1

KERSIE-BESKUIT


KERSIE-BESKUIT
1½ kg bruismeel
15 ml bakpoeier
5 ml sout
500 g botter
500 ml karringmelk
3 eiers
375 ml suiker
375 ml kersies, kleiner gesny
Meng suiker, karringmelk en eiers en klits goed.
Smelt botter.
Meng nou al die bestanddele saam en knie deeg goed.
Sit in beskuitpan en bak by 180 °C vir so 45 minute of tot gaar.
Haal uit oond en sny in stukke, plaas op rakke in oond en droog beskuit uit by 100 °C vir ongeveer drie ure. Laat beskuit in oond afkoel sodra dit droog is.
Pak in lugdigte houers.
Resep geplaas deur: Karin Blignaut.




KERSIE KARINGMELKBESKUIT


KERSIE KARINGMELKBESKUIT
1 kg bruismeel (of 1 kg meel en 30 ml bakpoeier)
10 ml (2 teelepels) bakpoeier
10 ml (2 teeleels) sout
500 g margarien
1 blik (385 g) kondensmelk
125 ml (½ koppie) bruinsuiker
500 ml (2 koppies) karringmelk of amasi
100 g rooi kersies, gekap (ek het helfte groen helfte rooi kersies ingegooi)
100 g pekanneute, gekap

Verhit die oond tot 190 ° C.
Smeer ‘n groot vierkantige oondpan met margarien of spuit met kossproei.
Sif die meel, bakpoeier en sout in ‘n groot bak en vryf die margarien in.
Meng die kondensmelk, bruinsuiker en karringmelk. Meng die droë en nat bestanddele met ‘n houtlepel. Voeg die kersies en neute en druk die mengsel in die voorbereide pan.
Bak vir 50 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen in die middel skoon uitkom.
Keer uit op ‘n draadrak en laat afkoel.
Droë oornag in die oond by 100 ° C

Resep: Karin Blignaut




SPRINGBOKRADIO SE KERSIE-KARRINGMELKBESKUIT


SPRINGBOKRADIO SE KERSIE-KARRINGMELKBESKUIT
1 kg bruismeel (of 1 kg koekmeel en 30 ml bakpoeier)
10 ml (2 teelepels) bakpoeier
10 ml (2 teelepels) sout
500 g kunsbotter
1 blik (385 g) kondensmelk
125 ml (½ koppie) bruinsuiker
500 ml (2 koppies) karringmelk/amasi
100 g rooikersies, gekap (ek het helfte groen-, helfte rooikersies ingegooi)
100 g pekanneute, gekap

Verhit oond tot 190 °C.
Smeer ‘n groot vierkantige oondpan met kunsbotter of bespuit met kossproei.
Sif meel, bakpoeier en sout in ‘n groot bak en vryf kunsbotter in.
Meng kondensmelk, bruinsuiker en karringmelk. Meng droë en nat bestanddele met ‘n houtlepel. Voeg kersies en neute by en druk mengsel in voorbereide pan.
Bak vir 50 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen in die middel skoon uitkom.
Keer uit op ‘n draadrak, laat afkoel en sny in bekuitstukkies.
Droog beskuitstukkies oornag in die oond by 100 °C met deur effe oop.
Resep geplaas deur: Karin Blignaut.




HEALTH RUSKS WITH BUTTERMILK


HEALTH RUSKS WITH BUTTERMILK
Make your own healthy and easy buttermilk Rusks with All Bran Flakes and sunflower seeds.
1 kg cake flour
300 g oats
145 g all bran flakes
285 g sunflower seeds
30 g baking powder
416 g brown sugar
500 g unsalted butter
500 ml buttermilk
10 g salt
2 eggs

Mix all the dry ingredients in a mixing bowl.
Melt the butter.
Beat the egg and buttermilk together then add to the butter, mix well.
Add the wet ingredients to the dry ingredients and mix into firm dough.
Add to a greased deep baking tray and bake on 180ºC for 40 – 45 Minutes.
Immediately as you remove the rusks from the oven slice the rusks into portions.
Allow to cool properly before removing from the tray.
Now take them out and separate onto a fresh tray and place back into the oven to dry at 50 ºC for 1 1/2 – 2 hours. Keep checking regularly.
Recipe: Barend Lötter




WOOLWORTHS KARRINGMELKBESKUIT (MET GIS)


WOOLWORTHS KARRINGMELKBESKUIT (MET GIS)
Hierdie is die wonderlike karringmelkresep wat deur haar ouma aan sjef Monché Muller deurgegee is. Dit gebruik gis, maar sjef Monché sê dat, hoewel dit beteken dat dit ‘n bietjie langer neem om te maak, is die smaak en beskuittekstuur superieur.
Maak 24 beskuitstukke of mosbolletjies-tipe stukke.
750 ml karringmelk (geen karringmelk? – sien resepvervangings)
215 g botter, gesmelt
20 g droë gis (2 sakkies)
95 g suiker (½ koppie)
1 teelepel sout
1 teelepel koeksoda
1,4 kg organiese, steengemaalde koekmeel (of ‘n mengsel van 700 g koekmeel en 700 g witbroodmeel)
Bestanddele vir agt moontlike variasies:
25 g gedroogde bossiebessies (cranberries) en 25 g grof gekapte amandels
50 g rosyne, sultanas of gekapte dadels en 1 koppie semels
50 g pekanneute en 1 teelepel kaneel
2 eetlepels anyssaad
1 koppie fyngemaakte all bran semelsvlokkies
1 koppie uitgedroogde klapper
50 g sonneblomsaad en ½ koppie heuning
25 g pampoenpitte en 25 g gekapte, gedroogde appelkoos

Kombineer karringmelk, gesmelte botter en gis in ‘n groot mengbak (of bak van ‘n elektries menger) en roer totdat gis begin oplos en effens borrel.
Voeg suiker, sout en koeksoda by en meng goed.
Voeg ⅔ van meel by die vloeistofmengsel en roer tot goed gemeng. Indien jy ‘n elektriese menger gebruik, gebruik die deeghaak.
Voeg meer meel by terwyl meng en knie totdat mengsel mooi geïntegreer is en ‘n werkbare deeg vorm. Indien deeg reg voel, moenie meer meel byvoeg nie.
As jy ekstra bestanddele byvoeg (sien ideës vermeld by bestanddele), doen dit op hierdie stadium.
Plaas deeg in ‘n lig ge-oliede bak, plaas ‘n stuk kleefplastiek direk op deeg en bedek met ‘n klam lap. Laat in ‘n warm omgewing staan totdat die oorspronklike volume verdubbel het. Dit behoort ongeveer een uur te duur.
Wanneer deeg klaar gerys het, vorm deeg in ewegroot golfbal groottes. Rol dit in netjies balle en pak dit styf saam in ‘n enkel laag in gesmeerde bakpan of broodpan. Bedek met ‘n klam lap en laat staan tot dit weer verdubbel in volume. Dit behoort ongeveer 45 minute te duur.
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Bak die deeg 30 – 40 minute tot goudbruin en gaar. Laat afkoel totdat gereed is om te bewerk.
Opmerking: as jy mosbolletjies met tee of ontbyt wil hê, kan jy nou die stomende gebak met botter en konfyt bedien.
Vir beskuit, breek/sny die gebak in stukke volgens die oorspronklike balletjies, plaas dit plat op bakrakke en laat oornag in die oond uitdroog teen 100 °C totdat dit heeltemal uitgedroog is; minstens agt ure.
Nota vir vervangings:
Om jou eie karringmelk te maak, kombineer 125 ml suurlemoensap, witasyn of appelasyn met 625 ml volroommelk.
Vervang 700 g witbroodmeel of 50% (700 g) van die steengemaalde meel met volkoringmeel vir volkoring beskuit.
Resep deur: Sjef Monche Muller.
Resep geplaas deur: Kiti Citi.




BEST BUTTERMILK RUSKS


BEST BUTTERMILK RUSKS
Serves: makes 24 rusks or mosbolletjies
1/2 teaspoon bicarbonate of soda
700 g cake flour, sifted
a pinch salt
2 tablespoon white sugar
20 g (2 sachets) dry yeast
6 tablespoon unsalted butter, melted
750 ml buttermilk, for drizzling

Combine the buttermilk, melted butter and yeast in a large mixing bowl (or the bowl of a mixer) and stir until the yeast starts to dissolve and bubble slightly.
Add the sugar, salt and bicarbonate of soda and mix well.
Add two thirds of the flour to the liquid mixture and stir until combined. If you’re using an electric mixer, use the dough hook.
Add more flour while mixing and kneading until the mixture comes together to form a workable dough. If the dough feels right, don’t add more flour.
If adding extra ingredients (see cook’s note below), do so at this stage.
Place the dough in a lightly oiled bowl, loosely place a piece of plastic wrap directly on the dough and cover it with a damp cloth. Leave, in a warm area, to rise to double the original volume. It will take about 1 hour.
When it’s done rising, shape the dough into even golfball-sized portions. Roll them neatly and pack them tightly together in a single layer in a greased baking tray or bread loaf tin. Cover with a damp cloth and leave to rise until doubled in size. This will take about 45 minutes.
Preheat oven to 180ºC.
When the final proofing is done, bake the dough for 30-40 minutes until golden brown and cooked through. Leave to cool down just enough to work with.
Note: If you want to have mosbolletjies with tea or breakfast, you can serve the steaming loaf with butter and jam now.
If you want to go all the way to create dry rusks, break the cooked dough into pieces along the lines of the original balls, lay out flat on baking sheets and leave in an oven heated to 100ºC overnight or until completely dry, at least 8 hours.

RECIPE BY Chef Monche Muller




MALTABELLA GESONDHEIDSBESKUIT


MALTABELLA GESONDHEIDSBESKUIT
My man en tweeling (2jr oud) is mal hieroor…dis ons guilt-free lekkerte soggens vroeg😋
500 ml maltabella meel (sorghum)
750 ml koekmeel
1.5 koppie semels
1/2 koppie sade (watookal, ek het sonneblom, lyn, sesame, pampoen en n sprinkel chia saad gebruik)
1.5 koppie suiker
1/2 koppie klapper (desicated)
2 ml sout
10 ml bakpoeier
10 ml kremetart
10 ml koeksoda
250 g margarien
750 ml karringmelk (kan ook 2k plain yoghurt en 1k gewone melk gebruik)
5 ml vanilla geursel

Verhit oond tot 180 ºC. Smeer oondpan.
Meng droë bestanddele goed saam in groot bak. Smelt margarien en laat effens afkoel. Voeg karringmelk by. Voeg by droë bestanddele en meng goed. Skep deeg in panne en bak vir ongeveer 45 min. Laat afkoel, sny en droog uit.
Nota:
Die resep kan ook glutenvry gemaak word deur die koekmeel en semels met glutenvye meel te vervang en die vloeistof aan te pas soos verkies.
Resep en foto:  Carmari Fourie Strobos




LEKKER BESKUIT MET SADE EN KLAPPER


LEKKER BESKUIT MET SADE EN KLAPPER
1 kg bruismeel
¼ koppie bakpoeier
1 teelepel sout
1½ koppies muesli
¾ koppie rosyne (ek gebruik granberries)
1¼ koppies sonneblomsaad
½ koppie klapper
¼ koppie linseed
¼ koppie sesame seeds
2 koppies bruin suiker
3 groot eiers
2 koppies karringmelk
500 g stork bake magarien kamertemperatuur

Voor verhit oond tot 180°C.
Klits suiker en magarien tot romerig in ‘n groot skottel.
Klits eiers een vir een by.
Voeg karringmelk by en meng goed.
Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam en meng al die ander droë bestanddele goed.
Meng nou alles saam.
Bietjie meelblom kan op hande gegooi word as deeg te klam is.
Druk in 2 beskuitpanne en bak 45 min.
Droog losgemaakte beskuit op 70° C vir ongeveer 4 ure tot droog in oond waarvan die deur met iets effens oopgehou word.

Resep: Francis Schoeman
Francis Schoeman  – Rina Kleinhans die bakpoeier klink na baie, maar met al die sade, klapper en muesli, bak hy met groot sukses. n Persoon kan die bakpoeier baie verminder, maar ek persoonlik vind dan dat die beskuit klipperig uitkom. Ek bak die resep gereeld en my vriende vra gereeld daarna en het nog nooit n probleem ervaar nie.

Foto:  Letitia Henstock




GRANOLA BESKUIT


GRANOLA BESKUIT
8 koppies bruismeel
15 ml bakpoeier
7.5 ml sout
375 ml suiker (gewone bruinsuiker )
750 ml granola
250 ml klapper
500 gr volvet margarien, gesmelt
500 ml karringmelk of amazi
3 groot eiers

Verhit oond tot 180 ºC.
Smeer 2 broodpanne 280 x 100 x 70 – ek gebruik 1 pan 300 x 300.
Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam.
Voeg suiker, granola en klapper by en meng goed deur met houtlepel.
Klits eiers en karringmelk goed en voeg gesmelte margarien by en klits weer goed.
Voeg by meelmengsel en meng tot sagte deeg met houtlepel. Die deeg kom “nat” voor, maar vorm maklik ‘n sagte deeg.
Sit deeg in jou gesmeerde pan en maak glad tot hele pan vol is. Dan sny ek dit in vierkante so 4-5 cm grootte.
Bak vir 40-45 min.
Laat staan vir so 5 min nadat dit uit oond kom en dan keer ek dit uit op afkoelrak.
Breek in stukke soos jou lyne loop op beskuit en droog by 75 ºC.
Dit neem so tussen 7-10 ure om behoorlik te droog, afhangende jou krag toevoer.
Resep en foto: Cecillia de Beer




GESONDE SADE BESKUIT


GESONDE SADE BESKUIT
500 g (500 ml) botter
500 ml olie
100 g (500 ml) semels
360 g (4 x 250 ml) hawermout
300 g (375 ml) suiker
10 ml sout
250 ml sonneblomsade
125 ml papawersaad
150 ml sesamsaad
150 ml lynsaad
250 ml pampoensaad, gekap
1,7 kg (10 x 250 ml) koekmeel
2 kop nutty wheat
80 ml bakpoeier
45 ml vanieljegeursel
1 liter karringmelk of suurmelk met nog

Voorverhit oond tot 180°C. Smeer en voer bodem van twee groot broodpanne of 1 x 24 cm en 2 x 20 cm koekpanne, of beskuitpan van 45 x 50 cm, met die botterblok se papier of ander botter- of bakpapier.
Plaas botter en olie in ’n groot emalje-mengskottel oor lae hitte op ’n stoofplaat tot net gesmelt of plaas dit in die oond wat warm word, tot gesmelt. Die mengsel moenie kook nie. (Wees versigtig – die skottel word vinnig warm.) Of smelt botter en olie oor lae hitte in ’n kastrol of in mikrogolfoond en skink in ’n groot mengbak.
Strooi droë bestanddele in die volgorde wat dit gelys word, een vir een in ’n eweredige laag oor die warm bottermengsel. Vryf warm mengsel met jou vingerpunte by droë bestanddele in tot dit redelik krummelrig lyk. Daar moet geen droë meel of groot klonte sigbaar wees nie.
Meng vanielje en karringmelk of suur melk saam. Maak ’n holte in die meelmengsel en skink vloeistof by. Meng weer met jou hande tot ’n deeg vorm. Voeg ’n bietjie ekstra melk by indien dit te droog voel of nog hawermout as dit te slap is. Die deeg moet styf genoeg wees dat jy groot handevol maklik in die panne kan ‘skep’.
Verdeel deeg tussen panne en maak liggies bo-op gelyk. (Beskuitpan- sny jou beskuit nou met jou lem rak) Bak 50-60 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer beskuit uit en laat op afkoelrakkies tot heeltemal afgekoel.
Sny met ’n broodmes in vingertjies of breek met ’n vurk in stukkies. Plaas in ’n enkellaag op die oond se bakplate of ander vlak bakplaat en droog teen 70-100°C ongeveer 6 ure of oornag uit. Hou die oonddeur vir die uitdroogproses oop. Laat beskuit afkoel en verpak lugdig.
Resep geplaas deur Zonia Visser
Foto: Zonia Visser