CELESTE SE HEERLIKE BEES OONDGEREG

Celeste se Heerlike Bees OondgeregtestedBees oondgereg
CELESTE SE HEERLIKE BEES OONDGEREG

Het my kookvleis van die been afgehaal.
Uie gekap, wortels gekap, pampoentjies gekap en aartappels en blomkool.
My uie en vleis eerste gepak en speserye gegooi toe pak ek my groente bo-op mekaar.
+- 500 ml water of net dat jou vleis en uie bedek.
Toe gooi ek Knorr se Beef strogenhoff net die poeier bo oor.

Bak vir ‘n uur, toe gooi ek ‘n halwe pakkie bruin uie sop oor om die water net lekker dik te kry.
En nog ‘n uur in die roasting pan.
En 10 min onder die grill of tot aartappels lekker bruin bak.
Bobs your uncle…

Resep en foto: Celeste Van Vuuren
Tweede foto: Foto: Frances Smith




FATIMA’S MASALA STEAK

Fatima s Masala Steaktested
FATIMA’S MASALA STEAK
1 kg steak
2-3 onions(chopped)
1 tsp coriander
1 tsp jeera
1 tsp roasted masala
1 tsp mutton masala
2 tsp bbq spice
2 Tblsp soya sauce,chopped red and green pepper and mushrooms(optional)-

Braise onions in butter and olive oil till brown and translucent.
Add steak either cut in cubes or strips. Allow to braise abit, then add spices and 2 tsp garlic and ginger paste.
Braise until meat is tender adding water so that pot dont cook dry. Add soya sauce, peppers and mushrooms. Allow to simmer a few minutes.
Recipe and photo: Fatima Isaacs




LELANE SE ROAST BEEF

lelane se rost beeftestedroast beef

LELANE SE ROAST BEEF
Roast beef vir aandete!
Stop met rou knoffel, druk gaatjies met skerm mes en druk ‘n knoffel toontjie in elke gaatjie in.
Oornag gemarineer in:
olyfolie
Worcestersous
½ koppie rooiwyn

Sprinkel met droë rosemary, sout en peper, steak and chop spice, koljander en meat tenderizer.
Plaas in oondpan met marinade en al en bak 1 uur in gasoond op laag of halfuur op 180°C in gewone oond, sommer in marinade en beduip kort kort.  Die baktyd hang af van hoe gaar jy dit wil hê, dit moet nog bietjie pienk wees binne. Ek’t dit oop gebak, sonder deksel of foelie. Afhangende van die grote.

Resep en foto:  Lelane Van Der Walt
Tweede foto:   Anna Kilian




MARTIN SE KERRIE BEESSTERT

Martin se Kerrie Beessterttested
MARTIN SE KERRIE BEESSTERT

Braai uie net liggies in klein bietjie olie.
Gooi dan jou kerriepoeier by en roerbraai so 2 minute.
Gooi dan oxtails by en sit deksel op en laat vleis bietjie braai.
Hy vorm nog olie en sousie met die braai.
So 5 minute en roer elke minuut dat dit nie vas brand nie.
Gooi sout, peper en heel koljander in met 2 koppies water en kook tot amper sag en gooi aartappels by.
Op die einde gooi jy pakkie of 2 roasted garlic sous om dik te maak.

Foto en resep: Martin Mulder

 




FILET MIGNON WITH MUSHROOM SAUCE

tested
FILET MIGNON WITH MUSHROOM SAUCE

3 lemons
6 fillet mignon steaks
Coarse salt to taste
Crush drie chilli peper to taste
6 tapelspoon butter (75ml)
12 garlic cloves coarseley chopped
1 cup milk (250ml)
6 ounces dry red wine (hier moet ek dink…1 oz is 30g)
6 tablespoons Worcestershire sauce (75ml)
48 ounces mushrooms (1.4kg)
6 slices bread.
Hoop nie ek help jou van die wal af in die sloot nie…
Die wyn en melk word seker gebruik vir mushroom sous…ek sal so 125ml gebruik…ek skat so…kry nie waar vloeistof in oz gemeet word nie…sterkte

Resep: Susan Coetzee




BEESSTERT EN WATERBLOMMETJIE POTJIE

beesstert en waterblommetjie potjie1tested
BEESSTERT EN WATERBLOMMETJIE POTJIE
2 uie
2.5 ml mosterd saad
2 lourier blare
15 ml dijon mostert
30 ml Worchestershire sous
200 ml rooiwyn
30 ml worchestershire spice
60 ml tamatie pasta
2 knoffel huisies gekap
3 bees sterte
1 blik tamatie uie smoor
2 blikke waterblommetjies
6 medium aartappels

Braai vleis in pot en skep uit.
Braai uie tot sag sit knoffel en speserye by. Sit vleis terug met een koppie water prut stadig tot vleis sag is met deksel op. Voeg water by soos nodig.
Meng rooiwyn mostert tamatie puree en smoor en sit by en prut 5 min. Sit aartappel by en prut tot sag. Voeg waterblommetjies by ( in die blikke klaar sag) laat saam warm word.
Bedien met rys of mielie gruis.

RESEP EN FOTO:  Hendrik Markgraaff




MARIAN SE GEKRUIDE PORTUGESE HUTSPOT

MARIAN SE GEKRUIDE PORTUGESE HOTPOTtested
MARIAN SE GEKRUIDE PORTUGESE HUTSPOT
Portuguese dis wat jy lekker met die hand eet.
2 kg blokkies beesvleis
1 groot pak sampioene
3 uie
3 eetlepels knoffel
3 rissies
4 lourierblare
5 kerrieblare
1 eetlepel masala
4 eetlepels kerriemengsel
1 eetlepel borrie
1 eetlepel paprika
1 cm stuk heel gemmer, opgesny
2 takkies roosmaryn
6 cardomom saad
1 eetlepel kaneel
1 takkie basil
1 takkie origanum
1 takkie salie (sage)
¼ koppie malt asyn
3 eetlepels suiker
1 pakkie tamatiepasta
1 pakkie appelkose, in warm water gelê
½ bottel rooiwyn
1 liter water
sout en peper
braaivleis speserye
olyfolie

Plaas genoeg olie in ‘n lekker dikboompot en braai al die speserye en kruie vir 10 min.
Voeg die uie ook en appelkose by.
Voeg die pakkie tamatiepasta by en dan die halwe bottel rooiwyn en liter water. Laat dit kook tot borrels. Draai plaat af.
Geur  die vleis met die speserye, sout en peper. Verbruin in ‘n ander pan. Skep dan in sousmengsel. Laat kook vir ‘n uur op stadige hitte. Voeg nou sampioene by en prut vir nog ‘n uur. Jy moet maar proe of dit sterk genoeg en sout genoeg is. Anders sit net nog ‘n russie of 2 by.

Pittabroodtjies is oond warm gemaak. Breek dit oop dan is dit soos ‘n bakkie en jy skep jou kos daarmee.
Jy kan ook Portuguese rolletjies koop en hulle sny in repe. Dan gebruik jy dit soos ‘n tang om kos te skep.
Mengelslaai bygemaak.

Resep en foto: Marian van Deventer




JOHAN SE PEKELVLEIS

JOHAN SE PEKELVLEIStested
JOHAN SE PEKELVLEIS

Soutbeesvleis
1 liter kookwater
500 g growwe sout
40 g salpeter
14 g swart peperkorrels
310 ml bruin suiker
ekstra sout vir die invryf van die vleis

Gooi warm water oor mengsel en roer tot suiker oplos, laat staan om af te koel.
Vryf vleis goed in met ekstra sout, ek gebruik fyn sout vir die invryf.
Sit die vleis in die koue pekel mengsel, die vleis moet heeltemal bedek wees, sit maar ‘n gewig bo-op.
Laat vleis vir 4 dae in pekel lê, draai vleis elke dag om.
Nou kan jy dit gaar kook in ‘n pot of bak in die oond of berook.

Resep en foto: Johan Coetzee




BEEF OLIVES ALA RINA

beef olives gesnybeef olives 1tested

BEEF OLIVES ALA RINA
Foto en idee:  Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES

Ons vat more weer die lang pad en ek het sommer vir ons saam met die ander padkos lekker Beef Olives gemaak.
Sny die fillet steak lekker skywe kap dit goed met die vleis hammer plat, maar nie te veel nie.
Maak ‘n mengsels van rou maalvleis met kruie en speserye, sout en peper, nie te sout nie en sit op elke stukkie gekapte steak, rol op. Steek vas met tandestokkie.
Braai sommer lekker vinnig ‘n warm steak pan om te seël en dan stadiger dat die maalvleis net gaarword. Haal af en laat rus.
Ek het dit heel gaar gemaak omdat ons dit as padkos gaan eet, in lekker wielietjies gesny, maar as jy dit sou bedien saam met groente.. kan jy ‘n lekker sampioen- of pepersous daarby bedien.

 




BEESVLEIS CARPACCIO

beesvleis carpacciotested
BEESVLEIS CARPACCIO
500 g Bees filet
20 ml Dijon mosterd
30 ml grof gemaalde swart peperkorrels
80 g Roketblare
100 g Parmesan / Parmigiano kaas splinters
Kleefplastiek of aluminium foelie
VINAGRETTE SOUS
30 ml suurlemoensap
30 ml Basiese / rooiwyn asyn
30 ml Olyfolie
5 ml sout
1 Knoffelhuisie gekneus
vars gemaalde swartpeper na smaak
5 ml mosterdpoeier
10 ml vars kruie, fyn gekap.

Meng die mosterd en peperkorrels. Bedek die filet met die mosterd en peper korrel mengsel. Seël die filet oor kole of gasbraaier. Draai die filet styf toe in kleef plastiek of foelie en vries vir ongeveer 1 uur, of tot dit ferm is. Sny die vleis teen die grein in 5mm skywe. Plaas elke skyf tussen 2 lae kleefplastiek en rol dun met kontroleer todat dit papier dun is. Rol die vleis op in kleefplastiek en verkoel vir nog n halfuur tot 1 uur.
Om die sous voor te berei, klits die suurlemoensap, asyn, olie, soet, knoffel, peper, mosterd poeier en kruie saam totdat dit glad is. Rangskik die vleis skywe in n enkellaag op n groot opdien bord. Bedruip die Roketblare met helfde van die sous. Sprinkel kaas oor. Bedien met oorblywende vinagrette sous.

NOTA:
Ek het gewone slaaiblare gebruik asook gewone plastiek gebruik en sommer n hele paar skywe op n slag plat gerol. Die vinagrette sous is belangrik – die Balsamiese asyn doen die ding ! Ek het ook nie vars kruie gehad en het pietersielie blare geprikkel met olyf olie en in oond gedroog – die kleur het mooi groen gebly. Dis glad nie n ingewikkelde resep EN ook DIS NIE ROU VLEIS NIE mense – dis gepekel en geseel. Heerlik doeksag !

Foto: Annemarie Allen