SEMEL-KARRINGMELK BESKUIT

SEMEL-KARRINGMELK BESKUIT
Die resep is een van die gewildste in die land.
1,5 kg (3×500 g bruismeel) bruismeel.
10 ml bakpoeier
5 ml sout
450 g suiker
1 pak (300 g) All bran vlokkies, rol fyn
375 g (400 ml Botter/margarine kamertemperatuur
2 eiers
500 ml Karingmelk
300 ml olie
Voeg by na smaak.
2 koppies klapper
2 koppies muesli KAN 1-3 BYVOEG NA SMAAK
2 koppies bran 
2 koppies sonneblom saad
2 koppies pampoen pitte
2 koppies rosyne/ Bloubessies
METODE.
Verhit oond 180°C (350°F)
Smeer of spuit brood panne. Sif meel, bakpoeier en sout saam in groot skottel. Voeg suiker all bran en enige van bogenoemdes by bv klapper ens. Hang af van smaak. Sny margarine/ botter in stukkies by, voeg by meel mengsel. Vryf met vinger toppe in, kan met hande meng. Klits eiers en karringmelk saam, voeg kookolie by. Deeg is effens styf, dit moet hanteerbaar wees. Meng goed plaas dan in broodpannetjies. Of panne wat met ‘n snyer gesny word. Spuit snyer ook. Bak 30 min, hou dop en toets met toets pen. Gooi panne uit, laat afkoel in panne. Sny dan met elektriese mes soos brood snye. En weer in die lengte, droog uit met oop oond deur vir die vog om uit te kom, droog vinniger uit. Kan oond deur later toe maak op lae hitte. Panne met snyer is klaar gesny. OMDAT EK DIT BAIE BAK,  GOOI EK AL MY BESTANDDELE IN SKOTTEL EN MENG DIT.
GENIET EN BAK LEKKER.
Bron: Sarie Labuschagne




WILLEM SE MAKLIKE KARRINGMELKBESKUIT

WILLEM SE MAKLIKE KARRINGMELKBESKUIT

1½ kg bruismeel
1 teelepel sout
250 g botter
1½ koppies suiker
500 ml karringmelk
3 eiers
Verhit oond tot 180 ºC.
Meng meel en sout saam.
Vryf botter by die meel in.
Verhit 100 ml melk en smelt die suiker daarin.
Voeg karringmelk by suikermengsel en meng deur.
Klits eiers en meng by karringmelkmengsel.
Meng nat bestanddele by meelmengsel met ‘n houtlepel.
As die deeg te droog is voeg meer melk by.
Druk in oondpan en bak 1 uur.
Ek het 2 koppies muesli bygesit vandag. Jy kan ook 2 tot 3 eetlepels anyssade bysit.
Lekker bak.

Resep en foto: Willem Bierman




MARIE SE KARRINGMELK ANYS BESKUIT

MARIE SE KARRINGMELK ANYS BESKUIT
Voorverhit oond tot 180 ºC
Meng saam
1,5 kg bruismeel
2 koppies suiker
10 ml bakpoeier
5 ml sout
3 eetlepels anys

500 g margarien gesmelt
Meng saam met droeë bestanddele
Klits saam
500 ml karringmelk
3 eiers

Meng goed met boonste bestanddele
Sit in pan bak 1 uur tot gaar.  Droog soos gewoontlik
Bron en 2 de Foto: Marie Grobler
Foto:  Kyle Jensen
Moet sê dit is regtig n HEERLIKE resep. Dankie Marie




CAROL’S BUTTERMILK RUSKS (UK)


CAROL’S BUTTERMILK RUSKS (UK)
This is my buttermilk recipe that I make and they are beautiful. My suggestion is don’t use buttermilk bought in the local supermarkets – it’s not thick enough. I found a little polish shop near me and buy 1 litre of buttermilk for 59p it’s thick and creamy like the buttermilk you get in SA. Hope this helps you. The rest of the ingredients I use from local shops.
1 kg self-rising flour
2 eggs
200 ml (4/5 cup) sugar
190 g butter, melted
500 ml buttermilk
5 ml (1 teaspoon) baking powder
10 ml salt
Sift flour, baking powder and salt into a bowl.
Beat the eggs, sugar and buttermilk together.
Cut this mixture into the dry ingredients with a knife.
Knead the dough lightly, gradually adding the butter while kneading. This will take about 7 minutes.
Roll dough into balls. Place balls of the dough next to each other in bread tins. The balls should reach to about 2/3 the height of the tin.
Place in the oven immediately and bake at 180ºC (350º F) for 30 minutes.
Turn out onto a cooling rack and break into individual rusks.
Lower the heat of the oven to 100º C (200º F) or less and dry the rusks in the oven. Turn them every 30 mins.
Some pics of the rusks I bake
Recipe and photo: Carol Gambale




IDEALMELK-KARRINGMELKBESKUIT

IDEALMELK-KARRINGMELKBESKUIT

2½ kg bruismeel (5 x 500 g-pakkies)
30 ml bakpoeier (6 teelepels)
5 ml sout (1 teelepels)
500 g botter OF Wooden Spoon-margerien (botter is geuriger)
2 x 500 ml boksies karringmelk
1 blik volroom Idealmelk
3 x 250 ml suiker (3 koppies)
2 eksta groot eiers

Voorverhit oond tot 180ºC of Gas op 4. Smeer 2 lang broodpanne van 37 x 15 cm.
Klits die karringmelk, Ideal melk, eiers en suiker saam. Hou eenkant.
Meng die droë bestanddele: die bruismeel, bakpoeier en sout in ‘n groot mengbak. Hou 125 ml meel eenkant. Vryf die botter in die res van die meelmengsel totdat dit soos fyn mieliemeel lyk.
Maak ‘n holte in die meelmengsel en voeg die vloeistofmengsel daarin. Meng deur met ‘n mes tot goed gemeng en knie liggies tot ‘n gladde en sagte nie-klewerige bol deeg wat van die kante van die mengbak loskom. Gebruik die 125 ml meel om die hande skoon te vryf en verder te knie.
Maak ‘n holte in die meelmengsel en voeg die vloeistofmengsel daarin. Meng deur met ‘n mes en knie liggies tot gemeng. Gebruik die 125 ml meel om die hande skoon te vryf en oor die deeg te strooi. Knie liggies verder tot deeg van die kante van die deegskottel loskom en ‘n gladde sagte deeg vorm.
Verdeel die deeg in twee soos vir twee brode en plaas in die gesmeerde panne. OF vorm bolletjies en plaas dit in twee broodpanne. Laat toe dat dit effe uitrys.

Bak vir 1¼ uur op die middelste oondrak. (Karringmelkbeskuit rys pragtig uit as ‘n klam vel bruin papier bo-oor die deeg in die pan geplaas word. Verwyder die papier as die beskuit die verlangde hoogte bereik het en bak soos gewoonweg tot gaar.) Laat afkoel tot koud voor uitdroog.
Vir uitdroog: Sny elke pan beskuit in 2 cm dik snye. Sny/verdeel elke sny dan weer in vier of vyf beskuitvingers – dis veel gouer en makliker.
OF breek elke individuele beskuitbolletjie in drie kleiner langwerpige stukke. Die korsies word met ‘n skerp mes gesny en dan verder oop gebreek-skeur. Moenie dit met ‘n mes sny om gouer klaar te kry nie, want die gaar deeg klei onder die mes en lyk dan baie onaantreklik. Pak dig teen mekaar op die oondrakke en droog op die boonste en middelste rak van die oond – so hoog as moontlik dat die onderste element dit nie skroei nie.
Droog uit in oond op 100ºC of vir Gas op 1 (karringmelkbeskuit is fyn en skroei maklik) vir 3 – 4 ure tot effe geel-strooikleurig om ‘n besondere amperse Marie-beskuitjie-smaak te verkry. Geniet dit!

NS Jy kan dit ook in 2 plat Panneman-beskuitpanne bak, die met die beskuitdrukker. My beskuit is nou in die oond. Bak 45 minute. Dit lewer dus 2 x 72 beskuite. (144).

Bron: Heleen van Niekerk McDonald
Foto: Petre Van Jaarsveld

Alberta van Wyk
Terwyl jy die nat mengsel in die menger laat klits vryf jy gou die sagte botter in. Mens vryf dit nie tot ewigheid nie. As jy klaar gevryf het, is nat mengsel reg om deur te werk. Dit vat my ongeveer ‘n halfuur van begin tot in die oond. Ek het die groter panne wat 50 stukkies beskuit per pan maak. So ek kry 100 stukkies beskuit uit. As dit klaar uitgedroog is is dit omtrent 3.5 kg beskuit!

Elsabie Templeton
Ek is baie beindruk met die smaak van die beskuit. Word baie gou sag wanneer dit in koffie gedoop word. Smaak laat my dink aan “baby fingers”. Ek was wel bekommerd oor die hoeveelheid meel vir die mengbak van die Kenwood en het toe besluit om vir die eerste probeerslag net ongeveer die helfte van die meel te gebruik (10 koppies) met die res van bestanddele soos per resep (bakpoeier net verminder) so ek het ‘n slap deeg gehad wat nie vir my probleem was. Ek gooi dit in elk geval net in groot plat oondpanne, maak gelyk en bak. Ek het vir die eerste keer die Cordon Bleu bottergegeurde margarien gebruik en baie beindruk met dit. Teen daai prys gaan ek dit meer gebruik in die toekoms. Ek het ook Amazi gekoop ipv karringmelk (baie goedkoper). Ek gaan weer hierdie week die resep bak maar met muesli en neute in. Baie dankie vir die resep Heleen. Ek kan dit beslis aanbeveel.




ELSABIE SE KARRINGMELK EN MUESLI BESKUIT MET VLAPOEIER

ELSABIE SE KARRINGMELK EN MUESLI BESKUIT MET VLAPOEIER
Resepte en foto’s: Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
8 x 250 ml koekmeel
2 x 250 ml muesli (ek gebruik Nature’s Source Crunch Nutzy – pers pak)
250 ml vlapoeier
500 ml suiker
45 ml bakpoeier
45 ml vanilla geursel
5 eiers
1 liter karringmelk (OF 150 ml wit wyn asyn en genoeg melk om dit 1 liter te maak)
500 g botter (gesmelt)
5 ml sout

Sif die meel, bakpoeier en vlapoeier saam in groot mengbak en meng goed met groot hout lepel. Voeg die suiker, sout en muesli by en meng goed. Klits eiers en voeg die eiers, karringmelk, vanilla en gesmelte botter by, roer tot alles goed gemeng en klam is. Skep in groot gesmeerde oondpanne en bak by 180°C vir ‘n uur of tot mooi ligbruin bo-op.
Laat heeltemal afkoel in die panne, keer uit en sny met elektriese broodmes in vingers of soos verlang. Die elektriese broodmes maak die minste krummels dis hoekom ek dit gebruik.
Droog uit op 60°C oornag in elektriese oond.
Ek het nog nooit sukselvol in my gasoond uitgedroog nie, want die laagste hitte is nog te warm en ek het nie tyd om elke halfuur dit dop te hou en om te draai nie. Ek bak in die gasoond omdat hy so groot is maar ek droog nog uit in die elektriese oond.
Die beslag is genoeg vir twee panne van ongeveer 39 x 30 x 6cm.
Jy kan die resep aanpas met Nutty Wheat en/of semels, verminder net die koekmeel. Jy kan ook die muesli heeltemal uitlaat, sit dan net nog 2 koppies koekmeel by.

2de foto: Nota: Ek gebruik Nature’s Source se Crunchy Nutz muesli met neute in, maar voeg sommer nog ‘n handvol cashews by asook amandel vlokkies. Jy kan regtig enigiets byvoeg (semels, All Bran vlokkies, Nutty Wheat, ens, onthou net om dan minder meel by te sit. As ek ‘n ekstra koppie All Bran insit laat ek ‘n koppie meel uit).

Vir karringmelkbeskuit met klapper en muesli. – Ek het hierdie resep gebruik, vla poeier uitgelos en 1½ koppies droë klapper bygesit.




JOHAN SE VERKOPER BESKUIT

JOHAN SE VERKOPER BESKUIT
Meng saam:
1,5 kg bruismeel
250 ml klapper
5 ml sout

Smelt 500 g botter saam met 500 ml suiker.
Meng by:
500 ml Amazi
2 ekstra groot eiers
Meng in by bruismeel mengsel.
Bak teen 180°C 17 minute, draai pan om vir nog 17 minute. Keer uit op oondrak en droog teen 100°C vir 5 ure.
Bron en Foto: Johan Snyder
Nota:
Eish, so pas ‘n foutjie gemaak met my karringmelk resep.
Ek het vergeet om die eiers in te gooi, na dit gebak is lyk die tekstuur steeds dieselfde as gewoonlik.
Ek vermoed dat dit egter ‘n bietjie meer bros gaan wees.
Dalk kan die wat nie eiers eet nie dit in gedagte hou sodat hulle ook ‘n lekker karringmelk beskuitjie kan bak.
Ek het so pas van die eerste gedroogtes geëet en daar is nou wragties geen merkbare verskil nie.




KARIN SE ANYS BESKUIT

KARIN SE ANYS BESKUIT
Maak drie klein panne beskuit
1 sakkie pers kits gis
2 eetlepels anys
1 blikkie kondens melk
½ koppie kookolie
1 teelepel sout
500 ml lou warm water
8 koppies koekmeel
(vir soeter beskuit kan jy ½ koppie suiker by lou water voeg)

Sif meel en sout saam hou eenkant.
Meng saam in ‘n 1 liter beker:
1 pk kitsgis
3 eetlepels suiker
3 eetlepels koekmeel
100 ml  van die louwater
Roer goed en laat rus vir 5 of meer min totdat mengsel skuim as jy dit roer
Voeg res van louwater, kookolie en kondensmelk asook die anys by gis mengsel… laat rus weer 5 min.
Voeg by meelmengsel. Werk deur met ‘n slaplem mes – knie daarna goed ( voeg meel of bietjie water as deeg te nat of te droog is – knie todat bak en hande skoon is, geen deeg wat aan bak of hande vasit is ‘n teken dat jou knie genoeg was en deeg lekker elasties is)

Smeer deegbol bietjie olie en bedek met plastiek tot dit verdubbel het – knie deeg af, maak bolle, pak in panne, verf met melk en suiker mengsel (eetlepel suiker op ‘n kwart koppie melk)en laat weer rys tot verdubbel het .
Bak 1 uur lank in oond van 140 ºC .
As jy met kneukel op beskuit brode klop moet dit hol klink (ek verf my beskuit / brood na 45 min weer met melk mengsel om mooi blink bruin kleur te kry.
Laat afkoel in panne, keer uit, sny of breek beskuite, droog oornag in oond op laagste hitte stelling
heerlik – die reuk van vars gebakte anys is die huis vol (10 jaar oue anys)
Bron en foto: Tessie Pretorius




SOETMELK HOT CROSS BUNS (ROSYNTJIEBROOD/BESKUIT)

SOETMELK HOT CROSS BUNS (ROSYNTJIEBROOD/BESKUIT)
Resep en foto: Tessie Pretorius
2de Foto: Wilma Batt
FOOD LOVERS RECIPES
1 sakkie kitsgis (pers sakkie)
1 blikkie kondensmelk
200 ml smeer  – wooden spoon in mikrogolf tot gesmelt (moenie te warm wees dit kan jou gis brand)
2 teelepel suiker
2 teelepels koekmeel
Meng kitsgis, suiker en meel in n 1 liter beker voeg ‘n koppie lou water by en roer goed. Voeg kondensmelk en smeer (olie/margerien) by – laat rus ‘n rukkie – as jy mengsel roer maak dit skuim – voeg lou water by tot jy so 800 ml het.
Sif saam
6 koppies koekmeel
1 plat teelepel sout
Voeg 200 g pitlose rosyne by en die melk en gis mengsel.
Werk deur met ‘n slaplem mes – knie daarna goed ( voeg meel of bietjie water as deeg te nat of te droog is – knie todat bak en hande skoon is, geen deeg wat aan bak of hande vasit is ‘n teken dat jou knie genoeg was en deeg lekker elasties is).
Smeer deegbol bietjie olie en bedek met plastiek tot dit verdubbel het – knie deeg af, maak bolle, pak in pan en laat weer rys tot verdubbel het .
Bak in oond van 150 ºC vir 40 min en verhoog hitte na 180º C vir nog ongeveer 10/20 min of meer. as jy op brood of beskuit klop met ‘n kneukel moet dit hol klink.
Nota: Wilma Batt
In plaas van bolletjies het ek beskuitbrode gebak. Soveel makliker as bolletjies rol.

 




ANNET SE KARRINGMELKBESKUIT

ANNET SE KARRINGMELK BESKUIT
6 koppies koekmeel
6 teelepels bakpoeier
1 koppie suiker
2 eiers
1 koppie botter gesmelt
1 teelepel sout
2 koppies karringmelk

Klits eiers en suiker.
Roer gesmelte botter by.
Sif en meng droë bestanddele by.
Druk vas op bakplaat.
Bak 35 min teen 180 ºC.
Laat afkoel, sny vingers en droog

Resep: Annet van Heerden