LEKKER DUN TENDERISED STEAK MET SLAAI EN SAMPIOENE

LEKKER DUN TENDERISED STEAK MET SLAAI EN SAMPIOENE.
3 Stukkies tenderise steak grote jou keuse. Steak speserye en sout en peper.
Eetlepel suurlemoensap bo oor elke steakie ingesmeer.
Maak olie warm net n bietjie en braai steak tot ligbruin. Dis dun draai net eenkeer om.
125 g sampioene (halwe bakkie) in drie gesny elk. Braai in dieselfde olie met bietjie garlic en herb spice. So 2 minute.
GROENSLAAI
1 hele advokadopeer afgeskil en in blokkies gesny.
3 dikkerige skyfies komkommer in blokkies gesny.
6 blokkies kaas
Italian sous
Rangskik in bord en voeg italian sous bo oor met sout en peper.
FOTO EN RESEP: Ronell Boshoff




ROAST SIRLOIN

ROAST SIRLOIN
Die geheim om hierdie vleisstuk lekker gaar te maak is droë hitte. M.a.w. geen braising en gekook in ‘n pot waarby enige vloeistof (water/stock/wyn) gevoeg is nie. Onder geen omstandighede nie 🙂 Dit word in die oond gerooster. Vra die slagter moet die vleis vir jou vasbind met tou in ‘n rol.

Haal die vleis uit die yskas omtrent 30 min. voor jy dit gaan gaar maak.
Voorverhit oond op 200*C. ‘n Warm oond is belangrik.
Geur die vleis goed reg rondom met Ina Paarman speserye. Ek gebruik Garlic Pepper en Seasoned Salt. Vryf ook vars gekapte kruie in (roosmaryn, tiemie, origanum. Provence mengsel)
Plaas die vleis met die vet gedeelte na bo op ‘n rakkie binne-in ‘n oondpan.
Plaas vleis in oond en bak vir 15 tot 20 minute.
Verlaag oondtemperatuur na 160*C.
Bak nou vir 2 1/2 tot 3 ure. Tyd sal alles afhang van grootte / gewig van vleis en van hoe jy jou vleis verkies.
Verwyder uit oond en laat die vleis vir 15 minute rus (NB!) voor jy dit voorsny. Bedien met gravy of romerige sous.

Bereken die baktyd voor die tyd so:
“Rare” (helder pienk): 20 minute per 500g, plus 20 minute
“Medium” (ligpienk): 25 minute per 500g plus 25 minute
“Well done” (geen pienk): 30 minute per 500g plus 30 minute
Resep geplaas: Louise Groenewald
Foto:  Rina Kleinhans
Nota:  die “beef roll” is perfek. Ek wou hom “well done” he, maar sappig en dit is wat ek gekry het. Wat ek wel gedoen het is ek het hom in ‘n casserol gesit nadat ek die oond afgedraai het, want die oond was vir my te warm, maar die laaste 30 min was hy oop.

Foto 2:  Louise Groenewald
Hierdie is die ekonomieste heel vleisstuk vir jou Kerstafel. My roast was 1,1kg en het R100 gekos. 10 mense kan gemaklik daarvan eet. Wees versigtig om dit nie té gaar te maak nie, dit moet nog lekker sappig wees. As jy van medium hou en julle gaan dit eers die vlg dag eet, gaan liewers vir rare se baktyd. Dit raak gaarder as dit staan en jy gaan dit nog die volgende dag opwarm ook. Ek het dit vandag vir middagete op vars paninni broodjie koud geëet met mosterd. Koningskos! Hierdie stukkie vleis gee ‘n oondpan vol, saam met lekker gravy.




SPINASIE BEEF WELLINGTON

SPINASIE BEEF WELLINGTON
Ek het toe die Beef Wellington gemaak met spinasie. Ek het ‘n hele paar foute gemaak. Room spinasie moes meer verdik gewees het. My puff pastry moes kouer gewees het.
Maar afgesien van die foute het dit lekker gesmaak. Ek sal dit weer oefen en as dit perfek is sal ek die resep post.
1 pak gevriesde spinasie
250 ml room
sout en gemaalde swart peper
1 teelepel fyn knoffel
Ontvries spinasie en druk alle water uit.
Sit in warm pot en voeg room bietjies op ‘n slag by. Verdik met 2 teelepels maizina. (maak seker dis dik genoeg om nie te loop as dit gebak word nie) Laat koud word.
Seël die fillet aan alle kante en laat heeltemal koud word.
Pak repies bacon op cling wrap. Smeer spinasie oor. Sit fillet bo-op en rol op met die cling wrap. Sit in yskas.
Rol puff pastry uit. (dit moet lekker koud wees)
Smeer eierwit op deeg.
Sit opgerolde fillet bo-op en draai toe met deeg. Smeer geklitste eier bo oop. Bak by 180°C vir 30 minute. (Medium rare)
Foto en resep geplaas deur Marlize Williams




CHAUMONT – BEESPENS PLAKKIES


CHAUMONT – BEESPENS PLAKKIES
Ek het jare gelede in ‘n klein dorpie in Frankryk, genaamd Chaumont, interessante beespens geeet en die resep gevra: Sny beespens in groterige plakkies. Week dit dan in melk en gekapte uie vir 2 uur. Kook dan sag in drukkoker. Smeer dan plakkies met fyn knoffel en gekapte groenrissie. Sout en peper na smaak. Rol in meelblom, doop in eier en dan in krummels. Braai albei kante bruin in olie. Bedien met ‘n kaassous.
Resep geplaas deur  Rudi Basson




STEAK MET SOPPOEIER IN DIE OOND

STEAK MET SOPPOEIER IN DIE OOND
Braai 1 of 2 uie en sampioene tot sag, hang af hoeveel steak jy gaan maak.
Sprinkel die helfte van 1 pakkie Bruin uie soppoeier (droog) onder in kasserol
Sny die steak in porsie grottes, kap met vleishammer en pak bo-op die soppoeier in die pan.
Sny 3 vars knoffelhuisie in groot stukke en pak tussen die vleis
Sprinkel bietjie balsamiese asyn en olyfolie wat gemeng is bo-oor
Gooi uie en sampioene oor die vleis
Sprinkel res van soppoeier bo-oor en sprinkel met ongeveer ‘n halwe kp rooi- of rose wyn
Sit deksel of maak toe met foil en bak by 180º C vir 30 min.  Draai die oond af na 150 grade C en bak ‘n verdere 2 ure.
Resep en foto:  Rina Kleinhans




GIDEON SE BEES FILLET ROL OOR DIE KOLE

GIDEON SE BEES FILLET ROL OOR DIE KOLE
Maak ‘n snit in die lengte van die beesfillet en stop dit met beesmurg. Draai dit toe met pancetta spek en bind vas met ‘n tou.
Sout en pepper na smaak.
Braai dit op stadige kole vir omtrent 35 min vir medium rare.
Dié was heeerlik
Resep en Foto: Gideon Louw

Ek het ‘n stuk beesfillet met ‘n skerp mes ‘n gat in die middel gemaak en met beesmurg gestop
wat ek gedress het met ‘n bietjie soyasous en peper en chillie flakes.




SOUT BEESVLEIS OF TONG

SOUT BEESVLEIS OF TONG
(Joodse resep)
Los ‘n ¾ teelepel salpeter (by apteker bekombaar) in ¼ koppie warm water op.
Voeg by:
2 eetlepels bruinsuiker
2 huisies knoffel, gesny
2 teelepels rooipeper (paprika)
1 eetlepel gemengde pekelspeserye (peperkorrel, wonderpeper, naeltjies, ens)
1 koppie sout, opgelos in in 4 pinte (2¼ Liter) water

Strooi die mengsel oor ’n borsstuk (bees) van 5 – 6 pond (2.25 – 2.75 Kg).
(Vir my is die lekkerste snitte vir soutvleis eintlik die stertstuk – “aitchbone” – of die skof, hoewel ’n skof gewoonlik langer gekook moet word om sag te kry).
In ‘n glas of enemel emmer en plaas ’n bord met gewigte op sodat die vleis onder die pekel bly.
Laat so drie weke staan (draai gereeld om).
Resep geplaas deur Heiner Lange




OONDGEBAKTE “TOP-UP” BIEFSTUK


OONDGEBAKTE “TOP-UP” BIEFSTUK
Hoeveelhede hang af vir hoeveel mense jy dit voorberei
Biefstuk
Gesnyde Uie ringe
Gerasperde aartappels
Gerasperde kaas
Kruie en speserye na smaak
Bak steak (ek het t-bone gebruik) ruk in oond tot redelik gaar by 180 ºC. (sonder enige speserye)
Dreineer alle vog af wat mag uitgebak het en spruit weer die bakplaat met Spray amd Cook.
Sprinkel speserye van jou keuse oor (ek het peper, barbeque spice, crushed garlic en bietjie worcestersous oorgegooi). Sny genoeg wit uie in ringe (Australiese bruinuie is harder) en bedek steak.
Bak so 5 min in oond of tot uie bietjie gaar geword het
Haal uit en bedek die biefstuk met gerasperde aartappel.
Sprinkel bietjie aromat oor en laastens gerasperde cheddar kaas.
Bak verder  vir so 10 min  of tot aartappels gaar is en plaas laaste paar minute onder die grill tot die kaas goudgeel gebak is en aartappel mooi gaar. Geniet saam met slaai van jou keuse.
Resep en  foto: Christelle van Rooyen




KNOFFELBOTTER T-BONE STEAKS


KNOFFELBOTTER T-BONE STEAKS
steaks van keuse
½ koppie botter
1 teelepel gekapte knoffel
2 eetlepels gekapte springonions
sout
swart peper
braai speserye
dry rub met sout en peper en speserye.

Braai vleis op hoë hitte aan albei kante op die kole.
Plaas in bak en bak in oond teen 180°C vir 20 min en smeer botter/onions/knoffel mengel oor.
Laat rus vir 10 min en bedien.

Foto en Resep:  Cecil Dunhin




ELNA SE BEESSTERT BREDIE

ELNA SE BEESSTERT BREDIE
2 kg beesstert
1 kg vars gemengde groente
2 uie gekap
250 g sampioene
Kerrie Sous
2 x 340ml bier
5 ml gekapte knoffel
15 ml kerrietamatiepaste
2 ml green currypatste
10 ml soyasous
1 pakkie beesstertsop
5 ml kerriepoeier
125 ml sweet chillie blatjang
125 ml sterk blatjang
150 ml water
15 ml gemengde gedroogte kruie
5ml knoffelsout
5 ml suurlemoenpeper
3 lourierblare
Braai beesstert tot bruin, haal uit en hou eenkant. Braai gekapte uie tot sag.
Gooi beesstert terug en meng met uie.
Meng al die bestandele vir die sous saam en gooi oor vleis.
Ek het die beestert vir 45min in my stoompot gestoom, toets of vleis begin sag word. Voeg die gemengde groente by stoom vir 12min toets of dit sag maar nog ferm is. (Die gemengde groente was butternut, babymarrows, patty pans, boontjies en greenpepers gewees. Voeg sampioene by kook tot gaar.
Bron en Foto: Elna Erasmus