SOUTVLEIS OP DIE KOLE

tested
SOUTVLEIS OP DIE KOLE
Louwtjie Beck:
Dag sê. Kan iemand asb help. Ek wil heel soutvleis op kole gaarmaak. Enige voorstelle. Dit sal ons eerste probeerslag wees. Wil nie swartpot gebruik nie ,eerder rooster. Baie dankie

Stefaans Blaauw:
Sny sulke 2 cm dik skywe, en braai baie stadig tot dit deur warm is, dan loop hy mooi.

Gideon Jordaan :
Sit in foelie smeer botter, knoffel, en vars roosmaryn. Draai toe en sit op rooster met hoe hitte draai elke 5 min dat al die kante seël, sit dan een kant op matige hitte en draai elke 15 min, hang af van hoe dik die soutvleis is so uur en ‘n half na twee ure toe, vul kole aan as dit te lou word.




ANTHONYs STEAK PIE

2015-12-06-anthonyssteakpietested
ANTHONYs STEAK PIE

2 kg steak
4 onions
steak spice
beef soup 1 pkt
2 pkt 2 days puff pastry!

Cut steak in strips, braise onions and steak together
Throw steak spice 3 big spoonfulls !
Let it fuse together for 4 1/2 hr with 1/2 cup of water
Lastly mix the soup mix with 2 cups of water!
Let all the ingredients fuse together for a 1/2 hr!!!!!!!
1 pastry at the bottom of the dish put the steak in !!!
1 pastry on top!
Eggwash on top !
Bake 3/4 hour! So easy enjoy

Recipe:  Anthony van Wyk




ARGENTYNSE GESTOPTE VLEISROLLETJIES

2015-12-06-argentynsegestoptevleisrolletjiestested
ARGENTYNSE GESTOPTE VLEISROLLETJIES
(NINOS ENVUELTOS)
600g baie dun binneboud biefstuk (topside), (ek het gewone tenderized gebruik)
Vir die vulsel:
1 mediumgrootte fyngekapte ui
50g botter
75g sagte broodkrummels
25g Parmesankaas
2 eetlepels fyngekapte seldery (alternatief – soetrissie)
1 eetlepel gekapte pietersielie
1 eier
Sout en peper
Vir die sous:
2 gekapte uie
4 eetlepels olie
4 groot geskilde en gekapte tamaties (ek het 1 blikkie gekapte tamaties gebruik)
250ml kookwater
1 beesekstrak blokkie
250ml rooiwyn
2 lourierblare
1 teelepel cumin (opsioneel

Braai die uie vir die vulsel vir ‘n paar minute in die botter. Verwyder van die hitte en voeg al die ander bestanddele vir die vulsel by. Meng goed deurmekaar. Rol elkeen met ‘n koekroller uit tot baie dun en geur die vleis liggies met sout en peper. Smeer die vulsel oor elke stuk en rol styf op. Bind vas met kombuis tou.
Braai die uie vir die sous vir ‘n paar minute. Voeg die rolletjies by en braai saam vir ‘n paar minute tot dit verbruin het. Haal die rolletjies uit en hou eenkant. Los die ekstrak blokkie op in die kookwater en voeg saam met die tamaties, wyn lourierblare, sout en peper by die uie. Prut vir ongeveer 15 minute. Voeg nou die vleisrolletjies by die sous, bedek en prut verder vir ongeveer 10 minute of tot die vleis deurgekook is. Haal die rolletjies uit in ‘n opdien bak en hou warm. Laat die sous verder prut tot dit genoegsaam verminder en verdik het. Skep dit oor die rolletjies en bedien warm.
Bron en foto: Adam Cloete.




PETRE SE BEEF WELLINGTON

PETRE SE BEEF WELLINGTONtested
PETRE SE BEEF WELLINGTON
Beef Wellington met peper sous, aartappel wedges en slaai
1 biefstuk dun gekap
Gerookte spek
Sampioene
Uie
Grofgemaalde swartpeper
Sout
1/2 rolletjie skilferkorsdeeg

Braai uie en gekapte sampioene, sout en grof gemaalde peper tot uie deurskynend is. Rol helfte van rolletjie skilferkorsdeeg effens uit … Le 4 repe gerookte spek op deeg. Plaas platgekapte biefstuk (ek gebruik tenderised steak) op spek. Skep die sampioenmengsel op die biefstuk …. Rol die biefstuk in n rol … Vou die repe spek oor die biefstuk … Bedek die biefstuk met die skilferkorsdeeg … Smeer met eier en melk mengsel … Bak @ 180oC vir 30 tot 45 minute.
BRON – Petré Van Jaarsveld




BEESBOUD GAARMAAK IDEES

tested
BEESBOUD GAARMAAK IDEES

Marinda van Rooyen smeer die boud met speserye soos sout pepper , druk gate in en sit knoffelhuisies wat gekneus is binne in plaas nou daardie boud in n bak met kwart water wat boud bedek sny dan uie op en gooi in water om boud so 4 naeltjies sit vir die lekker 2 wortels grof gesny met 3aartappels in klein blokkies gesny sit deksel op en sit op 180c tot jy daai boud ruik dan draai jy die stoof op n 100c en laat hom deurnag in oond.geen waarborg dat iemand gaan opstaan in die nag vir die reuk nie as jy boud uithaal sit sous in kleiner pot en kook sous vinnig tot dit die helfte is .en braai boud bruin soos jy daarvan hou.

My ouma het geglo jy kook nie op kersfees nie alkes moet vorige dag klaar wees anders kan jy nie tyd met familie spandeer nie.sy is die een wat my gews het as jy twee wortels in vleis druk die wortels se punte miet mekaar raak dan krimp jou vleis nie do baie nie

Lorma Naude Ek stem saam met Marinda, doen alles soos sy, behalwe ek gooi nie water by nie, ek plaas die bak met vleis oornag op 100 in die oond en voeg eers die volgende oggend die groente by en terug in oond en verwyder sodra groente sag is. Verwyder en laat vleis afkoel en sny dan in skywe. Gebruik die soos van boud en maak dit dik, maar sorg vir baie sous, en plaas die gesnyde skywe vleis in ‘n opskepbak en gooi die warm sous bo-oor.
Ek praat van ‘n stuk beesvleis uit die boud uit, tensy sy van ‘n hele boud praat.

Marinda van Rooyen sny hom in twee

Annatjie Cooper Wat ja n snit sal hom ook oornag in foelie in oond gaarmaak stop hom met spek soos vir wild knoffel en kruie
En maak n lekkersous, sny skywe en le in die sous

Linda Grobbelaar As jy ‘n lekker potyster pot het kan jy hom mooi dokter, kruie, spek, of selfa bacon indruk. vat ‘n langerige mes met ‘n skerp punt of iets soortgelyks, druk gate in stop met wat jy voor lus is. Baba worteltjies werk ook lekker. Maak pot toe en sit oornag in oond van 100 grade C. Toets of sag en gaar. Los langer in as nodig. Dan kan hom met repies spek bedek en oop in die oond sit om bo op te bak.

Dierdre Travis Hoe groot is die bees boud?Ons maak dit gewoonlike in n baie groot baksak met knoffel,Rosemary
Tiemie en 4 soppoeiers wat jy meng. Olyfolie kleinbietjie sout pepper.Water 2 eetlepels in baksak.Gebruik na gaar is sous gemeng met roast meat gravy.Dit is vrek lekker.Lees die baksak instriksies.




BEEF GOULASH WITH CARROT-PEAS AND POTATOES

2015-11-23-goulashtested

BEEF GOULASH WITH CARROT-PEAS AND POTATOES
600gr Beef chunks
2 carrots cut into pieces
1 onion sliced
2 potatoes cut into pieces
200gr frozen peas
1 clove garlic
500ml chicken stock
8tbs Olive oil
Sage marjoram thyme 1tsp each
1/2 glass wine
1tbs Worcestershire sauce

Place oil in pan add onion and garlic let it cook until onion transparent.
Add meat chunks and let it brown.
Add herbs then add your wine and let it evaporate then add your veggies let it cook a couple of minutes add Wortcheshire sauce.
Add you chicken stock. Let it cook until meat tender.
I cooked it in pressure cooker for about 1hour. Serve with rice

Photo and recipe:  Sabrina Merli
Photo: Bianca van Platen




BIEFSTUK ROSSINI

biefstuk rosini petretested
BIEFSTUK ROSSINI
FOTO EN RESEP:  Petré Van Jaarsveld
2de foto:  Vark Rossini – Die vark was oor die kole gebraai.
FOOD LOVERS RECIPES
My eie Steak Rossini:-  (Het nie eendlewers nie  Dit met peri-peri hoenderlewers gemaak)
1 biefstuk (rump of sirloin)
olie
bastingsous

Peri-peri Hoenderlewers:
250 g hoenderlewer (genoeg vir 2)
½ klein ui, fyn gekap
3 repies groen soetrissie, fyn gekap
4 sampioene, gekap
grofgemaalde swartpeper
sout na smaak
Bastingsous …
1 teelepel harissa, of meer, hang af hoe sterk jy dit wil hê

Braai uie, sampioene, soetrissie en grofgemaalde swartpeper in botter tot uie deurskynend is.
Voeg hoenderlewers by. Braai tot gaar. Voeg bastingsous en harissa en bietjie sout by.
Druk van die lewertjies stukkend om ‘n lekker dik sous te vorm. Braai goed deur en skep op biefstuk.
Braai (grill) biefstuk op gasbraaier, kole of in riffelpan.
( Rare – 5 tot 7 minute … Medium rare – 7 tot 10 minute … Medium – 10 tot 15 minute … Welldone – 20 tot 25 minute) op warm kole.
Trek die biefstuk deur die olie en gooi op warm rooster.
Seël aan albei kante, smeer die biefstuk gedurig deur met olie.
Vir laaste 2 tot 3 minute smeer dit dan met bastingsous.

http://www.foodloversrecipes.com/2015/11/petre-se-harissa-sous/




FILET DE BOEUF AU ROQUEFORT-FILLET MET BLOUKAAS

 

gestopte fillet Hennietested

FILET DE BOEUF AU ROQUEFORT-FILLET MET BLOUKAAS
Hennie van Deventer
So nou en dan kry hierdie ou brein so ‘n liggie. As jy op die gasbraai vleis gaarmaak dan mis jy die hout geur. So, ‘n lagie tinfoelie met ‘n hout bo-op maak lekker rook. My filet de boeuf au roquefort behoort heerlik te wees.
Maklike resep. Vlek die filet. Sit skyfies bloukaas, knoffelbotter, en heel vye op. Sit speserye na smaak by. Maak dit toe en sit repies spek rondom. Braai tot spek crispy is. Dan is dit medium tot “rare”

FOTO EN RESEP:  Hennie van Deventer




LEKKER BEES STEW

LEKKER BEESSTEWtested
LEKKER BEES STEW
Handvol droe appelkosies,
2 uie,
raja mild en spicy kerrie,
lepel borrie,
1.5 kg stewing beef.

Kook tot sag. Voeg groente by: patats, aartappels, butternut en gemengde bevrore groente. Koop tot net sag. Geen suiker by nie. Die droe vrugte verskaf die suiker, daar is gedroogde klapper ‘shavings’ ook in. Patat gee ook soetigheid en verdik die bredie. Dus nie verdikkingsmiddel nodig nie.
BRON – Charlene Colyn




ARINDA SE HEERLIKE STEAK GEREG

ARINDA SE HEERLIKE STEAK GEREGtested
ARINDA SE HEERLIKE STEAK GEREG
Family se aand ete… tenderise steak in repe gesny. Het by fruit en veg n italian veg mix gekoop wat sommer klaar gesny is en n heel uie wat fyn gesny is.
Pak n laag steak n laag groente en laagie steak.
250ml melk
en so 200ml water met n pakkie mushroom sop.
1 Eetlepel tamatie sous. woestersous en chutney. Meng saam en gooi oor.

Maak toe met foelie en sit oond op 180 vir 1 1/2 uur. Gooi jou sout en peper op elke laagie en as jy ander spesery ook wil gebruik. Sodra gaar haal uit gooi kaas op en gril.. moet se dit ruik awesome lekker.
BRON – Arinda Murray Vd Berg