GEROOKTE MOSTERD FILLET


GEROOKTE MOSTERD FILLET
fillets
growwe sout
growwe swart peper
1 eetlepel mostertpoeier
olyfolie
Hickory hout chips (of smoke chips van keuse)

Droë rub die vleis met sout en peper en mostert poeier, vryf olie oor.
Rook die vleis vir 45 min teen 120°C. Laat rus vir 10 min, sny op en bedien.

Resep en foto:  Cecil Dunhin




VULLENDE PAP EN NJAMA (VLEIS)


VULLENDE PAP EN NJAMA (VLEIS)
Smaak-lekker vullende en spotgoedkoop ete daagliks geniet deur menige. Die geheim lê in die sous!
1 kg vleiserige sopbene
2 blokkies bief ekstrak
1 teelepel gerasperde knoffel
1 groot gekerfde ui
2 gesnyde tamaties
1 teelepel sout
½ teelepel rooipeper
3 lourierblare
5 heel naeltjies
1 teelepel fyn komyn

Braai bogenoemde saam in vlak olie.
Voeg die 1 blikkie uie en tamatie by as jy wil en prut met water vir 1 uur.

Voeg die volgende by:
4 aartappels, in blokke gesny
4 wortels, in skywe
1 handvol gekerfde seldery
Kook stadig vir nog ‘n uur.
Bedien saam met die sous op pap.
Resep en foto: Nico Conradie




GEVULDE RUMP STEAK

GEVULDE RUMP STEAK
500 g Rump steak
3 E roomkaas
halwe T tiemie
Olywe
Sout en peper na smaak
Maak ‘n sny in die steak strooi sout en peper in
Meng roomkaas en tiemie en druk in gleef. Gevolg deur olywe en dan weer roomkaas mengsel
Braai op lekker warm kole vir 4 min draai en smeer Jimmy sous en braai nog 4 min en draai en smeer Jimmy sous. Haal af en laat 4 min rus (maak toe met foelie op ‘n bord)
Let wel hierdie is ‘n rare to medium steak
HEERLIK!!!!!
Bron: insparasie op tv gesien en toe gemeng soos ek van dit hou
Foto:Benhet Nieuwenhuis




EENPOT KERRIE BEESVLEISPOT

EENPOT KERRIE BEESVLEISPOT
Ek het vandag ‘n eenpot kerriebeesvleispot in die oond gemaak. Ek het vandag twee vergaderings gehad en het vanoggend die voorbereiding gedoen. My bediende Marthah het die gaarmaak proses vir my gedoen.
Ek het net vir haar die gaarmaak tyd teen die kennisgewingbord geskryf.
1.5 kg bees kookvleis
1 groot uie gekap
1 kg gemengde potjiekos groente (nie gevriesde groente nie.
Verbruin vleis haal uit en braai uie tot sag, meng die vleis by en gooi in ‘n casserole.
Pak groente bo-op.
Sous
750 ml droë rooiwyn
5 ml gekapte knoffel
15 ml tamatiepaste
15 ml soyasous
1 pakkie beesstertsop
5 ml kerriepoeier
15 ml matige Tandoori paste
125 ml sterk blatjang
100 ml matige peppadew blatjang
150 ml water
15 ml gemengde gedroogte kruie
15 ml aromat
5 ml knoffelsout
5 ml suurlemoenpeper
3 lourierblare
2 eetl maizena
Meng al die bestandele vir die sous saam en gooi oor vleis.
Plaas in vooraf verhitte oond by 180°C vir 1 uur, draai die oond af na 150°C vir 1 uur, draai die oond af na 70°C vir 1 uur. Vanaand toe ons eet was die vleis heerlik sag gewees.
Resep en foto: Elna Erasmus – assistent: Marthah




THAISE BIEFREPIES


THAISE BIEFREPIES
(6 porsies)
700 g biefrepies, in repies gesny
Bietjie olie
2 uie gekap
1 knoffelhuisie gekneus
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
7.5 ml mielieblom
420 g (1 blik) klappermelk
30 ml vars koljanderblare gekap
45 ml grondboontjiebotter
Braai vleisrepies bietjie op ‘n slag in olie tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant.
Voeg nog olie by indien nodig en sorteer uie en knoffel tot deurskynend.
Voeg soetrissie by en sorteer nog 2 min.
Sprinkel mielieblom bo-oor en roer tot mielieblom geabsorbeer is.
Voeg klappermelk, koljander, grondboontjiebotter, sout, peper en vleisrepies by. Verhit tot kookpunt en prut oor medium hitte tot vleis sag is.
Sit warm voor met pasta of rys.

Bron en Foto: Elna Erasmus




BEES “CHUCK OF BLAD” BRAAI

BEES “CHUCK OF BLAD” BRAAI
Smeer die “Tjops” 2.5-3 cm dik gesaag..
in met n mengsel van 1 koppie olyfolie, of gesmelte Botter
en 1/4 koppie suurlemoensap of bruinasyn.
Sprinkel dan growwe swart peper oor, en laat staan vir 4-6 ure, of oornag in die yskas..
Dan word dit gebraai soos n Rump staek..
WARM kole, en NET medium gaar..
n Uie en Roomsousie loop altyd lekker saam..
DIT SMAAK soos n Rump steak, met n beentjie in..
Bron en Foto: Stefaans Blaauw




“CHUCK” BRAAI IDEES

“CHUCK” BRAAI IDEES
Debbie Lamprecht van Staden:
Wie kan help asb – sou mens “Chuck” braai, moet dit eers gemarineer word?
Stefaans Blaauw: Sien foto’s
Ek smeer dit net in met suurlemoensap, en Olyfolie of gesmelte botter, en swart peper..laat staan so 4-6 ure, en braai dan op warm kole, of in die oond..dan eers gooi ek die sout oor, net voor dit gebraai of gebak word.
Karin Pitout:
Ons braai dit net soos T-Been sonder om te marineer. As slagter vir jou lekker snitte gesny het, is marinade onnodig, aangesien dit van die smaaklikste vleis is.
Norman Swart:
Ek marineer myne met olyf olie voor die tyd, dan kan jy dit omtrent met ‘n botter mes sny.
Jaans Coetsee:
Worcestersous  en steak en tjop spice ‘n uur voor jy vuur toe gaan maak dit heerlik en sag.
Anton Barend Van Niekerk:
Braai oor warm kole nie nodig om te marineer nie.
Mirsina Rimbos Mouyis
My best! Greek way.. rub olive oil, salt, pepper, oryganum and grated onion to soften up if you marinate over night or a few good hours! Braai and then squeeze fresh lemon on the meat if you like
Foto: Stefaans Blaauw




BEEF STEW WITH BEER

BEEF STEW WITH BEER
Today, I would like to share with you the recipe for a beef stew with beer. I use Guinness, but you may use your favourite one.
Ingredients:
0.5kg of beef for the stew
200ml of Guinness
1 onion
2 cloves of garlic
400g of small mushrooms
2 tomatoes
half a chili pepper
3 tablespoons of oil
2 tablespoons of butter
2 tablespoons of flour
2 bay leaves
3 juniper berries
salt and pepper
Spice the cubed beef with pepper and sprinkle with flour. Fry it in oil at a high temperature. Put the meat into a saucepan with a thick bottom. Don’t clean the pan. Melt the butter in the pan and fry the sliced onion, garlic and diced chili pepper. Add the small mushrooms and fry for a while. Add the vegetables to the meat. Add the bay leaves, juniper berries and pour in the beer. Top up with water or bullion to cover the meat. Stew until the meat is soft. Blanch the tomatoes and peel them. Remove the core and cube the rest. Add it to the stew. Spice it up with salt and pepper.
Enjoy your meal!
Photo and Source: Katarzyna Posłuszny
https://www.home-madepatchwork.com/




ALTA SE VAALKOS BREDIE

ALTA SE VAALKOS BREDIE
Kookbraai beesvleis tot net sag, geur na smaak, dan halwe aartapels en halwe klein koolkoppies, bo-op vleis, daar moet genoeg sousie wees vir rys. Patats het ek klein heel patats geneem, so 6 en 2 eetlepels stroop, 2 eetlepels suiker en n stuk botter, knippie sout en paar kassia stokkies, kook patats in sous en braai dan stadig, moenie roer nie, draai patats met spaan tot mooi egalig bruin en effens sous lekker karamel kleur het.

Bron en Foto: Alta Gunter Van Dyk
2de foto:  Ronell Muller Boshoff –  Ek het vanaand weer die Vaalkos met soetpatats en gemengde groente met kaassous gemaak.




GIDEON SE KAMMA SKOF

GIDEON SE KAMMA SKOF
Ons het vanaand die kamma skof gaargemaak.
Dit is die vleis wat afgesny is op die skouer waar die skof veronderstel is om te wees.
Ek het dit in die oond gebak vir 4 ure op 180 grade in ‘n sous.
Sous
2 e sweet chille sous
1 t sojasous
2 e chutney
2 e heuning
3 e olyfolie
Sout en peper na smaak
Meng alles saam, plaas die vleis in ‘n oondvaste bak en giet die sous oor en bedek met foelie.
Ons het dit saam met gekookte wortel, smash, gekookte patat en beetslaai. Geniet!
Bron en foto: Gideon Louw