!)
large onions
ground meat (I prefer turkey!!)
seasonings to taste ( could use any good seasoning blend!)

Peel your onions and cut them in half as equally as possible.
Prepare your meatballs how you want them– I used Italian seasoning, oregano, chili powder, minced garlic, ketchup, worcestershire sauce and some bread crumbs
Size your meatballs so that they can be squished between two pieces of onions. Some meat will push out the ends and that is okay!!! Just make them as compact as possible!!
Wrap each onion bomb in (HEAVY DUTY ) tinfoil– might want to double them since they’ll be tossed in the fire! Make sure not to poke holes in the foil!!
Toss in the fire and try to get them in the coals.
Cook for about 10 minutes, flip ’em around and cook another 10 minutes or so!!!
Recipe from Donna Hayes




WYLENE SE BRAAIPASTEI

braai pie wylene 2braai pie wylenetested

WYLENE SE BRAAIPASTEI
Gisteraand ‘n gesonde braai-pie gemaak.
Oorskiet braaivleis klein gesny
2 rolle pastry
1 butternut
1 soet patat
1 ui
1 green pepper
2 aartappels
1 pak royco brown onion sous.
1 koppie gerasperde kaas.
1 eier

Benodig:
Hout, blits en vuurhoutjie
Braaier
Toeknyp rooster

Sny alle groente klein en kook tot sag, maak dit fyn
Meng groente en vleis en sous saam.
Laat dit afkoel.
Maak vuur in braaier, tot dit kole is.
Rol 1 rol pastry uit oor toeknyp rooster.
Sprinkle die kaas ewegalig (nie aan kante)
Skep vleis mengsel ook ewegalig oor.
Sit laaste rol pastry oor.
Knyp die pastry mooi toe.
Maak rooster toe.
Borsel gemengde eiermengsel nou mooi oor die pie.
Braai op rooster vir so +/-20min.
Bedien met ‘n heerlike groen slaai.

Nota:  daai sous moet met die helfte van die water gemaak word.
Foto en resep:  Wylene Grobler




BABYMARROW BYGEREG

babymarrow on the firetested
BABYMARROW BYGEREG
Babymarrow fyn gesny in n foil bakkie, heerlike plaasbotter en olyf olie gegeur met robertsons masterblend aromatic roast potatoes en mixed herbs, strooi met garlic sout en bietjie cheddar kaas, maak bakkie toe en laat smeul op kole na vleis gebraai is!! Dan kry die vleis ook lekker rus tyd!!

Resep: Dale Van Staden




BROODJIE VIR BRAAI

2015-02-21-braaibroodtested
BROODJIE VIR BRAAI

Sny brood in lengte
Smeer lekker baie botter en sit knoffel op elke sny
Gooi Ina Paarman se kruie en knoffel en parmasan kaas oor elke sny
Gooi lekker chedder kaas
Het klontjies knoffel botter so hier en daar gesit.
Vars roosmaryn bo oor gegooi

Maak toe in foelie en bak in oond vir 15min
Maak brood oop. Gooi basil olyf olie oor en sit terug in oond vir 10min
Bron:  Marian van Deventer




GEVULDE HOENDERDYE OOR DIE KOLE

2015-01-19-hoenderdytested

GEVULDE HOENDERDYE OOR DIE KOLE
Ek neem hoenderdye dan maak ek ‘n opening al langs die been af met my vinger sodat daar ‘n lekker ” pouch ” is.   Dan smoor ek uie en sampioene en voeg dan daarby gekapte brand rissie,  ‘n bietjie sweetchillie sous,  ‘n bietjie garlic sous ( steers ), bietjie sout en peper na smaak en meng dan alles saam.   Stop dan die vulsel in die ” pouch ” en steek toe met ‘n tande-stokkie braai oor stadige kole tot gaar.
Bron:  Gideon Louw




GROENTE OP DIE VUUR

Groente op die vuurtested
GROENTE OP DIE VUUR
Dis hoe ons braai groente maak. Vat 2 tot 3 velletjie foelie en maak ‘n holte in die middel. Gooi soveel mix veg in as wat jy wil eet. Moet die gesnyde groente wees. Die ander is nie so lekker nie. Strooi chilli aromat oor.
Sit 2 eetlepels botter en 1 eetlepel gegeurde roomkaas op. Maak toe en braai oor die kole vir so 20 minute.

BRON – Nico-Jenny van der Merwe

Marthie van Breda – Het jule al AArtappelblokkies met uie so gaargemaak; heerlik

Nico-Jenny van der Merwe – Ons maak mielies ook so gaar. Het ook al babymarrows probeer. Ook sampioene met knoffel botter. Dis lekker en gesonde bykos vir braaivleis. Iets anders as die gewone pap en sous of slaai en braai broodjies.




GEBRAAIDE LAMSNEK

Skaapnek Braaitested
GEBRAAIDE LAMSNEK
Die lam’s nek hier op die foto het ek so ‘n maand terug in die lengte laat sny en sommer met ‘n uit die kop resep gaar gemaak. Dit was heerlik. Ek het daarna die nuwe resep gekry om te toets (TANKWA SE SKAAPNEK BRAAI  en gaan dit nou vandag probeer. Met die metode maak jy jou eie aftreksel en ‘n braai sous (basting). As jy klaar die vleis gekook het vir 180 minute kan jy dit bere tot jy reg is om op die kole te braai met jou self gemaakte basting.

Aftreksel:
2 groot wortels
1 ui
2 stingels tafelseldery
6 takkies pietersielie
4 kruinaeltjies
1½ teelepel sout
1 teelepel peperkorrels
1½ teelepel koljanderkorrels
100 g skaapbene met bietjie vleis aan
2 liter koue water

Metode – aftreksel:
Kap die wortels, ui, seldery en pietersielie grof en gooi in die pot saam met die kruinaeltjies, sout, peper, koljander en bene.
Voeg 2 liter koue water oor en kook stadig tot daar nagenoeg 1 liter aftreksel oorbly.

Skaapnekke:
3 skaapnekke in die lengte deurgesaag
1 liter aftreksel (Die wat jy nou net self gemaak het)
4 takkies roosmaryn

Metode – skaapnekke:
Giet die aftreksel deur ‘n sif, gooi die vloeistof oor die skaapnek en voeg ‘n paar takkies vars roosmaryn by.
Bak dit in die oond teen 180º vir ongeveer drie uur.
Maak nou die braaisous deur sonneblomolie, druiweasyn, heuning, sout, peper, Worcestersous en tiemie saam te meng.
Smeer die gaar nek met die braai sous en braai oor die kole.
Foto:  Koos van der Merwe




SKAAPRIBBETJIE

skaapribtestedskaaprib cecil

SKAAPRIBBETJIE
Maak die “dry rub” en vryf dit lekker in die ribbetjie in
Dry rub: growwe sout, swart peper, pietersielie, roosmaryn seasoning.
Plaas die rib in ‘n groot oondpan saam met gekapte uie en genoeg rooiwyn om net die onder kant van die pan te bedek.   Bedek met foelie en plaas in oond by 180°C, vir ongeveer 35 minute.
Braai verder op kole tot lekker deur gaar en sag.

Bron en Foto: Cecil Dunhin




FANTASTIESE FOELIE GROENTE

tested

FANTASTIESE FOELIE GROENTE
Ek het die resep by iemand gekry, kan nie onthou waar nie, verbeel my dit was op ‘n blaadjie tydens die Loeriefees.
Veral in die winter is ons lief vir die groente in foelie. Enige vars groente wat jy in groterige stukke kan opsny. Dit bak ongeveer 45 – 60 minute. Indien jy dit dus te klein opsny kan dit fyn kook.
Gebruik na eie keuse:
wortels
klein of groot uie, in kwarte opsny
baba of groot aartappeltjies, in 4 tot 6 stukke gesny
murgpampoentjies
heel babapampoentjies (‘Patty pans’)
patat, opgesny soos aartappels
sampioene
botterskorsies, ongeskil
klein groen skorsies
geel- en / of groenrissies, opgesny in groot stukke
Venita sê dat dit goed werk as jy al die gewaste groente in ‘n groot skottel plaas en dan die speserye oorstrooi. Skud die bak (indien dit ‘n deksel op het, anders verskyn jy dalk ook in ‘n waspoeier advertensie), of meng dit met jou hande deur sodat die speserye die groente heeltemal bedek. Neem ‘n groot rol breë foelie en plaas dit met die
blink kant na onder op ‘n bakplaat. Pak die groente op die foelie, jy kan nou nog speserye oorsprinkel, sowel as knoffel- of gewone botter (opsioneel). Vou die foelie oor die groente, vou die hoeke goed toe sodat geen stoom kan ontsnap nie. Maak seker om die “opblaas” van die foelie toe te laat (klink amper soos Gys se hoenderresep, bak by 180 – 200ºC vir 45 – 60 minute of “Loerie” hom en plaas dit op matige kole vir ongeveer 1 uur.)
Resep geplaas: Lorraine Weitz Brand




VULSEL VIR GIDEON SE GESTOPTE HOENDER

Gideon se gestopte hoendertested

VULSEL VIR GIDEON SE GESTOPTE HOENDER
Daar bestaan nie ‘n resep vir hierrie hoener nie en die manier van gaarmaak is uniek vroulief sê dit is net ek wat dit so kan doen ! die rooster is eers plat ! dan opsy sy ! dan op sy kop ! dan word die hoener oppierooster gedraai ! dan moet die fortsen jorts na die kole toe wys ! dan word die koletang as ‘n stut gebruik ! verstaan jy maar hier is wat ek gebruik het om dit mee te stop :
vier marinated sundried tamaties stukkies geknip of net s0
klompie gekapte pietersiellie
een rolletjie gekerfde bokmelk kaas
250 g sampioene en uie saam gesmoor vooraf
1/2 koppie broodkrummels
sout en peper na jou smaak

Ryg dan die hoenertjie toe nadat dit gstop is met naald en garing
Die proses van gaar maak is +- 1 1/2 uur op stadige kole
en siedaar n hoender met ‘n aerial !
Resep en foto:  Gideon Louw