GUINNESS PASTEI

guinness-pie-werner-2guinness-pie-wernertested

GUINNESS PASTEI
Braai 750g ontbeende beeskook in ‘n swaarboompot tot bruin.
Braai 1 ui (grofgesny)
Hou uie eenkant en gooi dan ‘n 440ml Guiness bier by die vleis.
Voeg sout na smaak by.
Voeg mespunt gekneusde knoffel en bietjie Tiemie en twee fyngeperste naeltjies by.
Voeg ‘n klein houertjie tamatie pasta by.
Voeg swartpeperkorrels by na smaak.
Laat prut baaaaaaie stadig (ten minste 1 en half uur) oor lae hutte (bedek)
Voeg klein blokkies aartappels en wortels by, bedek en prut vir nog 45min.
Teen hierdie tyd is die vleis lekker sag.
Neem 2 teelepels meelblom en maak apart aan in klein bietjie water.
Roer die meelblom in die pot en verminder hitte. Die sous word baie vinnig dikker.
Wanneer alles gaar en sag is, verwyder van die plaat en laat afkoel. (Veral as jy ‘n kors onder in jou bak het. Die sous stol dan word die deeg nie pap nie)
Spuit ‘n oondbestande bak behoorlik met Spray n Cook.
Versprei die vleismengsel eweredig in die bak.
Bedel die bak met voorafgerolde deeg, plaas ‘n NTVL daisy op en bak teen 180°C in ‘n voorafverhitte oond totdat die kors goudbruin is (Myne het bietjie gebrand aan die een kant, maar ek maak gebruik van een van daai draagbare oondjies)

FOTO EN RESEP:  Werner Werries Schulze




FILLET WITH ORIGANUM

johan-se-filletjohan-se-fillet-2johan-se-fillet-3johan-se-fillet-4tested
FILLET WITH ORIGANUM
After being away for a while it is good to be back where meat is still cheap according to international standards. Today I made an old family favorite which is great on a fire or in the oven. I used double for todays meal but here goes.

Marinate the day before for best results.
1kg Beef fillet
1 Onion finely chopped
3 Tbsp Chopped Fresh Origanum but dry is also good.
3 Garlic cloves halved
Garlic salt
1 Cup fresh lemon juice
125ml Soya sauce
1 Tbsp ground black pepper
Mix all the ingredients together
Put the Fillet in a flat bowl
Make a few small cuts and push the garlic into cuts .
Put glad wrap over the meat to seal it. Leave over night. I like to turn it once after a few hours.
Origanum sauce.
4 Tbsp Red Wine Vinegar
7 to 10 Sweet Basil leaves
2 Garlic cloves
1 Cup flat Italian Parsley
2 Lemons, Juiced
70 ml Olive oil
7 Spring onion stalks
2 Tbsp Fresh Origanum
1 Slice white bread
Mix all the ingredients in a blender and serve with the meat.
Remove the fillet from the fridge and leave to stand to get back to room temperature. It tajes about 2 hrs.
Pre heat the oven to 190 degrees C
Put meat on an open oven tray and cook for 40 – 50 min fir Medium-Rare. Allow the meat to rest before cutting. The meat can also be barbecued on an open fire.
Cut and serve the meat with the sauce on the side .
I prefer serving baked potatoes with rosemary and olive oil and butternut with cinnamon sugar.
Enjoy.
PHOTO AND RECIPE:  Johan De V Swanepoel




MARIé SE BEESVLEIS KERRIE

MARIé SE BEESVLEIS KERRIEtested

MARIé SE BEESVLEIS KERRIE
50 ml sonneblomolie
2 kg bees stowe vleis. Verywyder bene later voor die vleis by kerrie pasta gevoeg word.
2 / 3 uie, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
3 tamaties gerasper sonder skil
20 ml borrie (tumeric)
20 ml chillie poeier (Durban masala)
10 ml fyn komyn
30 ml fyn garam masala
Kaneel stukkies
Bay leaves so 4/5 blare
3 anys sterretjies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Braai uie in olie. Voeg knoffel en kaneel stukkies, Anys sterretjies, bay leaves en tamatie. Voeg die res van die speserye by sodra die uie mengsel gaar is. Roer met bietjie water tot ñ lekker pasta. Laat prut vir so 5 minute en hou eenkant. In tussen kook die vleis tot gaar en ontbeen. Gooi in die kerrie pasta en roer. Skil so 6 aartappels en sny in blokkies en kook saam in die vleis kerrie mengsel vir so 30 minute tot aartappels sag is. Druk n paar can die stukkies aartappel fyn sommer so teen die kant van die pot. Dit maak jou sousie dukker.
Dien op op geel rys.
Die speserye kan aan gepas word volgens jou smaak.

Resep en foto: Marié Fourie




RONELL SE BEESVLEISKERRIE

ronelle se beesvleiskerrietested
RONELL SE BEESVLEISKERRIE
1.2kg brisket en shin in stukke gesny.
*1 baie groot ui en 1t vars garlic.
*3 tamaties opgesny.
*2 E gemengde speserye
*3 E gemengde kerrie en 1t borrie
*Suiker en n halwe bottel chutney.
*Sout en bietjie stew mix poeier.
*4 E asyn
*4 groot vars wortels en 1.2 kg baba aartappels.
**Metode:
*Braai ui wat opgesny is saam met garlic net tot sag.
*Voeg die kerrie en sout by. Roer en laat braai vleis bietjie in vleis sous.
*Voeg nou asyn ,mixed herbs ,opgesnyde tamaties en borrie by.
*Voeg kookwater by tot vleis net toe is en kook tot sag. Myne het 2 ure gekook van been af.
*Voeg jou aartappeltjies by en opgesnyde wortels. Voeg water by indien nodig.
*Kook tot sag op 3 stoofplaat.
*As kos te souserig is maak 2 t stew sopsous aan net met die chutney.
*Sodra aartappels sag is voeg by en prut vir 5 min.
*Bedien met rys en tamatieslaai of soetgroente.

RESEP EN FOTO: Ronell Muller Boshoff




SEAN SE PRIME RIB BEEF ROAST

prime-ribtested
SEAN SE PRIME RIB BEEF ROAST
Hierdie was so amper ‘n kilogram, meer as genoeg vir 3 mense. Pas aan volgens gewig. Dit was my eerste probeerslag en dit het fantasties lekker sag en sappig uitgekom.

Voorbereiding:
Laat die vleis ten minste ‘n uur by kamertemparatuur staan.
Meng een teelepel van elk van die volgende: Gemaalde growwe sout, grofgemaalde swartpeper, koekmeel en BBQ speserye, bruinuie soppoeier en vars knoffel of knoffelpoeier.
Snipper ook (verkieslik vars) roosmaryn by.
Vryf die vleis goed in met die mengsel.

Metode:
Plaas die vleis in ‘n gesmeerde bak met die been na onder en die vetkant dus bo.
Bak teen 200 grade vir ongeveer 15 minute.
Sit oond af en moenie die deur oopmaak nie.
Laat staan so vir ongeveer 20 minute na ‘n halfuur.
Sny dan op en bedien saam met ‘n sousie van jou keuse.
Bykosse was kapokaartappels en geroosterde gemengde groente.

BRON: Sean O’Brien




VRYGESEL-BOBOTIE

VRYGESEL-BOBOTIEtested
VRYGESEL-BOBOTIE
Ek het die resep vanaand probeer.
Moeite werd. Die patat het goed gewerk met n’ bobotie smaak.
2 uie, gekap
Olie
1kg beesmaalvleis
1 groot , in blokkies gesny
15 ml kerriepoeier of garam masala
15 ml borrie
5 ml bruinsuiker
45 ml blatjang
125 ml gedroogte appelkose
Sout en peper
1 sny volgraanbrood
1 eier, liggies geklits
60 g botter
4 eiers
125 ml amandelsplinters of -vlokkies (opsioneel)

Verhit ’n groot braaipan en braai die uie in ’n skeut olie tot deursigtig. Voeg die maalvleis by en hou aan roer tot die maalvleis gaar en krummelrig is. Voeg die patat, kerriepoeier, borrie, suiker, blatjang en appelkose by. Meng goed. Geur en haal dan van die warm plaat af.
Week die brood in ’n bietjie water en druk daarna die water uit. Druk die brood fyn en meng by die geklitste eier in. Voeg dit by die maalvleismengsel en meng deur. Kook die bobotiemaalvleis terwyl jy deurgaans roer tot dit gaar is.
Maak klein holtes in die maalvleis en stip elk met ’n klontjie botter. Wanneer die botter gesmelt is, kan jy ’n eier in elke holte breek. Kook tot gaar na smaak. Sit voor saam met die amandels (opsioneel), vrugteblatjang en ’n vars mengelslaai. Lewer 6 porsies.

Foto en resep geplaas deur Louw LP Senior




ANITA SE STEAKPAKKIES

steak_ntested

ANITA SE STEAKPAKKIES
1 lekker mature steak gaar gemaak en opgesny soos verkies
½ ui fyn gesny en gebraai saam met 1 pakkie opgekerfde sampioene
1 ½ koppie kaas (chedder of mozzarella)
1 blikkie room sampioensop
¾ blikkie melk (gebruik blikkie van die sampioensop
1 pak blaardeeg (puff pastry)
Meng opgesnyde steak, met die uie en sampioen mengsel
Rol die blaardeeg oop en rol effe uit. Neem jou deeg en sny dit op sy langste kant in die middel deur. Dws jy moet nou 2 stukke deeg he.
Smeer die steakmengsel oor die deeg en rol toe.
Sny dit in worsies (so ongeveer 10cm lank).
Meng die roomsop, melk en ½ koppie kaas. Verhit tot warm (sommer in die mikrogolfoond).
Pak die steakpakkies in ‘n gesmeerde oondvaste bak.
Giet die sopmengsel bo-oor die steakpakkies.
Sprinkel oorblywende ½ koppie kaas oor.
Bak by 180ºC vir ongeveer 30-40 minute tot bruin en die mengsel borrel.
Bedien met kapokaartappels, rys, ertjies, mengelslaai of brood rolletjies
Resep en foto: Anita Dippenaar




TALISSA SE HEERLIKE BEESSTERT

talissa se beessterttested
TALISSA SE HEERLIKE BEESSTERT
Dis n resep wat ek in een restaurant waar ek gewerk het,gebruik het. Hy was n wenner onder die klante. (Self getoets en ge-eksperimenteer) Ekt vanoggend 9uur begin en was teen 3uur vanmiddag klaar
1 pak oxtail
5tbls Ground coriander
1tbls Cinnamon
1tbls crushed garlic
1tbls Cumin
N hand vol bayleaves
500ml rooi wyn van jou keuse
8 tamaties en 8 uie,fyn gesny
Sout en peper na smaak
Genoeg water om vleis te bedek.
Braai die oxtail in die speserye en n klein bietjie olie tot mooi bruin.
Gooi wyn by en prut so 2minute.
Die wyn en vleis prut eers 2min,en dan gooi jy die res van die bestandele by en water om te bedek,en laat dit gaan tot vleis sag is.
As dit reg is,gooi 2 pakkies oxtail sop en so 10ml tamatie paste by en laat dit goed deur kook tot dit dik word.
N wenner in almal se oe!
Jy kan dit in n slow cooker maak en die vorige dag al begin!

RESEP EN FOTO :  Talissa Olwagen




FILLET MET WHISKEY SOUS

filet_ntested

FILLET MET WHISKEY SOUS
Fillet met whiskey sous – saam aartappel en patatkaasgereg
Fillet:
3 aartappels
1 patat
1 pakkie wit uiesoppoeier
½ koppie melk
gerasperde kaas
Marinade:
½ koppie whiskey
½ koppie bruin suiker
½ koppie worcestersous
¼ koppie olie
3 eetlepels mosterd poeier
Meng al die marinade bestandele en marineer vleis oornag.
Braai tot gaar soos verkies.
Pak die aartappel en patat skywe in lae, sprinkel droë soppoeier oor. Giet melk oor. Bak vir 25 min teen 190°C. Haal uit en sprinkel kaas oor. Bak verder tot kaas bruin is.
Resep en foto: Cecil Dunhin




MARIKA SE THAI-BEESKERRIE-NOEDELS

thaitested
MARIKA SE THAI-BEESKERRIE-NOEDELS
Bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml fyn knoffel
15 ml fyn gemmer
30 ml rooikerriepasta (Woolworths)
600 g beesvleis, in repies gesny
400 ml klappermelk
45 ml bruinsuiker
15 ml vissous
30 ml sojasous
340 g eiernoedels of 2-minuut noedels
350 g broccoli, gaar gestoom
300 g wortels in juliennerepies gesny, gaar gestoom
250 ml rooikool, gekerf

Verhit olie braai ui, knoffel en gemmer tot sag.
Voeg kerriepasta by en braai verder.
Braai beesvleis saam met kerriepasta. Giet klappermelk, bruinsuiker, vissous en sojasous by. Kook vir 15 minute.
Kook noedels in water tot net sag, dreineer.
Skep noedels en groente gevolg deur kerriesous in diep sopbakkies.
Sprinkel met rooikool en bedien dadelik.

Foto: Marika Tegmann