LIEZL SE GEVULDE SIRLOIN STEAK

 sirloin steak gevultested
LIEZL SE GEVULDE SIRLOIN STEAK
Gereed vir môre se braai:
platgekapte sirloin steak gevul met spinasie, feta, rooi ui, crushed garlic, chilli flakes en gemaalde swartpeper.
Kap 250g (of maak ook nie saak nie) rou (nie gekook) spinasie fyn (so fyn as wat jy daarvan hou). Krummel 2 wiele (of so) olyf gegeurde fetawiele (of enige geur soos dit jou behaag). Meng daarby 3t chilli fkakes (of na smaak) en 3t (of weereens na smaak). Geur met sout en peper. Kap sirloin plat (so plat soos jy sterk voel) em vul met bg mengsel, bind met toutjies ( op foto). Bogennoemde is volgense skatting. Jy doen eintlik net wat jy wil. . Hoolp julle kook n wenner sirloin.
 Braai oor lekker warm kole tot na smaak
Liezl Louw



“KROKKETTEN” Krokette

franco se krokettetested

“KROKKETTEN” Krokette

600 g fresh veal (or use left-over chicken or turkey, 1lb 5oz) or 600 g beef (or use left-over chicken or turkey, 1lb 5oz)
salt and pepper
75 g butter (2 1/2 oz)
1 tablespoon vegetable oil
1/2 cup white wine
1 small onion, finely chopped
1 clove
2 bay leaves
1/4 teaspoon ground nutmeg or 1/4 teaspoon mace
2 sprigs parsley, finely chopped
3/4 teaspoon thyme
2 teaspoons lemon zest (or a squeeze of lemon juice)
2 cups water (or chicken stock)
40 g all-purpose flour (1.5 oz)
cornstarch
3 eggs, separated into yolks and whites
4 cups fine breadcrumbs (beschuit) or 4 cups crushed dutch rusks (beschuit)
vegetable oil, to deep-fry

If using left-over chicken or turkey, chop it finely and set aside. Continue with the recipe from Step 3, using stock to make the sauce rather than water, and add the chicken or turkey to the sauce.

If using veal or beef, season with salt and pepper to taste.

Place a large pan over medium-high heat and melt 2 tablespoons of butter. Add the veal or beef, wine, onion, clove, bay leaves, nutmeg or mace, parsley, thyme, lemon zest or juice and water. (Use chicken stock if you have chosen to use chicken or turkey.) Bring to a boil, then reduce heat and simmer for 45 minutes to an hour. By this time the meat should be tender (or if using poultry, the stock will be bursting with flavor).

Strain the stock and reserve, along with the meat. Finely chop or cut the meat into into small pieces.
Melt the remaining butter in the pan, stir in the flour and keep stirring for a few minutes on low heat. Don’t let it brown. Slowly and gradually add the stock and cook over moderate heat, stirring until the sauce is smooth and thick. Add more flour, or corn starch to thicken the sauce if necessary. Cool slightly and add the 3 egg yolks and mix well (reserve the whites for later).

Add the veal, beef, chicken or turkey, mix well and season to taste. The mixture should be thick and stiff by this time.
Set the mixture aside to cool thoroughly. When ready, cut or separate the stiff, thick mixture into rolls about 1.5″ thick and about 3″ long.

Spread the crumbs on a clean, dry chopping board. Slightly beat the eggwhites in a deep plate until just incorporated. Roll the croquettes through the breadcrumbs, then through the egg whites and again through the crumbs. (Make sure that the second coating of crumbs is even and thick and no meat mix sticks out, otherwise the croquettes may burst when being deep fried). Deep fry the croquettes in batches of four or five for about 4 minutes, or until they are golden brown. Drain on absorbent paper.

Serve hot, with French fries or fresh chunks of bread. The best way to season is to slather with mustard, as the Dutch do!

Jenny Nel Robberts
Foto: Franco Dippenaar –  het nie brood krunmels gehad nie toe gebruik ek sommer fyn gemaakte cornflakes. Werk net so goed.




WIETSKE SE KROKETTEN

tested
WIETSKE SE KROKETTEN
500 g kalfsvleis (seker maar bees, beslis NIE maalvleis NIE)
500 ml aftreksel (van die vleis wat sag gekook is)
60 g meel
60 g botter
1 ui, fyngesny
pietersielie
kerrie
sout en peper
neutmuskaat
eier
broodkrummels

Kook vleis tot sag. Braai ui in botter. Roer meel by en voeg dan vloeistof bietjie-bietjie by.
Roer elke keer goed tot ‘n gladde stywe mengsel verkry is. Voeg fyngesnyde vleis en geurmiddels by.
Verkoel goed en vorm dan langwerpige of ronde krokette (rond is dit “Bitterballen”).
Rol in droë krummels, eier en dan weer broodkrummels.
Bak in diep olie tot mooi bruin en “krokant”, dis waar die naam krokette vandaan kom.
Ek het het dit net een keer self gemaak, koop dit deesdae by iemand wat dit tuis maak en vries.
Dis baie makliker en ook heerlik.
Bron: Wietske Mioch Roux – My ma se resep




THAI PANANG CURRY GOULASH

thia panang goulashtestedcurry paste

THAI PANANG CURRY GOULASH

Hierdie het ek afgekyk by n restaurant en gister aand gemaak, my eie resep, maar ek moet my op die skouer klop, smaak amper net soos die restaurant sinne, so proe proe het ek dit baasgeraak. Dit gaan baie oor die sous want hulle bedien dit net so met n broodjie, die broodjie dip jy in die sous – heerlik
Ek het my goulash gespice en in olie bietie gebraai en in die stoompot sag gekook. In n ander potjie en ek fyn gekapte uie gebraai, toe die curry paste   (Thia panang curry paste in ‘n pakkie) bygesit en bietjie gebraai, daarna n blikkie (400ml) coconut cream (nie die melk nie) bygesit en so 2 eetlepels suurlemoen sap. Dit bietjie gekook, toe die goulash uitgehaal sonder die sous waarin dit gekook het, en dit saam die sous bietjie gekook, Eet saam brood wat jy in die sous dip. Heerlik, hier is n foto van die curry pasta wat ek gebruik het

 

Johan En Christelle Riekert




STEAK-SLAAI

1503443_10200526641406804_85300795_n

STEAK-SLAAI

Gigi Robinson

Rocket slaai blare, gesnipperde spring onions, baby red and yellow peppers, olywe, fetakaas, tamaties, avo, blikkie gesnipperde sampioene , vinnig gebraaide steak met ‘n drizzle balsamic glaze en slaai sous, skies vir die meng van taal!




TEXAN STEAK AARTAPPELDIS

texas steak aartappel distested

TEXAN STEAK AARTAPPELDIS

Texan steak(oor die kole gebraai).
Aartappels gekook in skil(soveel jy wil)
Ina paarman se witsous poeier
Pakkie spek
2 uie, fyngekap
Metode:
Kook vleis in drukkoker met net genoeg water om vleis te bedek vir so 10min,gooi water af.
Dit help om erge brand af te haal.(Die wat hou van sterk goed het nie nodig om dit te doen nie.)
Gooi weer bietjie water oor en sny spek in stukke en voeg by.
Kook vir 30min. Tot sag. Haal af.
Skep uit. Sit gekapteui in res van sous van die vleis en braai tot bruin.
Plaas alles met afgeskilde aartappel in by die pot.
Maak witsous met 1L melk in microgolfoond tot gaar.
Meng alles saam.
Rsper Kaas. Pak in 2 lae met kaas in die middel en bo op. Sit in die oond tot kaas gesmelt het.
Dit is regtig baie lekker!

Foto en resep geplaas deur Tania Pretorius




STEAK MET APPELKOOS WITWYN EN FETA

2013-12-29-steakmetappelkooswitwynenfetta

STEAK MET APPELKOOS WITWYN EN FETA

Onder het ek die appelkoossous en dan steak, mash,bacon en weer steak opmekaar met cherries wat saam steak gekook is. Jy moet maar genoeg cherries opsit om die suur van die appelkose uit te balanseer. Die appelkoos sous het ek soos volg gemaak. So 6 appelkose deurgesny en gebraai in halwe koppie botter. Teelepel knoffel en halwe koppie suiker. Toe dit deurgebraai is het ek n koppie witwyn bygegooi en dit gekook tot helfde wegekook is. Dit met plunsher fyngemaak. Daarna toe gooi ek n hele blok pepper feta kaas by. Kyk jul weet nou teen die tyd ek maak my eie mengsels  en weet nie altyd of dit gaan werk nie. Die was n interesante kombinasie. Ek dink dis nou n regte Hilda van 7de laan se soet suur kombinasie LOL

Marian van Deventer O ja het die steak in “ega” gaargemaak. Dit is rooibostee,pomegrate en green grape mengsel

BRON- Marian van Deventer




BEES CARPACCIO

1497801_10152076742109356_1743829018_n

BEES CARPACCIO
140 g beesfilet
10 ml olyfolie
1 t growwe sout
1 t varsgemaalkde swartpaper
125 g knopie sampioene in dun skyfies gesny! (Ekt nie nie in gesit nie)
1 k roket blare (ht nie dit in gesit nie)
50 g parmesaanskaafsels
vars gemaalde sout en peper vir opdiening

Sous:
60 ml olyfolie
60 ml suurlemoen sap (ekt balsamic asyn gebruik)
sout en peper

Smeer die filet met olyfolie en rol in growwe sout en peper!
Verhit n pan rookwarm en verseël die filet aan weerskante! 2 min aan ‘n kant.
Laat goed afkoel.
Meng solank alles vir sous.
Sny die afgekoelde filet in dun snytjies! Plaas op kleefplastiek en rol dunner! Moet omtrent dubbel die groote wees as waarmee jy begin het!
Om voor te sit pak die vleis in ‘n mooi opdien bord! Sprinkelsous oor en parmesaan skaafsels! Maal sout en swartpeper oor!!

Foto: Benhet Nieuwenhuis

Nota: Benhet Niewenhuis
As ons gaan jag dan gee ek die boude in by die slaghuis hulle rook dit en sny dit milimeter dun! Dan seel ons porsie grotes en vries! Dan wanneer ons dit wil eet dan ontdooi ons dit en sit op bv feta en uie of mushrooms of capers of waarvan jy hou! Dan strooi ek fyn mozzarella kaas oor en sout en peper en dan bedien ek dit met balsemik asyn en olyf olie! Die bees carpaccio maak ek wel self want hy word nie gerook nie! Hy is op ons blog




MARIAN SE OORSKIET STEAK ONTBYT

oorskiet steak mariantested

MARIAN SE OORSKIET STEAK ONTBYT

Dis nou as jy oorskiet steak het van vorige aand se braai. Het dit net in skywe gesny en in pan gebraai met knoffel, grasuitjies en coctail tamaties. Net lekker warm gemaak want dit is mos gaar en toe gooi ek balsamic en rosemary glaze by

Marian van Deventer




BEESVLEIS EN BOTTERSKORSIE KERRIE

 beesvleis en botterskorsie kerrietested

BEESVLEIS EN BOTTERSKORSIE KERRIE
45 ml olyfolie
1 kg bees platrib stukkies
2 groot uie gekap
7.5 ml borrie
20 ml kerriepoeier
30 ml bruinsuiker
500 ml beesvleis aftreksel
Sout en peper
5 ml vars tiemie
5 ml gemaalde koljander
2 groot aartappels in blokkies
500 g botterskorsie blokkies

Verhit olyfolie en verbruin vleis
Voeg uie by en soteer tot goudbruin
Voeg borrie en kerrie by en braai 2 min
Voeg suiker, aftreksel, geurmiddels en kruie by en prut 45 min of tot vleis sag is
Voeg aartappels en botterskorsie by en prut nog 30 min tot sag
Resep en foto:  Elsa Van Antwerpen Kleinhans