ELIZE SE GESONDHEIDSBESKUIT

gesondheidsbeskuit elizetested
ELIZE SE GESONDHEIDSBESKUIT
6 koppies koekmeel
500 g storkbake
50 ml bakpoeier
7 ml sout
1 ½ koppies suiker
3 koppies fyngerolde Allbran flokkies
¼ koppies klapper
¼ koppie gekapte neute van jou keuse
¼ koppie gekapte pampoensade
¼ koppie sonneblom sade
600 ml karringmelk/ ek gebruik Inkomazi(full cream maas)
15 ml vanilla geursel.
Voeg al die droë bestanddele saam.
Smelt margarien en vanilla op stoof – lae hitte.
Voeg by meelmengsel en meng goed .
Druk dit eweredig nn die beskuitpan vas.
Sit bakpapier oor en rol met ‘n koekroller eweredig.
Trek papier af  en druk met jou afdrukker trek hom uit.
Bak in ‘n voorbereide oond op 160 ºC vir 45 min, toets en kyk of gaar!
Droog uit.

Resep en foto:  Elize Venter




VEREBESKUIT

verebeskuittested

VEREBESKUIT
750 ml melk
500 g botter
400 g – 500 ml suiker
2 liter louwarm water
3 koekies suurdeeg – ek 75 g vars gis gebruik
125 g sout
5 kg koekmeel
5 eiers
397 g kondensmelk
50 ml suurlemoensap

Kook melk, botter en suiker en laat afkoel.
Meng 1 liter water, suurdeeg, 15 ml sout en 30 ml suiker. Roer genoeg meel in dat dit soos pannekoekdeeg lyk. Laat uitrys vir 15 min.
Klits eiers goed en voeg kondensmelk en suurlemoen by.
Meng meel en sout.
Meng alles bymekaar en onthou nog ‘n liter water. Die deeg moenie te styf wees nie.
Knie goed en laat rys.
Maak balletjies sonder om af te knie.
Bak 70 min by 190º C.
‘n handvol anys kan bygevoeg word soos verkies.
Foto en resep:  Elba Groenewald




KONDENSMELKBESKUIT

beskuit jennytested
KONDENSMELKBESKUIT

Sif saam 12 koppies koekmeel en 18 teelepels bakpoeier
Smelt 500 g botter
Klits 3 eiers en voeg die volgende by:
2 blikke kondensmelk
1½ koppie suiker
2 teelepels vanilla geursel
1 teelepel sout

Klits afgekoelde gesmelte botter by die eiermengsel in, meng dan die droë bestanddele in.
Knie tot ‘n lekker elastiese deeg.
Ek gebruik ‘Spray n Cook’ in panne.
Druk gelyk in 2 swart oondpanne, merk met mes.
Bak 180ºC 25 min (thermofan).
Resep en foto:  Jenny Schneigansz




ALL BRAN BESKUIT MET KERSIES

beskuit met kersies 2tested

ALL BRAN BESKUIT MET KERSIES
Dis wintertyd en vakansietyd vir baie.
Sorg dat jou beskuitblikke vol is.

500 g sagte botter (of margarien)
250–375 ml bruinsuiker
2 eiers
1 kg bruismeel
250 g All Bran-graanvlokkies
15 ml bakpoeier
5 ml sout
250 ml rooi glanskersies, in klein stukkies gesny
500 ml karringmelk of suurmelk

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee groot panne met botter of margarien. Verroom die botter (of margarien) en bruinsuiker saam. Klits die eiers by. Voeg die bruismeel, graanvlokkies, bakpoeier, sout en glanskersies by en maak met die karring- of suurmelk aan tot ’n deeg. Skep in panne en bak sowat 1¼ uur tot deurgaar. Keer uit, laat afkoel tot louwarm, sny of breek in vingers en droog die beskuit oornag of vir ’n paar uur uit een 70 °C. Lewer 6 dosyn beskuite.

Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto:  Rina Kleinhans
Nota:  Ek het die beskuit gebak met glutenvrye meel en ek het helfte kersies en helte rosyne ingesit, baie lekker…..




MIKROGOLF BESKUIT

tested

MIKROGOLF BESKUIT
Meng die volgende saam en sit eenkant:
1 kg bruismeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
750 ml Muesli met sultanas, neute en vrugteblokkies
500 ml semels
250 ml sonneblomsaad
250 ml rosyntjies
Meng die volgende en mikrogolf tot margarine gesmelt is:
500 gm Stork Bake
500 ml sagte bruin suiker
Meng by:
1 liter Maas
2 ekstra groot eiers geklits

Meng die maasmengsel by die droë bestanddele in tot goed gemeng.
Verdeel in 4 x 2 liter roomys bakke vooraf gespuit.
Plaas elke bak op ‘n karton eierhouer in die mikrogolf vir 14 min op 70% krag.
Koel af in houers, sny oor breedte jou beskuite.
Pak op rakkie in die oond en droog.
Droog by 100°C in oond.
Dis regtig baie lekker.

Nota:
Die lekker van die Mikrogolf beskuit is dat die sultanas nie hard bak nie, ook die ander vrugte blokkies in die muesli bly sag en koubaar.

Resep: – Rita Mouton
Foto: Meyer Combrinck‎




ET SE ANYSBESKUIT

 

2014-08-23-beskuittested

My “kinky” anys beskuit al besig om uit te droog! Sommer in Ouma se ou knie emmer gemaak.

2½ kg koekmeel
15 ml sout
3 x 10 g pakkies kitsgis
250 g gesmelte botter/margarien (ek bak met Stork-to-Bake)
4 eiers geklits
1 x 397 g blik kondensmelk
louwarm water (ongeveer 3 tot 4 koppies)
30ml Sambuca anys likeur (of anys geursel of gedroogde anys na smaak) {ek sal volgende keer dubbel die hoeveel anys likeur gebruik aangesien die geur nie sterk genoeg is na my smaak}
Meng die koekmeel, sout en gis.
Smelt die botter en meng met kondensmelk en Sambuca en spoel die blikkie uit met warm water en voeg al die nat bestandele (insluitended die geklitste eiers) by die droë bestanddele.
Begin knie en voeg louwarm water bietjies – bietjies by om ’n sagte kniebare deeg te vorm.
Sit die bak met deeg op ’n warm plek neer en bedek die deeg. Ek sit ‘n glasbottel met warm water in die deeg om dit vinniger te laat rys en maak die deeg toe met kleefplastiek, ‘n skoon lap en vou toe in kombers.
As die deeg tot dubbel sy volume gerys het, knie dit af tot sy oorspronklike grootte.
Voorverhit die oond tot 200°C.
Smeer twee plat oond panne en skud uit met meel.
Maak lang *rolletjies (amper die lengte van die pan) van 200g deeg . Smeer elke rolletjie goed met gesmelte margarien of botter en vleg twee rolletjies saam. Pak 5 dubbel rolletjies gevlegde deeg in elke pan en laat weer rys tot amper dubbel die hoeveelheid.
Sit die panne in die oond, stel temp af na 180°C en bak vir 50 to 60min teen 180°C.
Keer die beskuit uit die panne en laat effens afkoel voordat jy dit in stukke breek.
Droog dit uit in ’n lou oond en laat heeltemal afkoel voordat jy dit in lugdigte houers wegpak.
*indien jy verkies om dit in bolletjies te rol maak seker jy het genoeg smeer (olie of gesmelte botter/margarien) op jou hande sodat die bolletjie maklik kan afgebreek word wanneer hulle gaar is. Pak styf teen mekaar in brood panne en laat rys voordat jy dit bak.

ElsabeTempleton




KARRINGMELK BESKUIT

 

2014-08-08-10599247_1459056721029209_326339821089272725_ntested

My karringmelk beskuit!
Ek bak dit in die beskuit pan met afdrukker my pan grootte is 350 x 350 mm!
Bestandele!
1 kg bruismeel
5 ml sout
5 ml kremertart
10 ml bakpoeier
300 ml suiker
500 ml karringmelk.
250 gram storkbake
4 eiers
40 ml olie
Meng al die droe bestandele saam! smelt margerine oor lae hitte gooi karringmelk by klits eiers en olie saam voeg by melkmengsel gooi nou by meel mengsel roer met groot lepel knie liggies gooi dit nu in jou beskuitpan druk mooi eweredig rol met jou koekroller gelyk druk af! bak op 170c vir 45 min! ek bak op fan aksie en ek droog uit op 80c vir 5 ure!

BRon foto en geplaas deur: Elize Venter




BESKUITKRUMMEL IDEES

2014-05-24-semelbeskuit
BESKUITKRUMMEL IDEES

Anna Van Vuuren
Klits eiers melk en suiker by en bietjie vanilla en bak n lekker poeding en bedien met vla.. Lekker in die koue weer!!!

Rina Kleinhans
Ek het dit al fyn gerol en gebruik om om my gekrummelde vis en hoender te sit, en ek het ook al ‘n koppie vol van dit by my volgende beskuit mengsel ingemeng met groot sukses. maar mens kan ook broodpoeding bak daarmee

Beulah Visser
Party baksters verkoop dit per kg. My man het dit oor sy krummelpap gëet!!! veral die gesondheidsbeskuitkrummels.

Ria Grobler Mc Carthy
As jy dit fynrol kan jy dit ook oor jou macaroni maalvleis gereg gooi voor jy die gerasperde kaas oorgooi dit bak heerlik bo op in die oond gee die macaroni n lekker crispy bolaag

Daleen Stephens
Ek kry nie kans om dit op te gaar nie – my seuntjies annekseer dit so om die beurt en eet dit saam met melk!

Louise Groenewald
Google ‘n bietjie die Griekse tert Revani. Dit is verskriklik lekker en jy kan beskuitkrummels gebruik om dit mee te maak.

Petro van Rensburg
Gebruik saam met botter vir korse van yskasterte

Michelle Wolmarans
Ek gooi myne by my muesli in xxx

Linda Herzog
Ek gebruik myne ook saam met mueslie, my seuntjie eet dit met melk of gooi dit in sy koffie en eet met lepel. ‘N maaltyd op sy eie…

Hannalie Kitshoff
Maak fyn in voedselverwerker en gebruik in volgende baksel, stoor in vrieskas.

Nina Niemann
vAt 1 houertjie room en roer 125ml suiker by met 5ml karamel geursel. gooi oor krummels en bak by 180 grade vir so 40min tot goudbruin ….eet saam roomys

Adele Gerber
Gooi melk of warm tee oor en eet vir ontbyt dis heeerlik

Betsie Ferreira
Ek gebruik dit vir korse vir yskasterte of gooi dit buite v di voels

Maryke Nel McCaig
Dit maak die heerlikste “brood” poeding Cyntia……..

Martie Nel Ek maak sherrie trifle daarmee.

Betsie Ferreira
Of melktert kors

Annerie Mac Donald
Ek gooi dit by musli met ekstra droe vrugte. Maak ook lekker tert kors

Riana Heyns
Gooi in frikkadelle of visdis met krummels, verdik sop daarmee, bind hoendervulsel vir pastei. Ek bêre myne in tupper houer en het altyd krummels.




ROOM EN SAAD BESKUIT

room en saad beskuit Maryketested

Dit is heerlik verby, eet dit sommer sonder koffie

500gr Margarine
2-3 Koppies Suiker
250ml Room
1 Blik Ideal Melk
`n Hand vol gekapte neute
1 kg Bruismeel
1/2 telepel Sout
2 Koppies All Bran
1/2 Koppie Sonneblomsaad
Smelt botter en voeg suiker by. Voeg room en Ideal melk by. Maak All Bran effe fyn en roer dan alles bymekaar.
Plaas in pan of panne.
Bak 180* vir 15 min dan 160* vir 30 minute.
Droog by 90*
Resep: Louisa Prenzler
Foto:  Maryke Nel McCaig




MALTABELLA BESKUIT

2015-08-19-maltabellabeskuittested

MALTABELLA BESKUIT
500 ml maltabella meel
750 ml koekmeel
500 ml semels
500 ml suiker
2 ml sout
10 ml bakpoeier
10 ml kremetart
10 ml koeksoda
250 g margarien
750 ml karringmelk


Verhit oond tot 180 ºC. Smeer oondpan (die wat saam met ‘n oond kom werk goed. Die met die snyer in is te vlak en dan is dit ‘n lekker gemors in die oond!).
Meng droë bestanddele goed saam in groot bak. Smelt margarien laat effens afkoel en voeg karringmelk by. Voeg by droë bestanddele en meng goed. Skep deeg in panne en bak vir ongeveer 45 – 60 min. Droog uit.

Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Hester Vrey

Foto: Bets Lourens


Kommentaar: Bets Lourens
Ek het ook die Maltabella Beskuit gebak, en toe weer die beskuit resep gevat, maar net 2 koppies karringmelk en 2 koppies gewone melk ingegooi.
Dan het ek ook 2 koppies rosyne
½ koppie lynsaad (linseed)
1 koppie klapper
1 koppie bruin en 1 koppie wit sjokolade discs (bietjie fyner gemaak) bygegooi.

Het toe daarvan muffins en ‘n broodjie gemaak. Het die muffins in papiertjies gemaak, want die sjokolade laat dit vassit in die panne. Het ook die broodjie se pan uitgevoer met gesmeerde waspapier. Die muffins het ek vir 20 minute gebak en die broodjie vir 1 uur. Dit het alles baie lekker uitgekom, maar die muffins en broodjie is baie bros. Ek dink ek moes dalk meer meel in die beslag ingewerk het, maar dit is BAIE lekker
Foto: Bets Lourens