

MARIAN SE STEAK POTJIE
Resep en foto: Marian van Deventer
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het vier groot tenderise steakS gevat en dit gesmeer met olyfolie, soyasous, paar druppels sesameolie, balsamic vinegar en vars tiemie en roosmaryn wat ek eers saam gemeng het. Dit oornag in yskas gesit. Die volgende dag sny in repies en sny al die senings uit as daar is.
In ‘n bietjie olyfolie en botter braai n 1 eetlepel knoffel, 3 blare salie en 3 mintblare en ‘n paar bassieliekruid blare wat opgesny is. Sit vleis in en sprinkel “steak en tjops” speserye, sout en swart peper oor en braai.
Voeg so ¼ pakkie tamatiesoppoeier oor die vleis. Sit 1 eetelepel soyasous, 4 eetlepels perskeblatjang en koppie water by. Kook vir so halfuur.
Sous:
Skep vleis uit met gaaitjie lepel en los sous in die pot.
Voeg ‘n pakkie bruinuiesop wat aangemaak is met bietjie water by die sous in pot. Prut tot die sous verdik.
Aartappel (Mash)
8 meduim aartappels
1 eetlepel knoffel
4 stukkies gebottelde gemmer
sSout
water
paar blare basieliekruid
Sny aartappels op en sit in water met res van bestanddele. Kook tot gaar. Dreineer en haal die blare en gemmer uit.
Voeg 1 eetlepel botter en ¼ koppie warm melk by en maak fyn.
Uie en Peppers:
Sny 1 ui en n ¼ van rooi, geel en groen soetrissies elk klein.
Braai in bietjie botter. Voeg ‘n bietjie sout en peper, 1 teelepel suiker, 1 teelepel heuning 1 eetlepel “blackgold balsamic reduction”. Roer deur en skep uit in bakkie.
Sampioene:
Sny op en braai in pot waar uie in was. sprinkel so bietjie mix herbs oor.
Sny Mozarella en Cheddar kaas in klein blokkies.
Skep nou lae in potjie.
Eerste die uie mengsel.
Kapokaartappels daarna en maak dit gelyk.
Strooi kaas oor.
Sampioene.
Vleis.
Sous.
Maak toe met dekseltjies en sit in oond vir 10 min teen 180°C.
Strooi bo oor ‘n bietjie grasuitjies en rooi soetrissies wat fyn gesny is.
Ek het 6 potjies uitgekry.
Pasop net dis baie warm. So eet versigtig.