HEERLIKE BILTONG QUICHE

2015-08-31-heerlikebiltongquichetested

HEERLIKE BILTONG QUICHE
Broskorsdeeg
2 koppies koekmeel
150 – 200 g goeie botter
1 eiergeel
10 ml wit asyn
30 ml yswater
Klits eier, asyn en yswater saam.
Voeg botter by.
Voeg meel by en meng goed.
Laat rus in yskas vir 30 min.
Rol dun uit en plaas in quiche pannetjies.

Vulsel
250 g sterk Cheddar kaas, gerasper
150 g goeie biltong, baie dun gesny
4 eiers
375 ml room (of laevet maaskaas)
vars gemaalde swart peper na smaak
3 takkies tiemie, afgestroop

Prik die boom van die kors.
Verhit oond tot 200ºC.
Plaas ‘n laag kaas onderin die kors.
Volg met biltong wat jy nog fyner breek.
Klits eiers en room of maaskaas, voeg peper by.
As biltong sout is oppas vir nog sout by eiermengsel.
Giet eiermengsel bo-oor.
Ek het bietjie “Sweet Basil” op elkeen gestrooi.
Strooi klein bietjies kaas bo-op.
Bak in die oond vir 40 min.
Verwyder uit pannetjie deur die pannetjie oor ‘n glas te sit. Die kant gly maklik af.
Gly die quiche vanaf die onderkant op droograk.
Bedien saam met slaai,
Resep: Marcelle Botha
Foto: Hannetjie Snyman en Marieta James




BILTONG WIELE

biltong wiele

BILTONG WIELE

Die manne vries daai rondevleis, of topsides sulke heel ronde stukke, en sny dit met n Polonie “slicer” dun skyfies, en dan in die speserye.

Bron:  Stefaans Blaauw




LOW CARB MUSHROOM AND BILTONG CASSEROLE

2015-06-16-lowcarbmushroomandbiltongcasseroletested

LOW CARB MUSHROOM AND BILTONG CASSEROLE
1 cauliflower
1 punnet mushroom chopped
1 bunch spring onion chopped
1 teaspoon garlic
salt and pepper to taste
1 tub cream cheese (230 g)
250 ml cream
1 cup Mozzarella cheese
handful of biltong slices
nutmeg
Mix everything together and add a handful of biltong. Top with cheese and nutmeg to taste. Bake at 180 ºC for 25 min.

Recipe and photo: Hanneli Kruger




BILTONGPOTJIE-KAMPKOS

2015-05-31-biltongpotjietested

BILTONGPOTJIE-Kampkos
(genoeg vir 8 – 10 mense)

3 uie (in blokkies gesny)
2 x 250 g sampioene (ek het dit gesny en nie heel gehou)
2 blikkies geroomde sampioene
300 g biltong
2 blikkies suikermielies
2 pakkies noedels (klaar gekook) – ek het net 1 pak gebruik
1 groen brandrissie
2 pakkies kaassous (ek het dit aangemaak soos op die pakkie voorgeskryf)
2 kop gerasperde Cheddar kaas
Botter

Gooi botter in pot en braai uie en sampioene.
Voeg groen brandrissie, mielies en biltong by.
Voeg gaar noedels by (ek het sommer die skroewe gebruik) en gooi sous oor.
Roer tot gemeng.
Gooi dan kaas oor en hou pot op stadige kole/hitte totdat kaas gesmeld is.
Hierdie is ‘n baie ryk, maar baie lekker gereg.

Foto en resep geplaas deur Willemien Windell




BILTONG AND CHEESE PUFFS

tested
BILTONG AND CHEESE PUFFS
500 ml cake flour
25 ml baking powder
2 ml salt
Pinch of Cayenne pepper
500 ml mature Cheddar cheese
100 gr wet Biltong cut into small pieces (can use biltong powder)
500 ml milk
2 eggs

Preheat oven to 200 ºC.
Smear the hollows of the muffin pans with butter or spray with spray and cook.  I use the mini muffin pans (bite size).
Sift the flour, baking powder, salt and cayenne pepper together.
Add the biltong and grated cheddar cheese and mix well.
Beat the eggs and milk together and add to flour mixture.  Mix until the dough is runny.
Fill the hollows of the muffin pans till 2/3 full.
Bake for 15 to 20 minutes in the middle rack of the oven until golden brown.
Serve with butter and extra cheese.

PLEASE NOTE:
The biltong may be replaced with bacon, ham or other item of your choice.

I have also made the mixture without biltong, and after placing mixture in the muffin pans, drop a small amount of pre-cooked minced meat in the centre of the dough. Use minced meat made for spaghetti bolognaise or something similar that was left over.

This is a very forgiving recipe and can be played with to your hearts content.
Enjoy every time you make this!
Recipe: Anita Greyling

 




BILTONG-REPIES (STRIPS)

tested

BILTONG-REPIES (STRIPS)
Ek maak dit al baie jare suksesvol.

Sny die Silverside mooi skoon van alle senings.
Sny dit op in repies, na eie smaak, met ‘n baie skerp mes (Skoon snitte).
Strooi ‘n enkel lagie growwe sout op die bodem van ‘n skoon plastiek bak wat ‘n deksel het om dit te seel.
Strooi, ‘n lagie gemaalde, geskroeide koljander (nie poeier), ‘n lagie Crown National Biltong spices “original” en sprinkel bruin asyn en Worchester sous oor om dit klam te maak. (Ek strooi ook ‘n bietjie swart peper, maar almal hou nie daarvan nie) Pak ‘n enkel laag vleis repies op die mengsel, baie dig teen mekaar, maar dit moet nie oorvleuel nie. Herhaal alles in die eerste laag todat al die vleis “ingele” is.
Laat staan oornag met deksel op in ‘n koel plek. Meng deur die volgende oggend.
Le dit uit op plastiek “mesh”droograk en skakel ‘n waaier aan om dit te droog.
Die eerste “sticks” sal so binne ‘n dag of minder reg wees, afhangende van die dikte wat dit gekerf is.
Volg dieselfde resep vir Chilli bites, strooi net Chilli Bite spices van crown National ook oor.

Source: Marieta Ueckermann Voges




BILTONGKONFYT


BILTONGKONFYT
250 ml fyn biltong
250 ml lemoensap
250 ml kweperjellie
2 ml fyn koljander
2 ml fyn vinkelsaad
30 ml bruinsuiker

Meng al die bestanddele in ‘n swaarboomkastrol.
Laat oor ‘n matige hitte prut tot mengsel begin dik word.
Moenie te lank laat prut nie, want wanneer afgekoel, moet dit soos dik stroop lyk.
Skep in fles en laat afkoel.
Heerlik saam met tuisgebakte brood en braaivleis.
Resep is genoeg om 500 ml konfyt te maak.
Resep geplaas deur: Bennie Geustyn (sy ma se resep)




BILTONGPOT MET NOEDELS

2014-12-17-biltong-potjie_2tested

BILTONGPOT MET NOEDELS
500 g skulp noedels (gekook)
2 groot uie (gebraai)
2 koppies kaas (cheddar)
500 ml vars room
1 pak koring (gekook)
2 pakke sampioene (gebraai)
1 kg klam biltong
Meng noedels, koring gebraaide uie en sampioene saam. Maak dan lagies met kaas en biltong. Giet room b0-oor en dan die laaste lagie kaas.
Bak in ysterpot vir ‘n uur op 130ºC.
Kan gehalveer word.
Bedien met groen slaai.
Groot hoeveelheid – 20 persone. (Ons maak gewoonlik alles gaar voor die tyd, en dan pak ons die pot. Net voor ons eet sit manlief dit op lou kole en giet dan eers die room oor. Dis eintlik net om warm gemaak te word.
Resep en foto: Marlize Harmse




BILTONGPATEE

2014-12-05-biltongtested

BILTONGPATEE
Heerlik vir oujaarsaand
15 ml olie
1 ui, gekap
200 g vars sampioene, fyn gekap (400 ml)
500 ml fyn biltong
125 g gladde maaskaas (125 ml)
200 ml mayonnaise
30 ml pietersielie, gekap

Verhit die olie en soteer die ui en sampioene tot sag.
Vermeng dit met die res van die bestanddele tot glad.
Bedien die patee met growwe broodvingers.
Porsies: 10
Kan bevries word.

Geplaas deur Peter Harry




BILTONGSOUS VIR STEAK

biltongsoustested

BILTONGSOUS VIR STEAK
Vanaand se biltong en avo steak. Het n biltong sous gemaak met sampioene en pepperdews. My steak was van Checkers se classic house so hy le 21 dae en dan soet wortel en mini aartappels gemaak wat ek geglaze het in honey mustard sous van Ina Paarman. Was amazing en kan jul glo eks nog single hahaha. Dankie vir al die lekker en goeie idees, kos maak is maar my lewe.
Ek sny paar sampioene in kwarte wat ek apart braai. Maak halwe pakkie “cream of mushroom” soppoeier aan in koppie met half water en half melk en voeg by die sampioene en bring tot kook op lae hitte.
Ek hou daarvan om ‘n klein bakkie lae vet jogurt in te sit en dan handvol opgesnyde biltong. Prut tot alles lekker dik word. Ek los myne op lae hitte vir so 15min na ek biltong by gevoeg is.
Resep en foto: Danie du Preez