MAAK JOU EIE BILTONG

biltong brunhilda

MAAK JOU EIE BILTONG

5 kg vleis
100 g sout
45 g suiker (bruinsuiker)
4 g koeksoda
2.5 ml swartpeppr korrels
20 g koljander
1 koppie asyn (bruin asyn)
¼ koppie worstershiresous
1 eetlepel soyasous
Skroei koljander in oop pan tot bruin maal fyn, maal swart perer korrels fyn meng by sout, suiker en koeksoda. Meng als goed deur. Meng vloeistowwe in ander bak. Strooi spesery mengsel op een laag gepakte repe vleis. sprinkle nou asyn mengsel oor. pak volgende laag en hou so aan totdat vleis klaar is. Laat le deurnag draai elke nou en dan om en hang om te droog. Die resep is Sannie Smit sn uit Suid afrikaanse volkleur kookboek. Sy sprinkle egter geen asynmengesel oor nie maar laat haar vleis net so in die speserye le tot volgende dag en dan trek sy dit net deur lou asynwater en hang. Ek verkies om my speserye baie fyn te maak en asyn dadelik te sprinkle en dan word niks weggewas na die tyd nie.

Resep:  Brunhilda Venter




MARISA SE BILTONG POT

1476228_10152834036004460_298219716_ntested

MARISA SE BILTONG POT
Potjie No: 3
Serves: 4
Cooking Time: 30 minutes
3 onions (chopped)
1 pack of fresh mushrooms
1 pack of bacon (chopped)
1 pack of Frankfurters (chopped)
1 pack of cheese-griller sausages (chopped)
720 g sliced biltong
1 packet of pasta (screws)
1 packet of mushroom flavoured rice
1 packet of Spanish flavoured rice
250 g grated cheese
Braise onions and mushrooms in oil and flavoured salt.
Add bacon and sauté for 2 minutes then add the sausages.
Sautè for a further 5 minutes.
Add pasta and rice and one kettle boiling water.
Close the pot and allow to cook for 20 minutes.
Then add the biltong, return the lid and let it steam for 5 minutes.
Remove the lid and stir.
Ensure that it does not dry out.
Sprinkle the cheese on top, let it stand for 5 minutes and serve.

Recipe and photo: Marisa Vosloo




ROMERIGE BILTONGPASTA

CREAMY BILTONG PASTAtested

ROMERIGE BILTONGPASTA
Genoeg vir 4 mense
15 ml (1 eetlepels) olyfolie
250 g knopiesampioene
sout en vars gemaalde peper
500 ml (2 koppies) room
200 g nat biltong, gekerf
15 ml (1 eeetlepel) vars pietersielie, gesnipper
250 g linguini-pasta

Verhit die olie in ‘n pan en braai die sampioene ‘n paar minute tot geurig. Geur met sout en peper.
Sit die room by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut tot die sous effens verdik.
Sit die nat biltong en pietersielie by en roer ‘n paar minute.
Kook die pasta in soutwater tot al dente, dreineer en meng dit by die biltongmengsel.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie




SOUTTERT MET BILTONG EN CHEDDARKAAS

SOUTTERT MET BILTONG EN CHEDDARKAAS
1 vel (400 g) gekoopte broskorsdeeg
250 g cheddarkaas, gerasper
150 g gesnyde biltong
4 eiers
375 ml room
Verhit oond tot 180°C.

Voer ‘n gesmeerde tertbak van sowat 32 cm uit met deeg.
Sprinkel cheddarkaas in die bak en strooi biltong oor.
Klits eiers en room saam en giet oor vulsel.
Plaas in warm oond en bak vir sowat 1 uur tot vulsel gestol het. Laat staan vir sowat 10 minute voor jy die tert voorsit
Foto: Benhet Nieuwenhuis
2de foto:  Jolanda Jaars – (Ek het wel net die biltong met spek vervang asook die room met melk.)

 

 




TRADISIONELE WILD DROëWORS

TRADISIONELE WILD DROëWORS
5 kg wildsvleis
1,3 kg skaapstertvet
50 g sout
50 ml gemaalde koljander
5 ml fyn naeltjies
10 ml peper
200 ml asyn
100 g worsderms

Sny die vleis en vet in blokkies.  Meng alle ander  bestandele.  Strooi  jou vleisblokkies mooi oop, sprinkel die asyn daaroor en strooi die mengsel oor die vleis en vet blokkies.  Meng deeglik en stop in medium derms.  Hang op om droog te word.

Resep:  Greeff Heydenrych




SPRINGBOKFILET MET BILTONGKORS

FLR BB with Heart

SPRINGBOKFILET MET BILTONGKORS
1 Springbokfilet , so 1 kg
Sout en peper
100 ml koekmeelblom
125 ml fyn biltong

Voorverhit oond tot 160 °C. Geur die filet met sout en peper . Rol in die meel, daarna in geklitste eier en laastens in die biltong. Oondbraai 15-20 min tot gaar buite-om, maar steeds pienk binne-in. Moet nie TE gaar maak nie. Draai in foelie toe, en laat rus 10 minute in lou-oond. Verhit n riffelpan tot rookwarm en panbraai vinnig. Sny in porsies en sit voor met groente en Uiemarmelade
Resep:  Carol Elliott Claassen




HOENDER- OF KALKOEN BILTONG

CHICKEN BILTONGtested

HOENDER- OF KALKOEN BILTONG

Hier is ‘n resep vir hoender of kalkoen biltong. Dit kom uit my Amerikaanse boek oor vleisverwerking.Het dit nog nie probeer nie, maar lyk vir my reg.
1,36 kg hoender of kalkoen borsvleis sonder vel en bene.
1½ teelepel knoffelpoeier
3 teelepel uiepoeier
¾ teelepel swart peper (fyn)
1 teelepel mosterdpoeier
1 koppie Soyasous
1 koppie Worceshiresous
¾ koppie rooiwyn
1 teelepel Praque poeier(salpeter)
Meng al die bogenoemde bestanddele behalwe die hoender/kalkoen. Sny die vleis in repies. Meng die vleis met die marinade. Laat staan vir 24 uur, meng elke 6 ure goed deur. Hang op ‘n koel plek met ‘n waaier op tot droog.
Moet nie die praque poeier uitlaat nie, dit beveg kieme en preserveer vleis. Ek sal die rooiwyn vervang met bruin asyn.

Hoop dit sal jou help.
Resep geplaas deur Piet Pompies

 




EENVOUDIGE BILTONGRESEP

EENVOUDIGE BILTONGRESEP
2 pk droë koljandersaad
1 bottel bruinasyn
½ bottel worcestersous
1 kg growwesout
250 g fyn swartpeper
10-12 kg beesvleis

Braai die koljander liggies in ‘n pan totdat dit ‘n skerp reuk af gee, Maak dit in ‘n stamper en vysel fyn. Maak ‘n mengsel van 2 derdes bruinasyn en 1 derde worcestersous (pekel) en sny die vleis in lang repe, ongeveer 35-40mm dik. Gooi nou ‘n laag sout, peper en koljander onder in ‘n lang, diep plastiekbak. Pak ‘n lagie biltong en besprinkle die vleis met pekel. Gooi dan weer speserye oor en herhaal die proses met elke laag vleis. Elke laag het omtrent 1 ½ – 2 hande vol sout en ‘n dun laag peper en koljander nodig. Pak elke laag haaks met die vorige laag sodat die pekel nie te maklik deursypel nie. Laat staan die vleis vir sowat 6 ure, en draai dit daarna sowat 2-3 keer in 12 uur sodat die vleis goed pekel. Die vleis moet sowat’n uur lank in die pekel le vir elke kilogram vleis. Hang die vleis vir ongeveer drie dae in’n koel, droë plek weg van insekte af.

NASKRIF:
My resep is doodeenvoudig, maar jy kan hom vir alles soorte biltong gebruik. Moenie skaam wees met die sout en peper nie – jy kan nie eintlik te veel daarvan oorgooi nie. As jy te min gooi, gaan die vleis vrot!
Resep:  Eben Vljoen

 

 




TRADISIONELE WILDSBILTONG

TRADISIONELE WILDSBILTONG

5 kg biltongvleis
75 g sout
5 ml bruinsuiker
50 ml grof gemaalde koljander
500 ml asyn
2.5 ml koeksoda (opsioneel)
(Alle lepelmates afgeskraap)

Meng al doe droë bestanddele. Pak die vleis in erde- of plastiekskottels. Die biltonge heel onder. Strooi speserye oor elke laag en besprinkle met asyn. Roer die biltonge deeglik om na 12 uur. Hang op om te droog na 24 uur.

BEREKEN DIE SPESERYE AS VOLG PER KILOGRAM VLEIS:
15 g sout
1 ml bruinsuiker
10 ml koljander
50 ml asyn

Resep van Maklike smaalike wildsgeregte deur Greef Heydenrych

 




BILTONG- EN KAASTERT

BILTONG- EN KAASTERT
1 rol gekoopte brosdeeg, behoorlik ontdooi
250 g gerasperde Cheddar kaas
150 g biltong, sag en fyngekerf
4 eiers
375 ml room

Oond vooraf verwarm tot 180°C.
Smeer ‘n oondpan / bak.
Voer die pan uit met die deeg.
Strooi kaas egalig oor.

Strooi biltong oor die kaas.
Klits eier en room vinnig bymekaar en giet egalig oor die biltong en kaas.
Bak vir 1 uur tot gestol en bruin.
En Voila!!!!

Laat staan vir 10 min voor jy bedien.
Jy kan ook kreatief raak en ander vleise inmeng- soos oorskiet, ham, spek, worsies ens.

Resep:  Karena Profe Bosdorf
Foto:  Elsie Jacobs Dreyer‎