FILLET STEAK PAKKIES

steak pakkiestested

FILLET STEAK PAKKIES

In die middle is mash met kaas gemeng. Fillet baie dun gesny, is om die mash vulsel gedraai met bacon.
Het in die oond geplaas teen 150°C. Dit word vinnig gaar, want die fillet is baie dun gesny.

Gouws Maritsa




BEGRAFNIS SIRLOIN

2014-07-02-begrafnissirlointested

BEGRAFNIS SIRLOIN
(met gebraaide kerrie uie)
± 300 g sirloin
olyfolie en bruin asyn, vir smeer
botter om in te bak
2 groot uie, in blokkies gesny
Neem die sirloin, smeer met die olyfolie en bruin asyn en bak in ‘n warm pan met BOTTER vir 3 minute elke kant.
Braai die uie in olyfolie.
Wanneer die uie begin bruin raak voeg by:
1 teelepel kerrie poeier
1 teelepel borrie
knippie sout
1 eetlepel asyn

Wanneer die sirloin in die bord land, geur met sout, peper, en smeer knoffel botter op.
En nou BEGRAWE mens die steak… onder daai gebraaide kerrie uie.
Dan eet hy so… saam met GLÜHWEIN!
GEEN bykosse nie.

Resep en foto:  Stefaans Blaauw




LOUISE SE GEURIGE BEESKERRIE MET PAP

2014-06-24-goodwood-20140624-01080tested

LOUISE SE GEURIGE BEESKERRIE MET PAP

1,5Kg – 2Kg Stowe beesvleis
3 tot 4 Uie – gekap
1 Handvol vars Dhunia blare – gekap
Chutney na smaak
4 Eetlepels suiker
1 Koppie Beef stock
1 Blikkie gekapte tamatie “with Indian spices & curry leaves”
Aartappels in kwarte gesny (werk uit ½ med. aartappel per persoon)
175ml Plain Full Cream Greek Joghurt of Coconut milk/cream

Speserymengsel:

3 Vet huisies vars knoffel fyngemaak saam met duimlengte vars gemmer
3 rooi rissies (chillies), fyngekap (opsioneel)
Swartpeper & sout
1 Stuk heel pypkaneel
5 Heel Naeltjies
5 Kardamonsade – gekneus

15ml van elk:
Cumin (jeera)
Leaf Masala (red)

50ml Rajah Medium Kerriepoeier
20ml Borrie

Braai uie en speserymengsel saam oor lae hitte in bietjie olyfolie. Voeg bietjie water by (dis ‘n droë mengsel) en roerbraai vir 2 minute. Voeg vleis of hoender, dhunia, chutney, suiker, stock en tamatie by. Prut oor lae hitte tot vleis baie sag is. Dit sal enige iets van 1 to 2 uur neem. Voeg aartappels, laaste halfuur by. Roer joghurt en/of coconut cream by met voor opdiening. Voeg nog stock by indien dit te droog kook.

Drukkoker: Kooktyd – 25 minute
Bedien saam met pap of rys.

Foto en resep deur Louise Groenewald




KERRIE BEESPOTE EN WANGVLEIS

kerriebeespotetested

KERRIE BEESPOTE EN WANGVLEIS

1.5 Kg Beespote en wangvleis
2 medium aartappels
1 groot ui
2 eetlepels blatjang of appelkoos konfyt
1 eetlepel braai speserye
1 eetlepel sout
1 teelepel peper
1 teelepel kerrie peoier
1 teelepel Borrie
1/2 teelepel pietersielie
2 eetlepels asyn

Kook die Beespote en die res van die vleis saam met alle speserye in n stoompot totdat dit begin sag word.
Gooi dan die aartappels en die uie in en kook kook in die stoompot vir nog n half uur, tot 45 min.
Wanneer alles lekker sag is…

dan skep jy die RYS, VLEIS, EN AARTAPPELS, en EET!!!

En dit wat oorbly, maak mens sommer die volgende dag lekker sult
met n beestong by..so in blokkies gesny..
sult - stefaans

Stefaans Blaauw




TOULOUSE CASSOULET

2014-06-14-toulousecassoulettested
TOULOUSE CASSOULET
500 g droë bone, geweek oornag en gedreineer
tiemie en lourierblare
1 kg beef roast
1 groot gesoute eisbein
4 lams-skouer chops
1 Chorizo worsie
1 stuk gerookte varkspek
1 gesoute beestong, apart gaar gemaak
sout en pepper
1 glas rooi wyn

Sit alles saam in prutpot.
Kook vir 4 ure op auto.
Eet saam met korserige brood.
Foto en resep geplaas deur Martie Fourie Moolman




WENKE VIR LEKKER SAPPIGE FILLET STEAK

fillet steak ete rinatested

WENKE VIR LEKKER SAPPIGE FILLET STEAK
Foto:  Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES

Marietjie Nel
Wie kan vir my sê wat is die lekkerste manier om fillet steak gaar te maak behalwe om dit op te sny en te braai…. iets sodat dit sommer lekker sappig uitkom dankie julle.

Lowna Schutte
Altyd in my riffel pan op gas, en kom net soos Restaurant steak. Moenie teveel goed op die steak gooi nie.

Bernadene Daniell Prinsloo
Smeer die heel fillet met ‘n goeie mostert en laat staan vir minstens 3 ure. Braai oor matige hitte/kole soos wat julle daarvan hou. Strooi bietjie sout oor die fillet sowat 2 min voor dit afgehaal word. Draai toe in foelie en laat rus vir 5-10 min. Sny in skywe en dien op. Vinger-af-eet lekker.

Ludell Roos
Rol in growwe swart pepper of mostert self vars gemengde kruie. Braai oor matige kole. Laat rus vir sowat 5 min. Perfek

Marietjie Nel Lowna Scutte – sny hy hom of net so ?

Lowna Schutte
Marietjie ek sny glad nie, dit moet lyk soos ‘n restaurant steak, net vining 3 na 4 minute aan elke kant en laat rus in die oond vir so 5 tot 7 min. Baie sag en heerlik.

Rene Grobbelaar
Ons maak gewoonlik n ‘carpet bagger’ van n fillet steak…Ons vat mossels, gesnipperde sampioene met fyn gekapte gras uie. Meng dit saam en stop dit in die fillet. Moenie die snit te groot maak nie. Ryg mooi toe mrt naald en gare, of tou en gare (dit is wat ek gebruik, maklik om raak te sien) en dit dan op foelie. Gooi braaivleis speserye, garlic sout, growwe peper oor. Maak n tipe van n bakkie met jou foelie. Nou gooi jy room saam met jou vleis in, maak toe en bak in oond of braai op die vuur. Bedien saam met n lekker slaai of as n antre. Elke keer wat ons dit maak, kry ons nie eens n stukkie daarvan nie….O gits, ek het van die feta kaas vergeet. Ons meng dit saam met die vulsel van mossels.

Beatrice Trisha Diepold
Voorverhit oond op 180 grade. Pepper en geur die vleis na smaak. Braai rondom kort aan. Sit stoof af. Rol vleis in foelie toe en laat rus vir 5 min. Voila vleis medium rare! Perfek. Die sappies wat oorbly kan gebruik word om n lekker peppersous, sampioensous te maak.

Petro Borchard
 Ek braai die heel fillet rondom op ‘n ontsettende warm riffel pan op gas, dan sit ek dit binne in ‘n lekker sousie in ‘n pyrex bak om te rus in die lou oond. My gunsteling maklike sousie – Blou kaas room sous. (verhit genoeg room in kastrol, verbrokkel Simonzola blou kaas daarin, roer tot gesmelt. Maal baie swart peper daarin. Jy kan ook die room eers verdik met bietjie maizena voor jy die kaas ingooi. Ander opsies, gooi gebraaide mushrooms en/of spriet uie ook in dieselfde basis.

Tanya Erasmus – Ek het een dag op so italiaanse show die lekkerste marinade gesien en dit probeer vir steak. N koppie balsamiese asyn, koppie rooi wyn of port,koppie tamatie sous. Kap knoffel lekker grof, ui lekker grof en green pepper…vars rosemary takkies en vars coriander..sout en growwe peper, meng als en marinade steak vir so uur in dit in die yskas voor jy buite braai. Dit is hemels!




MAALVLEISTERT

FLR Slogan 2b

MAALVLEISTERT

Maak witsous van
50 ml botter
60 ml meel
sout,
Peper
500 ml melk en
125 ml gerasperde cheddarkaas
Voeg 1 geklitste eier en 125 ml melk by. Maak 250 g maalvleis geurig met uie en smaakmiddels en 6 gesnipperde weense worsies by. Meng met witsous
En bak vir 30 min. By 180°C.

Bron: Cornelia Myburgh

 




KOREAANSE BIEFSTUK VINGERS

2014-06-08-steakslaai

KOREAANSE BIEFSTUK VINGERS
Biefstuk van jou keuse (hoeveelheid wissel volgens jou omstandighede)
1 fyngekapte ui
4 fyngemaakte knoffelhuisies
5 eetlepels soyasous
2 eetlepels sesameolie (omdat dit baie duur is, gebruik ek olyfolie)
50g suiker
2 eetlepels medium droë sherry
50ml beesekstrak
sout en ‘n knippie peper van jou smaak

Sny die biefstuk in dun vingergrootte repe en plaas in ‘n marineerbak. Meng al die ander bestanddele saam en giet oor die vleis. Bedek en laat marineer vir so lank as moontlik, maar nie korter as 1 uur nie. Verhit die oondrooster tot hoog en plaas die vleis op ‘n bakplaat en rooster vir 5 tot 10 minute terwyl gereed omgedraai en met die sous bedruip word.

Of pas dit aan by jou omstandighede

Ek het 2 gaar steaks in die vrieskas gehad, wat ek opgesny het en toe in die sous gemarineer het. Die steaks was redelik underdone. Die het ek toe so bietjie in die pan gebraai in olyfolie, uitgehaal en die sous in die pan gegooi en laat “reduce”. Intussen die bak met hardgekookte eiers, tamaties, avo, ‘n bakkie guacamole en die steak repies gepak. Die sous oorgegiet en toe die gaar broccoli ook net bietjie in dieselfde pan gebraai en tussen die ander gepak. En……Steak en Broccoli slaai.

2de foto:   Ek het dieselfde sous gebruik, maar koue gaar varkboud vleis in repe gesny en vir 20 minute op 220ºC in die oond gerooster, saam met die sous, nadat dit vir 2 ure gemarineer het, net om die sous gaar te kry. Toe laat afkoel en op die bord saam met tamatiestukkies, slaaiblare, en ‘n geel soetrissie in blokkies gesny, gerangskik en die sous deur dit gemeng. Dit is op kamer temperatuur ge-eet.

Bron en foto:  Adam Cloete




RIBEYE STEAK

FLR BB with Heart

RIBEYE STEAK

Een ribeye steak
Een groot aartappel
Een klein uitjie
Een wangetjie groen peper

Sny aartappels en steak in blokkies , sny ui en groenpeper dun repies. In een bakkie gooi aartappel blokkies en skootjie olyf olie, sout en peper. Meng goed. In baie warm pan braai aartappels tot gaar en goud bruin. Haal uit pan. Nou steak blokkies selfde en bietjie koljander . Braai blokkies baie vinnig dan bly sag. Nou die ui en groen peper en dan weer alles saam tot net warm. geniet!

BRON- Alida Siebert




STEAK EN BLOUKAASSLAAI

2014-06-01-10329030_10152057555447385_485918383718577811_n

Die slaai jare terug geëet by ‘n vriendin, en die resep al aangepas. Dis n ete op sy eie.
Ek het hierdie vandag gemaak sonder die aspersies en met groen olywe.

Baie maklik en heerlik:
gemengde slaai blare
komkommer
kersie tamaties
fyn wortel strips
wit aspersies
swart olywe
bloukaas en
steak, in repies gesny

Sit blare onder en pak die res van die bestandele bo op. Braai die steak lekker meduim-rare en sny in strips en sit bo op die slaai. Geur na smaak en bedruip met olyf olie en balsamic. Sit voor met of sonder n broodjie en ceasar slaai sous of sommer greamy greek salad dressing.

Adri van Zyl