1

KARRINGMELKBESKUIT MET WOODEN SPOON


KARRINGMELKBESKUIT MET WOODEN SPOON
2,5 kg bruismeel
1 liter karringmelk
500 g Wooden Spoon wit margarien
4 groot eiers
2 koppies suiker

Vryf die margarien in die meel in.
Klits eiers en suiker saam.
Voeg karringmelk by en klits (net lekker gemeng, nie te veel nie)
Meng saam met meel tot al die meel ingewerk is.
Deel deeg in twee en sprei so 2 cm dik in ‘n bakplaat.
Bak teen 180ºC vir 30 min.
Sny in blokke en droog oornag 100ºC.
Resep en foto: Klaas Prinsloo




BUTTERMILK RUSKS FROM THE BUTTERMILK BOX


BUTTERMILK RUSKS FROM THE BUTTERMILK BOX
1 kg self raising-flour
5 ml salt
200 ml sugar
250 g butter
500 ml buttermilk – 450 ml
1 egg
25 ml oil

Preheat oven to 180°C. Crease a roasting pan.
Seave dry ingedients together. Rub butter in well.
Beat egg and oil together, then add buttermilk and mix. Pour onto dry ingredients and mix in thoroughly.
Form buns and place them close together in the roasting pan.
Bake for 45 minutes. Remove from oven and immediately break into sections.
Place onto rack, well spaced apart, and leave to dry out in a warming oven overnight or leave at 120°C for 3 hours.
Leave to cool.
Recipe posted by Rita Killian




MOSBOLLETJIES MET ROSYNEMOS


MOSBOLLETJIES
Rosyne mos (as jy nie regte mos in die hande kry nie)
1.5 liter kookwater
250 g gekneusde rosyne
½ koekie saamgepersde gis of ½ pakkie kitsgis
Meng gis, water en rosyne. Laat staan 24 uur.
Giet deur gaasdoek en gebruik in plaas van mos.

Mos suurdeeg:
750 ml witbroodmeel
1.5 liter mos
2 teelepels suiker

Meng alles saam in ‘n 5 liter emmer met ‘n los deksel.
Klop goed met ‘n draadklitser.
Sit deksel op en laat rys op ‘n warm plek.
As dit sponserig en vol borrels is, is dit reg vir gebruik.

Deeg:
3 kg witbroodmeel
15 ml sout
800 g suiker
30 ml anys
500 g botter
mossuurdeeg

Sif droë bestanddele saam. Meng suiker en anys in meel in.
Vryf botter in meel in.
Meng mossuurdeeg in meel in en knie goed deur.
Laat rys oornag onder ‘n lekker warm kniekombersie.
Ek knie dit gewoonlik so twee keer af.
Maak bolletjies: 6 x 6 x 6 cm bolletjies (so lekker handvol). Vorm bolletjies so deur ‘n sirkel met jou duim en wysvinger, vou onderkante mooi in en pak in jou panne. Ek het drie verskillende groottes panne, ‘n standaard broodpan, ‘n wye pan en ‘n lang boerbroodpan, en ek het ‘n ronde koekpan gebruik vir die ander deeg.
Laat staan weer onder die kombersie tot panne vol gerys is.
Bak teen 175°C vir 45 min tot 55 min afhangende van jou pangrootte.

Suikerstroop:
15 ml suiker
125 ml kookwater

Smeer die gebakte bolletjies met stroop sodra dit uit die oond kom.
Breek die bolletjies nog halfwarm.
Droog uit in ‘n koel oond (50-75°C) tot droog.
Resep en foto: Annalize van Rooyen




EMELIA SE SOETMOS BOLLETJIES


EMELIA SE SOETMOS BOLLETJIES
600 g koekmeel
3 ml sout
100 g suiker
70 g botter
70 ml lou water
1 eier
200 ml mos
10 ml kitsgis

Sif meel en voeg suiker en sout by.
Ek het broodmasjien gebruik om te knie.
Gooi gis onderin bak en dan meelmengsel.
Smelt botter en voeg lou water en eier by. Meng liggies.
Maak ‘n gaatjie in meel en gooi eiermengsel in en dan mos.
Anys is opsioneel.
Stel broodmasjien op dough en dit knie dan deeg. Ek het dit oornag laat staan en volgende oggend uit masjien gehaal.
Glad nie weer geknie net bolletjies gerol en in gesmeerde broodpan gepak.
Broodpan op warm plek gesit sodat die bolletjies uitrys.
Moenie te haastig wees. Dis ‘n stadige proses.
Gebak in voorverhitte oond 180°C vir 30 minute en toe oond afgeskakel en deur oopgelos vir verdere 10 minute.
Broodjie op rooster uitgekeer en botter en suiker gesmelt en bo-oor gesmeer.
Eet en geniet. Kan uitgedroog word indien verkies.
Resep aangepas deur Emelia Victor
Foto: Emelia Victor




KARRINGMELK BESKUIT WAT MAKLIK AANGEPAS WORD


KARRINGMELK BESKUIT WAT MAKLIK AANGEPAS WORD
Dis karringmelk en kan dan verander word na enige iets waarvoor jy lus is.
5 koppie meel
3 koppie nuttywheat
2 koppie suiker
1 koppie oats of all bran of neute of berries of klapper
45 ml bakpoeier
10 ml suiker
500 g woodenspoon wit of geel
2 eiers

Meng al die droë bestanddele saam, sommer met jou hand.
Smelt woodenspoon in mikrogolf vryf dit in droë bestanddele in met die hand.
Maak holte in die middel van die meelmengsel en gooi die eiers daarin.
Meng die volgende:
15 ml koeksoda
15 ml asyn
500 ml karringmelk, ek gebruik sommer die maas want karringmelk baie duur nou

Mengs alles saam met jou hand as dit te nat is gooi net bietjie koekmeel by.
Skep in gespuite of gesmeerde oondpan en maak gelyk.
Ek bak in oondpan van 45 cm by 40 cm groot.
Bak in 180ºC oond 30 tor 35 mim. Toets maar met toets pen party oonde dalk stadiger.
Haal uit en laat afkoel sny in beskuit stukke soos julle verkies.
Droog in oond op 70ºC.
Nota: As julle nie van die 1 koppie oats en daai goed wil ingooi en nuttywheat nie,  dan kan julle 9 koppies koekmeel gebruik, dan is die beskuit wit en net karringmelk.
Dis vrek lekker en baie bros en sag al is dit klaar gedroog.
Lekker bak almal.
Resep: Yolanda Joubert




GILL SE BANTING BESKUIT


GILL SE BANTING BESKUIT
2 koppies amadelmeel (200 g) (Ek gebruik gewoonlik macadamia meel. Jy kan ook sonneblommeel gebruik)
½ koppie Erythritol (dit is nou as jy ‘n baie soettand het, ek gebruik net 70 ml)
Indien moontlik, maal die Erythritol eers in die koffie meel totdat dit ‘n fyn poeier is.
Xylitol kan ook gebruik word, maar ASB, moet nie die beskuit met jou hond deel nie, Xylitol is giftig vir diere.
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel xantham gum – (as jy nie dit in die kas het nie, gebruik 1 teelepel gemaalde chia saadjies of psyllium poeier)
½ teelepel neutmuskaat
1 teelepel karamel of vanilla geursel
1 koppie (250 ml) amandels (145 g) (Ek gebruik partykeer net 1 koppie sonneblomsade of gemengde sade)
¼ koppie botter (60 g) gesmelt (Jy kan ook ghee of kokosneutolie gebruik)
2 groot eiers, geklits.

Voorverhit oond na 160ºC.
Meng al die droë bestanddele (meel, versoeter, bakpoeier, xantham gum, speserye en neute/sade saam in ‘n groot mengbak.
Smelt die botter en meng saam met die geklitse eier.
Meng goed tot ‘n deeg vorm
Voer ‘n oondvaste bak met bakpapier (nie “wax” papier nie) of ‘n silikoon mat uit.
Vorm die deeg in ‘n ciabattabrood vorm, maar nie te hoog nie.
Indien die deeg taai is, (behoort nie te wees nie) druk jou vingers in ‘n bietjie kokosmeel.
Bak vir 45 minute in die oond, totdat die broodjie mooi bruin is en ‘n toetspen skoon uit kom.
Laat broodjie afkoel voordat dit gesny word.
Sny die broodjie in skywe, en dan in vingers. (Jy behoort 20-24 vingers te kry)
Droog die beskuit vingers in die oond uit teen 120ºC vir ‘n uur, maar draai die beskuit halfpad gedurende die proses.
As dit nog nie bros genoeg is nie, droog vir nog 15-20 minute uit.
As dit afgekoel is, pak dit in ‘n lugdigte houer, en bêre dit in die vrieskas.
Resep geplaas deur Gillian Bredenhann
Foto: Gillian Bredenhann




BRAN BUTTERMILK RUSKS


BRAN BUTTERMILK RUSKS
(Makes about 2,5 kg rusks)
7 cups self-raising flour
1 ½ cup sugar
5 cups All Bran flakes
1 cup sunflower seeds
1 cup mixed seeds eg, linseeds, poppy seeds ect. *
½ cup raisins
½ cup coconut flakes *
1 teaspoon baking powder
1 teaspoon salt
3 eggs, lightly whisked
2 cups buttermilk
2 cups butter, melted

Preheat the oven to 180ºC and grease a large oven dish with butter. Mix all the dry ingredients together in a large mixing bowl. Make a big hole in the centre and add the eggs, buttermilk and butter. Mix well using a wooden spoon or your hands until it forms a dough. Place the dough into the oven dish and press evenly. Bake for 30-40 minutes or until golden brown.
Once ready, remove from the oven and immediately turn out on a working surface. Cut into finger shapes and place back onto the oven dish. Dry in a 100°C oven overnight or for at least 8 hours, leaving the oven door slightly open for moisture to exit. Store in a airtight container.
Note: * I used desiccated coconut instead of coconut flakes and Ultimate 4 seed mix.
Recipe and photo: Lesdee Gloak Bam




6 INGREDIENT BUTTERMILK RUSKS

6 INGREDIENT BUTTERMILK RUSKS
9 x cups (2250 ml) self raising flour
500 ml sugar
1 pinch of salt
500 g Stork Bake
500 ml maas / buttermilk
4 eggs

Mix the flour, sugar and salt together and rub in the Stork Bake until the mixture resembles fine bread crumbs.
Mix buttermilk and eggs together and mix with flour. Work into a dough and then divide mixture between 3 greased loaf tins.
Bake at 180°C for 1 hour or until cooked through. Remove from tins and allow to cool.
Cut into rusks and then arrange on baking trays.
Dry the rusks in a cool oven of 100°C for 2 – 3 hours until crispy and dry.
Store in airtight containers.
Recipe posted by Lesdee Gloak Bam
Photo: Lesdee Gloak Bam




GESONDHEIDBESKUIT MET BRUISMEEL


GESONDHEIDBESKUIT MET BRUISMEEL
250 g botter
1 koppie olie
2 koppies suiker
2 eiers
500 ml karringmelk
1 koppie nutty wheat
3 koppies all bran flakes
1 kg bruismeel
1 teelepel sout
1 pakkie 100 g sonneblomsaad

Meng ALLES goed saam.
Sit in voorbereide oond pan, en bak teen 180 ºC vir so 40-50 min.
Haal uit, laat bietjie afkoel, sny of breek soos verlang en droog uit.
Maklikste beskuit ooit.
Resep en Foto: Monique Sarluis Swanepoel




LOW GI BUTTERMILK RUSKS


LOW GI BUTTERMILK RUSKS
Makes 60 rusks
3 cups cake flour
2 cups oat bran
1 cup wholewheat pronutro
1 cup sugar
50 ml baking powder
125 ml canola oil
2 eggs
500 ml low fat buttermilk/maas/plain yogurt (I used buttermilk)
5 ml caramel essence
5 ml vanilla essence
2 small green apples (peeled and grated)

Sift all the dry ingredients together.
Mix oil, eggs and buttermilk well.
Add grated apples and essence to buttermilk mixture.
Add buttermilk mixture to the dry ingredients and mix well.
Spoon in a sprayed rusk pan.
Bake for 60 min at 170ºC
Remove from oven, cool down
Cut into pieces and dry rusks in oven at 80 ºC
1 rusk = 1 slice of bread
Recipe posted by Juanita Vermeulen
Photo: Joanita Vermeulen