DULCAN DWYER SE BEESSTERT-POT

1898284_10203414507908481_930977963_n

DULCAN DWYER SE BEESSTERT-POT
Braai die beesstert liggies in bietjie olie.
Gooi ongeveer 250 ml rooiwyn oor.
Laat dit lekker deurkook.
Spesery die vleis met sout en peper. Ek verkies Sixgun speserye.
Sny so 4 groot uie in ringe en voeg by pot.
Gooi ongeveer 750 ml warm water met oxtail ekstrak blokkie wat gesmelt is asook 8 naeltjies in pot.
Kook vir 1 uur.

Voeg ‘n klein houertjie tamatiepasta by asook knoffel na smaak.
Kook verder oor baie lae hitte (ek verkies gas) vir 2 ure.
Voeg lekker klein aartappeltjies by en kook tot sag.
Meng so 2 koppies blatjang met halwe koppie tuisgemaakte appelkooskonfyt en voeg by.
Kook deur en geniet die pot met ‘n lekker glasie Roodeberg.
Resep en foto: Stompie Theron Borman




BEESPENS (TRIPE) IN TAMATIESOUS

2014-02-12-picture1

BEESPENS (TRIPE) IN TAMATIESOUS
Julle gepratery oor pap noop my nou om hierdie resep te plaas want dit soek om saam met pap te eet. Ek plaas twee fotos. Een met rys en een met spagetti. Ek het ongelukkig nie een met krummelpap nie, maar julle kan maar self besluit hoe lekker dit sal saamgaan.
1 kg afval (tripe)
olie om in te braai
1 groot ui
2 stingels tafelseldery
2 wortels
2 knoffelhuisies
1 teelepel basil
1 teelepel oreganum
een blik gekapte tamaties
1 eetlepel tamatiepasta
sout en peper na smaak
1 eetlepel suiker
½ koppie rooiwyn
½ koppie water
1 blokkie beesekstrak
60g Parmesankaas. Meer of minder volgens jou smaak.

Spoel die tripe deeglik af en sny in repe van ongeveer 8cm x 2cm. Plaas in ‘n kastrol en bedek met koue water. Bring tot kookpunt en dreineer. (Op hierdie punt stoom ek die tripe tot sag of anders moet jy dit ten minste vir ‘n uur kook, of later, volgens die resep vir ten minste 2 ure in die oond bak.) Verhit die olie in ‘n kastrol en roerbraai die gekapte ui, gekapte wortels en seldery tot die ui sag is. Voeg die fyngemaakte knoffel, basil en oreganum by en roer goed deur. Kook vir ongeveer 3 minute. Voeg die tamaties by die inhoud van die kastrol, saam met die tripe, tamatiepasta, sout, peper en suiker. Meng goed en kook vir nog 5 minute. Voeg nou die wyn, water en gekrummelde ekstrak blokkie by en bring weer tot kookpunt. Verwyder van die hitte en gooi die mengsel in ‘n oondbak. Bedek en bak in ‘n medium oond vir 30 minute. (Indien die rou tripe gebruik is, is die baktyd 2 uur lank.) Roer die Parmesankaas daarin of bedien dit apart saam met die gereg. Bedien met rys, pasta, Koes koes of KRUMMELPAP.

Resep en foto:  Adam Cloete




BOERTJIE OP ‘N STOKKIE – BOEREWORS

2014-02-09-1898075_10152170521309356_433789669_ntested

BOERTJIE OP ‘N STOKKIE – BOEREWORS

300ml geelmieliemeel
150ml koekmeel
7ml bakpoeier
Sout en peper
5ml BBQ spice
Meng 2 eiers met 200ml melk en klits en meng met droe bestandele
Sit gaar wors op stokkie
Rol in meel en dan in beslag
Braai in olie tot goudbruin
Bedien met mostert!
Ekt myne net ni op n stokkie gesit nie! Soma net sulke kort stukkie gesny!
Baie lekker

BRON: Benhet Nieuwenhuis




BOERE SULT

2014-02-05-picture2tested

BOERE SULT

Die beestong af “geskil” ( gekook net met sout)
Bietjie origanum, en pietersillie oor gegooi en gemeng..
EN TOE krap ek daai TAAI lymgekookte haakskeen senings daar by in,
en laat afkoel…

Bron: Stefaans Blaauw

Nou eet jy dit saam met Linda Venter, se TUISGEMAAKTE mostert…

Tuisgemaakte Kondensmelk Mosterd
1 blikkie kondensmelk
125ml bruin asyn
2-3 teelepels gelykvol mosterd poeier

Meng goed en laat staan oornag
Lekker op ‘n stukkie vark of koue lamsboud , beestong , kouevleis




KERRIE BEESPOTE EN WANGVLEIS MET AARTAPPELS EN RYS

2014-02-05-1010385_10202832274318261_2062657006_ntested

KERRIE BEESPOTE EN WANGVLEIS MET AARTAPPELS EN RYS
1.5 Kg Beespote en wangvleis
2 medium aartappels
1 groot ui
2 eetlepels blatjang of appelkoos konfyt
1 eetlepel braai speserye
1 eetlepel sout
1 teelepel peper
1 teelepel kerrie poeier
1 teelepel Borrie
½ teelepel pietersielie
2 eetlepels asyn

Kook die beespote en die res van die vleis saam met alle speserye in ‘n stoompot totdat dit begin sag word.
Voeg dan die aartappels en die uie in en kook in die stoompot vir nog n half uur, tot 45 min.
Wanneer alles lekker sag is…

dan skep jy die RYS, VLEIS, EN AARTAPPELS, en EET!!!

Bron: Stefaans Blaauw




ROOIWYN EN KORTRIB RAGU MET PENNE

2014-02-03-1794669_229828163869689_1848823442_ntested

ROOIWYN EN KORTRIB RAGU MET PENNE

+/- 1,5kg kortrib
olyfolie
1 groot ui in ringe gesny
250 g sampioene
10 ml knoffel
1 Bief stockpot
Teelepel tamatie pasta
Halwe bottel rooiwyn (Ek gebruik Merlot)
Gemaalde koljander
Vars gemaalde swartpepper en sout na smaak
Basil
Oregano

Braai kortrib, knoffel, sampioene en uie tot bruin in olie.
Voeg res van bestandele by en bedek met water.
Kook stadig vir 3 na 4 ure. Voeg water by indien nodig.
As vlies sag is en uitmekaar val laat ek die pot oop staan en al die vloeistof wegkook dat daar ‘n lekker taai bruinerige sous vorm. ( Maak myne soos baie ander goed in 3poot pot)

Bedien op penne of pasta van jou keuse.

Bron: Bonita Wright




STOOFVLEES VOOR BIJ PATAT/RIJST

 

2014-02-01-stoofvleesvoorbijpatatrijst

STOOFVLEES VOOR BIJ PATAT/RIJST

500 gram rundvlees
1 uit
Potje champignon gesneden
125 gram spekblokjes
1 tl peper
1tl shoarma kruiden
1 tl paprika poeder
1 tl rode peper
1 tl zout
2 eetlepels tomaten ketchup
2 eetlepel curry
1 eetelepel ketjap manis
1 eetlepel ketjap asin
1 eetlepel bloem

Snij het vlees klein doe de kruiden er om en en bloem en doe is in boter rond om bruin bakken,
voeg de spekjes champigon en uien toen en laat dit even goed door warmer,
voeg de ketchup,curry, ketjap toe en roer dit goed door,
een kop water toe en roer dit goed door, laat dit een uur of 2,3 uur sudderen
is de saus te dun voeg dan maizena toe

BRON- Annet Geelhoed




BEESFILLET GESTOP MET FETA EN PEPPADEW

2014-02-02-1016569_637849502943141_1196420946_ntested

BEESFILLET GESTOP MET FETA EN PEPPADEW
Neem een lekker beesfillet en sny hom oop en vlek so groot as wat moontlik is sonder om gate in te sny of steek.
Besprinkel die binnekant met Six Gun speserye.
Krummel 3 skywe feta kaas en knip Peppa Dew met sker. Meng alles saam en pak in fillet.
Vou die fillet netjies toe en trek rek tou bo oor.
Braai dit liggies bruin in plat swartpot en spesery die hele fillet aan buitekant met dieselfde speserye.
Braai ek dit oor kole tot gaar
Bron: Dulcken Dwyer




MARYKE SE SLOW COOKER POT ROAST

12688_3906767483152_675032056_n

MARYKE SE SLOW COOKER POT ROAST

Ek het gister die geheim geleer. Braai so twee of drie uie.

Haal uit en plaas eenkant (Verskoon my Eng. en Afr so deurmekaar.) Rol jou vleis in meel en speserye van jou keuse en braai in dieselfde pot in klein bietjie olie. Sny wortels en plaas onder in jou slow cooker.

Plaas nou die gebraaide stuk Bees vleis bo op die rou wortels.
Gooi water in die pot wat jy gebruik het, So n koppie vol, nie meer nie ander is die liquid te veel.
Kook vir so 1 minute, en gooi bo oor die vleisie.
Strooi nou die gebraaide uie bo op en sit die deksels op.

Ek het dit op hoog gehad vir twee ure en toe af gedraai na slow vir 10 ure. Ek sal beef nooit weer anders gaar maak nie………

RESEP EN POT FOTO: Maryke Nel McCaig
2de Foto: Kotie Van Heerden – Dit was “uit die boonste gestoeltes”!!!!!




KORTRIB IN DIE OOND (shortrib)

kortrib in die oondtested

KORTRIB IN DIE OOND (shortrib)

Ongeveer 1.5kg vleis. Afgevee en in kleiner stukke gesny. Gooi omtrent koppie water om bodem te bedek. Plaas vleis in pan. Sny een groot ui bo-oor sprinkel met peper  en worcester spice of uit die bottel. halfpad deur kan jy besluit om sout aan te pas na smaak. Sprinkel n pakkie bruinuie sop droog oor en n blik tamatie uie smoor ( die een met die greenpeppers in)  oor.   Kan ook chakalaka gebruik

Maak toe met dik foelie en sit in oond by 200 gr vir 20 min en stel laer na 180grade tot gaar. Wanneer gaar en jy verlang bruiner vleis grill liggies. Bedien met varsgebakte brood of op mash of soos verkies…. Geniet

Daleen Terblanche