SWARTWOUDBESKUIT
Hierdie is eintlik ‘n black forest biscotti resep. Ek druk dit in my drukker-pan en om ewe groot stukke te kry. Daarna droog ek dit gewoonweg uit in die oond, maar nie te lank nie.
1 koppie kersies
2 koppies water
½ koppie botter, kamer temperatuur
1 ½ koppie suiker
4 eiers
2 teelepel amandelgeursel
2 teelepel vanillageursel
1 koppie semi-soet sjokolade splinters
4 ¼ koppie koekmeel (of bruinmeel)
2/3 koppie kakao
1 teelepel sout
3 teelepel bakpoeier
Voorverhit die oond tot 180 ºC. Spuit die pan( met drukker) liggies.
Verhit die kersies en water vir 1 minuut in die mikrogolfoond en laat eenkant staan.
Room die botter en suiker tot lig. Voeg die eiers en geursel by. Vou die sjokolade in. Dreineer die kersies goed (op papierhanddoek) en roer dit in die mengsel in.
Sif die meel, kakao, sout en bakpoeier in ‘n aparte bak saam. Vou die nat bestanddele in die droë bestanddele in totdat dit ‘n deeg vorm.
Skep die deeg in die pan, en druk dit egalig vas in die pan. Druk dit af met drukker en bak vir 25 -30 minute tot gaar. Droog uit sodra dit afgekoel het, maar nie te lank nie.
GENIET
Resep en foto: ELSABE VERSTER












