IDEES VIR TENDERISE STEAK

2014-04-26-ideesvirtenderisesteaktenderised steak florencetested

IDEES VIR TENDERISE STEAK
Foto van Myrtle se resep deur Florance Grace Louw
FOOD LOVERS RECIPES

Hettie Jacobs Saam met ‘n lekker room sampioensous (wat jy self maak met skyfies gebraaide sampioene, room en sampioensoppoeier) en Asian Stirfry!! “Jy sal jou lippe afkou!” haha Geniet dit.

Estelle De Villiers Olivier Ek sny myne in repies, geur, rol in meel en bak in vlak olie, draai om, dit is heerlik crisp buite-om en doeksag en sappig binne.

Dawn Ceronio Stadig gebraize met lekker baie uie, op ‘n kraakvars broodrolletjie met slaai op ….yummmmeeeee!

Manda Barnard Gebraai op baie warm hardehout kole, medium rare, sny in repies en eet direk van kole af met suurlemoensap en sout na smaak.

Melanie Brass lekker gebraai, maak yorkshire poeding groot gebak in oondpan, sny steak in repies pak in yorkshire poeding wat bedek is met blaarslaai, tamatie, uie ens en lekker mayonnaise of mosterd sous. Rol op en eet soos ‘n wrap. Mmmmm heerlik!

Joey Brummer Ek sny beeskook ook in repies doop in geklopte eier dan in koekmeel wat ek alles en nog wat ingooi. Braai tot goudbruin buite.

Myrtle Lombard Niemann Meng tamatiesous, chutney, en Worcester sous saam met fyn gerasperde uie en tamaties, gooi sout en pepper by, meng alles saam gooi oor die tenderized steak, bak in oond vir ongeveer 1 uur of tot vleis sag is. Bedien met mashed potatoes en ertjies. Gooi dan sous van vleis bo-op mashed potatoes en bedien met ‘n vars groen slaai. HEERLIK!
Foto van Myrtle se resep deur Florance Grace Louw
Florence Grace Louw: Dankie Rina Kleinhans en dit is die reseppie… steak heerlik sag!




BEESVLEISPASTEI

beef pie

BEESVLEISPASTEI

Die resep is net braai uie, garlic en dan shin tot bruin. Gooi water oor met een stock blokkie en spices na jou smaak. Kook tot sag en voeg dan wortels en aartappels by. Kook verder en maak ‘n lekker sousie en kook vir so 10 min gooi in bak en sit readydow oor en smeer met mayo. Bak tot bruin op 180 grade

Bron: Marlene Minderon




ROAST BEEF WITH THYME PATATOES

 tested
ROAST BEEF WITH THYME PATATOES
Method:
Flavour roast beef with spices and olive oil as desired and cook in the Weber on 180 deg C for 1,5 hours for medium/rare.
Chop medium-sized potatoes into quarters.
Drizzle with olive oil and coarse ground salt.
Chop freshly picked Thyme (preferably from the garden) and sprinkle over the potatoes.
Bake in the oven on 200 deg C for 40 mins.
Make a green salad and serve. Enjoy!
 Source: Nathan Krumm



CHRISTA SE FILLET IN ‘N BAKSAKKIE

tested

CHRISTA SE FILLET IN ‘N BAKSAKKIE
Hierdie resep het nou fantasties geproe… ek deel dit graag: Smeer die Fillet met Red Meat Spices in en sout en peper na smaak, druk 2 opgekapte knoffelhuisies in die fillet in, en dan sny jy twee uie op en braai tot sag, gooi dan die volgende bestanddele by die uie en laat prut vir 1 minuut:
1/2 koppie blatjang
1/2 koppie tamatiesous
30 ml worcestersous
2 eetlepels suiker
2 teelepels (Ricoffy) koffie
2 eetlepels suurlemoensap

Sit  die Fillet in ‘n braaisakkie, en bedrup dit met die sous, maak seker die hele Fillet is bedek met die sous, sit die sakkie met fillet en sous in die oond en bak 3 – 4 ure of soos verlang, dit het sappig en souserig en heerlik uitgekom… ‘n moet om te probeer
Resep:  Christa Fourie
Foto: Diane Roode Hancox
Ek het die Fillet toe gedoen, die resep van Christa. Ek het net Sweet Chille Sauce by gevoeg en dit in my Argilla Bak, gebak… 2 en half uur. Sooooo sag en sappig, wou uit mekaar val.. los ek dit in die sous tot heel te maal afgekoel. Heerlik. Die kinders in gestap en vra wat ruik soooo lekker… hulle was mal oor die sous




MAALVLEISPASTEI

2014-03-25-maalvleispasteitested

MAALVLEISPASTEI

Alhoewel ek hierdie pastei in die mikrogolf gemaak het, sal ek dit in die vervolg maar liewer in die oond doen. Pas op vir te lank in die mikrogolf. Na die 35 minute het die kors vir my nog nie gaar gelyk nie, en toe maak ek die fout om dit vir 15 minute langer op hoog in te hou. Resultaat…..kors het begin aanbrand aan die kante.

500g maalvleis
3 gekapte uie
3 gekapte tamaties
1 gekapte groenrissie
1 klein blikkie tamatiepasta
250g sampioene in skyfies gesny.
110g bacon stukkies.
Sagte kors beslag (die resep op die blog by Adam Cloete se Beesvleis en Rooiwyn pastei)

Braai die gekapte uie en bacon tot die uie deurskynend is. Voeg die maalvleis by en braai tot dit verbruin het. Roer die tamatiepasta by en prut vir ‘n verdere 5 minute. Voeg die tamaties, groenrissie en sampioene by en kook tot die groente sag is.

Skep in ‘n oondbak en voeg die sagte kors beslag oor. Laat van die beslag aan die kante en in die middle van die vleismengsel inloop. Bak in die mikrogolf vir 35 minute op hoog of in die oond by 180ºC vir 35 minute.

BRON-ADRIAN OLIVIER

FOTO- ADAM CLOETE




DESMOND SE TOPSIDE

tested

Vries die snit, maar voordat hy gevries word, stop hom met spek en wortels. Smeer hom met ‘n lgie van ‘n mengsel van mosterd en appelkooskonfyt. Draai goed toe in alluminiumfoelie en vries.

Die aand voordat die stuk geniet gaan word, haal uit die vrieskas, plaas dadelik in oond wat op 110º C gestel word.

Hy sal die volgende oggend gaar wees. Sny nou die foelie oop en laat hom rooster om ‘n bruin lagie te kry en die bonus is dat hy lekker saqppig is en die sous is ook nog daar!

BRON- Desmond Landsberg




MUSHROOM AND SPINACH MEATLOAF

2014-03-19-mushroomandspinachmeatloaftested

MUSHROOM AND SPINACH MEATLOAF
1 egg, lightly beaten
1/2 cup onion
1/2 cup tomato pesto or tomato sauce
1 cup mozzarella cheese, shredded
1/2 Parmesan cheese (grated)
1/2 cup spinach, chopped, drained
500g Ground lean beef
more or less 10 Mushrooms, finely chopped

Preheat oven to 180ºC.
Add all of the ingredients except for the ground beef in a large bowl and mix well.
Mix in the ground lean beef.
Portion mixture into your casserole dish.
Bake uncovered for about 30 minutes.
Remove from oven.
Notes
This meatloaf recipe can be cooked in cupcake or muffin tins. Meatloaf freezes exceptionally well, before and after it is cooked. Eat within 2 months of freezing for the best quality.
Serve with a nice big salad or vegies…

BRON- Jacqui Landsberg Botma




“WARM” CURRY BUNNY CHOW

bunny chowtested

“WARM” CURRY BUNNY CHOW

500 g bees blokkies, sonder been
1 koppie koekmeel
Cajun spice
Garlic en hearb spice
sout en peper
1 pakkie royco durban curry dry powder cook in sauce
250 g mix veggies
1 ui
2 aartapals
200 g mushrooms

Sny ui en mushrooms in blokkies en braai tot sag.
Sny aartapal in blokkies en kook tot sag.
Meng koekmeel, sout ,peper en garlic en hearb bymekaar en gooi vleis in droë mengsel(coat al die blokkies mooi)
Vlakbraai die vleis tot half gaar.
Gooi alles in kastrol en gooi 600 ml water oor, saam met dry curry poeier. Laat kook en roer aanmekaar. Verminder die hitte en laat simmer vir 30 minute. Gooi nou die mix veggies vby ek kook ‘n verdere 10 minute.
As dit te warm is gooi 3 eetlepels apelkoos konfyt by.
Sny nou jou brood in gelyke dele en hol uit. Skep curry in en geniet.

Foto en resep geplaas deur Johan Cremer



COUNTRY HOT POT

country hot pottested

COUNTRY HOT POT
500 g beesvleis in blokkies gesny
1 gekapte ui
170 g wortels in stukkies gesny
100 g baby marrows in stukkies gesny
400 g aartappels in blokkies gesny
250 g sampioene
1 teelepel oreganum
1 pakkie Country Hot Pot dry cook in sauce

Verbruin die uie en vleisblokkies in warm olie vir ongeveer 5 minute. Voeg die res van die groente, behalwe die sampioene by en roerbraai verder vir 5 minute. Voeg 500 ml koue water asook die inhoud van die pakkie Hot Pot en die oreganum by en bring tot kookpunt terwyl dit aanmekaar geroer word. Verminder die hitte en laat prut onbedek vir ongeveer 35 minute. Roer nou en dan om te keer dat dit aanbrand. Indien die vloeistof te min raak en die sous te dik, kan bietjie water bygevoeg word. Voeg die sampioene by ongeveer 10 minute voor die kooktyd om is.
Resep en foto geplaas deur ADRIAN OLIVIER




HEERLIKE GOULASH

Heerlike Goulashtested

HEERLIKE GOULASH

Neem 1/2 koppie koekmeel, voeg sout en peper en watter speserye jy ook al wil by, ek het koljander en komyn bygevoeg. Gooi die blokkie vleis by die meel en skud goed tot bedek. Braai die blikkies in olie tot bruin. EK het seker gemaak dat ek elke keer wat ek die blokkies vleis uit die olie haal ek die pansappe oor die blokkies gooi.
Braai intussen jou uie en ek het twee toontjies knoffel by die 4 gesnyde uie gevoeg tot glasig en sag. Voeg die vleis by uie en braai nog effens. Toe het ek ‘n blokkie aftreksel in ‘n koppie kookwater opgelos en bietjies-bietjies by die vleis gegooi. Toe ek voel die vleis begin sag raak het ek het eers 2 wortels in stukke gesny en 2 aartappels in blokke gesny bygevoeg en toe later die wyn want ek was bang die wyn kleur die aartappels en stadig laat prut
Bron en Foto:  Mara van Zyl