STEAK EN NIERTJIES MET BLOUKAAS

tested

STEAK EN NIERTJIES MET BLOUKAAS
Bloukaas sous
25 ml botter
1 eetlepel meel
150 ml melk
50 g bloukaas opgesny
Room ekstra

Smelt botter en roer meel by. Gooi die melk bietjies vir bietjies by en roer aanhoudend. Gooi kaas by roer tot dik en gaar.
Sit eenkant
Maak minute steak gaar en sny mooi in repies

Maak 1 uie en knoffel gaar

Baby potatoes in ringe gesny en gebraai en fyn gemaak

Niertjies
Le vir uur in
3 eetlepels balsamic vinegar
1 eetlepel soyasous
1 teelepel basil pesto
Rol in meel en fyn broodkrummels wat bietjie steak en tjop speserye in het. Bak in diep olie vir n paar minute tot gaar.

Redbean, tamatie en rocket
Sny baby rooi en geel tamaties in helfde
Sny ‘n halwe rooi ui fyn
1 knoffel huisie fyn gesny

Gooi in ‘n sakkie.
Gooi dan ‘n eetlepel balsamic en eetlepel olyfolie en teelepel basil pesto en teelepel suiker. Klein bietjie sout en peper in n bakkie en meng.
Gooi dit by die tamaties in sakkie en laat staan vir n halfuur.
Sit rokket in bak en gooi n blikkie red beans wat jy gedreineer het by
Dan gooi jy die tamaties by. Meng sommer met hand

Sit eerste op jou bord die bloukaas sous. Bo dit die steak en dan die niertjies so hier en daar.
Skep uie bo oor
Vat ‘n lekker hand vol slaai en sit bo op
Sit dan van die fyngebraaide aartappels bo op
Maak sous warm en verdun met room tot weer glad.
BRON/FOTO: Marian van Deventer




STEAK DEVINE

tested

STEAK DEVINE
Dit hang van jou vleis af wat die lekkerste goeie kwaliteit vleis is.
Ons steaks is altyd lekker, ek gooi klaar sout en peper, tesame met
braaispesery (bietjie)
bietjie suurlemoensap
smeer olyfolie albei kante en laat die heeldag so lê in yskas
ek haal 2 ure voor gaarmaak uit want ek maak vleis teen kamer temperatuur gaar,
(Die van vanaand is al 5 dae so in die yskas)
Ek vries glad nie steak nie ek hou dit net in yskas en koop net genoeg.
Maak ‘n cast -iron griddle pan baie warm, moet geen olie ingooi nie die vleis het klaar olie
Braai 2 min aan kant.
Ek hou van myne erg medium!!!!!!!
Dan weer so 2 min aan ander kant.
Ek draai hulle kruis dwars om sodat die grid ‘n diamant patroon op die vleis maak.
Ek rus dit dan in die warm pan van die plaat af vir nog 4 minute op hulle vet kant, m.a.w die steak staan op sy kant.
GENIET DIE BESTE STEAK!!!!!!!

Rump steak na 2 weke net in die yskas gehou…..”vacuum packed”… heerlik!
Oornag op rooster rakkie in yskas, net met growwe sout en peper laat rus.
Vandag met dié resep aangegaan.
Onverbeterlik!!
Fotos en resep:  Elize de Kock




PREGO ROLLS DUTCHIE STYLE

 

prego roll nathalietested

PREGO ROLLS DUTCHIE STYLE
Steak repies gesny en met robertsons Portugeuse chicken spice gespice oornag gelos om te age!
Lekker gemengde slaai blare
Uie en sampioene en pietersielie gesny by gemeng met steak repies braai tot lekker en gaar.
Sny brood rolletjie oop smeer lekker knoffel botter. Sit slaai op dan gebraaide repies en dan lekker knoffel en spicy saus.
Dan gesnyde tamatie en avo bietjue peper en sout en asyn spice!
Sie daar Pregro rol!!

Foto en idee: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot




STEFAANS SE WILDSTERT OF BEESSTERTPOTJIE

2015-05-11-wildsterttested
STEFAANS SE WILDSTERT OF BEESSTERTPOTJIE

± 1 kg wild of beesstert
1 eetlepel sout
1 teelepel kaneel
1 teelepel swart peper
1 teelepel fyn koljander
2 eetlepel suurlemoensap of bruin asyn
1 eetlepel rou heuning
4 eetlepels Olyfolie
1 groot ui
1 groot aartappel in blokkies gesny
100 ml vars room

Gooi die vleis en die ui en die speserye in die swartpot, en potbraai eers tot lekker bruin, gooi nou water by en kook totdat die vleis lekker sag is. Gooi NOU EERS die aartappels by, en kook totdat die aartappels ook sag is, haal van die vuur af, en roer dan die 100 ml room by en laat staan so 5 minute voor opskep tyd.
Bedien saam met ‘n potjie lekker STAMPKORING of ‘n 50/50 mengsel van rys en stampkoring.

Foto en resep deur Stefaans Blaauw




FILLET ONTBYT VIR TWEE

 

2015-05-02-filletbrekvistested

FILLET ONTBYT VIR TWEE
300 g fillet, in baie klein blokkies gesny
½ teelepel sout
½ teelepel Masala
½ teelepel growwe peper
1 eetlepel Balsamiese asyn
1 eetlepel olyfolie

Spesery die gesnyde vleisies met die speserye en roer mooi deur, laat staan oornag in die yskas,
Gooi die vleisies in ‘n pan, en skep so 1 eetlepel ATCHAR daarby (hierdie was tuisgemaakte UIE Atchar)
Braai op ‘n warm plaat net vir 30 sekondes, totdat die vleis vaal is.
Skep die helfte in daai 2 eier pannetjie.
Breek 2 eiers oor die vleis en bak totdat die eiers begin wit raak.
Giet nou so 2 eetlepels lekker vars room oor en bietjie pietersielie en bak vir nog so 30 sekondes.
Wanneer dit in die bord land, kom daar gerasperde kaas oor en ‘n groenerigheid vir die mooi.
REESEP EN FOTO:  Stefaans Blaauw




GESTOPTE FILLET MET KAAS UIE EN TAMATIE

 

2015-05-01-fillettested

GESTOPTE FILLET MET KAAS UIE EN TAMATIE
Fillet gestop met kaas en gebraaide uie en Tamatie, en dan in Skaap Bakon toegdraai, en in die oond gebak..
2 X 250 gram stukke fillet…
1 ui
1 tamatie
Braai die uie en tamatie saam in botter, en gooi bietjie sout, peper, en balsamiese asyn..tot die uie bruin raak.
Steek n gat so in die middle in en stop met gebraaide uie en tamatie, en n stuk kaas.
Draai dit in Skaap Bakon toe,
GEEN SPESERYE…
Die Bakon, en die uie & Tamatie sin is genoeg
Bak nou Teen 180 grade vir 30 minute
Sny n aartappel in blokkies, en kook dit sag, gooi die water af, en laat afkoel, en afdroog.
Braai nou die aartappels in bietjie olie lekker bruin.
Sny een agurkie daarin, met
2 eetlepels Mayonaise,
2 eetlepels room
sout en growwe swart peper
Bak n eier met sagte geel…
en geniet n lekker ligte middagete..

Resep en foto: Stefaans Blaauw




BORSSTUK IN PRUIMEDANTESOUS

Borstuk in pruimedantesoustested
BORSSTUK IN PRUIMEDANTESOUS
Vleis:
2-3kg heel beesborstuk
1 groot ui
2 heel geelwortels, geskil
3 knoffelhuisies
3 lourierblare
8 swartpeperkorrels
20 ml sout
1 groot tamatie in kwarte gesny
1 liter vleisaftreksel

Pruimedantesous:
1 bees vleisaftrekselblokkie
200 ml tamatiepuree
500 g pruimedante
5 ml sout
60 ml suurlemoensap
125 ml gouestroop of heuning

1 liter van die vleisaftrekselsous waarin die borstuk geprut het.
Plaas die eerste groep bestanddele in prutpot met borstuk bo die tamaties, wortels en uie.
Lae hitte vir 9 ure.
Die vleis kan ook oornag by 100 ºC in oondbak in n’ oond gebak word.
Sny vleis in dun skywe en pak in oondpan.
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Kook al die sousbestanddele 10 min lank saam en giet oor die vleis. Bak ongeveer 20 – 25 min saam tot deurwarm. As die sous te dun is, kan dit met bietjie mielieblom verdik word.
Sit voor met rys, groente en groenslaai.

Foto: Christina En LP Louw




VINNIGE FILLET EN SAMPIOENE

 

Vinnige Fillet en Mushroomtested

VINNIGE FILLET EN SAMPIOENE
300 gram Fillet in 1cm x 1cm blokkies gesny
1/2 teelepel Growwe swart peper
1 eetlepel olyfolie
1 eetlepel Balsamiese asyn
1/2 teelepel sout
1 teelepel Masala
1 teelepel Crushed Garlic
1/2 teelepel droe pietersielie
1/2 skyf Fettakaas
3 Bruin Sampioene
50 ml Vars room
1 medium Ui

Braai die ui in bietjie olyfolie, en wanner dit bruin raak, gooi die Fillet blokkies by en roerbraai net vir 60 SEKONDES..sodat dit seel.
Gooi nou 1 teelepel Balsamiese asyn, en 1 eetlepel room in elke Mushrooms,
Sny dun skyfies 5mm dik Fetakaas, en bedek die mushrooms daarmee.
SKep nou die gebraaide uie en Fillet bo op die gepakte Mushrooms, en bak vir 15 minute teen 150 grade Celsius…
Wanneer dit opgeskep is..gooi daai roomsousie in die pan oor die vleis.
Geniet saam n tamatie en Olywe
BRON – Stefaans Blaauw




OXTAIL STEW WITH BUTTER BEANS

oxtail shantested

OXTAIL STEW WITH BUTTER BEANS
350 g dried lima beans (butter beans)
1.5 kg oxtail
2 large onions, chopped
3 scallions, chopped
4 garlic cloves, smashed
1 bunch fresh thyme
2 tablespoons red pepper flakes
4 teaspoons hot paprika
2 bay leaves
2 tablespoons hot sauce
4 tablespoons seasoning sauce (Worcestershire sauce)
6 cups beef broth
4 teaspoons tomato paste
2 tablespoons salt
In a large bowl, cover lima beans with water, cover with a towel and soak overnight.
In a large pot, add oxtails, onions, scallions, garlic, thyme, red pepper, paprika, bay leaf, hot sauce, and Worcestershire sauce and marinate at least 4 hours or overnight in the refrigerator, stirring occasionally.
Add enough water to just cover the oxtails and bring the mixture to a boil. Lower to a simmer, cover and cook 2 hours. Every 30 minutes for 2 hours add 2 cups of water or broth, alternating, as necessary, to keep oxtails covered with liquid.
At 2 hours, add the beans, tomato paste, and 2 more cups of beef broth and water, if needed. Bring to a boil then simmer uncovered 2 hours, skimming fat off top and stirring occasionally. In the last 1/2 hour of cook time, season with 2 tablespoons salt. Serve with rice.
Right Rice:
Rinse rice 3 times to remove starch. Put rice in a medium saucepan. Fill saucepan with enough water to cover the rice by 1/2-inch or measure by placing your thumb tip on the rice and filling the pot with water until the water reaches the middle of your thumbnail. Bring rice to a simmer, cover and cook until tender and liquid is evaporated, about 15 minutes. Remove from heat and let rice stand another 5 minutes, covered.
Yield: 4 to 6 servings

Recipe posted by Amanda Conradie
Photo:  Shan T Russ




KNORR BEESSTERT

tested

KNORR BEESSTERT
Ek deel graag die lekkerste beesstert gereg met julle.
1 beesstert
2 uie, gesny
4 klein worteltjies, gesny
2 stingels selery, gesny
1 gesnyde groen soetrissie
1 gesnyde prei stingel
1 pakkie Knorr Rich beesstersop
2 eetlepels rooiwyn
1 eetlepel mielieblom
3 eetlepels olie
4 koppies water
(Opsioneel 250 g gesnyde knopiesampioene)
Ook 1 blikkie ingelegde klein heel mielietjies

Rol die beesstert porsies in mielieblom en braai bruin in olie.
Plaas porsies in vuurvaste bak.
Giet die water, wyn en sop in die kastrol waarin die vleis verbruin is en roer goed. Kook effens. Giet oor beesstert porsies.
Voeg wortels, uie, seldery, prei en groenrissie by. Indien water te min is, voeg nog by.
Bak in oond by 180°C, ongeveer 3 – 4 ure.
Voeg sampioene 20 min voordat die vleis sag is, by. So ook klein heel mielietjies.
Kan ook in drukkoker gaar maak. Sit soppoeier by as vleis sag is (anders brand dit vas). Ek maak 4 beessterte op ‘n slag. Dit vries goed. So lekker met ‘n laaang sous.
Dit is 5ster !
Bedien stampmielies of rys of gebakte (roast) aartappels, groenboontjies by. Geniet!
Resep geplaas deur Abie Le Roux
(Probeer gerus. Ek maak hom al jare lank. Hy het ‘n heerlike sous. Vars broodrolletjies saam is ‘n moet – baie geurig. Onthou net as die gereg koud is, moet die vet bo afgeskep word.)