PREGO STEAK ROLL

PREGO STEAK ROLLS
Prego steak with caramelized onions on a toasted Portuguese roll for lunch.
2 Sirloin steaks thinly sliced
2 large onions, sliced
Nando’s Wild Herb Sauce (I find the Prego sauce is a bit mild for my taste)
4 Portuguese rolls
oil

First fry the onions in a bit of oil until transluscent then sprinkle with salt and a teaspoon of brown sugar. Fry a bit longer until it starts going golden brown and slightly sticky then remove from the pan and put into a warm dish.

Fry the meat slices quickly to seal and sprinkle with a bit of salt. Add a good large splash of the Nando’s Wild Herb sauce, stir through to warm and spoon on top of the onions.
Cut the rolls and toast the cut sides until crispy and light golden in colour.
Spoon the onions and steak slices with a bit of sauce on top of the bottom half of the roll. Serve with extra sauce.
Recipe and photo: Elsabe Templeton




KORTRIB KERRIE

KORT RIB KERRIE
1 ½ kg kortrib in blokkies gesny, vra slagter
2 medium grootte uie opgekap, fyn knoffel na smaak, as jy wil
2 eetlepels kerrie jou keuse
1 teelepel borrie
sout
2 eetlepels asyn
3 eetlepels appelkooskonfyt
3 eetlepels blatjang chunky (ek vat meer)
2 eetlepels suiker of na smaak
4 medium grootte aartappels, in kwarte gesny

Braai die uie tot deurskynend.
Voeg die kerrie, borrie, en suiker by en roer deur.
Voeg die vleis by asook sout en braai so vir 5 minute.
Stowe die vleis stadig tot amper sag en voeg die aartappels by. Gebruik baie min water vir vleis stowe hou heeltyd dop.
Kook tot gaar. Stowe vat tyd.
Voeg nou jou asyn, konfyt en blatjang, wat gemeng is by. Roer liggies deur.
Voeg by wat kort. Prut 5 min.
Resep geplaas deur Ronell Muller Bosshoff
Foto: Ronell Muller Bosshoff




POT GEROOSTERDE BEESBOUD SNIT (ROAST)

POT GEROOSTERDE BEESBOUD SNIT (pot roast)
2 kg beesboud snit
2 uie, fyngekap
1 teelepel knoffel
kruie en speserye na smaak
4 medium grootte aartappels
sout en peper en twee naeltjies

Braai uie tot mooi bruin.
Voeg die vleis by en braai met speserye, kruie, sout en peper tot goed bruin.
Voeg die naeltjies by en 2 koppies water.
Ek sit stoofplaat op 3. Nie te vinnig kook.

Kyk elke half uur of daar genoeg water op is en gooi by soos nodig.
As boudjie amper gaar is voeg die aartappels by en kook tot gaar.
Daar moet genoeg sous in die pot wees om oor die rys te bedien.
Dit vat so 2 ure vir die kos om gaar te kom. Hang af hoe groot boudjie is.
*Groente was pampoen en beet.
Resep geplaas deur Ronell Muller Boshoff
Foto Ronell Muller Boshoff




LISA SE JOLE JOSE SOUS

LISA SE JOLE JOSE SOUS
So +/- 5 jr terug het ‘n restaurant ‘n voorgereg gehad met die naam Jole Jose. Dit is ‘n spicy sous met bees strips wat bedien is met knoffel geroosterde french loaf. Het gespeel om sousie self te maak. Hier is resep, dit proe net soos hul sous.

100 ml Nando’s medium peri-peri sous
100 ml Nando’s Garlic sous
100 ml All Gold tamatie sous
100 ml Mrs Balls oorspronklike blatjang
100 ml Nola mayonnaise
1 teelepel knoffelvlokkies
1 teelepel gedroogte basiliekruid
1 teelepel gedroogte pietersielie

Meng al die bestanddele saam en kook oor lae hitte vir so 10 min.
Braai bees strips in bietjie olie tot gaar, moet nog sag en smelt in mond.
Skep vleis by sous in en verwyder van die hitte af.
Sny french loaf in skywe, smeer knoffel olie aan beide kante en braai in pan tot ligbruin.
Resep: ‎Lisa Pretorius‎




BEES EN EIERVRUG PASTEI

BEES EN EIERVRUG PASTEI
1 kg stowebeeslvleis
5 middelslag aartappels
50 ml melk
20 g botter
1 groot eiervrug, geskil en in plat skywe gesny
sout en peper na smaak
1 pakkie vleismarinadepoeier (ek het soppoeier gebruik)
25 ml blatjang

Pasteikors
200 g bruismeel
1 ml sout
150 g botter
2 eiers
25 ml melk

Plaas die vleis in ‘n kastrol en voeg net genoeg water by om die vleis te bedek. Kook dit 1 uur lank of tot amper sag. (Geen sout word bygevoeg nie)
Skil en kook die aartappels tot sag. Dreineer. Maak die aartappels fyn en meng dit met die melk en botter.
Plaas die eiervrugskywe in ‘n groot pan, voeg net genoeg water by om hulle te bedek en kook hulle vinnig sonder ‘n deksel net tot sag. Skep die eiervrugskywe met ‘n dreineerspaan uit en geur hulle liggies met sout en peper.
Giet die vleissous af wanneer die vleis so te se gaar is. Hou 350 ml van die sous of as dit minder is vul dit met kookwater aan tot 350 ml. Sny die vleis in blokkies en skep dit terug in die kastrol. Strooi Die soppoeier oor en meng. Giet die vleissous by en kook tot die vleis sag en die sous dik is.

Voorverhit die oond tot 180°C.
Skep die helte van die vleis in ‘n vlak, oondvaste bak met ‘n volume van 2 liter. Smeer die aartappels oor die vleis. Rangskik die eiervrugskywe op die aartappels. Smeer die blatjang oor en bedek dit met die res van die vleis.

Sif die bruimeel en sout saam. Sny botter met ‘n slaplemmes daarin tot gemeng. Klits die eiers en melk saam, voeg dit by die meelmengsel en meng goed.
Smeer die deeg oor die vleis.
Bak die pastei 30 min.

Lekker.
Ek het net ekstra sous gebruik, want anders lyk dit bietjie droog.
Foto: Benhet




CHEESY MASH BEEF PIE

CHEESY MASH BEEF PIE
1 tablespoon vegetable oil
1 kg diced stewing beef
1 tablespoon butter
2 onions, diced small
2 cloves garlic, diced small
3 tablespoon cake flour
2 cups red wine
1 ½ cups beef stock
1 tablespoon passasta
1 teaspoon salt
1 teaspoon pepper
1 small block cheddar
3 cups leftover mash
1 teaspoon salt
1 teaspoon pepper

Heat the oil in a large casserole dish and brown the beef.
Remove from the pan and stir the butter in to deglaze the pan a little. Add the onion and sautee until soft, then add the garlic and cook for a further minute before stirring in the flour.
Pop the beef back in then pour over the wine, stock and passata. Season and place the lid on and let it bubble away gently until the meat is tender.
Preheat the oven to 200°C/400°F.
Meanwhile, season the mash and form into small circles. Chop the cheddar into cubes and place 1 in the middle of each circle, then fashion each into a ball of mash with a cheese centre.
Pour the beef stew into a baking dish and top with the mash balls.
Bake for around 30 minutes until the mash has crisped up and turned golden.
Photo: Marika Tegmann




OONDGEBAKTE RIBOOGSTEAK


OONDGEBAKTE RIBOOGSTEAK
2,5 kg ontbeende riboog van Botswana met swart pepper, mosterd en olyf olie gesmeer en in my gasoond gerooster op 250°C vir eerste 30 min en dan afgestel na 180°C vir 1 en half ure. Ek het getoets dat die binne temperatuur nie hoër as 60°C gaan nie.
Nadat ek dit uit my gasoond gehaal het, het ek dit laat rus vir halfuur toegemaak met foelie sodat dit nie heeltemal afkoel nie, eers daarna het ek dit gesny.
Ek het die stuk vleis oor twee dae in die yskas ontdooi. En natuurlik gaan dit teen kamer temperatuur in die oond. Dit was oor genoeg gewees vir 10 mense plus ekstra vir dun te sny vir koue vleis vir môre.
Resep geplaas deur Elsabie Templeton
Foto: Elsabie Templeton




STEAK EN AARTAPPEL FOELIE PAKKIE

STEAK EN AARTAPPEL FOELIE PAKKIE
Hierdie bestanddele maak 4 – 5 pakkies
1 goeie dik steak per persoon
3 aartappels per persoon of na smaak
1 pak bacon bits
1 pak gesnyde sampioene
gerasperde kaas
gesmelte botter met speserye in soos fyn knoffel, sout, peper, pietersielie
Stel oond op 220°C
1 lekker groot stuk dik foelie per persoon

Sny aartappel in kwarte en kook tot gaar, nie pap kook nie.
Sny steak in dik stukke of los dit heel.
Braai die bacon bits en sampioene.
Dan…
Maak die foelie oop en in die middel sit jy die steak en langs die steak sit jy die aartappels.
(Jy kan gekapte rou uie ook oorstrooi)
Smelt dan botter, so 1 koppie botter met speserye in soos fyn knoffel, sout, peper, pietersielie.
Verdeel die bottermengsel oor die steak en aartappels in die pakkies.
Maak foelie mooi toe en sit die pakkies langs mekaar in ‘n oondpan, laag in die oond.
Na so 10 – 15 minute maak jy die pakkies net bo oop soos ‘n bakkie.
Gooi die bacon en sampioene en gerasperde kaas oor en druk dit onder die oond se rooster tot kaas die smelt. ( hou oop)
Eet en geniet…
Daar is ‘n lekker sousie in die pakkie….jy kan ‘n broodjie daarin dip en eet.
En dit kan op die kole ook gemaak word.
Resep geplaas deur Elza Charlez
Foto: Elza Charlez




BEES FILLET MET BLOMKOOL PUREE

BEES FILLET MET BLOMKOOL PUREE
(Gebraaide babawortels, aspersies en eksotiese sampioene, Wasabi room en rooiwyn reduksie.)
Vir die blomkool puree:
1 groot blomkool kop
500 ml melk
sout
tiemie, vars takkie
Kook saam tot blomkool sag is. Dreineer en haal tiemie tak uit.
Blits in voedselverwerker. Werk dit deur ‘n sif. Bêre eenkant.

Vir wasabi room:
1 eetlepel wasabi paste
250 ml suurroom
80 ml vars room
Meng bestanddele saam en sit in ‘n spuitbottel.

Rooiwyn reduksie:
350 ml rooiwyn
350 ml port
2 lourierblare
5 peperkorrels
tiemie – vars takkies
1.5 liter beesaftreksel
1 ui, grof gekap

Braai ui in olyfolie tot deurskynend. Voeg rooiwyn, port, lourierblare, peperkorrels en tiemie by.
Kook af tot mengsel met helfte verminder het.
Voeg aftreksel by en kook weer af tot mengsel met helfte verminder het.
Vryf mengsel deur ‘n sif en sit terug in ‘n pot. Voeg 1 eetlepel egte botter by en roer deur.
Vir die groente:
babawortels
baba aspersies
pak eksotiese sampioene
egte botter
olyfolie
Braai groente apart in ‘n bietjie botter en olyfolie. Skep uit en bêre eenkant.
Vir die bees fillet:
Sny fillet in 6 cm skywe.
Smeer met bietjie olyfolie. Vryf met gerookte Maldon sout en growwe peper.
Braai in ‘n pan tot al die kante geseël is.
Plaas in ‘n oondpan in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir sowat 8 – 9 minute.
Haal uit en laat dit rus vir sowat 7 minute.
Smeer blomkool puree op bord. Plaas fillet bo-op, en rangskik groente soos verkies.
Spuit van die wasabi room op die bord.
Bedien saam met rooiwyn reduksie. Garneer met eetbare blommetjies.
Resep geplaas deur Charleen Nieuwenhuizen
Foto: Charleen Nieuwenhuizen




OONDGEBAKTE AARTAPPELS MET STEAK EN SLAAI

OONDGEBAKTE AARTAPPELS MET STEAK EN SLAAI

Oondgebakte aartappels: sny in dun skyfies maar nie reg deur nie. Bedruip met olie. Sout na smaak en gooi Robertson Aromatic Potato spice oor. Bak teen 190°C vir so 45 minute of tot gaar. Smelt 2 eetlepels botter en bedruip die aartappels net voor opdiening.

Tenderiser steak : 6 stukke steak
2 eiers
1/2 koppie krummels
2 eetlepels ina paarman meat spice.
Klits eiers, meng krummels en meat spice. Plaas vleis eers in eier dan in krummels. Braai in vlak olie vir so 1-2 minute aan elke kant (hang af hoe dik die steaks is).

MANGO SLAAI
Slaai: blaarslaai, komkommer, tamatie, rooi peper, mango, druiwe, Feta kaas. Bedruip slaai met balsamic gold reduction.
Foto: Adele Horn