BEESSTERT IN BIER

beestert in bier

BEESSTERT IN BIER
1,5 kg beesstert, in stukke gesaag
Sout en vars gemaalde swartpeper
Olie en botter om in te braai
2 groot uie, in ringe gesny
500 g wortels. Skoongeskraap en in stukke gesny
2 ml droë tiemie
2 ml droë salie
60 ml koekmeelblom
1 blik (340 ml) bier
500ml beesvleisaftreksel
Voorverhit die oond tot 160°C (350°F). Bespuit n groot oondbak met kleefwerende kossproei.
Geur die beesstert met sout en peper en braai in verhitte olie en botter tot bruin. Skep in die voorbereide oondbak.
Sorteer die ui en wortels tot glansig en geur met die tiemie en salie. Strooi die koekmeelblom oor en meng goed tot sonder klonte. Giet die bier en beesvleisaftreksel by en verhit terwyl gedurig geroer word totdat die mengsel kook. Giet oor die beesstert en bedek. Bak 1 ½ tot 2 uur lank of tot vleis sag is en maklik van die bene af kom.
Dien op saam met stampkoring.
Genoeg vir 6 mense.
Foto en resep:  Marie Nieuwoudt




BLINDEVINKE

blindevinketested

BLINDEVINKE

Rump steak dun gesny en gekap tussen 2 lae plastiek met tenderizing hamertjie.
n vingerdik stuk cheddarkaas in die breedte geplaas
stukkies fyngesnyde knoffel swartpeper n klompie vars pietersielie takkies.
Plaas bogenoemde in die rumpsteak en rol styf op soos n worsie en bind vas met kombuistou op 3 plekke.
Sit in oondpan al die blindevinke en gooi bietjie kookolie, bietjie kookwater waarin so 2 teelepels marmite in gemeng is, bietjie worcestersous en bietjie brandewyn.
Braai met oop skottel in oond op so 185  grade C tot die blindevinke gaar is. Draai af en toe om. Sous is heerlik oor rys ook want van die kaas bak uit.

Dankie suzette




HEERLIKE BORSSTROOK IN SOUS

HEERLIKE BORSSTROOK IN SOUS
Bak eers jou sorsstrook  (brisket) in jou oond met sout en peper bedek of in ‘n baksakkie tot gaar, moenie bruin braai nie. Laat koud word en sny in dun skywe.
Sous:
2 uie gekap en gebraai in n bietjie botter
1 blikkie Coke Cola
1 pk sampioensoppoeier
1 kp van die vleissous van die borsstrook
1/2 koppie blatjang
1 koppie tamatiesous

Gooi alles bymekaar nadat jy die uie gebraai het. Gooi oor jou koue vleisskywe wat jy mooi regop gepak het in ‘n bak, laat die sous lekker tussen die skywe inloop. Plaas weer in oond tot dit goed deurwarm is.
Resep:  Elize van Zyl




BIEFSTUK IN BIERMARINADE

BIEFSTUK IN BIERMARINADE
6 biefstukke (T-been of kruisskyf)
1 suurlemoen (skil gerasper en sap uitgedruk)
1 ui (fyn gekap)
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
80 ml bruinsuiker
340 ml bier
5 ml mosterdpoeier


Plaas die vleis in ‘n enkellaag in ‘n marineerbak. Verhit bruinsuiker, bier, ui en mosterdpoeier, suurlemoenskil en sap saam tot kookpunt. Verminder hitte en laat vir 10min onbedek prut. Laat heeltemal afkoel. Giet marinade oor die vleis en marineer vir sowat 2 uur of oornag. Draai vleis gereeld om. Verwyder uit marinade, geur met sout en peper. Rooster tot verlangde graad van gaarheid. Kan riffelpan (rook warm) gebruik op die stoof of oor die kole. Bedien met sous van u keuse.
Wenk: Gebruik altyd baie goeie gehalte vleis




BEESSTERT IN KOFFIE GEKOOK

tested

BEESSTERT IN KOFFIE GEKOOK
1 kg beesstert
2  eetlepels olyfolie
100 g wortel, blokkies gesny
50 g uie , blokkies gesny
50 g seldery, gekap
2 koppies rooiwyn
1 koppie port
1 koppie sterk swart filterkoffie
6 koppies beesvleisaftreksel (4 – 6 blokkies)
sout en peper
1 elk lourierblaar, tiemie, pietersielie takkies of bouquet garni

Verbruin vleis in olie, haal dan uit en verbruin wortels, uie en seldery. Gooi rooiwyn in pot en kook vinnig vir 10 minute. Voeg dan aftreksel, koffie, port en beesstert by. Geur met sout, peper, en kruie. Verlaag temperatuur en kook stadig vir 4-5 ure tot sag en van bene afval. Bedien met kapokaartappels.
Heerlik verby!

Resep: Carol Elliott Claassen
Foto:  Rina Kleinhans
Nota:  Dit is vingerlek lekker, ek sal dit beslis weer maak.
Ek het net bietjie knoffel en rooi peppers bygesit, en het maskadel in die plek van die port gebruik. Ek sal dalk volgende keer my wortels eers bietjie eenkant kook en dit later bysit by die beesstert, net omdat hulle vir my baie donker raak in die sous, maar regtig ‘n resep om te probeer. Ek het klein mielietjies vir die laaste rukkie saam gekook. Ek het The Wolftrap Syrah rooiwyn gebruik.

Foto: Frances Smith
Het hierdie resep gister gemaak.
PS:
Het resep bietjie aangepas.
Was 2.5 kg vleis en ongeveer 500ml minder water.
Bietjie meer seldery, wortels en het klein mielies bygesit en opgedien met samp.
Vleis en groente aan bokant kom donker uit, miskien oor die koffie, het Douw Egberts gebruik.
Het in oond gebak op so 80°C vir omtrent 8-10 ure.




GOULASH

GOULASH
3 eetlepels koekmeel
2 teelepels sout
1 teelepel paprika
1 kg beesvleis in blokkies gesny
3 eetlepels olie
2-3 uie geskil en gekap
1 beesvleis blokkie opgelos in 1k kookwater
65 g blikkie tamatiepasta
3 eetlepels bruinsuiker
1 knoffelhuisie fyngedruk
1-2 lourieblare
2 heel naeltjies
250 ml of 300 ml Rooiwyn
1 koppie water of meer as nodig
5 wortels gesny

Meng meel, sout, paprika in mengbak en dek jou vleis daarmee
Verhit die olie en braai bietjies vir bietjie jou blokkies vleis daarin tot mooi bruin.
Voeg jou uie by en braai tot sag.
Voeg alles by en nou kan jy nog water byvoeg om te verhoed dat dit droog kook.
Skep alles in n oondpan en bak in jou oond vir so 1- 2 h tot jou vleis sag is.
Oond by so 160ºC
Nou kan jy room in roer of 100ml jogurt en gekapte pietersielie oorstrooi.
Om te Vries:
Maak gaar, laat afkoel, bedek en merk
Wanneer jy dit wil gebruik, ontvries en herverhit dit in die oond of jou mikrogolf oond
Foto:  Juanita Vermeulen‎
Ek het vanaand Goulash gemaak. Ek het die resep op die blog gekry en was heerlik
Nota: Al wat ek verander het van die resep:
Ek het die meel, sout, paprika en ‘n beef rub spice van een van die groot ketting winkels in ‘n sakkie gegooi en toe die vleis in die sakkie gegooi en geskud. Dit het die vleis mooi bedek. Ek het ook aartappels en mushrooms bygegooi waar die resep net praat van wortels. Verder het ek die resep presies gevolg
Baie dankie vir die deel




SMULLEKKER BEESSTERT

OXTAIL SONJA

SMULLEKKER BEESSTERT
1,25 kg beesstert
4 – 6 aartappels (geskil en gehalveer)
2 uie
½ koppie gerasperde wortel
Omtrent 250 ml water
15 ml margarien
10 ml kerriepoeier
3 ml sout
peper na smaak
60 ml asyn
30 ml blatjang
30 ml tamatiesous
30 ml heuning

Om die sous te maak:
Meng die sout, peper, kerriepoeier, asyn, blatjang, tamatiesous, en heuning in ‘n bak en hou eenkant tot benodig.
Gaarmaak:
Braai beestert en uie in margarien tot bruin.
Voeg water by en drukkook vir omtrent een uur.
Voeg aartappel en wortels by vleis. Voeg sous by vleis. Drukkook 15min. Haal deksel af en prut nog 20 min. Sous sal dan dik en bruin wees.
Foto: Sonja Young




BIEFSTUKBLOKKIE BREDIE

BIEFSTUKBLOKKIES
Vir Agrilla Pot gebruikers
600 g biefstukblokkies
1 ui
1 tamatie
3 aartappels
1 teelepel kerriepoeier
¼ teelepel borrie
1 eetlepel appelkooskonfyt
sout na smaak
1 koppie lou warm water
koekmeel

Rol biefstukblokkies in die koekmeel.
Plaas die blokkies in ‘n medium casserole.
Sny ui in skywe en sprinkel oor die biefstukblokkie.
Skil tamatie en sny in blokkies as ook sny aartappels in blokkies en strooi oor biefstukblokkie.
Meng kerriepoeier, borrie en konfyt met koppie lou water en giet mengsel oor die vleisblokkies.
Plaas bak met deksel in oond teen 180 ºC vir 45 minutes.
Haal uit en voeg die sout na smaak by.
Plaas terug in oond en bak vir 1 uur teen 160ºC.
Bedien saam met rys.

 

 




LAMB-BEEF-PORK STEW

LAMB-BEEF-PORK STEW
(Serves 4)
4 -6 lamb/beef/pork chops
1 large onion, chopped
1 red capsicum, sliced
1 green capsicum, sliced
5 medium potatoes, sliced
3 rashers bacon, sliced
1 jar Bolognaise sauce
5 cloves garlic, whole
4 carrots, sliced
1 pkt Mushroom soup powder
250 ml tasty grated cheddar cheese
Salt and pepper to taste

Sprinkle a tablespoon of the Soup powder in the bottom of the X/L Bowl. Then the Sliced Potatoes. Again a tablespoon Soup powder. Then the red and green capsicums, half of the bacon and the onion. Sprinkle soup powder. Then the sliced carrots and the garlic cloves. The rest of the soup powder, if any left Last the Meat and the other half of the bacon. Pour the Bolognaise sauce over and add the grated cheese. Cover the bowl and put in the oven. Switch the oven on at 160ºC and bake for 90 minutes or until done.

Recipe: Carol Elliott Claassen




BEESTONG MET MOSTERDSOUS

tong met mosterdsous elizetested

BEESTONG MET MOSTERDSOUS
1 kg beestong
1 klein ui
1 klein geelwortel
vars seldery of pietersielietakkies
knippie sout
4 peperkorrels
2 heel naeltjies
Sous
125 ml suiker
60 ml mosterdpoeier
30 ml koekmeel
250 ml kookwater
250 ml mayonnaise
125 ml witasyn
sap van 1 suurlemoen
Ongeveer 1 kp Vars broodkrummels

Kook die tong met die groente, geurmiddels en speserye tot sag.Verwyder die buitenste membraam en oortollige vet. Laat afkoel. Sny in skywe en pak in ‘n oondvaste bak.
Stel oond op 160°C.
Vir die sous:
Meng die droë bestanddele saam en voeg die res – buiten die broodkrummels – by. Kook stadig deur oor lae hitte. Giet sous oor skywe vleis in bak en strooi vars broodkrummels oor.
Bak 25 – 30 minute.
Wenk: Die gereg vries maklik en kan net voor opdiening teen ‘n lae hitte ontdooi word. Sit voor met ‘n lekker bros slaai.
Foto: Elize de Kock