ANDRE SE SEMELBESKUIT

andre se semelbeskuittested

ANDRE SE SEMELBESKUIT
500 gr margarien
5 kop semel
250 ml suiker
1kg bruismeel
2 kop karring melk
10ml sout
3 eiers
3 tl bakpoeier
Smelt botter voeg suiker by sout en melk
Sif meel en bakpoeier. Klits eiers voeg by botter mengsel
180 C Bak 45 +-
Bron en foto: Andre Adriaan Esterhuizen




ANDRE SE GESONDHEIDBESKUIT

andre se gesondheidsbeskuittested

ANDRE SE GESONDHEIDBESKUIT
500 g margarien
10 koppies koekmeel
1 ½ teelepel sout
16 teelepels bakpoeier
2 koppies suiker
2 koppies karringmelk
4 eiers
2 koppies muesli mix

Smelt botter, voeg suiker,sout, melk en muesli by.
Sif meel en bakpoeier.
Klits eiers, voeg by bottermengsel, meng in by meelmengsel.  Sit in panne.
Voorverhit oond tot  180ºC.
Bak 45 – 50 of tot gaar.
Keer uit en laat afkoel.
Sny beskuit en droog uit.
Bron en foto: Andre Adriaan Esterhuizen




ALL BRAN BESKUIT MET ROSYNE

bran beskuit leatested
ALL BRAN BESKUIT MET ROSYNE
Ek het gister bietjie beskuit gebak.
6 koppies bruismeel
4 koppies All Bran
2 koppies bruinsuiker
2 teelepels sout
1 teelepels bakpoeier
500 g Stork Bake margarien
2 kopppies karringmelk
200 ml olie
1 koppies rosyne
Meng die eerste 5 bestanddele saam. Voeg dan die volgende 4 bestanddele by die meelmengsel en meng goed deur. Druk vas in ‘n beskuitpan.
Bak vir 30 min by 180°C. Laat heeltemal afkoel voordat jy dit sny.
Droog uit teen 70°C.
Nota:
Ek sny gewoonlik die beskuit voordat ek dit in die oond sit, dit laat die baksel nie verbrokkel voordat dit uitgedroog moet word nie. Moet nie heeltemaal deur sny nie, dit maak die uitkeer proses moeilik.
Geniet dit!!
Foto en resep geplaas deur:  Lea Lombard




MARIANA SE LEKKER BESKUIT EN MELKTERT

mariana se beskuit en melkterttested

MARIANA SE LEKKER BESKUIT EN MELKTERT
Heerlike beskuit.
250 gm Ideal mix
2 ½ koppie suiker
10 ml bakpoeier
1 kg bruismeel
500 gm Stork margarien
2 eiers geklits
10 ml sout
500 ml room
Meng goed.
Smeer oondpan, skep beslag in. Bak omtrent 35 minute of tot pen skoon uit kom . Keer uit op draad rak. Laat afkoel en sny dan. Droog uit 3 ure op 90 ºC. Ek hou van klein beskuitjies soos op foto. Resep by ‘n vriendin gekry.
Foto en resep:  Mariana En Willie Brits

Melktert resep.
Die kors:
1 koppie koekmeel
sout
plus minus 125 g margarien effens gesmelt.
Meng die bestanddele saam. Voeg nog meel of margarien by indien nodig. Druk in pan vas om kors te vorm en bak tot effens verkleur by 180ºC

Vulsel: vir 1 tert:
2 koppies melk
½ koppie koekmeel
½ koppie suiker
2 eiers
sout
12.5 ml margarien

Plaas 1 ½koppie melk in ‘n pot. Plaas op stoof op matige hitte. Meng suiker, meel en sout met die ander deel van die melk. Sodra melk kook voeg bietjie van die kookmelk by meelmengsel, meng en skep hele mengsel terug in die pot. Roer tot dit kook. Roer stukkie margarien by. Kook ‘n rukkie.
Klits eiers. Verwyder melkmengsel van die stoof af. Roer eiers vinnig by. Plaas terug op stoof en kook tot gaar. Skep in gaar tertkors.
Strooi kaneel oor. Laat afkoel.
Dit is ‘n baie ou resep van my ma. Lekker eet
Foto en resep: Mariana En Willie Brits




WENRESEPTE KARRINGMELKBESKUIT

beskuit0_ntested

WENRESEPTE KARRINGMELKBESKUIT
Vanoggend gou karringmelkbeskuit gebak. Resep wat ek nou al jare gebruik en nog nooit geflop het, kom uit Huisgenoot se Wenresepte 1. En omdat ek so baie bak soek ek altyd kort paaie. So hier is die resep met my “aangepaste” metode! 🙂
1 kg bruismeel
375 ml suiker (koppie en ‘n half),
5 ml sout
7 ml bakpoeier
250 g sagte margarine
2 groot eiers
en +/_ 400/500ml karringmelk
Ek sit alles gelyk in my Kenwood menger se bak (6,7l) en meng deeglik met die deeghak. As die deeg te pap is, voeg nog bruismeel totdat deeg met hand hanteer kan word. Pak bolletjies of druk plat in beskuitpan. Bak ongeveer 30 min by 180°C en daarna nog 30 min by 150°C. Droog uit en geniet. Vir die platter beskuitpan soos in my foto, het ek die tye aangepas na 20min elk.
Ns. Beskuit rys lekker hoog.

Foto: Irma Van Ellewee Swart en Johan Westenberg




ALMA SE ANYSBESKUIT

anysbeskuit almaANYSBESKUIT ALMA 3 REGtested

ALMA SE ANYSBESKUIT
Gister weer lekker anysbeskuit gebak. Heerlik.
Anysbeskuit:
Meng saam:
2,5 kg koekmeel
500 ml suiker
20 ml sout
2 boksies anys
2 ½ pakkies kits suurdeeg (25 g)
Klits vloeistowwe saam:
500 ml melk
500 ml louwarm water
2 eiers
Smelt:
400 g margarien
Maak holte in meelmengsel, giet die vloeistof mengsel in en dan die gesmelte margarien.
Knie baie goed tot lekker gladde deeg.
Maak warm toe en laat rys tot amper dubbel die volume.
Maak bolletjies en pak in 3 gesmeerde panne.
Bak ± 70 – 90 min by 160°C tot gaar.
Foto en resep:  Alma Bredenkamp Meyer




NUTTY RUSKS

Kiti se Nutty Ruskstested
NUTTY RUSKS

1 kg self raising flour
10 ml salt
10 ml baking powder
250ml crumpled weetbix
250 rolled oats
250 ml sunflower seeds, pref. roasted
250 ml pecan nuts, chopped
125 ml coconut
500 ml breakfast fibre
500 ml brown sugar
2 extra large eggs
500 g butter, melted
500 ml buttermilk, or sub with half/half milk & cream soured with lemon juice
1 green apple, grated (MAGIC INGREDIENT, do not omit this, use red if you don’t have a green one)

Heat oven to 180 degrees C and line two oven pans with baking paper.

Sift dry ingredients and add brown sugar.

Whisk eggs and add butter and buttermilk.

Divide between pans and level (about 3-4cm high). Bake 30-45 minutes until brown and a skewer comes out clean in the middle.

Cool slightly and cut into fingers. Dry in very cool oven of about 100 degrees with door slightly ajar, for about 6 hours. Test by breaking thickest piece in two and if dry in the middle, it is done. Let cool in switched off oven. Keep in airtight container.

SOURCE: Kiti De Jager




OUMA DIRKIE SE KARRINGMELK BESKUIT

beskuittested

OUMA DIRKIE SE KARRINGMELK BESKUIT
1 pakkie bruismeel (1kg)
1 karton karringmelk (500ml)
250 g botter
1 koppie suiker
2 teelepels bakpoeier
Knippie sout
3 eiers
Metode:
Smelt botter en suiker saam. Klits eiers. Gooi saam by al die ander bestanddele en meng goed. Bak by 180 grade C tot mooi bruin en gaar. Om te droog pak rk dit op die oondrakkie en draai oond tot 100 grade C, sit n paplepel in die deur en los tot droog. Andersins pak als op die oondrakkie en stel oond op 80 grade C. Los oornag. Daar sal wees wat nie mooi uitgedroog het nie, herhaal net die proses tot droog. Variasies: ek haal soms n koppie meel uit en vervang dit met n koppie oats, semels of sade. Geniet dit.
Resep: Ouma Dirkie




MELANIE SE ANYS BESKUIT

beskuit_ntested

MELANIE SE ANYS BESKUIT
10 g droë gis
1 kg koekmeel
200 g suiker
7 ml sout
500 ml louwarm water
2 eiers (goed geklits)
25 ml olie
2 eetlepels anys
Plaas droë bestanddele in ‘n mengbak, meng goed.
Voeg louwarm water, olie, en eiers by droë bestanddele en meng om ‘n gladde deeg te vorm.
Knie goed. Bedek die  deeg en laat staan vir 20 minute. Knie die deeg af. Verdeel deeg in klein stukke, en vorm balletjies. Plaas in panne wat gesmeer is. Smeer bietjie olie oor, laat rys tot dubbel die grootte. Bak in vooraf verhitte oond (200ºC) vir 40 minute. Haal uit panne, laat afkoel. Breek in stukke, en laat dit uitdroog in die oond by 100 grade celcius. Geniet!
Resep: Melanie Elms Volmer




OUMA MARTHA SE RED VELVET BESKUIT

Ouma Matha se redvelvet beskuittested
OUMA MARTHA SE RED VELVET BESKUIT
Ek het gebak en my ouma wat 80 is, het gesit en instruksies en bestanddele uit haar kop gegee!
250 g botter
1 kg bruismeel
1 teelepel bakpoeier
5 ml sout
½ koppie melk
½ koppie Bulgaarse jogurt
2 eiers
1 teelepel vanilla geursel
250 ml suiker
1 botteltjie rooi kleursel
30 ml kakao

Versiersel bo-op:
1 groot slab wit bak sjokolade
3 eetlepels Bulgaarse jogurt

*Moenie laat oond eers warm raak nie, as die oond aangesit word moet die baksel dadelik in sodat dit geleidelik begin rys.

Smelt botter effens (net sodat sag genoeg om te klits).
Voeg suiker en klits tot romerig gooi ook kleursel en vanilla by.
Voeg eiers by en klits melk en jogurt ook by die beslag.
Voeg die bruismeel, sout en bakpoeier by en sif kakao in. Beslag moet nie styf wees nie, as is voeg nog bietjie melk by.
Bak teen 160°C vir 70 min.
Droog die beskuit teen 70°C oornag (sit iets in deur dat nie heeltemal seël nie sodat vog ontsnap)

Versiersel:
Smelt wit sjokolade in ‘n bakkie oor ‘n pan met water en voeg jogurt by en roer deur.
Skep bo oor beskuit met eetlepel. Voeg liefde by anders kan dit dalk flop.

Bron en foto:  Lizelle Louw

Nota:
Benhet Nieuwenhuis
Ek het ‘n groot lepel jogurt gebruik! Myne het dik geraak maar ek het hom net weer oor die dubbel koker gesit! Soos ek dit oor geskep het, het ek dit met rukkies net vir oomblikke terug gesit, dan smelt hulle! Daardie icing is lekker hoor! Ekt my hele baksel nadat ek dit icing op gesit het, in die yskas gesit! Hulle daar gelos oornag en volgende dag gepak!! Myne het mooi hard geword!