WILMA SE STEAKREPIES MET LEKKER SOUSIE

steak reppiestested

WILMA SE STEAKREPIES MET LEKKER SOUSIE

Sampioen, uie en swartpeper sousie…..
braai 1/2 ui tot deurskynend, voeg 1/2 koppie sampioene by.
Maak dun witsous van 1opgehoopte eetlepel meel, 1eetlepel botter, 1koppie melk.
Ek maak myne sommer in die mikrogolf. Geur met sout en baie gemaalde peper.
Meng alles saam en skep oor vleis.
Ook baie lekker saammet ‘n burger

Bron en Foto: Wilma Josey Venter




SUZANNE SE BEESSTERT POTJIE

beestert-potjie-suzanne-regtested

SUZANNE SE BEESSTERT POTJIE
1,5 kg beesstert
1 kp meel
3 E. olie
3 E tamatie puree
1/2 t droë tiemie
4 loerierblare
500 ml rooi wyn
750 ml beef stock
4 medium wortels (klein gesny)
4 seldery stingels
3 medium uie, opgesny
1 kg baby potatoes
5 wortels, grof gesny
sout en peper na smaak

Rol oxtail in meel, braai in pot tot bruin. Haal uit, braai uie, seldery, en wortels tot sag, voeg vleis terug in pot met rooiwyn, beef stock, tiemie, loerierblare en tamatie puree. Prut op lae kole vir 1 en half uur. Dan word aartappels, grof gekapte wortels, sout en peper bygevoeg, kook n verdere uur en ;n half en geniet.

Resep saamgestel en verander sowel foto: Suzanne Petersen
2de foto: Gideon Louw




MYRTLE SE GEVULDE GEMARINEERDE BIEFSTUK

tested

MYRTLE SE GEVULDE GEMARINEERDE BIEFSTUK
Ek het my steak bietjie laat lê in ‘n marinade van olie, suurlemoensap, tamatiesous en wostersous. Het sommer van die gekoopte spinasie…daai wat mens in kookwater of mikrogolf warm maak gebruik, die steak daarmee gesmeer en kaas en ham blokkies daarop gesit en dit toegerol en in ‘n bietjie olie gebraai.

Kap jou steak lekker plat met vleis hammertjie of piering. Gooi oor sout, peper , bietjie wostersous en bietjie knoffelvlokkies
Braai uie sampioene en spek tot sag.
Hier kan jy dan lekker jou verbeelding laat gaan – dink aan spinasie en feta kaas, mossels, kaas en ham, enige iets wat jy lus voel om as vulsel te gebruik.
Smeer oor die steak en rol op.
Steek vas met tandestokkies en bak in die oond tot gaar of jy kan dit ook in vlak panolie bak tot gaar.
Maak ‘n lekker kaassous, of bisto sous, sampioen sous ens. Kyk wat by jou vulsel sal pas.
Bedien met kapokaartappels of skyfies, mengelslaai of volledige bord gekookte groente.

Resep: Myrtle van Dyk




ALTA SE VINNIGE STEAK

Alta se Vinnige Steaktested
ALTA SE VINNIGE STEAK

Gewone steak, met bietjie suurlemoen sap oor en braai speserye.
Bak steak aan albei kante soos jy daar van hou.
Gebruik daai stukkies wat afval van steak – die bietjie olie ook.
Gooi bietjie meel by van die wat jy gebruik.het om steak in te rol
Voeg dan water by en kook deur

Bron en foto: Alta Gunter Van Dyk




INGRID SE BEESNEK POTJIE

beesnek-potjietested
INGRID SE BEESNEK POTJIE
1 kg beesnek
4 uie, opgesny
knoffel, soveel soos verkies
brusselse spruite
wortels
aartappels
sampioene
groen bone
soppoeier van eie keuse
Braai die vleis in die warm pot met bietjie olie tot bruin. Verwyder die vleis uit die pot en voeg die uie en knoffel in die pot en braai tot dit begin bruin raak, voeg bietjie water by sodat dit nie aanbrand nie.
Plaas die vleis terug in die pot by die uie en knoffel en voeg warmwater by tot die vleis bedek is. Plaas die deksel terug op die pot en prut vir 1.5 uur. Voeg die aartappels en wortels by en prut tot amper sag. Maak die soppoeier, van jou keuse, aan met 500 ml water (ek het “beef and onion” gebruik)  en voeg die sop met die res van die groente by die vleis en aartappelmengsel in die pot. Bedek en prut oor matige kole totdat die groente gaar en vleis sag is.
Resep en foto: Ingrid Mouton




HENDRIK SE BEES STERT MARINEER

FLR BB be the first to give us a photo!!tested

HENDRIK SE BEES STERT MARINEER
Ek marineer die oxtail oornag in koppie rooiwyn, bottel griekse slaaisous, worcestershire sous. Sit volgende oggend op lae hitte (120 grade) in n Argilla bak met gekapte uie en wortels asook pakkie diced bacon (koop gewoonlik oxtail met min vet). Sowat 5 ure later is dit doeksag en geurig.

Bron: Hendrik Meyer




BEESVLEIS EN APPELKOOS MAROKKAANSE TAGINE MET COUSCOUS

BEESVLEIS EN APPELKOOS MAROKKAANSE TAGINE MET COUSCOUStested

BEESVLEIS EN APPELKOOS MAROKKAANSE TAGINE MET COUSCOUS
Genoeg vir 6 mense
SPESERYE
2 teelepel borrie
2 teelepel kaneel
1 teelepel fyn koljander
2 teelepel komyn
Halwe teelepel rooipeper
Halwe teelepel kardomom
4 teelepels sout
1 eetlepel gerasperde suurlemoenskil
1 teelepel paprika
BENODIGHEDE
900 g beesvleis in klein blokkies gesny
2 eetlepels olyfolie
2 uie opgekap
2 eetlepel gerasperde knoffel
2 eetlepel gerasperde vars gemmer
4 eetlepel tamatiepasta
3 koppies beesvleisaftreksel
1 koppie gedroogde appelkose
halwe koppie pitlose rosyne
2 eetlepels heuning of bruinsuiker
halwe koppie gekapte pistasieneute
halwe koppie gekapte pietersielie

Meng die droë speserye (borrie, kaneel, koljander, komyn,  rooipeper, kardomom, sout, suurlemoenskil en paprika) met die olyfolie. Giet dit oor die beesvleis en werk goed deur sodat al die vleis met die mengsel bedek is. Marineer dit in die yskas vir ongeveer 8 ure voor dit gaargemaak moet word.
Verhit 4 eetlepels olyfolie in ‘n groot pot oor ‘n matige hitte. Plaas die beesvleis in die pot en verbruin.
Verwyder van die hitte en skep vleis uit die pot.
Roerbraai die uie en knoffel tot vir ongeveer 5 minute tot dit deurskynend raak.Voeg nou die gemmer by en roerbraai vir nog ‘n minuut. Voeg die beesvleis weer by die uie-mengsel en roer goed deur. Meng die tamatiepasta, heuning en beesvleisaftreksel en voeg by die beesvleis. Laat dit kook.
Verlaag die hitte en sit ‘n deksel op die pot en laat prut vir ongeveer ‘n uur en ‘n half of tot die vleis sag is. Voeg die appelkose en rosyne by. Voeg nog beesvleisaftreksel by indien nodig om te bedek.
Laat kook die vleis weer en verlaag dan die hitte dat en prut vir nog 15 minute.
Bedien op couscous.
Bron: Uit Ruhan Bothma se argiewe
Foto: Ruhan Bothma




SLOW COOKER OSSO BUCO

imagetested

SLOW COOKER OSSO BUCO

“A beautiful, tender and mouth-watering meat casserole, so full of flavor. It forms a juicy and delightfully tasty gravy with carrots, celery and onion. Delicious served with boiled rice or couscous.
Ingredients
2 tablespoons all-purpose flour
salt and pepper to taste
6 (1 inch) thick slices veal shank, sliced for osso buco
2 tablespoons butter
2 tablespoons olive oil
2 onions, roughly chopped
2 large carrots, chopped
2 stalks celery, chopped
2 cloves garlic, thinly sliced
1 1/4 cups chicken stock
1 (14 ounce) can diced tomatoes
2 teaspoons chopped fresh oregano
1 bay leaf
Directions
Season the flour with salt and pepper to taste. Toss the veal shank slices with the flour until evenly coated. Melt the butter and olive oil in a large skillet over medium heat. Cook the shank slices in the hot butter until golden brown on all sides, about 10 minutes per side.

Combine the onions, carrots, celery, and garlic in a large slow cooker. Set the meat slices atop the vegetables, then pour in the chicken stock and diced tomatoes. Season with oregano and the bay leaf.
Cook on Low for 8 hours until the meat is falling off of the bone. Season to taste with salt and pepper before serving.

Photo: Elize de Kock




CORNELIA SE CLUB STEAK EN GROENTE

14484918_1095977203771799_1849380179436882881_ntested
CORNELIA SE CLUB STEAK EN GROENTE

Het 6 dun clubsteaks gehad wat te dun was vir braai. So 8 aartappels geskil en in groot stukke gesny. 1 gekerfde ui, 1 blik groenbone en ‘n blik baba wortels. Groente gemeng, onder in oondpan gepak en club steaks bo-op.
Toe gooi ek sous oor gemaak van 1 koppie jimmy sous, 1 pakkie bruinuiesop en 400 ml water.
Maak toe met foelie en bak so 3 ure stadig by 160 °c.
Haal foelie af en laat gereg so bietjie verbruin.
Bedien op rys. Heerlik.
Genoeg vir 6 mense met min moeite.
Kan enige groente van jou keuse gebruik.

Resep en foto’s: Cornelia Marais Myburgh




BRAISED BLADE BEEF AND POTATOES

Braised blade beef and potatoestested

BRAISED BLADE BEEF AND POTATOES
Blade beef cut up into chunks
2 onions sliced
Peppercorns abt6
Bayleaves abt3
2stick cinnamons
Salt&fresh ground blck pepper
3potatoes cut into halves
Method
Put onions & meat into a pot ,add bay leaves, peppercorns, stick cinnamon,add about 2 cups water & allow to cook away..allow pot & meat to braise & burn/stick to bottom of pot…add bits of water and you will see its a brownish colour in pot…cook until when pierced with a fork it is nice & tender and almost soft to the bone..add the potatoes ,salt & fresh ground black pepper and then add some olive oil and braise in the sauce ,adding bits of water…keep adding water as you braise until potatoes are soft ,yet tender and there is a nice thickish sauce in pot.
Source and photo: Colleen June O’connor Heugh