BRUINBESKUIT

anys beskuit

BRUINBESKUIT
(Heerlik)
1 kg bruismeel
5 x 250 ml semels
4 x 250 ml Cornflakes
250 ml strooisuiker
500 g margarien
15 ml bakpoeier
1 ml sout
500 ml karringmelk (Amazi)
2 eiers

Meng margarien en meel.
Voeg res van die droë bestanddele by.
Klits eiers en melk saam en voeg by.
Maak bolletjies en sit in gesmeerde panne.
Bak 45 – 60 min by 200°C.
Laat effens afkoel, sny en droog uit in oond teen 100°C oornag of tot goed droog.

Rina Kleinhans
Foto:  Benhet Nieuwenhuis




CRISPY CRUNCHY WHEAT RUSKS

marie se semel beskuit

CRISPY CRUNCHY WHEAT RUSKS
Make about 80 rusks, depending on size
You will need:
6 x 250 ml (840 g) cake flour
750 ml (450 g) Nutty wheat
50 ml baking powder
10 ml bicarbonate of soda
10 ml salt
500 ml (400 g) sugar
500 g butter or margarine
500 g sunflower seeds
2 extra large eggs
500 ml buttermilk
10 ml vinegar

Sift flour, baking powder, bicarbonate of soda and salt together. Add nutty wheat
Rub in butter until texture resembles breadcrumbs. Add sunflower seeds.
Beat buttermilk, sugar, vinegar and eggs. Add to flour mix.
Press into a greased ovenpan. Bake in preheated oven at 180°C for about 40 min until golden brown.
Cut into finger-sizes.
Turn onto a rack to cool slightly. Dry out overnight in cool oven at 50°C with door slighyly open.
BAIE VINNIG EN BAIE LEKKER!!!

Resep en foto: Christina Stienie Breed




PETRO SE BESKUIT

tested

PETRO SE BESKUIT
4 x 500 g bruismeel
¾ koppie klapper
4 eiers
350 ml kookwater
500 g margarien
1 teelepel sout
6 eetlepels asyn
1 blik kondensmelk
2 koppies suiker

Vryf margarien, meel, klapper en suiker saam. Klits eirs en asyn met ‘n vurk. Meng kondensmelk en kookwater saam. Voeg albei mengsels by jou meelmengsel. Meng goed. Vorm balletjies, maar ek het dit net so in die panne gesit en dan net gesny sodra dit uit die oond kom.
Bak teen 180°C vir +- 50 minute.
Dit is rerig lekker.
Ek het Sondag gebak en toe nie genoeg bruismeel gehad en sommer net 1 kg bruismeel en 1 kg nutty wheat gemeng met 25 ml bakpoeier net so lekker. Geniet dit!

Resep: Sandra Schreuder-de Klerk
Foto: Natasha Prinsloo

 




ROGMEELVINGERS

ROGMEELVINGERS
42 Stukke
3 eiers geskei
100 ml witsuiker
35 ml sonneblomolie
75 ml water
25 ml gouestroop
knippie sout
200 ml rogmeel (100 g)

Smeer en voer ‘n rolkoekpan met twee lae waspapier.
Klits die eierwitte tot styf.  Klits die suiker baie geleidelik by om ‘n stabile meringue te vorm.  Klits die eiergele geleidelik by. Meng die olie, water en stroop en voeg dit geleidelik teen lae spoed by die eiermengsel. Sif die rogmeel en sout saam. Voeg die meel in drie dele, by die eiermengsel terwyl teen lae spoed geklits word.
Giet die beslag in die voorbereide pan, maak die deeg versigtig gelyk en bak vir 40 – 45 min in ‘n voorverhitte oond by 160ºC tot goudbruin en ferm wanneer met die vingerpunt getoets word.  Laat staan die gebak vir 5 min in die pan om af te koel.
Keer dit uit op ‘n draadrakkie om heeltemal af te koel.  Sny die koek in 3 stroke en 14 vingers per strook.  Droog vir 4 – 5 ure uit in die oond by 80ºC.
Nota –  Hierdie beskuit is iets tussen ‘n baie ligte beskuit en ‘n sponskoekie, dit kan ook gebruik word as basis vir ‘n tert.
Resep: Rina Kleinhans

 




ROGMEEL-EN-SADE-BESKUIT

ROGMEEL-EN-SADE-BESKUIT
Lewer 84 stukke (vry van koring, eiers en melk)
750 g rogmeel
100 ml glutenpoeier
30 ml bakpoeier
10 ml sout
150 ml klam bruinsuiker
60 ml sonneblomsaad
60 ml lynsaad
60 ml sesamesaad
30 ml papawersaad
270 ml margarien gesmelt (250 g)
650-750 ml water

Sif die meel, glutenpoeier, bakpoeier en sout saam om goed te meng.  Voeg die suiker by en meng goed.
Meng margarien en water en voeg by die droe bestandele, meng tot ‘n sagte, klewerige deeg. Voeg meer water by indien nodig.  Skep die deeg in 2 gesmeerde rolkoekpanne en maak gelyk bo-op.
Bak 45-50min by 180ºC tot goudbruin en gaar.
Laat afkoel, sny die beskuit en droog 8 uur lank by 80ºC

VARIASIE:  Vervang die water met melk, dan is die beskuit nie melkvry nie.
Voeg 2 geklitste eiers by die bottermengsel, dan is die beskuit ligter maar nie eiers vry nie
Die beskuit is redelik hard, die margarien kan vermeerder word tot 400 g, maar dan is die beskuit baie ryk.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans




ELSA SE KARRINGMELKBESKUIT

riana se all bran beskuit

ELSA SE KARRINGMELKBESKUIT
Ek het gemerk hier is ‘n paar diabetiese lede ook onder ons, en omdat my liefie een is, bak ek graag vir hom hierdie beskuit wat ek by Elsa Eksteen van Roodepoort gekry het.

1,5 kg bruismeel
8 teelepels Natreen versoetter
2 eiers
500 ml karringmelk (Amasi)
250 ml melk (ek gebruik die kartonnetjie van die amaas en spoel dit sommer met die melk)
5 ml sout
500 g Stork Bake margarien

Maak so:
Smelt die botter en roer die Natreen in. Voeg die karringmelk en melk by. Voeg die eiers en sout by. Meng alles goed. Gooi bruismeel by en meng goed. Druk in bakpan. (ek gebruik my rolkoekpan). Bak teen 180ºC vir 30-40 min. Droog uit oornag in ‘n lou oond van 50º C.
(Sny in skywe voor jy dit bak dan breek dit makliker)

Resep en foto:  Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

 




GROWWE KLAPPERBESKUIT

growwe klapper beskuittested

GROWWE KLAPPERBESKUIT
1 kg bruismeel
15 ml bakpoeier
5 ml sout
500 g botter
300 g suiker
100 g semels
80 g klapper
125 g afgedopte sonneblomsade
3 ekstra groot eiers
325 ml melk
60ml sonneblomolie

Sit die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg suiker, semels, klapper en sonneblomsade by en meng.
Rasper die botter en vryf in die meelmengsels.
Klits melk, eiers en sonneblom olie saam en meng dit deeglik met die meelmengsel. Dit is ‘n slap deeg, maar word na ‘n rukki stywer namate die semels die vloeiestof absorbeer.
Ek sit myne dan in my beskuit panne. Sny dit met die drukker en bak by 180ºC vir 50 min.
Resep geplaas en foto: Benhet Nieuwenhuis ( uit resepte boek hartklop kuierkos)



ANYSBESKUIT

anys beskuit

ANYSBESKUIT
4 koppies koekmeel
1 koppie suiker
sout
2 pakkies anys
20 ml bakpoeier
200 ml botter
2 eiers
150 ml melk

Sif al die droë bestanddele saam en voeg die anys by.
Vryf botter in.
Klits eiers en melk goed en vou in by meelmengsel.
Maak bolletjies en sit in gesmeerde pan.
Bak 40 min by 180°C
Ek maak myne sommer in ‘n vierkantige pannetjie en as dit klaar gebak is sny ek dit!

Foto en resep:  Benhet Nieuwenhuis




OUTYDSE KARRINGMELK BESKUIT

karringmelk beskuittested

OUTYDSE KARRINGMELK BESKUIT
1.5 kg bruismeel
500 ml suiker
500 ml karringmelk
10 ml sout
500 g margarien
3 eiers, geklits

Meng die droë bestanddele saam en voeg die suiker by.
Smelt margarien en voeg karringmelk by.
Voeg die eiers by en klits tot goed gemeng.
Voeg die droë bestanddele by en meng tot sagte deeg.
Maak balletjies, sit in panne en bak.
Wenk:
Die beskuit kan ‘n rukkie op die tafel gelos word sodat dit effens kan rys voordat dit gebak word, dan is dit eers lekker.

Resep geplaas deur Pieter Velthuizen
Foto:  Liezel Van der Merwe
Olga Jacqueline Seaward:
Vir beter tekstuur kan die botter gesmelt word tot kookpunt. Voeg die suiker daarby en klits met elektriese klitser totdat die suiker opgelos is. Voeg dan die karringmelk by en klits weer goed en dan die eiers. Klits tot lekker romerig en meng dit dan met die meel.




GESONDE BESKUIT

GESONDE BESKUIT
Njummies gesonde beskuite
1 kg bruismeel
0.75 koppie neute (178 ml)
0.75 koppie sonneblomsade (178 ml)
3 plat teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
300 g All Bran fyn gemaak
2 koppies suiker
3 eiers geklits
750 g botter gesmelt
1 boksie karringmelk (500 ml)
1 teelepel vanilla geursel
Meng nat bestanddele saam, en meng droë bestanddele saam.
Meng die nat bestanddele by die droë bestanddele in.  Moet nie knie nie!
Versprei egalig in ‘n gespuite beskuit pan.
Bak by 180°C tot gaar.  Haal uit die pan, breek in beskuite en droog.
Ek belowe dis lekker!!!!
Resep en foto: Liezel Van der Merwe