EKONOMIESE SKON BESKUIT

skon beskuit issietested

EKONOMIESE SKON BESKUIT
Oond 180°C.
Voeg saam in ‘n mengbak:
14 koppies koekmeel
26 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
2 ½ koppies suiker
Vryf in: 500 g sagte margarien

Maak deeg aan met kraanwater waarby 1 eetlepel asyn bygevoeg is.
Maak sagte deeg aan en maak bolletjies.
Pak in gesmeerde rolkoekpanne en bak vir 45 minute tot bruin en gaar.
Laat afkoel, breek in stukke en droog uit by 100°C.
Hierdie beskuit is meer krakerig en minder soet as gewone karringmelk beskuit, maar heerlik, geweek in koffie.

Nota Issie:  die Ekonomiese skon beskuit is baie lekker. Dit is nie ‘n baie soet beskuit nie maar wel heerlik bros. Ek sal net voorstel dit moet nie plat gedruk word in pan nie, rol lief bolletjies. Dip en geniet!

Resep by Radio Namakwaland
Foto:  Issie Snyman




JOHAN SE MOSBESKUIT

2015-02-16-mosbeskuittested

JOHAN SE MOSBESKUIT
Resep en foto: Johan Coetzee
FOOD LOVERS RECIPES
6 koppies koekmeel
1 pakkie pers kitsgis
10 ml sout
250 ml geelsuiker
60 ml anyssaad
500 ml melk
125 ml kondensmelk
60 ml wyn asyn
80 ml olie
60 ml botter

Meng droë bestanddele goed saam voeg res van bestanddele by en knie tot ‘n sagte elastiese deeg knie hom lank.
Laat rys tot dubbeld die grootte.
Smeer of spuit pan smeer hande botter en maak bolletjies en sit in pan.
Laat rys tot pan vol is.
Bak in vooraf verhitte oond teen 180 ºC bak vir ongeveer 45 minute.

Ek gebruik my broodmasjien om deeg te meng.
Meng deeg vir 25 min laat rys, meng weer 25 min en dan pan toe om te rys.




KLAPPERMELK BESKUIT

klappermelk beskuittested

KLAPPERMELK BESKUIT
1 kg bruismeel
2 x 250 ml klapper
5 ml sout
500 g margarien
375 ml suiker
3 eiers
1 blik klappermelk
60 ml room
60 ml anys (jy kan meer ingooi as jy wil)

Meng droë bestanddele saam.
Smelt botter en suiker saam. Moenie kook nie.
Meng eiers, klappermelk en room saam.
Meng alles bymekaar, druk in platpan en sny in beskuite.
Bak 40 tot 45 min 180°C.
Laat afkoel droog uit.

Resep en foto:  Maxie Visser




SARIE SE KARRINGMELKBESKUIT

Sarie se karringmelkbeskuittested

SARIE SE KARRINGMELKBESKUIT
1 x 1 kg Bruismeel
500 ml karringmelk
1 teelepel sout
2 koppies suiker
½ koppie maizena
500 g margarien
3 eiers
2 teelepel bakpoeier
2 teelepel kremetartSmelt die botter.
Klits eiers en meng met karringmelk.
Roer by gesmelte margarien.
Voeg suiker by en roer tot heeltemal opgelos.
Voeg by droë bestanddele en meng goed.
Druk in bakplaat.
Bak teen 160ºC vir 25-30 min en mooi bruin bo op.
Toets met pen, moet skoon uitkom.
Haal uit en sny in blokke, droog uit in oond

Foto en resep:  Marisa Olivier




MOSBOLLETJIES

MOSBOLLETJIEStested

MOSBOLLETJIES
Kaapse Tradisie. Mosbolletjies! Parstyd inni Boland. Hierdie resep troetel ek van 1980. Dit werk elke keer! Dit word in die aand geknie sonder om eers in te suur.
Meng:
4 kg koekmeel
1 liter suiker
15 ml sout
23 ml anys

Vryf 500 gram botter of margarien in meelmengsel.
Maak aan met 750 ml soet mos en soveel lou water as nodig vir redelike stywe deeg.
Knie ten minste 45 minute lank. (Seer gewrigte het my planne laat maak; deel deeg in 4 – Kenwood!!)
Sit gesmeerde plastiek bo-oor teen uitdroging.
Maak warm toe, rys oornag. (natuurlike hitte)Dubbeld gerys teen die oggend, anders koud gekry. Verskuif na warmer plekkie. Moet onder geen omstandighede deeg afknie!! (Vir veerkragtige tekstuur)
Vorm bolletjies en plaas styf teen mekaar in gesmeerde plate, met meelbestuif. (spray+cook werk goed vir my)
Laat rys tot 3 x die grootte. Bak by 180°C vir 30 minute en dan nog 30 min by 150°C of tot deurgebak.
Smeer suikerwater oor nadat uitgegooi. (Werk versigtig – delikaat)
Om uit te droog, breek met vurk, nooit gesny!! Droog by 100°C. Waarskuwing, jou dieet daarmee heen!
Uiters bevredigend, elke baksel jou trots. Nouja geniet saam met my! Ek wonder elke jaar of skryfster nog leef, want ek sal altyd dankbaar wees dat sy so mededeelsaam was!

Resep geplaas deur Riana Heyns
Foto – Riana Heyns




SOETMOS

soetmostested

SOETMOS
Dit is maar net soet druiwe wat verpulp word nadat ek die takkies en stingelsafgehaal het dan los ek dit net so in die houer vir drie dae dan trek ek die sap af deur dit deur n doek te gooi en dan te verkoel en te drink voor dit ernstig begin gis anders is daar velerly nagevolge waarvan een n lekker kopseer kan wees oor die ander nagevolge sal ek nie praat nie want on werk mos met kos hierso heheeeeeeee !

Foto en resep Gideon Louw

Mosbolletjies van soetmos
Ons verskil altyd oor wat nou lekkerder is, varsgebakte mosbolletjies of dié wat uitgedroog is. En of dit anys moet inhê of nie. Ek hou van uitgedroogde mosbolletjies met anys. My pa hou van dag oud (of meer) beskuitbrood wat gerooster is, met moskonfyt oor. Hoe ook al, dit bly heerlik, die geur van mosbeskuit.
Dit word natuurlik berei van vars soetmos van wit druiwe wat al lekker aan die gis is. Hanepoot is veral lekker, omdat dit ook ’n baie geurige druif is. Die wynmaker moet ook weet wat die voornemende bakker vra: Die doppe moet al bo-op die gistende mos dryf en al begin koek het, dan kan hy onder die kors vir jou mooi helder mos aftrek. En jy vra nie baie nie, net ’n bottel vol mos. Gee vir hom ’n broodjie uit jou baksel as ruil. Ek moet nog die wynmaker teëkom wat só ’n ruil sal weier. Die probleem is dat mosbeskuit net in parstyd gebak kan word, maar die lus hiervoor het weer gesorg dat planne gemaak word. Vir hierdie beskuitbrood kan ’n mens ook rosynegis maak van pitrosyne. Dis ’n rustige storie wat jy oornag aanpak: Eers maak jy jou gis, dan jou insuursel, dan knie jy, dan rys dit, en dan knie jy af en rys dit weer, dan maak jy jou beskuit op en laat dit weer rys, en dán eers bak jy dit. Talmkos – slow food – inderdaad. Indien jy mos in die hande kon kry, maak jy die resep net so, behalwe natuurlik die gis van die rosyne.




ZAC MUESLI BESKUIT

muesli ruskstested

ZAC MUESLI BESKUIT
500 g margarien
300 g bruinsuiker
1 kg Bruismeel-+
15 ml bakpoeier
2 ml sout
750 ml Muesli
100 g rosyne
125 g sonneblomsaad
100 ml semels
3 eiers
500 ml karringmelk
Smelt botter of margarien. Sif droë bestanddele.
Klits eiers en karringmelk. Voeg by die ander bestanddele en meng goed.
Druk plat op bakplate en bak vir 40min @ 180C. Sny in blokkies wanneer koud en droog in koel oond.

Wenke: Ja bruismeel EN bakpoeier, dis reg.
As jou muesli klaar rosyne in het, gooi net 100 g ekstra muesli by, of jy kan dit uitlaat.
Druk jou beskuit so plat soos wat jy jou rusks wil he. Dan sny jy dit net as jy klaar is in blokke, niks gekrummel en gebreek nie. Jy kan meer as een pan gebruik en jou panne roteer halfpad.
ZAC is die plek waar my man gewerk het toe hy die resep gekry het by iemand, hence die naam.

Bron: Zululand Anthracite colliery.
Foto deur Kiti De Jager




LUXURY SEED AND FRUIT RUSKS

seed fruit ruskstested
LUXURY SEED AND FRUIT RUSKS
1 kg self-raising flour (depending on the temperature of the butter, you may need to add some more flour later)
5 cups digestive bran
10 ml cream of tartar
10 ml baking powder
5 ml salt
1,5 cups sugar
1,5 cups mixed seeds (I use sunflower seeds, pumpkin seeds, linseeds, poppy seeds and sesame seeds)
100 g flaked almonds
100 g sultanas
100 g dried cranberries
500 g butter
3 extra large eggs
500 ml buttermilk
Preheat oven to 180 degrees Celsius.
Mix all the dry ingredients together (including fruits and seeds).
Melt the butter – not too hot.
Beat the eggs together.
Mix melted butter, eggs and buttermilk together and knead into the dry ingredients.
Press into a well-buttered pan and cut the rusks.
Bake for 30 minutes.
As soon as it comes out of the oven, cut the rusks again along the cutting lines.
Leave to cool in the pan.
Once they are cool, pack the rusks onto oven racks and dry overnight at 70 degrees Celsius.
These quantities are sufficient for a 50 x 35cm rusk pan (84 rusks).

Resep en Foto: Erica Cosijn




VEREBESKUIT MET KONDENSMELK

VerebeskuittestedVere beskuit
VEREBESKUIT MET KONDENSMELK
Resep en notas: Kiti de Jager
Foto’s: Dorea Fischer, Betsie Ferreira en Bev Lahoud
FOOD LOVERS RECIPES
Lewer sowat 150 lang beskuite.

375 ml melk
250 g botter of margarien
200 g witsuiker (250 ml)
sowat 1 liter sterk lou water
60 ml korrelsuurdeeg / kitsgis
40 ml sout
2.5 kg koekmeel
2 eiers – goed geklits
½ blik kondensmelk (379 g)
25 ml suurlemoensap
ekstra botter / margarien om die hande mee te smeer

Kook die melk, botter en al die suiker behalwe 15 ml saam, laat afkoel.
Meng 500 ml van die lou water, die suurdeeg, 7.5 ml van die sout en die 15 ml suiker wat eenkant gehou is.
Roer genoeg van die meel hierby om ‘n pannekoekbeslag te vorm.
Hou dit louwarm tot goed uitgerys na sowat 15 minute.
Meng die eiers, kondensmelk en suurlemoensap goed.
Meng die oorblywende sout met die res van die meel.
Voeg melk, suurdeeg en eiermengsel by en gebruik nog sowat ½ liter lou water om die beskuit mee aan te maak en te knie.
Die deeg moenie styf wees nie. Knie die deeg 20 minute lank en smeer die hande dikwels tydens die knieery.
Bedek die deeg en laat dit goed uitrys totdat dit dubbel die oorspronklike grootte is.
Maak bolletjies sonder om die deeg eers af te knie. Die bolletjies moet `n bietjie kleiner as hoendereiers wees.
Rol elke bolletjie in ‘n worsie tussen die handpalms, druk dit plat en plaas dit taamlik styf teen mekaar in gesmeerde beskuitpanne wat skuins staan. Smeer die hande met sagte of gesmelte botter of margarien terwyl die bolletjies gemaak word, want dan is dit nie nodig om tussen die bolletjies ook te smeer nie.
Laat die beskuit in die panne rys totdat dit gelyk met die rand van die panne is.
Bak die beskuit 70 minute by 190ºC (375 ºF). Keer die beskuit op draadrakke uit en laat afkoel. Breek versigtig oop, pak op draadrakke in die oond en droog oornag in ‘n koel oond uit met die oonddeur op ‘n skrefie oop

Nota: Dorea Fischer
Ok dis so bietjie aangepas, minder sout en dis net die helfte van die oorspronklike resep, die hele een van 5 kg meel is te veel vir ons.

Nota: Kiti De Jager
Een liter op 2.5 kg meel. Jy gebruik 500 ml vir jou starter (die suurdeeg slap degie) en dan voeg ek die gekookte melkmengsel, die kondensmelk/eiermengsel en nog 500 ml louwarm water by voor ek die res van die meel bysit. Bygesê, ek weeg al my bestanddele, dan weet ek presies die regte hoeveelheid meel is daarin.
Maak seker jy activate jou suurdeeg, al sê dit klits en jy kan met meel meng. MOENIE. Activate met warm water, bietjie van die suiker en bietjie meel. Eers as dit rys, kan jy gebruik. Moenie kortpad vat nie en volg stappe. Ek het al probeer net bymekaar voeg, met minder suksesvolle results (bv die melk kook stap uitlos). Laat dit baie goed rys die eerste stap. Jy sal die verskil voel in die deeg na dit gerys het, Dis sag, mollig en mens wil net speel. As jy bolletjies maak, doen dit deur om te vou, weer en weer, en dan druk ek my vinger of duim in die middel en vou om, dan het jy goeie “oppervlak spanning”. Dit maak dat jou deeg meer hoog rys. Ek sit ook foelie bedekte kartonne in my panne as ek ‘n groot pan maak, so in die middel af. Dit keer dat die binneste nie afsak nie maar iets het om aan te klou. Jy kan jou panne se rande verhoog deur dit toe doen aan die sykante van ‘n broodpan.

Adele Marais Kuit
Dit is ook beter om jou kitsgis met jou meel te meng as jy die pannekoek beslag maak anders werk dit nie goed nie.
Ek het ook ‘n hele blik kondensmelk gebruik.

Nota: Betsie Ferreira
Verebeskuit (het my bestanddele gehalveer en botter gebruik)
Vir 5 kg meel: 750 ml melk, 500 ml witsuiker, sowat 2 liter louwater, 3 koekies van 25g saamgeperste suurdeeg, 75 ml sout, 5 geklitste eiers, 1 blik kondensmelk, 50 ml suurlemoen sap




KARRINGMELKBESKUIT MET SUURROOM

2014-04-05-karringmelkbeskuittested

KARRINGMELKBESKUIT MET SUURROOM
1,5 kg bruismeel
10 ml (2 teelepels) sout
5 ml (1 teelepel) kremetart
500 g (2 koppies) botter
375 ml (1 ½ koppies) karringmelk
125 ml (1 ½ koppies) suurroom
375 ml (1 ½ koppies) suikerVoorverhit oond tot 180ºC. Smeer ‘n broodpan.
Sif droë bestanddele saam.
Smelt botter. Klits karringmelk, room en suiker by.
Roer bottermengsel by droë bestanddele en meng goed. Vorm bolletjies en pak styf teen mekaar in gesmeerde broodpan. Bak een uur tot gaar. Keer uit en laat afkoel. Breek in stukke en droog oornag uit in lou-oond
Resep en foto: Emelia Lans-Brown