BEETROOT BURGER

Beetroot Burgertested
BEETROOT BURGER
I made this Beetroot relish for my homemade burgers. It’s absolutely yummy!
250 g beetroot cooked, peeled and chopped into small pieces
1 large onion
1 teaspoon ground coriander
40 ml balsamic vinegar
40 g sugar

Peel and chop the onion and sauté until transparent and soft – ±10 min.
Add the coriander and cook for another 5 min. Then add the balsamic vinegar sugar and cook for another 5 min. Then add the chopped beetroot and cook for another 10-15 min until the sauce has reduced.
Season with salt and pepper. Allow to cool in fridge before building your burger. Don’t add any other sauces besides the relish to the burger.
Optional: crumble feta cheese over the relish.

Recipe and photos: Sandy Fernandes Nouwens




ARM MAN KERRIE-SULT

Kerrie rys sulttested
ARM MAN KERRIE-SULT

As mens nou nie te kieskeurig is nie….
Dan krap mens nou daai oorskiet rys in daai TAAI SOUS met die stukkies aartappels, en fynvleisies…van die kerrie Beespote, of wildpote pot in,
na al die vleis uit ge eet is…en laat staan in die yskas….
dat het mens more n LEKKER Rys en kerrie SULT….
en dan eet mens maar weer…op n toast broodjie met mostert..??
Ek gooi NOOIT weer daai sousie weg nie…
wat n lekker koue ete..??

Bron en Foto: Stefaans Blaauw




KOEI UIER

bees uiertested
KOEI UIER

Lekker VET koei afgelaai..
EN die stukkie in die pot kook..
2 eetlepels sout,
2 teelepels peper
1 teelepel kaneel poeier
4 eetlepels asyn…

En nou kook hy totdat dit lekker sag is, en dan sulke skywe sny met mostert en n lekker potjie rys..???

RESEP: Stefaans Blaauw‎




BEES STROGANOFF POTJIE MET MACARONI

beef stroganofftested

BEES STROGANOFF POTJIE MET MACARONI
1 kg Stroganoff beesvleis
1 eetlepel soya sous
1 eetlepel balsamiese asyn
2 eetlepel worcestersous
1 eetlepel tamatiesous
1 eetlepel blatjang
1 teelepel fyn gemmer
1 teelepel swartpeper
1 ui gekerf
1 aartappel in blokke gesny
Ekstra:
1 pakkie sampioene soppoeier
1 koppie elmboog macaroni

Kook die vleis en al die bestanddele (buiten die ekstra’s) saam en kook totdat die vleis sag is,
Voeg die soppoeier by en roer deur, maak seker dat daar genoeg water in die pot is – +/- 500 water, voor die soppoeier ingegooi word, en nou sit jy die elmboog macaroni by, roer deur en kook stadig totdat die macaroni lekker sag en gaar is.
Maak nou ‘n slaaitjie van Tamatie, Uie, Cheddar kaas, en Feta kaas….
En skep maar op
Resep en foto:  Stefaans Blaauw




KOOS SE DEURNAG BEESKERRIE

Beeskerrietested
KOOS SE DEURNAG BEESKERRIE

4 groot uie gesny
3 kg bees stew vleis
6 groot aartappels blokke gesny
Wortels (Miniatuur)
Klaar gekoopte kerrie sous
Braai uie en verwyder van pot
Braai 1 kg beesvleis in ‘n yster pot tot goed bruin en geseel sodat die sappigheid binne bly.
Verwyder die vleis uit die pot. So braai jy al 3 kg tot klaar
Stel die plaat se hitte af. Op my stoof van 6 na 3 of 2 of self 1 aan die begin net om eers hitte in die pot stadig op te bou.
Voeg al die vleis terug in die pot.
Ek pak n laag vleis, gooi sout en peper, pak n lagie van die gebraaide uie en dan weer vleis, sout en peper en uie tot alles in die pot is. Dit versprei maar net die smaak van die uie beter.
Wag tot die plaat die temperatuur bereik waarop jy dit gestel het en plaas die pot met die deksel terug op die plaat.
Laat stoom kook vir 3 ure.
Ek voeg nie water by nie en maak staat op die sap in die vleis maar as jy sien dit is te droog gooi klein bietjie water in om te keer dat die vleis vas brand.
Probeer die eerste uur om nie te roer aan die pot nie daarna kan jy maar begin gereeld deur roer.
My aartappels en wortels kook ek apart tot amper gaar. So drie kwart gaar.
Na 2,5 uur voeg ek my kerrie sous by en laat prit vir nog n half uur.
Stel die hitte van die plaat heeltemal af
Voeg nou die aartappels en wortels by, Roer alles deur en laat staan oornag om te trek
More maak jy jou bykosse en dan laat prit jy net jou beeskerrie weer so vir half uur om mooi warm te wees en deur te kook.

RESEP EN FOTO: Koos van der Merwe




MARTIE SE OSSO BUCO

 

osso bucotested

 

MARTIE SE OSSO BUCO
1 kg bees skenkels. (As jy kalfskenkels kan kry)
gegeurde meel
3 wortels gesny
2 stokke seldery gesny
1 groot ui gesny
3 huisies knoffel gekap
Bietjie olie
250 ml rooi wyn
250 ml hoender aftreksel
1 blik gekapte tamaties
sout en peper
2 lourierblare
1 takkie roosmaryn
1 E suiker
DIE GARNERING (Gremolata)
4 E gekapte pietersielie
fyn gerasperde suurlemoenskil (So 2 suurlemoene)
3 gekapte huisies knoffel
Doop die skenkels in gegeurde meel en seel dit in bietjie olie. Skep uit en sorteer die groente. Pak lae met die vleis saam in vuurvaste pot. Gooi wyn ,aftreksel en tamaties by. Geur met nog bietjie s&p en suiker. Voeg lourierblare en roosmaryn by. Maak toe met deksel en bak in oond 160 g vir ongeveer 1 en half tot 2 ure. Bedien met noedels, rys of kapok ertappels. Strooi gremolata oor en bedien.

Resep en Foto: Martie Fourie Moolman




OOP-GESIGGIE TAMATIE BEESVULSEL PASTEI

oop gesiggie pasteitested

OOP-GESIGGIE TAMATIE BEESVULSEL PASTEI
1 x groot uie (fyngekap)
1 x green pepper (fyngekap)
3 x seldery vingers (fyngekap)
1 x groot tamatie (fyngekap)
1 pakkie blokkie beesvleis (500g)
4 groot sampioene (fyngekap)
1 knoffiehuisie (fyngekap)
1 blikkie kerriegroente
Verhit olie en sorteer uie met knoffel, gooi greenpeppers, celdery in en sorteer. Voeg 6 eetlepels Mrs Ball chutney in en sorteer. Mrs Balls chutney vat die bitter van die greenpeppers weg. (Kan ook konfyt gebruik). Gooi beesvleis in en sorteer tot gaar. Gooi sampoene in en braai saam tot beesvleis gaar is. Gooi kerrie Groente in en braai|kook tot die meeste sous weg is. Laastens gooi ‘n pakkie tamatie pasta in en werk goed deur en laat prit. Intussen lol die pasty deeg uit en pak in gespuite (daai kookspuit) bak. Smeer met geklitse eier. Gooi geklitse eier oor bees-tamatie vulsel en werk goed deur en haal van stoof|braaier af en gooi oor in gepakte bak met pasty vulsel. Sit in voorvehitte oond vir so 45 minute. Ek sit soms fyngekapte perse ook in die vulsel en kook saam met kerrie Groente – dit vat die erg brand uit maar los die smaak. Dit is heel eenvoudig. Bedien moet ‘n slaai.
Nota:
Ek maak die vulsel in ‘n swarpot oor ‘n gasbraaier – die hitte is perfek en gaan ook vinniger en dan sit ek net die bak met pasty en vulsel in die oond. Die voorbereiding en maak van alles is so bietjie meer as ‘n uur. Ek kap soos in regtig fyn.

Resep en foto:  Bianca-Anne Pay Moll




ROULADEN BLINDEVINK BEEF OLIVE

roulandentestedroulanden 2

ROULADEN BLINDEVINK BEEF OLIVE

“Meat rolls filled with bacon, pickles some with pork mince. Delicious, easy recipe my idea of a German Rouladen/Beef olive / Blinde Vink”
German Rouladen
6 servings
750g sirloin steak
30 ml Colman’s Hot English Mustard mixed with 30 ml Colman’s Wholegrain mustard
Worcestershire sauce
250g streaky bacon
2 large onions, diced
Whole dill gherkins/ good quality pork sausages in half leave in casing.
2 tablespoons butter
2 1/2 cups boiling water
1 sachet beef stock (Ina Paarman)
7.5 ml roast onion soup & gravy powder (Ina Paarman)
Cut the sirloin steak into thin filets; about 0.5 cm thick and 7.5 cm wide.
Generously spread one side of each filet with mustard to taste and sprinkle with Worcestershire sauce. Place bacon, and pickles / sausage on each filet and form into a roll. Use string or toothpicks to hold the roll together.
Heat a skillet over medium heat and melt butter. Place the rolls in the butter and sauté until browned. Fry onion in pan juices until brown.
Pour in 2 1/2 cups of water and add the sachet of stock and gravy powder, stirring to dissolve. Transfer to casserole bake covered at 150*C for about 2 hours. Thicken gravy if necessary with 10 ml maizena paste.

Resep en foto: ELIZE DE KOCK




GEVULDE SIRLION

gevulde sirliontested

GEVULDE SIRLION

Laat lê vir 1 dag in 1 x 500 ml room
Sout en spice na spaak olyfolie knoffel
Vul met ham mushrooms gemeng in jimmy sous trek bindnet oor en sit op spit vir 6 ure

Foto en resep:  Elize Nel Hayward




GEURIGE THAI FRIKKIES MET GRONDBOONSOUS

GEURIGE THAI FRIKKIES MET GRONDBOONSOUS

GEURIGE THAI FRIKKIES MET GRONDBOONSOUS

500 g gemaalde beesvleis (Kan mengsel van vark en bees gebruik)
1 eetlepel gekapte vars knoffel
1 stuk suurlemoengras, baie fyn gekap
4 sprietuie, fyn gekap
1 eetlepel fyngekapte vars koljander blare
2 eetlepels rooi kerrie pasta (koop by supermark)
1 eetlepel suurlemoensap
1 eetlepel vissous
1 eier
2 eetlepels meel
1 eetlepel suiker
olie vir vlakbraai
Meng al die bestanddele goed. Maak klein frikkies en vlakbraai in olie. Dreineer en bedien met Basmati rys en grondboonsous.

GRONDBOONSOUS:
1 eetlepel olie
1 eetlepel rooi kerriepasta
2 eetlepels growwe grondboontjie botter
1 eetlepel palm suiker (of bruin suiker)
1 eetlepel suurlemoensap
250 ml klappermelk

Verhit olie in pan en braai kerriepasta vir 1 min. Gooi res van bestanddele by en bring tot kookpunt. Kook stadig vir so 5 min tot dik.

Resep geplaas deur Martie Fourie Moolman
Foto: Martie Fourie Moolman