BILTONG VOORGEREG

tested

BILTONG VOORGEREG
1 kg gekerfde biltong, (net nie met baie vet aan nie).
250 ml room
knoppies sampioene gekerf
kaas

Sorteer die sampioene tot sag, voeg biltong en room by maar moet asb nie te vinnig laat warm word of kook nie anders skif die room. Sodra die room warm is.
Skep in voorgereg bakkies, sprinkel kaas bo oor bak in die oond of gebruik ‘n vlam om die kaas bros te maak. Strooi mozzerella bo oor en bedien warm met vars brood

Resep van Anna-Marie Salzmann van Wyk




BILTONGPASTA

 

Biltongpastatested

BILTONGPASTA

Die bestandele hang maar af van hoeveel mense jy dit voor gaan voorberei. Ek het uie en sampioene gebraai en daarna room bygevoeg en dit stadig geprut tot ‘n redelike dik sous. Dan voeg jy gemaalde swart peper en pietersielie en jou biltong daarby en prut vir nog ‘n paar minute tot die geure mooi deur geprut is. Ek het sommer fettuccine pasta gekook tot gaar en die twee appart opgedis inplaas daarvan om dit deur te meng, maar jy kan dit saam meng as jy so voel.
Geniet die Biltongpasta

Resep en foto: Natasja Bekker




BILTONG QUICHE VIR VOORGEREG

Biltong quichetested

BILTONG QUICHE VIR VOORGEREG
Biltong quiche gemaak as voorgereg vir ‘n ete. Dit was heerlik gewees
Kors:
100g botter
1 koppie koekmeel
1 koppie kaas
Meng saam en druk in tertbak vas as kors, onder en kante.

Vulsel:
1 koppie gekerfde biltong
1 koppie gerasperde kaas
1 koppie room
3 eiers
Meng alles saam en skep in tertbak oor die kors, bak teen 180ºC vir 40 minute.
Resep en foto: Leanne Thurston Coetzer




BILTONG-SOUTTERT

2014-09-29-biltongsoutterttested
BILTONG-SOUTTERT
Kors
200 g beef biltong kips
50 g neute
100 g gesmelte botter
Maak kips en neute fyn en meng bottel by en druk vas in 22cm deursnee bak

Vulsel
125 ml koekmeel
1 koppie biltongpoeier
1 ml knoffelsout
knypie swartpeper
500 g roomkaas
1 koppie suurroom
4 eetlepels mayonnaise
2 gras uie
4 eiers
Meng alles vir die vulsel en skep in die kors! Bak vir 1 uur by 160ºC.
HEERLIK!! HEERLIK

Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis




TOKS VAN DER LINDE SE BILTONGPOT

toks se biltong pottested

TOKS VAN DER LINDE SE BILTONGPOT
Toks van der Linde, oud-springbok en sportkommentator het hierdie pot vir Pasella voorberei. Dis sy gunstelingresep.
(Bedien 10)
3 uie, gekap
1 pakkie vars sampioene, opgesny
1 pakkie spek, opgesny
1 pakkie frankfurter worsies, opgesny
1 pakkie kaasworsies, (cheese grillers), opgesny
1 pak skroefnoedels
1 pakkie Tastic sampioenrys
1 pakkie Tastic Spaanse rys
720 g gekerfde beesbiltong
250 g gerasperde kaas

Maak ‘n swart pot warm oor die vuur en braai die uie en sampioene in olie.
Geur met sout. Gooi spek by en braai 2 minute, voeg dan worsies by.
Braai 5 minute. Gooi skroefnoedels en rys by en een ketel kookwater.
Maak pot toe en prut 20 minute (hou ‘n oog en gooi nog water by indien
nodig). Gooi biltong oor, maak deksel toe en stoom 5 minute. Maak oop
en roer pot deur, kyk net dat dit nie droogkook nie. Gooi gerasperde
kaas bo-oor en laat staan 5 minute. Eet en geniet!

Foto en resep geplaas deur Corne van der Merwe
2de foto:  Odehlia Engelbrecht‎




BORRIE EN BILTONG JOGURT BROODJIE

 

borrie en biltong broodtested

BORRIE EN BILTONG JOGURT BROODJIE
500 ml Eureka Stone Mill koekmeel
20 ml bakpoeier
¼ koppie fyn organic bruin suiker (fyngemaak in die coffee grinder)
3 eiers
150 ml griekse jogurt
125 ml klapper olie
½ koppie fyn biltong
1 eetlepel borrie
1 teelepel smoked paprika
2 eetlepel gemengde kruie
1 teelepel fyn knoffel (vlokkies fyngemaak in coffee grinder)
1 goeie skoot sout, hang af hoe sout jou biltong is.

Voorverhit oond 180°C.
Meng droë bestanddele goed deur. Klits jogurt, eier en olie saam. Voeg by droë bestanddele en meng deur.
Skep in ‘n goed gesmeerde/gevoerde klein broodpan en bak 50 – 60 min tot gaar.

Heerlik saam met gewone maaskaas.
Ek is seker gewone meel, suiker hoeveelheid aangepas en gewone olie sal ook werk soos in die oorspronklike resep.

Resep aangepas uit die oorspronklike Jogurt Broodjie resep op Foodlovers se blog.

Resep en foto: Lindi Erasmus




KAAS EN SPEKBROODJIE

2014-09-03-kaasenspekbroodjietested
KAAS EN SPEKBROODJIE
Genoeg vir 4 – 6
310 ml (1¼ koppie) koekmeel
5 ml (1 teelepel) bakpoeier
4 sprietuie, fyngekap
350 g cheddarkaas, gerasper
125 g spek, gekap
4 eiers
sout en peper
10 ml (2 teelepels) soetrissiesous (sweet chillie sous)
5 ml (1 teelepel) olie
60 ml (¼ koppie) karringmelk

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n broodpan met olie.
Sif die meel en bakpoeier in ’n groot bak. Roer die sprietuie, kaas en spek by (moenie die spek gaarmaak nie – dit gee die brood sy geur terwyl dit in die deeg kook).
Meng die eiers, sout, peper, soetrissiesous, olie en karringmelk in ’n beker of bak. Giet in die meelmengsel en meng goed.
Plaas die deeg in die bereide broodpan en bak 40 minute of tot ’n vleispen wat in die middel gedruk word, skoon uitkom.
Laat vyf minute afkoel, draai uit op draadrak en laat heeltemal afkoel
Foto:  Martie Erasmus

Alberta van Wyk – Biltongbrood
Saterdag het ons kerkbasaar gehad en het ek die hierdie een gemaak.
Ek het die Kaas en Spekbroodjie (op die blog) in ‘n ronde koekpan gebak
My half disnis gesukkel om die worse te laat regop staan teen die wrap waarmee ek die broodjiekoek toegemaak het. Maar op die ou einde het cream cheese toe die ding gedoen. Bo op het ek gekerfde beesbiltong gegooi. Maaskaas en fynbiltong gemeng en in fyn biltong gerol bo op asook bacon biltong wat ek net gerol het.

Die gerolde bacon biltong moet ‘n rosie effek gee




BLATJANG BILTONG

2014-08-27-chutneybiltongtested
BLATJANG BILTONG
Meng 1 koppie bladjang met 1 koppie woestersous, en sprinkel oor die biltong, terwyl jy die speserye oor sprinkel.
Laat staan vir 24 uur, terwyl jy dit na 12 ure omdraai, sodat die onderstes weer bo le.
Resep: Stefaans Blaauw

Hier is die biltong resep
http://foodloversrecipes.com/suidwes-biltong/




BILTONG EN PAMPOENPOT

tested

BILTONG EN PAMPOENPOT
10 liter pot
3 kg nat beesbiltong, in dik skywe gesny
1 kg ontbytspek, gesnipper
1 kg pruimedante, ontpit
½ kg rys
1 koppie sojasous
2 kg boerpampoen, in skywe gesny
1 aftrekselblokkies, beesvleisgeur
2 handevol – cheddarkaas, gerasper

Braai die spek bros en voeg dan die biltong en pruimedante by. Pak eers die rys en dan die pampoen bo-op. Voeg die sojasous en aangemaakte aftreksel by.
Prut saggies tot die rys en pampoen gaar is. Sprinkel die kaas oor en laat smelt.

Resep: Ria Grobler Mc Carthy




BILTONGSOP MET BLOUKAAS

biltongsop leannetested

BILTONGSOP MET BLOUKAAS
Aandete was Biltongsop… Heerlik gewees.
125 g botter
½ teelepel neutmuskaat
½ teelepel koljander
2 teelepels growwe peper
1 koppie koekmeel
2 beef stock cubes
1.5 liter kookwater
2 koppies melk
1 wiggie bloukaas, fyngekap
1 koppie gerasperde Cheddarkaas
1 koppie fyn biltong

Smelt botter en roer neutmuskaat,koljander en growwe peper by. Meng koekmeel daarby. Voeg beef stock cubes by die kookwater en los op. Roer by botter en meelmengsel met draadklitser in sodat klonte nie vorm nie.

Roer by die melk en roer aanhoudend totdat mengsel deurgekook het. Trek van plaat af en voeg bloukaas en gerasperde Cheddarkaas by en roer tot kaas gesmelt is. Roer  fyn biltong by, maar moenie sop verder kook nie. Bedien met ‘n lekker skep room en gekerfde biltong bo-op.

Leanne Thurston Coetzer