BEESSTERT IN DIE STOOMPOT



BEESSTERT IN DIE STOOMPOT
Hier is my vinnige beesstert resep.
Braai 2-3 uie, voeg 2 teelepels knoffel by. Haal uie mengsel uit pot.
Braai vleis (+/- 2 kg) sodat dit seël. Gooi uie mengsel oor vleis.
Voeg 4 koppies water en sout en peper na smaak by.
Laat kook (stoom) vir 20 min. Indien die sousie min is voeg nog ‘n koppie of 2 water by.
Voeg 4 aartappels en 6 -8 wortels (beide in stukke gesny) by.
Kook (stoom) vir ‘n verdere 25 min.
Voeg gekapte sampioene by en kook tot sag. Indien nodig verdik sous met Maizina.
Dien op saam met rys, koeskoes of stamp mielies.
Resep en foto: Sarel Snyman

Beesstert in stoompot
1,5 kg beesstert
2 middelslag uie, gekap
1 piesang, in skywe gesny
2 lourier blare
60 ml bruin asyn
20 ml tamatie sous
20 ml chutney
20 ml heuning
7 ml matige kerrie
7 ml sout
peper na smaak
Was vleis en plaas in stoompot met uie, piesang en lourierblare. Meng die res van bestanddele en gooi bo-oor. (Daar Kom Geen Water By Nie)
Verhit stadig en kook sowat 1/1/2 uur op lae hitte onder druk.
Bedien warm met kapok aartappels en soet groente.
Ek maak net die resep en dis maklik en baie lekker.
Nota: Ek haal my beestert en die meeste sous uit dan sit ek my aartappels in en stoom dit vir so rukkie tot amper sag, dan haal ek die stoompot se deksel af en braai my aartappels in sousie tot gaar en sousie amper droog. Ek gooi bietjie water by die sousie, dan stoom ek my aartappels.
goed hier is my beestert nou klaar gemaak ek stoom nou net my aartapels dan is my dis reg ek stoom my aartapels in die vleis sous ek gooi net so klein bietjie water by en maak my sousie as my aartappels gaar is dik met bruin uiesoppoeier of bisto sodat daar genoeg sous is vir my rys en om oor my boontjies te gooi kan stampmielies of mieliegrys maak as jy nie rys wil maak nie dit hang af waarvan jy hou
Resep en fotos: Annemarie van Zyl








