PEPPER STEAK PIE
PEPPER STEAK PIE
1 ui, fyn gesny
500 g steak (gebruik ‘n goeie kwaliteit, bv rump of sirloin)
250 ml room
1 pakkie beesstert soppoeier
2 x pakke skilferkorsdeeg
Braai ui in ‘n bietjie olie tot dit begin verkleur. Voeg die vleis by en braai tot gaar.
Voeg geurmiddels na smaak by.
Los pakkie soppoeier in die room op. Voeg hierby fyn peper, en gemaalde heelkorrels na smaak. Voeg dan by vleis en kook deur tot room verdik.
Voer ‘n oondbak (bodem en kante) met 1 pak deeg uit. Skep die vleis in.
Gebruik nou die ander pak deeg om ‘n laag bo-oor te sit. Voeg die rande van die onderste laag deeg bo-oor die boonste laag en druk kante met ‘n vurk vas. Jy kan bietjie eier oorsmeer, maar nie noodsaaklik nie.
Plaas in ‘n voorverhitte oond van 200ºC en bak tot gaar, ongeveer 30 minute.
Resep en foto: Jaco Redelinghuys









