

KARRINGMELK BESKUIT MET VARIASIE
10 koppies koekmeel
2 koppies suiker
500 ml karringmelk
4 eiers
80 ml bakpoeier
500 g margarine of botter
1 teelepel sout
Opsioneel as jy wil bysit:
Opgehoopte handvol seed mix of neute van jou keuse
100 g slab sjokolade opgekap, ek gebruik donker sjokokade, maar jy kan enige soort insit
Vryf botter in gesifte meel, bakpoeier en sout tot krummelrig.
Klits eiers, suiker en melk saam
As jy sade en sjokolade wil bymeng meng dit deur net meel mengsel eers
Voeg nou melk mengsel by meelmengsel en roer deur, beslag moet nie te styf wees nie en sal lekker an jou hande vasklou.
Skep in voorbereide bakpan en bak vir ongeveer uur teen 180 grade of tot toetspen skoon uitkom.
Laat afkoel sny in stukke en droog in oond.
Ek hou nie van beskuit wat almal dieselfde grote is nie, so ek het nie een van daai beskuit snyers nie, jy kan ook bolletjies rol en pak in bakplaat as jy wil geniet.
Resep en foto: Mandy Nel