BEESBLOKKIES MET NIERTJIES EN RYS

2014-09-29-beesblokkiesmetniertjiesenrystested

BEESBLOKKIES MET NIERTJIES EN RYS
600 g sagte beesvleis in blokkies
1 beesniertjie, skoongemaak in blokkies en in bietjie asynwater geweek
1 ui, gekap
3 knoffelhuisies, fyn
gemengde droë kruie
2 lourierblare
sout en heelwat peper
meel om in te rol
bietjie olie

Braai uie en knoffel effens. Rol vleis en niertjies in meel. Braai bietjie. Voeg genoeg water by.
Voeg kruie, lourierblaar, sout en peper by. Stowe stadig tot amper sag.
Nou kan jy aartappels in blokkies byvoeg. Kook tot sag. Verdik met bietjie bisto.

BRON- Martie Fourie Moolman




GUINNESS BEEF STEW

tested

GUINNESS BEEF STEW
Yield: 6 to 8 servings
Total Time: 3 hours 30 minutes
A fabulous beef stew recipe featuring a robust sauce flavored with Guinness.
1 (1.5 – 2 kg) boneless beef chuck-eye roast, pulled apart at seams, trimmed and cut into 1½-inch pieces
3 tablespoons vegetable oil
2 yellow onions, chopped fine
¼ teaspoon salt
1 tablespoon tomato paste
2 garlic cloves, minced
¼ cup all-purpose flour
3 cups chicken stock
1 bottle Guinness Draught, divided
4½ teaspoons dark brown sugar
1 teaspoon minced fresh thyme
680 g potatoes, unpeeled, cut into 1-inch pieces
1 pound carrots, peeled and cut into 1-inch pieces
2 tablespoons minced fresh parsley

Adjust an oven rack to the lower-middle position and preheat to 325°F. (160°C)

Season the beef with salt and freshly ground pepper.

Heat the oil in a Dutch oven over medium-high heat, add the onions and salt, and cook, stirring occasionally, until well browned, 8 to 10 minutes.

Add the tomato paste and garlic and cook for 2 minutes. Stir in the flour and cook for an additional 1 minute.

Whisk in the chicken stock, ¾ cup of the Guinness, brown sugar and thyme, scraping up any browned bits on the bottom of the pot. Bring to a simmer and cook until slightly thickened, about 3 minutes. Stir in the beef and return to a simmer.

Transfer the pot to the oven and cook, uncovered, for 90 minutes, stirring halfway through cooking.

Stir in the potatoes and carrots and continue cooking until the beef and vegetables are tender, about 1 hour, stirring halfway through cooking. Remove the pot from the oven and stir in the remaining ½ cup of Guinness and the parsley. Season with salt and pepper to taste and serve.

Notes:
Do not use Guinness Extra Stout in this recipe, as it is too bitter.

Photos posted by  Pieta van der Walt

Pieta Van Der Walt: Ek het bloot die resep gevolg, het egter so om en by ‘n driekwart koppie Guinness aan die einde bygegooi Die vleis was beesblad wat ek net van die been afgesny het voor die tyd. En verder het ek maar geduldig gewag dat die pot STADIG loop




BEESFILLET MET ROOIWYN EN MUSHROOM SOUS

2014-09-10-beesfilletmetrooiwynenmushroomsoustested

BEESFILLET MET ROOIWYN EN MUSHROOM SOUS

Ek wys graag ek en my dogter se gunsteling gereg, naamlik die beesfillet met rooiwyn en mushroom sous, ons maak dit nogal gereeld
Neem 1 fillet (grote volgens jou behoefte), sny in dikkerige mote, marineer vooraf in balsamic asyn, olyfolie en knoffelstukkies (knoffel is opsioneel),
Seel die vleis in ‘n pan en druk dan in ‘n vooraf verhitte oond (net tot deur gaar, die vleis moet nie bak nie).
Sous:
Braai ‘n fyngekerfde ui en 1/4 pakkie mushrooms (die res word apart gebraai en saam die sous bedien) in bietjie olyfolie,
Voeg 1 koppie rooiwyn (gebruik ‘n goeie gehalte kookwyn), en kook die wyn af,
Voeg 1 houertjie vars room, sout en peper na smaak
En 15ml bruinsuiker by.
Kook die sousie totdat dit ‘n lekker dikkerige tekstuur het (dit sal minder lyk as oorspronklik) en whala, geniet.

BRON- Elaine Schoeman




BEES RUMP KEBABS

2014-09-10-beesrumpkebabstested

BEES RUMP KEBABS
Ongeveer 700 gr rump, in blokkies
100 g varkspek, in blokkies
Marinade:
2 knoffelhuisies, gekneus
± 2 cm stukkie vars gemmer, gerasper
2 eetlepels olie
¼ koppie suurlemoensap
1 teelepel gerasperde suurlemoen skil
2 eetlepels bruin suiker
1 eetlepel soja sous
1 teelepel borrie
1 teelepel kerriepoeier
1 teelepel fyn komyn
1 teelepel fyn koljander
1 teelepel rissie vlokkies
peper

Marineer vleis vir so twee dae.
Ryg in sosatie stokkies afwisselend met rooi of geel soet pepers en klein uitjies, Rooster oor kole en bedien saam grondboontjie sous.

GRONDBOONSOUS:
80 ml grondboontjiebotter
400 ml klappermelk
1 knoffelhuisie, fyn
1 groen sterk rissie, gekap
2 teelepels  fyn gerasperde fyn gemmer
1 eetlepel lemmetjie sap
Prut vir so drie min. Hierdie is my eie resep.

Resep en foto:  Martie Fourie Moolman




VET BEES RIB

stefaans se beesribtested

VET BEES RIB

Seker een van die mees onderskatte BEES SNITTE in vandag se lewe..??

Vet Bees Rib…ingele in Asyn, growwe swart peper, en Koljander..
(GEEN SOUT NIE…!!!)
Saag n vet beesrib sulke blokkies, en sny dan deur die vet elke stukkie weer met die mes in sulke blokkies net deur die vet.
Smeer nou lakker baie Swart asyn oor., en vryf dan nou met growwe Swart peper en Koljander in..en vakuumverpak en laat le vir ten minste 2 dae in die yskas..(of draai dit in n plastieksak toe)
Dan kan mens dit in die oond “grill”
OF op n lekker kameeldoring loletjie braai…

Sout word eers oorgegooi wanneer die rib half gaar is op die rooster..

So het ons ook met n vet Gemsbok se rib gedoen…

Stefaans Blaauw




HAMBURGER PATTIES MET BOELLIE BEEF

2014-08-31-dawidtested

HAMBURGER PATTIES MET BOELLIE BEEF
My interpretasie van ‘n Hamburger Pattie vanaand.
250 g bees maalvleis
250 g “Corned Meat”
3 eetlepels hawermout (Oats)
Sout, peper en ander speserye na smaak
Meng goed en druk so twee keer deur die vleismeul. Maak jou pattie soos jy dit verkies, myne was lekker groot vir broodburgers.
Gebruik bietjie meel op die oppervlak om te keer dat die spulletjie aan alles vasklou.
Bak in olie en sit op jou burger.
Die kinders het dit sommer baie geniet.

Resep en foto: Dawid Conradie




SAKKIE SE BEESSTERT

Sakkie se Beessterttested

SAKKIE SE BEESSTERT

Hierdie resep kom uit Wenresepte 1 en dit is die BESTE.

1 tot 1½ kg beesstert, opgesny
2 middelslag uie, in ringe gesny
1 piesang, in skywe gesny
2 lourierblare
60 ml bruin asyn
20 ml tamatiesous
20 ml blatjang
20 ml heuning
7 ml matige kerriepoeier
7 ml sout
1 ml peper

Was vleis en plaas saam met uie, piesang en lourierblare in ‘n drukkastrol. Meng res van bestanddele en gooi bo-oor (daar kom geen water by nie). Verhit stadig en kook sowat 1½ uur op lae hitte onder druk. Lewer 4-6 porsies

Foto: Adam Cloete




MEAT LOAF CORDON BLEU

meat loaf rozannetested
MEAT LOAF CORDON BLEU

1 egg, beaten
1 envelope meat loaf seasoning mix
1/2 cup tomato sauce
2 cups soft bread crumbs
2 pounds ground beef
8 thin slices fully cooked ham
8 thin slices Swiss cheese
1 can (4 ounces) sliced mushrooms

In a large bowl, mix together egg, meat loaf seasoning, tomato sauce and bread crumbs. Add ground beef; mix well. On a piece of waxed paper, pat meat mixture into an 18-in. x 9-in. rectangle. Top with layers of ham, cheese and mushrooms. Roll rectangle, jelly-roll style, starting from narrow end. Pinch edges to seal. Place seam side down in a shallow baking pan. Bake at 350° for 1-1/4 hours or until no pink remains. Let stand several minutes before slicing. Yield: 8-10 servings.

Foto:  Rozanne Roos




BEESSTERT POTJIE

tested
BEESSTERT POTJIE
My weergawe van die resep uit The Karan Beef Cookbook. Ek het dit in ‘n oondpan gedoen in die oond, nie potjie nie.
1 kg beesstert (sny ekstra vet weg), strooi meel oor, verbruin onder grill of op stoof.
1 groot ui – chopped – saute saam met vleis tot sag
2 kop[ies warm beef stock – gooi by vleis en uie
Voeg die volgende by:
60 ml rooi wyn (ek het baaaaieee meer ingegooi)
30 ml tamatie pasta
3 heel kruie naeltjies (ek het so ¼ teelepel fyn naeltjies en mixed spice ingegooi)
1 bay leaf
½ koppie vars tiemie, pietersielie – opgekap
sout + peper
Bedek pan, verhit tot dit begin prut en sit in baie lae oond oornag. Ek het dit teen 70 ºC vir omtrent 5 ure gedoen.
Klompie klein uitjies, worteltjies, aartappeltjies, seldery – om aan einde by te sit. (My man is nie into groente nie en ek het die seldery aan die begin bygevoeg). Erg lekker
Resep geplaas deur Petro Borchard




KLAM VLEISBROOD

2014-08-24-vleisbroodtested

KLAM VLEISBROOD
Resep en foto: Dewet En Tania Botha
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg topside maalvleis
2 eiers
1 koppie broodkrummels of fyngemaakte oats
1 koevertjie tamatiepasta
2 medium uie of 1 groot ui, baie fyngekerf
1 eetlepel knoffel
1 hoogvol teelepel Robertson’s Red Meat Spice
1 teelepel swartpeper
1 teelepel Robertson’s Mixed Herbs speserye
2 teelepels sout (pas aan vir eie smaak)
1 eetlepel Worctersous

Meng al die bestanddele saam en druk die maalvleismengsel in ‘n broodpannetjie.
Bak in ‘n voorverhitte oond by 180 ºC vir ongeveer ‘n uur.