GESONDHEIDSBESKUIT MET “Miracles”

GESONDHEIDSBESKUIT MET “Miracles”
500 g botter of margarien
375 ml sagte bruinsuiker
2 x 500 g bruismeel
5 ml sout
750 ml All bran-vlokkies
100 ml semels
200 ml neute
125 ml pitlose rosyne
100 ml Miracles (flax, sunflower and sesame seeds)
500 ml karringmelk
2 eiers
15 ml bakpoeier

Smelt botter en suiker. Sif droë bestanddele saam en voeg All-bran-vlokkies, semels, neute, rosyne en miracles by. Klits eiers en karringmelk voeg alles bymekaar en druk plat in gesmeerde oondpan.
Bak by 180°C vir 60 min.
Sny in blokkies en droog oornag uit.

Foto: Elna Erasmus




BANTING RUSK

BANTING RUSK
1 cup cream
4 eggs
125 g butter
1 cup almond flour
1 cup desiccated coconut
1 cup flaxseed
¾ cup xylitol
1 cup mixed seeds
1 ½ teaspoon baking powder
salt

Preheat oven to 180°C. With whisk cream eggs and butter together. Add all dry ingredients to butter mix. Press into a prepared pan and bake for 30 – 35 minutes.
Recipe: Marlene Minderon




BRUIN KARRINGMELKBESKUIT

BRUIN KARRINGMELKBESKUIT
Ek het die lekkerste Bruin Karringmelkbeskuit resep gekry by my skoondogter  –  bietjie duur maar die moeite werd :
500 g botter
6 x koppies broodmeel
3 x koppies semels of Oat Bran
3 x eetlepels bakpoeier
1 ½ teelepel sout
3 x koppies bruinsuiker (Treacle)
500 ml karringmelk

Sif droë bestandele saam. Voeg semels by. Smelt botter en suiker saam, voeg karringmelk by droë bestanddele. Meng goed en druk of rol balletjies in gesmeerde beskuit pan bak dan 45 minute teen 180 ºC. Laat afkoel en droog uit
( ek droog my beskuit in oond op 100 ºC vir +- 3 ure op heel boonste rak)
Resep en foto:  Sarie Van Vuuren




SUSAN SE ALLBRAN BESKUIT


SUSAN SE ALL BRAN BESKUIT
My oorlede tannie se baie lekker en baie maklike beskuit resep.
1 ½ koppie olie
750 ml karringmelk
250 g margarien, gesmelt
3 eiers
1,5 kg bruismeel (11 koppies of 3 x 500 g pakkies)
3 koppies suiker
3 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
6 koppies All Bran flakes

Meng olie, karringmelk, margarien en eiers in ‘n groot mengbak.
Meng meel, suiker, bakpoeier en sout saam en voeg by.
Meng laaste die All Bran by (ek meng dit saam met droë bestanddele by)
Smeer hande olie en maak bolletjies, bak in jou panne vir 1 uur by 180°C.
OF
Druk plat in 3 rolkoek panne en bak by 170°C vir 20 – 30 minute en sny vingers.
Foto en resep:  Erna Van der Merwe




KARRINGMELKBESKUIT MET BRUISMEEL

KARRINGMELKBESKUIT MET BRUISMEEL
2 eiers
1 koppie suiker (250 ml)
2 koppies karringmelk (500 ml)
1 kg Snowflake bruismeel
1 koppie botter (250 gr)
1 teelepel sout

Meng eiers en suiker saam tot lig en sponserig. Voeg karringmelk by.
Sif die meel en vryf die botter in die meel in.
Voeg by karringmelkmengsel en meng duer.
Vorm balletjies of druk in beskuit panne 2 wat met smeer behandel is.
Bak op 180° C for 50-60 min.
Resep en foto: Catherine Cooks van Aswegen




RYK KARRINGMELK BESKUIT

RYK KARRINGMELK BESKUIT
1.175 kg (9 x 250 ml) koekmeel
300 g (375 ml) witsuiker
15 ml bakpoeier
15 ml kremetart
5 ml sout
500 g botter of margarine
2 eiers, geklits
125 ml vars room
sowat 400 ml karringmelk
5 ml koeksoda, opgelos in’n bietjie warm water
Sif die meel, suiker, bakpoeier, krematart en sout saam, frummel die smeer daarin.
Meng die eiers, room 250 ml van die karringmelk en die koeksoda en meng met droë bestanddele. Voeg nog karringmelk by om sagte hanteerbare deeg te vorm.
Rol balletjies, plaas in gesmeerde panne en bak ongeveer ‘n uur by voorverhitte oond 180°C.
Keer beskuit uit en breek versigtig oop. Plaas op draadrakkie en droog oornag uit in koel oond.
Foto en resep geplaas deur Susan Sussiena Wagenaar Mitchell




EAT-SUM-MORE BESKUIT


EAT-SUM-MORE BESKUIT
Roer saam:
500 g botter
2 koppies suiker

Klits saam:
2 ekstra groot eiers
2 koppies lou water

Sif saam:
1,5 kg bruismeel
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout

Meng die eiers- en meel-mengels beurtelings by die botter mengsel in.
Rol balletjies, pak in gespuite panne en bak ± ‘n uur by 180°C.

Sny in vingers en droog uit soos verkies.

En dis dit, so ‘n eenvoudige reseppie maar dis verby lekker.
Ek maak dit gewoonlik sommer dubbeld aan vir darem die moeite werd. Jammer ek kan nou nie die klaar gebak wys nie, maar ek sal sodra die vakansie begin vir die kleinkinders bak en dan sal ek weer ‘n fototjie opsit.
Ek sit die resep maar solank op want eks seker ekt jul nuuskierig oor die resep wat ek so naarstigtelik gesoek het…lag.
Weereens baie dankie vir jul wonderlike vriendskap en omgee hier.
Resep geplaas deur Eurika Buckle

Foto: Noeline Cronje Terblanche
Ek het rosyntjies ingesit.
Die resep werk 100%, dink egter die naam is bietjie misleidend. Smaak heerlik, maar nie na “Eet sum more” koekies, meer na karringmelk beskuit. Sal die resep verseker aan beveel en ook gereeld weer bak.




GESONDHEIDSBESKUIT MET TUISGEMAAKTE MUESLI



GESONDHEIDSBESKUIT MET TUISGEMAAKTE MUESLI
Resep aangepas en foto:  Ineke Steyn
FOOD LOVERS RECIPE
Gebruik ‘n broodpan van sowat 18 cm x 8 cm. Ek sny gewoonlik my beskuit in stukke – dis net makliker
EEN BROODPAN
(18 stukke)
500 g semelryke bruismeel
2,5 ml sout
250 g botter
200 g suiker
250 ml karringmelk
1 eier
2 koppies (2 x 250 ml) muesli * resep onder
TWEE BROODPANNE:
(36 stukke)
1 kg semelryke bruismeel
5 ml sout
500 g botter
400 g suiker
500 ml karringmelk
2 eiers
4 koppies (4 x 250 ml) muesli

Verhit jou oond tot 180 °C. Plaas die bruismeel en sout in ‘n groot mengbak. Sny die botter in blokkies en vryf dit in die mengsel tot dit soos broodkrummels lyk. Sit die suiker en muesli by en meng goed. Klits die karringmelk en eier(s) saam. Voeg by die meelmengsel en meng goed. Skep in gesmeerde broodpan(ne) en bak vir sowat 1 uur, of tot gaar. Toets met ‘n toetspen en maak seker hy kom droog uit. Laat afkoel voor jy die beskuit in vingers sny. Sit die gesnyde beskuit op bakplate en laat vir sowat 8 uur teen 120 °C uitdroog.
Ek droog gewoonlik my beskuit oornag in die oond uit

*Vir die muesli wat in die beskuit kom :
die resep se 4 koppies muesli. So ek vat ‘n maatbeker en dan sit ek die volgende in tot jy jou 1000 ml merk op maatbeker vol het:
1 koppie rou oats
1 koppie klapper
1 koppie saad gemeng
1 koppie sonneblom saad

Jy kan meer of minder insit soos jy wil. Soms gebruik ek ipv so baie saad meer oats.
Neem ‘n 1/3 koppie klapperolie wat gesmelt word saam met so 2 opgehoopte eetlepels heuning vir so paar sekondes in die mikrogolf. Giet dit oor die oats, klapper en neutemengsel en meng mooi. Bak in ‘n oondpan op hoë setting vir so 10 min tot als mooi bruin is. Jy moet bly staan by oond en gereeld kyk en dit roer. Neem die mengsel as dit klaar gebak het en meng dit by die beskuit se bestanddele. Druk die deeg mengsel plat in die beskuitpan met bietjie olie op jou hande en bak. Droog dit op 120º C met ‘n lepel in die oond se deur, maar proe elke uur dat dit nie te lank in is en te hard word nie.

 




EMS SE VESELRYKE BESKUIT

EMS SE VESELRYKE BESKUIT
500 gr margarien
375 ml sagte bruin suiker
2 ekstra groot eiers
500 ml karringmelk
7 x 250 ml bruismeel (1 kg)
15 ml bakpoeier
5 ml sout
4 x 250 ml All Bran vlokkies
625 ml semels
125 ml sonneblom saad, opsioneel
125 ml pitlose rosyne, opsioneel

Smelt die margarien en suiker saam. Laat effens afkoel. Klits die eiers en karringmelk en voeg by. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg die graanvlokkies, semels, saad en rosyne by.
Voeg die eiermengsel by die droë bestanddele en meng liggies deur.
Vorm in bolle en plaas in ‘n groot gesmeerde oondpan.
Bak vir 45-50 minute in ‘n voorverhitte oond oond teen 180 ºC, keer uit op ‘n afkoelrak en laat effens afkoel.
Breek oop terwyl nog effens warm en laat verder afkoel.
Droog oornag in ‘n warm laai of vir omtrent 8 uur in ‘n oond teen sowat 70 ºC.

Variasies met beskuit:
Om bestanddele te varieer vir beskuit, is baie opwindend. Die karringmelk kan byvoorbeeld deur suurroom, suurmelk of jogurt vervang word – om nie van kondesmelk te vergeet nie. Met die droë bestanddele voeg ek sommer by wat ek in die huis het. Die rosyne en sonneblomsaad maak dit vir my lekker, maar dit kan ook vervang word met gekapte neute van jou keuse, klapper en enige sade soos anys, papawer of sesamesaad. Die All Bran vlokkies en semels kan ook afgewissel word met volkoringmeel, Muesli of hawermout. Probeer maar speel met die hoeveelhede en maak die beskuit resep dan jou eie! Ek los die semels uit anders is deeg te droog.
Lewer 80 afhangende van grote.
Resep:  Ems Mostert Mostert




VINNIGE BESKUIT

VINNIGE BESKUIT
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Dit was nogals baie vinnig en is lekker.
15 ml asyn
375 ml melk
2 eiers geklits
250 g botter, gesmelt
1 kg bruismeel
250 ml suiker
5 ml sout

Stel oond op 18°C.
Meng asyn, melk en eiers. Voeg by gesmelte botter.
Meng meel, suiker en sout in groot mengbak.
Roer bottermengsel by. Meng tot deeg vorm.
Voer oondpan met bakpapier.
Skep deeg daarin, maak gelyk bo-op en merk deeg af in vingers.
Bak 45 min of tot gaar.
Laat beskuit bietjie in oondpan afkoel, keer uit en breek in vingers.
Plaas beskuit op bakplate en droog uit by 90°C vir 4 tot 5 uur. Hou oonddeur op ‘n skrefie oop.