MUESLI BESKUIT MET KLAPPER

MUESLI BESKUIT MET KLAPPER
Resep en foto: SB Mossie Mossie
FOOD LOVERS RECIPES
3 koppies suiker
4 x 500 g pakke bruismeel
1 pak muesli
½ koppie klapper, opsioneel
4 teelepels bakpoeier
4 eiers
5 teelepels sout
1 ½ koppie olie
500 g stork bake margarien
5 koppies karringmelk

Smeer 2 panne (diepes).
Smelt margarien stadig en laat AFKOEL, meng olie hierby.
Meng droë bestanddele (behalwe suiker). Suiker word saam met eiers geklits tot romerig, voeg karringmelk hierby.
Meng margarienmengsel met droë bestanddele en vryf tot krummelrig. Voeg karringmelk-mengsel by en meng goed.
Sit in panne, bak plus-minus 1 uur by 180°.C Laat afkoel in panne.
Breek of sny in mooi stukke en droog uit.




HANNETJIE SE HEERLIKE GESONDE KARRINGMELK BESKUIT

HANNETJIE SE HEERLIKE GESONDE KARRINGMELK BESKUIT
10 koppies koekmeel
2 koppies suiker
500 g margarien
2 eiers
10 teelepel bakpoeier
1 teelepel sout
500 ml karringmelk

Vryf margarien in meel, voeg suiker en bakpoeier by. Klits eiers en gooi die karringmelk by die eiers, meng en gooi by meel, maak aan tot stywe deeg. Bak vir 3/4 uur teen 180°C.
Dis die basis van my resep, maak nou raak jy kreatief, voeg 2 koppies muesli by en 2 handevol cranberries.
Ek voeg extra eiers by as ek die meusli bysit en bietjie ekstra karringmelk, anders is dit te droog. Jy kan neute ook byvoeg as jy wil.
Resep en foto: Hannetjie Bezuidenhout




BRUIN HEUNINGBESKUIT

BRUIN HEUNINGBESKUIT
500 g bruinmeel
125 g botter
200 g heuning
250 ml karringmelk/ongegeurde jogurt
1 eier
1 teelepel sout
2.5 teelepels bakpoeier
1 gelyk teelepel koeksoda
50 g neute en sade (net soos jy verkies)

In een bak, plaas alle droë bestanddele.
Meng die eier en karringmelk saam.
In ‘n ander bak, smelt die botter en heuning (moet nie kook nie).
Voeg die karringmelkmengsel by die heuningmengsel.
Voeg alles dan by droë bestanddele and meng goed.
Plaas in die beskuitpanne.
Bak vir 180°C (160 in konveksie oond) vir 35 – 40 minute.

Wenke:
Gebruik ‘n groter pan as gewoonlik, sodat dit platter kan wees en nie so baie hoef te bak nie. (32 blokkies)
I used a standard size baking tray – A4 size. It all depends on how big you want these rusks. As it’s so filling I made it more into bite size, rather than traditional big chunks.
Die mengsel is loperig so moenie bekommerd wees nie.
Koeksoda – maak dit lekker bruin en rys dan nie so baie nie.
Wat is bruinmeel:
Alta de Wet:
Volgens Google: Malted wheatgrain – This is brown or wholemeal flour with added malted grains. Ek sal volkoring meel gebruik.
Kyle Jensen:
Alta dit sal werk. Probeer en laat ons weet. Ek het baie keer verskillende mele oor, so maak variasies.

Foto en resep: Kyle Jensen




EENVOUDIGE KARRINGMELK BESKUIT

EENVOUDIGE KARRINGMELK BESKUIT
500 g botter
2 ekstra groot eiers
3 koppies suiker
4 koppies karringmelk
2 kg bruismeel
4 teelepel bakpoeier
7,5 ml sout

Stel die oond op 160 ºC.
Smelt die botter in ‘n kastrol oor lae hitte.Roer af en toe.
Verwyder dit van die hitte en laat effens afkoel.
Klits die eiers en roer die suiker en karringmelk daarby.
Roer die afgekoelde bottter by die eiermengsel tot gemeng.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Roer die bottermengsel by die meelmengsel tot deeg vorm.
Knie die deeg ongeveer 4 min lank.
Bak die beskuit ‘n uur lank tot ligbruin.
Laat dit effens afkoel in die panne en droog ongeveer 5 ure lank teen 50°C.
Foto: Benhet Nieuwenhuis en Anmarie Watney




KARRINGMELKBESKUIT PROE NES OUMA S’N

KARRINGMELKBESKUIT PROE NES OUMA S’N
Resep Kobus Theunnise
Foto: Julia du Plessis – foto lyk nie mooi nie maar die beskuit is heerlik
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg bruismeel
10 ml sout
500 g Stork Bake
375 ml suiker
500 ml karringmelk
2 ekstragroot eiers

Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer twee groot broodpanne.
Sif die meel en sout saam in ’n groot bak. Voeg die stork bake by en vryf dit met jou vingerpunte in tot dit soos broodkrummels lyk. Roer die suiker in.
Klits die karringmelk en eiers saam en voeg dit by die meelmengsel. Roer tot gemeng en verdeel dit tussen die twee panne. (EK SNY MYNE VOORDAT EK DIT BAK)
Bak 50 – 60 min tot gaar (’n toetspen moet skoon uit die middel van elke brood kom).
Verlaag die temperatuur tot 60 ºC.
Keer die brode uit en laat effens afkoel. Sny dit in vingers en pak op bakplate.
Plaas die beskuit in die oond vir 4-6uur tot heeltemal uitgedroog.
Laat afkoel en bêre in lugdigte houers.
Lewer 70.




ANYS BOER BESKUIT

ANYS BOER BESKUIT
2.5 kg koekmeel
3 pakkies droë gis
2 t sout
‘n pakkie of meer anys
halwe koppie suiker
250 g botter
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie melk
So 3 tot 4 blikkies lou water

Meng droë bestanddele saam gis.
Meng gesmelte botter met kondensmelk.
Lou water en melk word eenkant gemeng
Meng nou botter mengsel met droë bestanddele.
Gooi lou water bietjie vir bietjie by terwyl jy meng en begin knie tot sagte deeg.
Knie nou vir so 10 min aaneen.
Maak skottel toe met swartsak, maak toe met ligte doek, sit op warm plek, nie in direkte sonlig en laat rys tot skottel vol.
Knie deeg af, maak bolletjies en pak in brood panne. Ek het 3 groot panne en een kleintjie gebruik.
Laat rys nou weer goed.
Bak teen 180°C vir 30 tot 45 min, verskil van oond tot oond.
Laat afkoel, gooi uit en breek oop in beskuite, droog uit en geniet! 🍞☕
Resep en foto: Hettie Gouws Stoltz




LORETT SE ALL BRAN BESKUIT

LORETT SE ALL BRAN BESKUIT
2 kg bruismeel
3 koppies suiker
2 teelepel sout
350 g allbran effens stukkend gedruk
200 g klapper(optioneel)
500 g vol vet margarine
¾ kop sonneblomolie
2 eiers
4 koppies amasi of karringmelk

Meng al die droë bestanddele saam.
Smelt margarine in houer in mikrogolf tot net sag en roerbaar.
Klits olie, eiers en karringmelk by margarine en meng met droë bestanddele.
Druk in pan en sny of gebruik die drukker panne.
Bak by 180°C tot mooi goudbruin.
Resep: Lorett Brittnell




SADE BESKUIT

SADE BESKUIT
Resep en foto: Alta Gunter van Wyk
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg bruismeel
500 g magarien of botter
2 koppies bruin suiker
1 koppie olie
12.5 ml vanilla geursel
500 ml karringmelk en nog ‘n ¼ koppie
2 eiers
15 ml bakpoeier
5 ml sout
30 ml klapper
1 koppie semels
½ koppie nuttywheat
1 koppie oats
½ koppie sesame saad
½lynsaad (lynsead)
½ koppie sonneblom saad
½ poppysaad
½ koppie pekan neute, gekap
Kan ook sade vervang of bysit soos pampoen saad

Smelt magarien en suiker saam.
Klits melk, eiers vanilla en melk nou saam.
Voeg gesmelte botter, olie en suiker by eier en melkmengsel.
Voeg droë bestanddele by en meng.
Sit in pan en bak vir 180ºC vir 20 min en dan op 160ºC vir ± 15 min, maar toets of dit gaar is, dit is ‘n sagte deeg.
‘n Vriendin se resep. Beskuit is lekker bros.




GLUTEN FREE RUSKS

GLUTEN FREE RUSKS
Bowl 1
Mix the following together:
600 ml buttermilk
4 eggs
1 cup  sugar
Bowl 2
Mix the following:
½ cup currants
½ cup pumpkin seeds
2 cups gluten free cornflakes
Bowl 3
Mix the following together:
1 cup oil
225 g melted butter

Bowl 4
Sift together in a big bowl:
3½ cups white rice flour
6 ½ cups gluten free plain flour
10 teaspoons xanthum gum
10 teaspoons baking powder
3 teaspoons salt

Take the flour mix  and add seed mix and fold through. Make a well in the middle and add the egg mix and the oil mix. Stir through, then knead gently with your hands. It should be a soft dough. Once mixed, roll into slightly-bigger-than-golf-ball sized balls and place nestled into tins lined with baking paper.
Bake for about an hour and ten minutes at 180ºCelsius (until golden on top).
Remove from tins and gently halve each ball, using a fork.
Place on trays and dry again at 100 ºCelsius for 2-3 hours, until nicely brown and dry.

 




BASIC BUTTERMILK RUSKS

BASIC BUTTERMILK RUSKS
1 kg self raising flour
15 ml baking powder
5 ml salt
500 g margarine
500 ml buttermilk
3 eggs
375 ml white sugar
I also added:
1 cup fruit cake mix
1 cup crushed weetbix

Mix flour, baking powder, sugar, salt together
Rub butter in until crumbly
Beat eggs and buttermilk and add to flour mixture
Spread in oven dish and bake at 150 degrees C for 40 minutes.
Cut the rusks into the required size.
Place them on the oven rack separately and leave in oven for approx 4 hours on 100 degrees C.
Photo: Zelda Ellis