EENSKOTTELGEREG MET BEESVLEIS EN RYS

FLR BB Template
EENSKOTTELGEREG MET BEESVLEIS EN RYS
olie vir braai
2 groot uie, in ringetjies gesny
sout en peper
500 g beesvleisblokkies
150 ml blatjang
250 ml ongekookte rys
1 blik (410 g) minestronesop
1 blik (250 g) room sampioene
350 ml kookwater
Voorverhit die oond tot 180°C.
Soteer die uie in die olie.
Geur die beesvleisblokkies en braai effens bruin in bietjie olie
Bespuit ‘n oondvaste bak met kossproei en pak die bestanddele in lae daarin, eers die uie, dan
beesvleisblokkies, blatjang, ongekookte rys, sop en sampioene. Giet laastens die kookwater oor.
Bak ongeveer ‘n uur lank of totdat die vleis sag en die rys gaar is.

BRON- Cecilia Bedser




GESTOOFDE BEES KORTRIB

gestoofde kortribtested

GESTOOFDE BEES KORTRIB

Ongeveer 1 kilogram bees kortrib
2 eetlepels olie
1 koppie water
1 blikkie gekapte tamaties
1 fyngemaakte knoffelhuisie
4 aartappels geskil en in blokkies gesny
1 groot gekapte ui
3 groot gekapte wortels
Ongeveer 1 koppie meel
Sout en peper na smaak

Meng die meel met die sout en peper en bedek die ribbetjies daarmee. Verhit die olie in ‘n groot kastrol en braai die ribbetjies tot dit goed bruin is aan alle kante. Voeg 1 koppie kookwater, die tamaties en die knoffel by. Verlaag die hitte en laat prut vir ongeveer 1 uur. Voeg meer water by indien nodig.

Voeg die aartappels, uie en wortels nou by in die kastrol, saam met nog sout na smaak. Laat prut vir ongeveer nog 30 minute of tot die groente sag is. Verplaas die vleis en groente na ‘n opdienbak. Gebruik van die meel wat oorgebly het toe die vleis daarin gerol is en los 1 ½ eetlepel meel en 2 eetlepels water op vir elke koppie vloeistof wat oor is in die kastrol. Roer dit by die sous in die pot in tot dit verdik en giet oor die vleis en groente.

Foto en resep geplaas deur Adam Cloete




REGTE WIENER SCHNITZEL MET KALFVLEIS

wienertested

REGTE WIENER SCHNITZEL MET KALFVLEIS

By ‘n regte Wiener Schnitzel met Kalfvleis maak die panade ‘n bubble om die vleis.
Eers in die melk eier mensel en dan in die meel, terug in die eiergeelbad met melk en dan in die krummels. Nie in die yskas nie want dit maak die panade klam en dit braai uit in ‘n disaster.
‘n Regte Wiener Schnitzel word in varkvet uitgebraai.

Beatrice Trisha Diepold




BIEFSTUK IN VARKSPEK (STEAK IN BACON)

BIEFSTUK IN VARKSPEK (STEAK IN BACON)

Gekapte (tenderized) Biefstuk
Bacon
Worchestersous
Braaivleisspeserye of
Sout en Peper
Knoffel (opsioneel)
Tandestokkies
Toeknyprooster
Sprinkel Worchestersous weerskante van die biefstuk en laat rus vir ’n ½ uur.
Stop met stukkies knoffel indien verkies. Strooi Braaivleisspeserye of sout en peper oor. Onthou daar is reeds sout in die bacon ook.
Draai biefstuk toe in bacon en steek die punte plat vas met tandestokkies.
Sit in toevourooster en braai oor kole. Toets maar deur ’n hoekie af te sny en te kyk of die vleis gaar is.
Dien op met mieliepap of braaibroodjie en geroosterde sampioene.

BRON- Gert Peens

 




BATESKA

BATESKA

Hier is die resep soos aan my deurgegee: Beesvleis repies nie te lank nie en nie te dik nie. Uie, knoffel en gedroogde rissie braai saam en voeg die vleis by en braai net tot geseel, gooi nou rooiwyn en knoffelsous by. Ek het tamatie gekap en dit ook by gesit laat dit net n rukkie prut en bedien saam met droe brood die rissie moet na smaak wees en onthou asseblief die sout. Dit is veral n manne dis

BRON- Bets Lourens




PESTO FRIKKADELLE

 Pesto Frikkadelle
PESTO FRIKKADELLE
500g gemaalde vleis (bees)
Meng met n halwe koppie broodkrummels en 60ml pesto (my eie aangemaak)
1 eier en n halwe koppie parmesaan kaas!
Knypie sout
Vorm klein bolletjies en braai in n braaipan vir so 12min
Na die 12min maak n koppie bees aftreksel aan meng 30ml pesto by en gooi oor frikkadele! Laat lekker koop!! Haal van hitte af en gooi n halwe koffie room by!!! Laat deur warm word en bedien!!!!
Baie lekker!!!!!!!
Bron en Foto:  Benhet Nieuwenuis

 




MUSHAVI BRANDEWYN FILLET

FLR BB be the first to give us a photo!!

MUSHAVI BRANDEWYN FILLET

Neem een lekker fillet en rol hom in olyfolie en kikoman soyasous. Net genoeg om die vleis goed nat te maak. Sprinkel mildelik vars roosmaryn blaartjies oor asook geknipte baby springonions, fyn gekape knoffel en growwe swartpeper. Doen maar na gelang van smaak. Rol die spulletjie weer bietjie en laat rus vir so ‘n uurtjie. Braai dan op warm plaat of rooster bo kole. Julle weet mos nou rare tot medium. Plaas op warm plaat indien nog nie en strooi swart of wit mostertsaad oor asook gekrummelde bloukaas of alternatiewelik parmesan. Rol om en bak net vinnig liggies alkante wat albei bestrooi is. Gooi dan genoeg brandewyn oor en steek dadelik aan die brand dat die alkohol verslaan, sorry! Dien dadelik op en geniet!!

BRON- Deon Huysamen




SLOW COOKED BEEF AND LENTIL CURRY

10294472_10203927132363720_507094523573937799_ntested

SLOW COOKED BEEF AND LENTIL CURRY

Vanaand se aandete was ‘n slow cooked Beef and Lentil Curry gemaak met my durban curry spices…beste ooit wat ek dit al gemaak het. Het dit bedien met poppadums, basmati rys, pickled vegetables, natural yogurt en coriander.

Ek het ‘n topside beef roast gevat en in blokkies gesny. Het beesvleis en uie verbruin en dan het ek al die speserye gebraai, ek het kerrie mengsel en garum masala, mostersade, curry seeds, star anise, cinnamon sticks en bay leaves gebruik en borrie gebruik. Speserye gebraai en toe fyngekapte uie en garlic en ginger en tamarind paste bygevoeg. Toe al die vleis en uie teuggesit in die pot en ‘n groot blik gekapte tamaties bygevoeg met lensies en water en sout en pepper en stadig laat prut vir 3 ure. Bedien saam met basmati rys, poppadums, pickled vegetables, natural yoghurt en coriander.

Source: Leanne Thurston Coetzer 




MURGSAGTE SIRLION

2014-05-04-murgsagtesirlion

MURGSAGTE SIRLION

Hoofmaal, Kalf sirloin met Kapokartappels en Blomkool met karamaliseerte limetten.

Met pepper en koljander gegeur en daarna in 1 eetlepel botter en 1 eetlepel olyfolie die vleis vir 2 minute aan elke kant op hoe hitte geseël. Daarna 5 minute by 160°C gebraai en die oond afgesit en deur oopgemaak. Toegemaak met foil en 5 minute laat rus. In die rustydperk intensiveer die sous.
Adam Cloete Beatrice, as jy sê “gebraai” bedoel jy onder die rooster?
Beatrice Trisha Diepold, Ja onder die rooster.




BEESSTERT WENKE

2014-05-03-beesstert
BEESSTERT WENKE

Pieter Coetzee:
Braai eers bruin in pot. Gooi koppi rooiwyn en uie saam in warm pot, nou n koppie vleis aftreksel met teelepel gemende kruie, en laat kook vir 3ure. Proe vir sout en peper en pas aan. Ons gooi ook n blikkie gekapte tamaties by en los vir n uur. In totaal ongeveer 3 ure.Proe gereeld.

Rachel Ras :
As jy n slowcooker het…marineer en garneer die beesstert na smaak en sit deurnag in jou slowcooker! Heerlik sag en smaaklik!

Hanlie Grobbelaar :
Ek kook myne met n hele bottel rooiwyn. Braai bruin saam met uie en knoffel dan gooi ek n bottel goeie rooiwyn in. Top op met water of aftreksel as dit droogkook. Kook stadig vir 2-3 ure en voeg dan die aartappels en groente by. Dit maak ‘n dik donker sous. Ek het al n potjiekos kompetisie gewen met hierdie resep!

Elrika Lesch
Nuttelose inligting : Wanneer Beesstert op n billike aanbod te koop is…. koop ek n paar pakke … stoom dit in my drukpot vir 20 minute ….. Skep ergste vet af en skep beesstert en sous in ZIPLOCK FREEZER sakkies …. Seel lugdig en vries. Wanneer jy vir n lekker pot lus kry hoef jy net groente by te gooi en goed deur te kook … 30 minute max

Petro Borchard
Ek maak altyd ‘n hele slowcooker vol wanneer ek oxtail kook. Laat afkoel wanneer dit sag is en skep die vet af. Ek vries dit wat te veel is met genoeg sous, voeg groente by die res en kook tot dit verder. Soos meeste stews verbeter dit ook deur die word-vervolg metode.

Karen Neethling Vd Merwe
Ek hou daarvan om die lekkerny te laat afkoel deur die nag, die harde vet af te skep die volgende dag en dan begin ek hom weer, met bietjie brandewyn en coke 😉 en bedien met stampkoring.