CECIL SE SKAAP RIBBETJIES

cecil se skaap rib 2CECIL SE SKAAP RIB 3cecil se skaap ribtested
CECIL SE SKAAP RIBBETJIES
2 kg skaap rib
suurlemoen
rooiwyn
1 knoffelhuisie, uitgedruk.
Bak in die oond teen 150 grade, 30 min.
Basting sous:
50 ml sweet chilly sous
perske konfyt
100 ml suurlemoen sap
150 ml soya sous
20 ml worcester sous
1 knoffel huisie gerasper
130 ml stroop
sout en peper

Nadat die rib in die oond gebraai het, braai op kole en smeer met sous.

FOTO EN RESEP:  Cecil Dunhin




PORTUGESE PERI-PERI CHICKEN

peri peri chickentested

PORTUGESE PERI-PERI CHICKEN
Marinade for two Chickens:
200 ml olive oil
200 ml worcester sauce
100 ml lemon juice
200 ml sweet cilli sauce
250 ml wine
30 ml aromat
50 ml paprika
peri-peri to taste
10 ml chopped garlic
7 ml fresh grated ginger


Mix well. Pour over Chicken and leave in fridge overnight, turn chicken occasionally to make sure marinade soaks in everywhere. Braai over moderate fire, turn and baste every 5 min so marinade doesn’t burn.
We did ours on the Weber. Gives it a lovely smokey taste.
Source:  Elizabeth Margaret Hendrikz




SOUTVLEIS OP DIE KOLE

tested
SOUTVLEIS OP DIE KOLE
Louwtjie Beck:
Dag sê. Kan iemand asb help. Ek wil heel soutvleis op kole gaarmaak. Enige voorstelle. Dit sal ons eerste probeerslag wees. Wil nie swartpot gebruik nie ,eerder rooster. Baie dankie

Stefaans Blaauw:
Sny sulke 2 cm dik skywe, en braai baie stadig tot dit deur warm is, dan loop hy mooi.

Gideon Jordaan :
Sit in foelie smeer botter, knoffel, en vars roosmaryn. Draai toe en sit op rooster met hoe hitte draai elke 5 min dat al die kante seël, sit dan een kant op matige hitte en draai elke 15 min, hang af van hoe dik die soutvleis is so uur en ‘n half na twee ure toe, vul kole aan as dit te lou word.




FILET DE BOEUF AU ROQUEFORT-FILLET MET BLOUKAAS

 

gestopte fillet Hennietested

FILET DE BOEUF AU ROQUEFORT-FILLET MET BLOUKAAS
Hennie van Deventer
So nou en dan kry hierdie ou brein so ‘n liggie. As jy op die gasbraai vleis gaarmaak dan mis jy die hout geur. So, ‘n lagie tinfoelie met ‘n hout bo-op maak lekker rook. My filet de boeuf au roquefort behoort heerlik te wees.
Maklike resep. Vlek die filet. Sit skyfies bloukaas, knoffelbotter, en heel vye op. Sit speserye na smaak by. Maak dit toe en sit repies spek rondom. Braai tot spek crispy is. Dan is dit medium tot “rare”

FOTO EN RESEP:  Hennie van Deventer




PANNETJIES BRAAI

PANNETJIEBRAAI2PANNETJIE BRAAI 3tested

PANNETJIES BRAAI
Ons doen dit gereeld en dis verskriklik lekker! Ons deel die ete op in voorgereg, dan hoofgereg en nagereg is plaatkoekies met souse en roomys, so elkeen bak ook sy eie poeding. Hier is my lysie wat ons gebruik. Ons verwerk als appart in die voedselverwerker, dit moet redelik klein of fyn verwerk wees) en pak vir elke paartjie sy eie bord bestandele, anders is dit heeltyd rek en aangee! Souse na smaak!
Voorgereg:
Gebraaide Halome Kaas
Uie
Knoffel
Botter
Klein steurgarnale (shrimp) Room ________
Daarna:

Eiers
Maalvleis
Hoenderblokkies
Varkblokkies gemeng met spek

Gaar aartappelblokkies
Gaar rys

Gerasperde wortels
Gerasperde kool
Julian babymarrows
Uie fyn gekap
Skywe sampioene
Red peppers
Gekapte grasuie
Vars kruie
Chillie
Verskeie Speserye
Sout & Peper
Blatjang, sweet chillie sous, soya sous, worchestersous, ander souse
Vars room

Cheddar kaas
Motzarella kaas
Olie
________________________________________
Poeding:
Plaatkoekies (deeg in melkbekers)
Roomys
Stroop
Sjokoladesous

 

Eunanza Farrell
LEA’S PANCAKES (plaatkoekies)
BESTANDELE
Lewer 9 Lerwer 18
375 750 ml Koekmeelblom
40 80 ml Suiker
15 30 ml Bakpoeier
2 5 ml Sout
1 2 Eiers
375 750 ml Melk
40 80 ml Olie
METODE
Klits eiers, melk en olie saam
Voeg droë bestanddele by en klits net totdat deurgemeng
Bak in bietjie olie tot ligbruin (soos plaatkoekies)
Klein pannetjie kan gebruik word, om groot ronde plaatkoekies te maak

Eunanza Farrell




GIDEON SE FRANSE BRAAIBROODJIES

2015-11-02-gideonsefransebraaibroodjie
GIDEON SE FRANSE BRAAIBROODJIES

Ek het vannaand weeeeer n nuwigheid getraaai julle is seker al keelvol daarvoor en sal dit nooooooit probeer nie maar vir my is elke braai n uit daging vannaand het ek drie snye brood geneem:-)
een daarvan het ek die binnekant uitgesny die buitekante van die ander twee in n geklitste eier gedruk en in die middel n bietjie mayo gesmeer
en dan die uitgeholde een bo op die ander een geplaas en die eier gebreek bo op en dan die ander sny bo op geplaas en dit op stadige kole gebraai en was dit nie heerlik nie sjoe daai lekker gesmelte kaas met eier en n bietjie sout en peper vir smaak was djeerlik

Resep en foto: Gideon Louw

 

 




PRISCILLAs ROAST CHICKEN

 

2015-10-29-pricillasroastchickentestedgideon se plat hoender

PRISCILLAs ROAST CHICKEN

1 whole chicken, flattened
2 tblsp plain yoghurt
1/2 tsp each of jeera n dhania powder
1/4 tsp each of garlic n mustard powder
1 tblsp chilli powder
1/4 tsp mixed herbs
1 tsp ginger n garlic paste
1 tsp salt

Marinade chicken with above ingredients and leave in fridge for few hours. Roast in over for about a hour n half n let skin brown..Bast chicken every 10 to 15 min intervals.

Recipe and photo:  Priscilla Govender
2nd photo”  Gideon Louw




PETRE SE BASTING SOUS

petre se basting soustested

PETRE SE BASTING SOUS
Basting sous vir Hoender of Biefstuk op die kole.
500 g bruinsuiker
1 groot bottel tamatiesous
1 groot bottel sojasous (die dik een)
1 bottel rooiwyn
Meng alles deur en kook vir 15 minute -het dit altyd vir die hoender en steaks gebruik.

Dit is my bastingsous resep wat ek in my restaurante gebruik het.
Het dit dan ook gewoonlik met ‘n goedkoper 5 liter bastingsous gemeng om dit om en by 10 liter te maak.
Gebruik op my spare ribs, steaks en patties.

Bron:  Petré van Jaarsveld




DUIWELSRIB

2015-10-11-duilwelsrib

DUIWELSRIB
Varkribbetjies
5 eetlepels suiker
2 eetlepels asyn
1 huisie knoffel, gekap
1 eetlepel marmite
1 eetlepel mielieblom (Maizena)
2 teelepels gemaalde gemmer

Kook ribbetjies stadig in ‘n bietjie water totdat die bene uitgetrek kan word.
Laat die vleis afkoel sodat jy dit kan hanteer en sny dan in vierkante.
Meng res van die bestanddele en doop vleisvierkante daarin.
Rooster oor warm kole vir 8 – 10 min.
Bestryk weer met marinade en draai vleis om.
Rooster vir dieselfde tydperk en bedien wanneer gaar.
Dit kan warm of koud bedien word.
Die oorblywende sous word ook bedien,
Sukkies vleis kan daarin gedoop word soos ‘n doopsous.
Nota Pieta:
Instede daarvan om die rib te kook, bak ek myne in die oond, toe met foelie by 180°C tot sag. Ek gebruik wel gerookte rib, daarom bak ek dit sodat ek nie die geur/smaak verloor in die kookproses nie.
Foto:  Pieta Van Der Walt




PETRE SE SOUS VIR SNOEK

 

tested

PETRE SE SOUS VIR SNOEK
botter
appelkooskonfyt
Marmite
grofgemaalde swartpeper
bietjie knoffel

Smelt alles saam en smeer oor snoek en maak snoek gaar soos verkies.

Resep: Petré Van Jaarsveld